LINDENNUUS Uitgawe 19, 22 Julie

Page 1

LINDENNUUS In die nuus:

Welkom in kwartaal 3 Welkom terug aan al die Lindenniete, ouers, personeel en gemeenskap. Kwartaal 3 beloof om een met talle

- Lindenfees kaartjies nou beskikbaar bespreek vandag nog

hoogtepunte te wees. Hierdie kwartaal hou vele sport, kultuur en sosiale geleenthede in waarna ons kan uitsien. Ons graad 10-leerders sal soos voor Covid, Veldskool meemaak in Augustus. Die Lindenfees met Francois van Coke lê ook voor op 27 Augustus, 'n hoogtepunt op ons

- Sport: Besige en suksesvolle vakansie agter die rug

- Kultuur: Toneelgroep vaar uitstekend by Pronk-podium

Kontak ons: www.linden.co.za 011 888 1433/4 @hslinden Hoërskool Linden 1

kalender. Verder maak die leerders reg vir krieket, fast-5 netbal, 7's-rugby, tennis en nog vele ander sporte. Op kulturele gebied is die toneel, Lindenklassiek, koor-optredes en nog vele ander kultuur aktiwiteite op die kalender. Baie sterkte aan ons graad 11's met die verkiesing van die nuwe Matriekraad wat in die komende week reeds aanvang neem. Dit herinner ons dat die matrieks se tyd ook nou min raak en hulle sal op Maandag 22 Augustus met rekordeksamen begin. Sterkte met die laaste paar weke matrieks. Vir die res van ons leerders – sterkte met die akademiese program vir die kwartaal en onthou: Lindeniete volhard tot die einde. Ons wens vir elkeen 'n geseënde, gesonde en suksesvolle kwartaal toe. Mag dit vol kosbare herinneringe gevul word.

Dr. Wiehahn LINDENNUUS UITGAWE 19


Personeelnuus: Twee juffrouens in die eg verbind gedurende die vakansie Baie geluk aan juffrou Nina Janse van Rensburg (nou Deale) en juffrou Janné Pienaar (nou van der Merwe) wat tydens die vakansie in die eg verbind is. Die Linden-familie wens die nuutgetroudes, meneer en mevrou Deale, asook meneer en mevrou van der Merwe groot vreugde en seën toe.

Lindenfees 2022 vind plaas 27 Augustus Kaartjieverkope vir die Lindenfees met Francois van Coke het reeds geopen. Kaartjies is beperk so spring gou om teleurstelling te vermy. Kaartjies is beskikbaar op plankton.mobi, of skandeer die onderstaande QR-kode. Die fees dien as die skool se groot fondsinsameling en ouer-, leerder- en gemeenskapkuier. Nooi dus jou vriende, familie en kennisse om die dag saam met ons te deel. Vir meer inligting gaan na www.linden.co.za/lindenfees. Enige navrae of borge/donasie navrae kan gerig word aan: lindenfees@linden.co.za Sien julle 27 Augustus!

2

LINDENNUUS UITGAWE 19


Linden se akademie bly 'n prioriteit Die res van die skool mag dalk nog vakansie gehou het, maar ons Fisiese Wetenskappe matriekleerders het reeds op 11 Julie tot 14 Julie 'n Winterskoolprogram meegemaak by die skool. Baie dankie aan mnr Behr en die leerders wat hard werk om voorbereid te wees vir die rekord- en eindeksamen - ons sien uit na uitstekende resultate.

Die Rekordeksamenrooster is reeds op die d6 beskikbaar

3

LINDENNUUS UITGAWE 19


Belangrike Datums: 22 Julie tot 30 Julie Saterdag 23 Julie

Rugby:Finaal – Goue Leeus (Randfontein); Skiet: GSSU Liga 4; Hokkie: Dogters Pullen & Howel; Skaak - Blitz-toernooi (Helpmekaar)

Maandag 25 Julie

Rapporte word uitgedeel

Dinsdag 26 Julie

Tienertoneel: Optrede in die skoolsaal

Woensdag 27 Julie

Oueraand

Donderdag 28 Julie

Debat: Con Spirito Debat (Tuis); Hokkie: Dogters - Pullen & Howell Toernooi; Tienertoneel: Optrede in die skoolsaal; Matriekraad 2023 Onderhoude

Vrydag 29 Julie

Debat: Con Spirito Debat (Tuis); Hokkie: Dogters - Pullen & Howell Toernooi

Saterdag 30 Julie

Debat: Con Spirito Debat (Tuis); Hokkie: Dogters - Pullen & Howell Toernooi; Koor optrede: ‘7th CHORAL CELEBRATION FESTIVAL’ (Linder oudit); Lindenklassiek oudisies

Werksgeleentheid beskikbaar - Statutêre dienste en belastingadministrasie Kruger en Kie, ‘n rekenmeestersfirma in Randburg en Centurion, benodig die dienste van ‘n voltydse persoon in Randburg wat ‘n uitgebreide kennis het van en ondervinding in maatskappy statutêre werk en belastingadministrasie. ‘n Aanleg vir syfers en akkuraatheid is belangrik. Die pligte behels: ·Statutêre werk sluit die prosesse van maatskappyregistrasies en veranderings by die Registrateurskantoor (CIPC) asook die Meester van die Hooggeregshof (trusts) in. ·Hantering van belastingaanslae (vergelyk ons data met SARS ITA34); ·Voorlopige belastingopgawes voorberei en indien; ·SAID besware; ·Konsultasie en korrespondensie met die SAID; ·Portefeulje van debiteure moet hanteer word. Die aanstellingsdatum is 1 Augustus 2022. Salaris is onderhandelbaar afhangende van ondervinding en kwalifikasies. Skakel Nico Welman by (011)789-1605 of epos u cv na nico@krugerinc.co.za 4

LINDENNUUS UITGAWE 19


Keegan vaar uitstekend by Afrika-kampioenskappe Ons spog graag met Hoërskool Linden se eie Suid-Afrikaanse gimnas, Keegan Klopper. Keegan het tydens die vakansie die Junior Suid-Afrikaanse Mans Gimnastiekspan verteenwoordig by die 16th African Championships. Sy span het by die spele ‘n algehele derde plek behaal. Hy het in die span en “All Round” kompetisie algeheel 13de geëindig in Afrika en het tydens die apparaat finale die ring finaal gemaak en so 6de geëindig op die Ringe. As die jongste deelnemer in die mans kompetisie het Keegan beslis homself uitstekend van sy taak gewyt. Baie geluk Keegan, Linden is baie trots op jou en sien daarna uit om jou nog eendag by die Olimpiese Spele in aksie te sien.

Judo: Eric en Zané Presteer by SA-ope Twee van ons leerders, Eric Beyl en Zané du Plessis, het op 25 Junie 2022 aan die Suid-Afrikaanse Ope Judo Kampioenskappe

deelgeneem

wat

in

Port

Elizabeth

plaasgevind het. Deelnemers van oor die hele Suid Afrika asook van Namibië, Angola, Botswana en Zambië het tydens die kampioenskappe hulle staal gewys. Eric het ‘n silwer medalje verwerf in sy gewigsgroep en Zané du Plessis het 4de geëindig in haar gewigsgroep. Hulle het beide in Groep 4 deelgeneem, wat saamgestel word uit drie ouderdomsgroepe tussen 15-17 jaar. Dit is Eric en Zané se eerste jaar wat hulle in hierdie groep deelneem en albei het uitstekend gevaar. Baie geluk, Linden is baie trots op julle.

5

LINDENNUUS UITGAWE 19


Gautengnetbalspanne en Euané is tops by SA's Drie van Hoërskool Linden se netbalspeelsters het ook oor die vakansie in Witbank, as deel van hul onderskeie Gautengspanne, aan die interprovinsiale Telkom Netball Challenge deelgeneem. Fikile Ntsutle (o/18), Nadia Potgieter en Euané Theart (albei o/17) het Linden se naam hoog gehou. Linden spog veral met ons uitstekende netbalspeler en graad 11-leerder - Euané Theart. Hierdie o/17netbaldogter het die afgelope week in Witbank, as deel van die o/17 Gauteng Delta-span in die Telkom Netbal Kampioenskappe , die volgende prestasies behaal: - o/17 Gauteng Delta word as die algehele wenners gekroon deur met ‘n telling van 35-23 in die finaal met die Jaguars af te reken. - Sy word as die beste verdedigende o/17-speelster van die toernooi aangewys. - Sy word na afloop van die toernooi ook by die o/17 Top 35-groep ingesluit. Baie geluk met hierdie besonderse en welverdiende prestasies Euané, jy maak Linden trots.

Tennis: Ané en Almé het groot pret in Londen Twee van Hoërskool Linden se tennisspeelsters het as deel van die SA Skole-tennisspanne in hul onderskeie ouderdomsgroepe by Wimbledon ‘n draai gaan maak. Ané Dannhauser (o/18) en Almé van Schalkwyk (o/15) het in Londen op kleibane teen opponent van reg oor die wêreld geoefen en gespeel, sommige van hierdie opponent was self by Junior Wimbledon betrokke. Dankie dat julle ons so trots maak dames. 6

LINDENNUUS UITGAWE 19


Rugbyseuns verteenwoordig Linden op provinsiale vlak gedurende die vakansie Die volgende leerders het as deel van die Sentraal-Wes rugbyspanne in hul onderskeie ouderdomsgroepe aan die interprovinsiale Rhino Week in Vereeniging deelgeneem: o/14 (3de): Kyle Kotzé, Keanu Thomas en Heinrich Bothma. o/15 (4de): Eric Beyl, Schuylar van den Berg, Ruan Erasmus, Anroux Barnard, Roelof Smit, Wikus en Ettiene Fouché. Mnr. Henning was die voorspeler-afrigter vir die span. o/16 (5de): Zackie Crow, Juan Venter, Xander Engelbrecht en Ethan Maritz. o/17 (1ste): Nicolas Meintjes en Chris van der Sandt. o/18 (1ste): Ethan Hough. Mnr. Basson was ook die agterlyn-afrigter vir die span. Sandile Gumede het ook as deel van die o/16 Goue Leeus Akademiespan aan die Doom Gouws interprovinsiale week in Heidelberg uitstekende rugby gespeel. Baie geluk manne, ons is trots op julle.

Hokkie - uitslae en nuus Die volgende seuns het as deel van die Suid-Gauteng (Southerns) hokkiespanne

in

hul

onderskeie

ouderdomsgroepe

aan

interprovinsiale weke deelgeneem: o/14: Jan-Hendrik Weidemann o/16: Luke van Coppenhagen o/18: Juan Oosthuizen en Mbulelo Ncube. Welgedaan manne, julle het die skool uitstekend verteenwoordig. Ons o/15-, o/16- en 1ste-span hokkiedogters het Donderdag op Linden se Astro-baan teen Hoërskool Kempton Park wedstryde gespeel. • o/15 verloor 1-7 • o/16 verloor 0-7 • 1stes verloor 0-3 Baie sterkte met die Pullen & Howell-toernooi wat die naweek begin, Linden hou duimvas. 7

LINDENNUUS UITGAWE 19


Skyfskiet - skuts presteer tydens die vakansie Linden se skuts het die verlede naweek aan die NoordGauteng Ope deelgeneem waar daar 5 provinsies was. Suné Boshoff behaal die 1e plek in die Presisie-afdeling en skiet ook haar beste 3P telling. Chante Lubbe behaal die algehele 2de plek en Ekhard Rabie die 7de plek in die o/21- afdeling waar daar 46 skuts deelgeneem het. Jané Louw behaal die 6de plek in die o/14-afdeling waar 60 skuts deelgeneem het. Sy skiet ook haar beste 10m en 3P telling. Barend Rabie skiet sy beste 3P telling, Jacques Barnard skiet sy beste 3P telling en Ekhard Rabie sy beste 10m telling. Baie geluk aan die skuts!

E-Sport presteer Linden se CS:GO E-sportspan het onlangs na die semi-finale van die liga deurgedring! Ons wag nog om te hoor wie hul opponente gaan wees en wanneer dit sal plaasvind. Baie geluk en sterkte aan hierdie leerders

Advertensiespasie en borgskappe is beskikbaar! Kontak bemarking@Linden.co.za vir meer inligting 8

LINDENNUUS UITGAWE 19


Tienertoneel pronk in Pronk-toneel Die Tienertoneelgeselskap van die Liefde 2023 het op Woensdag 20 Julie by Helpmekaar tydens die Pronk-toneelfees opgetree. Die akteurs en aktrises het hulle uitstekend van hul taak gekwyt en drie grapperige, skerp toneel opgevoer. Die uitslae was as volg: Silwer toekennings vir: Verhoogbestuur, Beligtingsoperateur, Verhooghulp, Kostuums en Stelontwerp Brons toekennings vir: Ensemble, Regie, Spel deur Danel Steyger en Jarik Engelbrecht en Klankoperateur Baie geluk aan elkeen betrokke by die toneel.Spesiale dankie gaan ook uit aan Juf Claudia Pienaar wat die groep lei en die regie behartig het. Dankie vir julle harde werk. Liefde 2023 word op Dinsdag 26 Julie en Donderdag 28 Julie in die skoolsaal opgevoer. Kaartjies is beskikbaar op die d6 teen R50-00 per persoon. Jy wil beslis nie op hierdie geleentheid uitmis nie. Kom sien die uitstekende toneel in aksie.

9

LINDENNUUS UITGAWE 19


Drama-leerders deel van kykNet produksie Van juffrou Nina Janse van Rensburg se drama- en filmklubleerders het tydens die vakansie deelgeneem aan die verfilming van 'n nuwe produksie vir KykNet. Alhoewel die besonderhede daarvan nog 'n geheim is, is ons opgewonde om binnekort ons leerders op die skerm te sien pronk. Linden se leerders is beslis in 'n ander klas.

10

LINDENNUUS UITGAWE 19


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.