LINDENNUUS Uitgawe 18, 24 Junie 2022

Page 1

LINDENNUUS In die nuus: - Kwartaal 2 kom tot 'n einde - dankie Linden!

Kwartaal 2 - 'n kwartaal om te onthou So staan ons aan die einde van nog 'n kwartaal. Hierdie een was beslis 'n baie bedrywige tog uiters suksesvolle kwartaal vir Hoërskool Linden. Ons kyk terug met groot dankbaarheid na die geleenthede, suksesse en die saamwees wat hierdie kwartaal ons gebied het. Kwartaal 2 2022 was beslis een om te onthou en te vier.

- Sport: SA-tennisspelers en gimnas neem deel oorsee

Na twee jaar se inperkings kon die Lindeniete die totale hoërskool ervaring weer beleef en daarvoor is ons dankbaar. Die hoogtepunte van hierdie kwartaal is te veel om op te noem, maar sonder julle sou dit nie moontlik wees nie. Dankie aan elke Lindeniet, Linden-ouer, personeellid en lid

- Kultuur: Fikile 1ste in ATKV- redenaars streeksuitdunne

van die gemeenskap wat hierdie kwartaal 'n sukses gemaak het. Of dit nou ondersteun en sing in die koue langs die rugbyveld was tydens die Derby, saam lag en huil tydens Feesweek, of saam met die Boden-span hulle wen vier, die Lindeniete het hart, gees, entoesiasme en volharding hierdie

Kontak ons: www.linden.co.za 011 888 1433/4

kwartaal gewys. Dit is ‘n voorrreg en ‘n fees om ‘n Lindeniet te wees! Ons wens vir elkeen 'n geseënde, rus belaaide vakansie toe en sien uit na dit wat die nuwe kwartaal vir ons in hou. Skole heropen 19 Julie 2022.

@hslinden Hoërskool Linden 1

Lindengroete.

Dr. Wiehahn LINDENNUUS UITGAWE 18


Lindenfees 2022 - 27 Augustus Ons is bevoorreg om vir die eerste keer sedert 2019 weer saam te trek vir die Grootste Lindenkuier van die jaar! Dit is ‘n voorreg om u uit te nooi na Hoërskool Linden se Lindenfees (voorheen bekend as die Wildsfees) op Saterdag 27 Augustus 2022. Die Lindenfees is ‘n geleentheid om die ouers, personeel, leerders, oud-Lindeniete en die gemeenskap byeen te bring, die skool te bemark en fondse ten bate van die skool te genereer. Hierdie jaar gebruik ons verder ook die geleentheid om ons 75ste-bestaansjaar saam te vier! Feesgangers kan hulle regmaak vir kuiervure op die skool se rugbyveld wat tot laataand gaan brand, ‘n kosmark met ‘n verskeidenheid smaaklike etes, Capital Craft-versnaperinge, ‘n pretpark vir die jongspan en vermaak uit die boonste rakke vir die hele gesin. Die kunstenaar tydens vanjaar se Lindenfees is FRANCOIS VAN COKE en sy band! Die voorvertoning sal die talentvolle paar van EgKunst - Dené Voster (oud-Lindeniet) en Van Wyk Brand, insluit. Die sukses van enige fees word bepaal deur smaaklike kos, goeie vermaak en genoeg entoesiastiese mense. Dit is dan juis met laasgenoemde wat ons u as ouer se hulp verlang. Hierdie jaar sal die kaartjies op die aanlynplatform Planton.mobi verkoop word. Hierdie platvorm word deur talle feeste en geleenthede gebruik en verseker dat ons die Covid-beperkings en protokol kan navolg. Slegs 2500 kaartjies is beskikbaar. Kaartjieverkope open eersdaags. Hou asseblief Hoërskool Linden se Facebook- en Instagramblad, asook d6 en Lindennuus dop vir die skakel en aanwysings ten opsigte van kaartjieverkope. Vir meer oor hierdie dag, asook borggeleenthede en om 'n donasie te maak, gaan na die d6-toep en vind

die

Omsendbrief

genaamd

Lindenfees

2022.

Navrae

kan

gerig

word

aan:

lindenfees@linden.co.za

2

LINDENNUUS UITGAWE 18


Keegan verteenwoordig SA en Linden by Afrikakampioenskappe Keegan Klopper is verkies tot die Junior Protea Mans Gimnastiekspan wat SuidAfrika 4-13 Julie by die “All African Championships”

in

Egipte

sal

verteenwoordig. Keegan neem deel as deel van die span, asook individueel, waar hy ‘n kans staan om te kwalifiseer vir Apparaat-finale.

Welgedaan

Keegan,

Linden is baie trots op jou en wens jou sterkte toe met die kampioenskap. Gaan vir goud!

Lienka en Amy vaar uitstekend by SA-kampioenskap Twee graad 8-leerders van Hoërskool Linden, Lienka Jordaan en Amy Olivier, was deel van die Gauteng-span wat aan die begin Junie aan die South African Ryukyu Martial Arts

Federation

Sasolburg,

(SARMAF)

deelgeneem

het.

se

SA-Kampioenskap

Meer

as

270

in

vooraf-

kwalifiserende deelnemers van al die Gauteng-streke, die Vrystaat, Noordwes, Noord-Kaap en Wes-Kaap het die naweek deelgeneem aan verskeie dissiplines in die sport. Die twee was vaar uitstekend op die dag: Lienka (Junior Swart Belt) wen Goud vir haar Kata (bewegingstegnieke). Amy (Pre-Swart Belt) wen Goud vir Kumite (gevegskuns) en Lienka wen ook Silwer vir Kumite. Dis 'n voorwaar groot prestasie en ons is trots op julle. Welgedaan Amy en Lienka 3

LINDENNUUS UITGAWE 18


Skaakspelers in D10-span ingesluit Die volgende Linden-skaakspelers is by die D10skaakspan ingesluit: o/15: Robert Engelbrecht & Tjaart Steyn o/18: Wilrich van Deventer, Heinrich Voigt, Daniël Booysen & Luca Hugo Hierdie leerders het op Saterdag 18 Junie in Menlo Park, Pretoria, Linden se naam by die Gauteng Kampioenskap hoog gehou. Ons is trots op julle!

Tennis: Ané en Almé vertrek na Londen as deel van SA-skolespan Baie sterkte aan ons tennisspelers, Ané Dannhauser en Almé van Schalkwyk, wat Linden verteenwoordig as deel van die SA-skolespan. Hulle het gister reeds vertrek na Londen, Engeland waar hulle wedstryde sal speel en ook die geleentheid kry om by Wimbledon 'n draai te maak. Geniet die avontuur en sterkte met die wedstryde wat julle gaan speel. Ons is baie trots op julle twee.

4

LINDENNUUS UITGAWE 18


Linden verteenwoordig by Gauteng Netbalkampioenskappe Baie geluk aan drie van ons netbalspanne, die onder 14’s en onder 16’s asook die eerstespan, wat Hoërskool Linden die afgelope naweek by die Gauteng Kampioenskappe verteenwoordig het. Hierdie dogters het teen talle Gauteng-skole uitstekend gevaar en die skool met passie en trots verteenwoordig. Die spanne het as volg gevaar: onder 16’s eindig 8ste in Gauteng, onder 14’s is onder die top 16 en eerstespan onder die top 12. Baie geluk aan die spanne en hulle afrigters, Linden is baie trots op julle en wens julle geluk met ‘n uitstekende seisoen. Ons sien nou al uit na die 2023 netbalseisoen

Rugbyspanne kwalifiseer vir Goue Leeus Finale Baie

geluk

aan

ons

o/15A-

en

o/16A-

rugbyspanne wat gekwalifiseer het vir die Goue Leeus Finale wat die 23ste Julie by Randfontein Rugbyklub plaasvind. Linden is trots op julle

5

LINDENNUUS UITGAWE 18


Sterkte aan hokkie, netbal en rugby distriks- en provinsiale spelers Baie sterkte aan al ons leerders wat die skool in die vakansie by verskeie toernooie en in 'n verskeidenheid van spanne sal verteenwoordig. Hulle is: Hokkie: Southerns Team (Suid-Gautengspanne) Mbulelo Ncube,, Juan Oosthuizen , Luke van Coppenhagen en Jan-Hendrik Weideman Gauteng Netbalspan: Euané Theart (o/17), Nadia Potgieter (o/17) en Fikilè Ntsutle (o/18). Provinsiaal Rugby - Goue Leeus o/16 Akademiespan: Sandile Gumede Sentraal-Wes Rugbyspanne: o/18: Ethan Hough o/17: Chris vd Sandt en Nicolas Meintjies o/16: Xander Engelbrecht, Juan Venter, Ethan Maritz en Zackie Crow o/15: Eric Beyl, Wickus Fouché, Ettiene Fouché, Anroux Barnard, Roelof Smit, Ruan Erasmus, Schuylar van Den Berg o/ 14 - Kyle Kotze, Heinrich Bothma en Keanu Thomas Baie geluk aan die leerders, Linden is trots op elkeen van julle.

6

LINDENNUUS UITGAWE 18


Tienertoneel op die planke in Julie Die Tienertoneelgeselskap oefen nou al vir maande aan hul toneelstuk. Na baie laat aande se oefen, boeke vol woorde om te memoriseer en karakterpersoonlikhede om aan te leer, kan hulle uiteindelik sê dat die meesterstuk byna volmaak is. Ons prikkel graag julle kyklustigheid met ‘n kort en kragtige lusmakertjie: Dit was Braaidag, 24 September 2021. ‘n Motorwerktuigkundige se gasbottel het ontplof en dit het veroorsaak dat dit die einde van ons bestaan is. Die Apokalips! Of so het ons gedink… Daar was egter vyf vrouens wat oorleef het en ‘n nuwe ‘dorpie’ gestig het. Op ‘n dag het ‘n man verskyn. Hy was natuurlik in die hemel met al die dames om hom, maar die matriarg van die groep het ander planne gehad. Hy raak natuurlik verlief op net een dame en kon nie tussen die res ‘kies’ nie. Dit veroorsaak toe….. Kom kyk gerus na die Tienertoneel om te sien wat volgende gebeur. Dagboek gerus die datums: 26 Julie om 18:00 in die saal 28 Julie om 18:00 in die saal Ons sien uit om julle almal daar te sien.

7

LINDENNUUS UITGAWE 18


ATKV-redenaars: Fikile behaal 1ste plek Ons is ongelooflik trots op ons redenaars. Hulle het uitstekend gevaar tydens die semi-finale van die ATKV-redenaarskompetisie. Fikile Ntsutle het 1ste geëindig in die Top 10 van ATKV-redenaars se semi-finale vir die GautengWes streek. Sy dring dus deur na die finale rondte wat 17 Augustus plaasvind by ATKV Buffelspoort. Welgedaan Fikile! Verder het Jonathan van der Merwe 6de en Güte Geldenhuys het 9de geëindig in die Top 10 van die semi-finale vir die Gauteng-Wes streek in die Graad 8 & 9 Afrikaans Huistaal Voorbereide kategorie. Baie geluk aan ons redenaars, ons is baie trots op julle.

8

LINDENNUUS UITGAWE 18



Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.