LINDENNUUS Uitgawe 21, 5 Augustus

Page 1

LINDENNUUS In die nuus: - Geek week 2022 sorg vir groot vermaak en pret - Sport: Rugby - o/15 en o/16-spanne deur na Noordvaal kwartfinale

Pret + Opwinding = Geek week Die leerders het die afgelope week soos oudergewoonte die skool se Geek Week kon geniet. Een van die hoogtepunte was beslis die Quiddich-wedstryd tussen die personeel en die leerders se wenspan, die Klipkappers. Die matriekspan het die personeelspan oorwin toe hulle die "Goue Snitch", a.k.a Gerrie, in 'n rekord tyd gevang het. Die personeel meen steeds dat hulle die stryd sou wen sou die wedstryd voortgaan, maar vir hierdie jaar het die leerders met die oorwinning weggestap. Baie geluk aan die span.

- Kultuur: Lindenklassiek beloof om gehoor te betower

Kontak ons: www.linden.co.za 011 888 1433/4 @hslinden Hoërskool Linden 1

LINDENNUUS UITGAWE 21


Geek Week 2022 bring Disney na Linden Geek Week was soos oudergewoonte 'n groot sukses. Die week is gevul met pret, uitdagings en groot opwinding. Die week het afgeskop met Marvel Monday waar ons het getoets het wie Linden se Thor (die persoon wat die langste 'n 5 kg gewig kon vashou), Hulk (die persoon wat die meeste push-ups kon doen), en Quicksilver (die persoon wie die vinnigste kon hardloop). Tweede pouse het die Quidditchkompetisie afgeskop en die spanne het behoorlik hul staal gewys. Dinsdag se tema was "A day for science", waar die Lewens- en Fisiese Wetenskappe leerders getoets is in hoe goed hulle die skelet ken asook hoe slim die leerders in Chemie/Fisika is. Die Quidditchkompitisie het tydens tweede pouse weer plaasgevind met selfs die eerstes en o/16-netbal dogters wat met mekaar megeding het. Woensdag is die Quidditch-kompetisie verder gevat en tydens albei pouses kon die spanne meeding om die wenspan van die jaar se kompetisie te wees. Uiteindelik het die Klipklappers teen 7 Boys gespeel en die Klipklappers het as algehele wenners uit die stryd getree. Hulle het daarna teen die onderwysers meegeding en daar ook gewen toe hulle die "Golden Snitch" kon vastrek. Woensdagaand het die leerders tydens die "Quiz Night" in spanne hulle kennis tot die proef gestel. Donderdag is daar eerste pouse 'n "dad joke"-kompetisie gehou en tweede pouse is die Disney Prince Charming vs Jedi-geveg gehou, waar die deelnemers elkeen 'n ballon gehad het wat teen hulle vasgemaak is wat hulle dan moes probeer afslaan om te wen. Vrydag is die week op 'n hoogtepunt afgesluit deur die Cosplay, waar leerders kon aantrek soos 'n Disney karakter. Ons het tydens pouse Disney "Finish the Lyric" gespeel, en die besgekleede karakters aangekondig. Vrydagaand word die week afgesluit met die tradisionele LAN-aand. Wat 'n prettige week! Dankie aan die Sentrumleiers en personeel wat die week moontlik gemaak het. Dit is 'n fees om in Linden te wees.

2

LINDENNUUS UITGAWE 21



Ouergemeenskap simposium 2022 Vir ouerskap om sinvol te wees, is dit belangrik dat ouers in kontak en in konneksie met hul kinders se leefwêreld is. Om ouers te ondersteun in hul ouerskaptaak, word 'n Ouer Gemeenskap Simposium aangebied waar sielkundiges, terapeute en kenners, uitdagings van kinder- en tienerontwikkeling gaan bespreek en ouers bemagtig om bewus te wees van hierdie uitdagings en dit sinvol aan te spreek. Die simposium word by LS Louw Geldenhuys aangebied en alle ouers van die gemeenskap is welkom om dit by te woon op Saterdag 27 Augustus, 09:00 - 13:45. Kaartjies is beskikbaar by www.quicket.co.za. Sien aangeheg inligting rakende die onderwerpe wat aangebied word.

4

LINDENNUUS UITGAWE 21


Belangrike Datums: 6 Augustus tot 13 Augustus

5

Saterdag 6 Augustus

Hokkie: Seuns Noordvaal Kampioenskappe - o/14 (Hoërskool Linden), o/16 (Hoërskool Rustenburg) en o/18 (Hoërskool Zwartkop); Rugby: Noordvaal kwartfinale - o/16's vs Hoërskool Brits (Tuis)

Maandag 8 Augustus

SKOOLVAKANSIEDAG

Dinsdag 9 Augustus

VROUEDAG

Woensdag 10 Augustus

Landloop: Cluster-byeenkoms (Hoërskool Vorentoe)

Donderdag 11 Augustus

Netbal: Wedstryde - Fast 5 (Crawford Ruimsig)

Vrydag 12 Augustus

MR-Aankondiging; Fotoklub Beoordeling

Saterdag 13 Augustus

Linden Klassiek

LINDENNUUS UITGAWE 21


Rugbyspanne wen en dring deur na Noordvaalkwartfinale Linden se o/15- en o/16 A-rugbyspanne het ook afgelope Saterdag Noordvaaluitspeelwedstryde gespeel: • o/15’s wen 17-7 vs Hoërskool Nylstroom. • o/16’s wen 28-3 vs Hoërskool Stoffberg. Albei hierdie spanne dring sodoende na die kwartfinale, wat Vrydag en Saterdag 5 en 6 Augustus plaasvind. Die o/15's speel Vrydag weg teen Hoërskool Erasmus en die o/16's Saterdag teen Brits op eie bodem. Sterkte aan die spanne, ons is trots op julle.

Hokkiedogters: Pullen & Howell uitslae Ons o/16- en 1ste-span hokkiedogters het afgelope Saterdag in die Pullen & Howelltoernooi verdere uitspeelwedstryde gespeel: • o/16’s verloor 0-1 vs Trinityhouse • o/16’s wen 2-0 vs Rand Park High • Eindig algeheel 11de • 1stes wen vs Redhill College • 1stes verloor 0-1 vs Marais Viljoen • Eindig algeheel 10de 6

LINDENNUUS UITGAWE 21


Fietsryspan neem deel aan Wahoo Fight Night Hiermee fotos van die Linden Fietsry span wat deelgeneem het aan die Wahoo Fight Night by CycleLab Fourways. Die meisies, Rucindé Ahlstrom en Inge van der Walt eindig in die top 3 vir meisies 0/15, Gustav Luus eindig top 5 vir seuns 0/15. Baie geluk aan die leerders.

E-Sport span deur na kwartfinale Linden se CS:GO A-span het die afgelope naweek in die laaste rondte van die uitspeelwedstryde in die nasionale CS:GO-liga teen Paul Roos Gimnasium se A-span gespeel. Linden wen hierdie wedstryd 1610 en dring na die nasionale kwartfinale deur, wat effektief beteken hul is reeds onder die Top 8 spanne in die land. Baie geluk en sterkte aan hierdie leerders!

7

LINDENNUUS UITGAWE 21



Lindenklassiek leerders aangekondig Na `n suksesvolle oggend van oudisies vir die Lindenklassiek, het ons `n finominale groep leerders wat gaan deelneem die 13 Augustus. Die leerders bied `n verskeidenheid talente aan van sang tot klavier, fluit en trekklavier. Die leerders wat tydens die aand gaan optree is: Johan Weideman, Jan-Hendrik Weideman, Pieter Hugo, Henno Klopper, Stefan Kemp, Amir Muller, Rogan Scullard, Phillipa vd Berg, Tessa Coetzer, Nicole Williams, Melodie Viljoen, Bernard Greeff, Danika Perry, Megan du Toit, Thyra Conradie, Josiah Stroh, Maria Prinsloo, Anneska Beukes, Ayla van Dyk, Lina Potgieter en Mieke Steyn. Ons sien baie uit om hierdie skouspel aand saam met Linden te geniet.

Liefde 2023 by ATKV-tienertoneel Die Tienertoneelgeselskap het die eerste Augustus aan die ATKV Tienertoneelkompetisie deel geneem by die Unisa Klein Teater in Pretoria. Die groep het ‘n fantastiese mentorsessie gehad saam met die beoordelaars. Hulle ontvang ‘n Brons sertifikaat vir die algehele produksie Liefde 2032. Baie geluk aan hierdie talentvolle akteurs, julle maak ons trots.

9

LINDENNUUS UITGAWE 21


Dirk Meerkotter se eeufees uitstalling by Linden Die wêreldbekende kunstenaar Dirk Meerkotter se eeufees uitstalling kom na Hoërskool Linden. |Die Dirk Meerkotter viering is 'n musiek- en kunsgeleentheid ter viering van die lewe en werk van Dirk Meerkotter. Die Suid-Afrikaanse kunstenaar Dirk Meerkotter sou vanjaar 100 geword het en sy lewe en werke word tydens die week van 16 tot 20 Augustus gevier. Die Lindenkoor sal ook die 18de Augustus tydens die viering optree. Kaartjies vir die verskeie geleenthede is nou by quicket.co.za te koop.

11

LINDENNUUS UITGAWE 21



Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.