LINDENNUUS Uitgawe 17, 10 Junie

Page 1

LINDENNUUS In die nuus: - Lindenfees 2022 bekendgestel

Lindenfees 2022 - Wildsfees met 'n nuwe identiteit Die wag is verby! Ons stel bekend: Hoërskool Linden se #Wildsfees met 'n nuwe identiteit... LINDENFEES!\ Dit is ons 75ste-bestaansjaar en ons vier die mylpaal behoorlik op 27 Augustus 2022, jy wil beslis daar wees. Vir nou hou ons julle nog aan die raai oor wie die kunstenaar is

- Sport: Sandile in Goue Leeus Akademie-span

wat sal optree, maar ons kan wel belowe dat hierdie een absoluut opmaak vir dit waarop ons uitgemis het oor die laaste twee jaar. Hou sosiale media dop vir die aankondiging. Dagboek solank die datum, kry jou vriende bymekaar en hou

- Kultuur: Spookstorie aand sorg vir vermaak

sosiale media dop vir die bekendstelling van die kunstenaar, besonderhede oor kaartjieverkope en nog vele meer verrassings. Sien jou 27 Augustus by Lindenfees!

Kontak ons: www.linden.co.za 011 888 1433/4 @hslinden Hoërskool Linden 1

LINDENNUUS UITGAWE 17


Spookstorie aand sorg vir vermaak Die JaNee-koerant het Saterdag 28 Mei die storie- en musiekspel DIE-anner-LEWE tot die planke van Hoërskool Linden gebring, as deel van fondsinsameling vir die koerant. Die vertellings deur Jaco HoughCoetzee, Charl Erasmus en Angelique Greffrath en sang deur die ‘Die Venster’ het gesorg vir groot vermaak en 'n rilling of twee. Dit was 'n aand vol goeie geselskap, met geurige sop, spookstories en sang. Die aanbied van die produksie was 'n reuse sukses, en is georganiseer deur die JaNee joernaliste. Dankie aan almal wat die spesiale aand ondersteun en moontlik gemaak het, ons waardeer dit opreg! Onthou Jaco se waarskuwing: indien jy laat in die aand huis toe ry, moenie in die tru-spieël kyk nie – want jy weet nooit wat jy daar agter jou sal vind nie.

2

LINDENNUUS UITGAWE 17


Ons innige simpatie aan die Fonties-familie Dit is met groot hartseer dat ons verneem het dat die oudhoof van Fonties mnr. Arno Faber die afgelope week oorlede is. Mnr. Faber het einde Maart 2022 afgetree en was vir 46 jaar in die onderwys, waarvan hy vir 36 jaar by Laerskool Fontainebleau betrokke was. Hy het vir 17 jaar die amp as hoof beklee. Ons innige meegevoel gaan aan die Fonties, sy familie, vriende en kollegas. Ons bid vir hulle seën en sterkte word julle toe in die moeilike tyd.

Belangrike Datums: 11 Junie tot 24 Junie Saterdag 11 Junie

Rugby: Semi-finaal – Goue Leeus; Netbal: o/14A en o/19A JOMO-uitspele (Crawford Ruimsig); Skaak: Distrik-uitspele te Delta Park

Maandag 13 Junie

Mei/Junie Assesseringsiklus

Dinsdag 14 Junie

Mei/Junie Assesseringsiklus

Woensdag 15 Junie

Mei/Junie Assesseringsiklus

Donderdag 16 Junie

JEUGDAG; Netbal: Gauteng kampioenskappe (EG Jansen)

Vrydag 17 Junie

SKOOLVAKANSIEDAG; Netbal: Gauteng kampioenskappe (EG Jansen)

Maandag 20 Junie

Mei/Junie Assesseringsiklus

Dinsdag 21 Junie

Mei/Junie Assesseringsiklus

Woensdag 22 Junie

Mei/Junie Assesseringsiklus

Donderdag 23 Junie

Mei/Junie Assesseringsiklus

Vrydag 17 Junie

SKOOL SLUIT

3

LINDENNUUS UITGAWE 17



Sandile deel van 0/16 Goue Leeus Akademiespan Hoërskool Linden spog met ons eie Goue Leeus-speler, Sandile Gumede, wat oor die vakansie as deel van die o/16 Goue Leeus Akademie-span aan die provinsiale week deelneem. Baie geluk en sterkte Sandile, ons is ongelooflik trots op jou!

Rugby uitslae: Liga vs Fochville Van ons rugbyspanne het Saterdag hul laaste ligawedstryde teen Hoërskool Jan Viljoen gespeel. Die wedstryde het by Hoërskool Jan Viljoen plaasgevind. • o/14- en o/15-gekombineerd verloor 10-25 • 2de-span verloor 7-27 • 1ste-span wen 54-7 Na afloop van die liga kwalifiseer ons o/16A- en 1stespan soos volg vir die Goue Leeus Semi-finale wat op Saterdag 11 Junie by Hoërskool Bastion gespeel word: • o/16A vs Hoërskool Fochville • 1ste-span vs Hoërskool Bastion Linden se o/15A-span eindig bo op die punteleer. Hierdie span dring sodoende direk na die Goue Leeus Finale, wat na afloop van die vakansie plaasvind, deur! Linden is trots op elkeen van julle 5

LINDENNUUS UITGAWE 17


Hokkieseuns: Eerstes deur na Noordvaal-toernooi Ons 1ste-seuns hokkiespan het verlede Vrydag, hier op Linden se Astro-baan in hul Noordvaaluitspeelwedstryd teen Hoërskool Randfontein kragte gemeet. Linden wen daardie wedstryd 2-0. Die o/14-, o/16- en 1ste-spanne kwalifiseer dus amptelik vir die Noordvaal-toernooi wat vanaf 4 – 9 Augustus plaasvind. Linden is trots op julle

6

LINDENNUUS UITGAWE 17



Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.