LINDENNUUS Uitgawe 20, 29 Julie 2022

Page 1

LINDENNUUS In die nuus: -Oud-Lindeniet op die kassie te sien in Bewonder & Bewaar

o/16-span stap weg as Goue Leeus wenners! Hoërskool Linden se o/16 rugbyspan is hulle liga se Goue Leeus wenners vir 2022! Wat 'n uitstekende prestasie. Die o/16A-span het laasweek Saterdag, 23 Julie, by die Randfontein Rugbyklub met ń telling van 17-15 teen

- Sport: Ekhard gaan SA verteenwoordig in Londen as skuts

Hoërskool Riebeeckrand as Goue Leeus Ligawenners weggestap. Hierdie wen verseker dat die span op 'n hoogtepunt die Noordvaal-uitspele betree. Die uitspele skop reeds die naweek af. Baie geluk aan die span, Linden is trots op julle.

- Kultuur: Filmklub kortfilm binnekort op die kassie

Kontak ons: www.linden.co.za 011 888 1433/4 @hslinden Hoërskool Linden 1

LINDENNUUS UITGAWE 20


Oud-Lindeniet in kykNET reeks Bewonder & Bewaar Oud-Lindeniet en joernalis Bonné de Bod is te sien op die kassie en ons is opgewonde om haar span te ondersteun. Kyk gerus saam. Hier volg inligting oor die program: "Bekroonde STROOP-span keer terug na kykNET met ’n spinternuwe natuurprogram ‘Bewonder & Bewaar’! Reis saam na die ongerepte wildernisse van Namibië, Suid-Afrika en Patagonië, elke Sondagaand om 20:00 op kykNET kanaal 144, DStv en spandeer tyd saam met merkwaardige individue wat baanbreker-werk doen vir ons ikoniese spesies. * WEN - Neem deel aan die kykerskompetisie en wen ’n wegbreek vir twee na die luukse Jock Private Safari Lodge in die Krugerwildtuin ter waarde van R 47100 en/of die boek ‘Vanishing Kings Lions of the Namib Desert’, geteken deur die leeu-man homself Dr Philip (Flip) Stander. "

Advertensieborde en borgskappe is beskikbaar. Kontak bemarking@linden.co.za vir meer inligting. 2

LINDENNUUS UITGAWE 20


Belangrike Datums: 29 Julie tot 6 Augustus Saterdag 30 Julie

Debat: Con Spirito Debat (Tuis); Hokkie: Dogters - Pullen & Howell Toernooi; Koor optrede: ‘7th CHORAL CELEBRATION FESTIVAL’ (Linder oudit); Lindenklassiek oudisies

Maandag 1 Augustus

Geek Week; ATKV Tienertoneel (Unisa Klein Teater Pretoria); Tennis: Linden Kampioenskappe; Hokkie: Wedstryd - Dogters o/14B vs Kingsmead College

Dinsdag 2 Augustus

Geek Week; Tennis: Linden Kampioenskappe

Woensdag 3 Augustus

Geek Week; MR-Verkiesing; Tennis: Linden Kampioenskappe

Donderdag 4 Augustus

Geek Week; Hokkie: Seuns Noordvaal Kampioenskappe - o/14 (Hoërskool Linden), o/16 (Hoërskool Rustenburg) en o/18 (Hoërskool Zwartkop)

Vrydag 5 Augustus

SKOOL SLUIT OM 12:00 VIR LANGNAWEEK; Geek Week; Hokkie: Seuns Noordvaal Kampioenskappe - o/14 (Hoërskool Linden), o/16 (Hoërskool Rustenburg) en o/18 (Hoërskool Zwartkop)

Saterdag 6 Augustus

Hokkie: Seuns Noordvaal Kampioenskappe - o/14 (Hoërskool Linden), o/16 (Hoërskool Rustenburg) en o/18 (Hoërskool Zwartkop)

3

LINDENNUUS UITGAWE 20


Skaakspan beïndruk by Helpmekaar Blitz-toernooi Ons is ongelooflik trots op ons skaakspan. Die span het die afgelope Saterdag saam met 10 ander spanne aan die Helpmekaar Blitz skaaktoernooi deelgeneem. Hoërskool Linden se span het uitstekend gevaar en ‘n derde plek behaal, naas Helpmekaar Kollege en Hoërskool Waterkloof. Baie geluk aan die span wat bestaan uit: Bernard Greeff, Paul Roux, Robert Engelbrecht, Rogan Scullard, Tjaart Steyn, Wessel Rossouw, Daniel Booysen en Luca Hugo. Welgedaan aan elkeen van hierdie spelers

Hokkie: Uitslae vriendskaplike wedstryde Ons hokkieseuns en -dogters het die week verskeie vriendskaplike wedstryde gespeel. Die uitslae was soos volg: Dogters speel tuis vs Sasolburg: • o/14 verloor 0-2 • o/16 verloor 0-4 • 1ste-span verloor 0-4 1ste-span Seuns speel by Sasolburg: • Verloor 0-3 vs Trio • Verloor 0-3 vs Sasolburg • Wen 2-0 vs Vaaldriehoek Seuns speel tuis teen Hoërskool Kempton Park: • o/14’s wen 3-1 • 1stes wen 3-0 4

LINDENNUUS UITGAWE 20


Rugbyspanne deur na Noordvaal-uitspele Linden se o/15- en o/16 A-rugbyspanne het Saterdag by Randfontein Rugbyklub in die Goue Leeus Finale teen Hoërskool Riebeeckrand kragte gemeet. Die o/15A-span verloor in die laaste minuut 18-22. Die o/16A-span wen 17-15 om as Goue Leeus Ligawenners aangewys te word. Albei hierdie spanne speel die naweek Noordvaaluitspeelwedstryde teen onderskeidelik Hoërskool Stoffberg (o/16's speel tuis) en Hoërskool Nylstroom (o/15's speel weg). Linden staan bankvas agter julle en weet dit sal goed gaan.

Hokkie dogters Pullen & Howell uitslae Die eerste Pullen & Howell-uitspeelwedstryde vir ons hokkiedogters het Saterdag 23 Julie plaasgevind. Die uitslae was soos volg: o/16-dogters speel by Parktown Girls High: • Speel 0-0 gelykop vs St. Peters; • Verloor 0-6 vs Hugenote 1ste-span speel by Redhill College: • Speel 0-0 gelykop vs Krugersdorp High; • Verloor 0-1 vs Waterkloof; • Speel 1-1 gelykop vs St. Peters Welgedaan, dankie vir julle harde werk dogters, ons is trots op julle.

5

LINDENNUUS UITGAWE 20


Skyfskiet: Liga lewer goeie uitslae Die Linden Skuts het die afgelope naweek aan die 4de GSSU-liga deelgeneem en presteer soos volg: Jané Louw behaal die 1ste plek in die o/14 10m Sporter en die 2e plek in die o/14 3P Sporter Chanté Lubbe behaal die 2dee plek in die o/21 3P Sporter Suné Boshoff behaal die 1ste plek in sowel die o/21 Presisie 3P en 10m Zanelle Kruger behaal die 3de plek in die o/21 10m Presisie Jané Louw skiet haar beste 10m en 3P en kry ook ‘n swart pin Bertu Kooy skiet ook sy beste 10m en 3P Barend Rabie skiet sy beste 3P Güte Geldenhuys skiet haar beste 10m Christiaan Briel skiet sy beste 3P Leon Frederik skiet sy beste3P Willem Pretorius skiet sy beste 3P Sibusiso Maseko skiet sy beste 3P Baie geluk aan die skuts, ons is trots op julle. Doen so voort.

Ekhard vertrek na Londen as deel van SANSSU-span Ekhard Rabie is vroeër in die jaar tot die SANSSUspan (Suid-Afrikaanse Nasionale Skoleskutters Unie) verkies en vertrek Maandag vir twee weke na Londen om daar in die British Junior International deel te neem. Baie sterkte Ekhard, ons weet jy sal Linden en SANSSU se naam hoog hou.

6

LINDENNUUS UITGAWE 20



Fotografieklub kies nuwe leiers Die skool se fotografieklub het die afgelope week hulle nuwe leiers verkies. Die leerders wat tot die leierskap van die klub is: Emma Stevens, Cara Clark, Janine Kitshoff, Nika Viviers en Jeanemarie Hattingh. Hulle neem oor by Jordyn Farah en Chané Gambold wat die groep die afgelope jaar gelei het. Ons is opgewonde om die foto's te sien wat die klub in die jaar gaan oplewer. Baie geluk aan die leerders, ons is trots op julle.

Filmklub skiet kortfilm Die filmklub het verlede Vrydag en Saterdag vanjaar se kortfilm geskiet. Die film is 'n komedie en beloof om vir groot vermaak te sorg. Ons is opgewonde om die film binnekort te sien. Hou die spasie dop!

8

LINDENNUUS UITGAWE 20


Toneel - Liefde 2032 Foto's: Jordyn Farah



Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.