LINDENNUUS Uitgawe 16, 3 Junie

Page 1

LINDENNUUS In die nuus:

Gholfdag 2022 - groot sukses! Die Hoërskool Linden Gholfdag het verlede Vrydag by die Parkview Gholfklub plaasgevind. Te danke aan ‘n gesonde

- Assesseringsiklus in volle swang

kompetisie op die baan, die gees van kameraderie en die puik ondersteuning van ons donateurs en borge was ons jaarlikse gholfdag ‘n uitstekende sukses. Dankie aan elke speler, ondersteuner en Hoërskool Linden se staatmaker personeel wat gehelp het om van ons 2022 gholfdag ‘n hoogtepunt te maak. Ons hoop om volgende jaar

- Sport: Netbal, rugby en hokkie uitslae

- Kultuur: Koorfees sorg vir hoendervleisoomblikke

op hierdie tradisie voort te bou. Baie dankie aan ons borge: SMG Toyota Cresta, Beagle Watch Armed Response, John Ratcliffe Pty Ltd, Nano Electrical, LJ Drilling & Exploration, PSG Wealth Northcliff, Top Draw Tyres (Coopertires), Azure Travel, Perfect Harmony, Magnificent Paint and Hardware en Paint Emporium & Hardware Fourways.

Kontak ons: www.linden.co.za 011 888 1433/4 @hslinden Hoërskool Linden 1

LINDENNUUS UITGAWE 16


Lindenkoor bied eerste koorfees aan Lindenkoor Koorfees 2022 het die afgelope naweek 26 en 27 Mei plaasgevind. Dit was 'n koorfees wat ons weer herinner het aan die krag van sang en gemeenskap. Talle kore is by die skool ontvang, en dit was beslis 'n spoggeleentheid. Die kore wat by Lindenkoor se eerste koorfees opgetree het sluit in: Bryanston Parallel Medium school Jnr & Snr koor, Laerskool Horison koor, Laerskool Louw Geldenhuys Jnr & Snr koor, Jan Celliers Jnr koor, Northcliff Primary School choir, Baken Akademie koor, Laerskool Unika, Laerskool Roodekrans Amptelik koor, Helpmekaar Kollege koor, Hoërskool Noordheuwel koor en natuurlik ons eie Lindenkoor. 'n Spoggeleentheid was dit beslis en soos John Rutter sê “Choral music is not one of life's frills. It's something that goes to the very heart of our humanity, our sense of community, and our souls. You express, when you sing, your soul in song.” Dankie aan die kore, Lindenkoor en mnr. Duncan Fourie vir die ongelooflike geleentheid, ons sien uit na die koorfees van 2023.

2

LINDENNUUS UITGAWE 16


Graad 9's woon Wiskunde werkswinkel by Ons graad 9-leerders woon op 30 Mei 'n Wiskunde-werkswinkel by ter voorbereiding van die Mei/Junie Assesseringsiklus wat Maandag begin het. Die personeel doen moeite om leerders by te staan en talle ander werkswinkels is met groot sukses ook al vir verskeie grade aangebied. Dankie aan ons personeel wat toesien dat die leerders goed voorbereid is vir die vraestelle wat geskryf word. Sterkte aan ons leerders met hulle voorbereiding

Belangrike Datums: 4 Junie tot 11 Junie Saterdag 4 Junie

Rugby: Ligawedstryde vs Hoërskool Jan Viljoen (Weg)

Maandag 6 Junie

Mei/Junie Assesseringsiklus

Dinsdag 7 Junie

Mei/Junie Assesseringsiklus

Woensdag 8 Junie

Mei/Junie Assesseringsiklus

Donderdag 9 Junie

Mei/Junie Assesseringsiklus

Vrydag 10 Junie

Mei/Junie Assesseringsiklus; Netbal: o/14A en o/19A JOMO-uitspele (Crawford Ruimsig)

Saterdag 11 Junie

Rugby: Semi-finaal – Goue Leeus; Netbal: o/14A en o/19A JOMO-uitspele (Crawford Ruimsig); Skaak: Distrik-uitspele te Delta Park

Let wel: Die Mei/Junie Assesseringsiklusrooster- en besonderhede is op d6 beskikbaar. 3

LINDENNUUS UITGAWE 16


Fietsryers neem deel aan Skolereeks Linden se fietsryers het afgelope Saterdag aan die tweede wedren in die Cycle Lab MTB Skolereeks deelgeneem. Die wedren vind by Steyn City plaas en ons fietsryers presteer in hul onderskeie afdelings soos volg: • Danri Oosthuizen verwerf ‘n algehele 5de plek • Rucindé Ahlströhm verwerf ‘n algehele 10de plek • Nathan Poustie verwerf ‘n algehele 13de plek Baie geluk aan die leerders, Linden is trots op julle.

Rugby uitslae: Liga vs Fochville Ons

rugbyspanne

het

afgelope

Saterdag

by

Hoërskool

Fochville

ligawedstryde speel. Die uitslae was soos volg: • o/14 & o/15B-gekombineerd verloor 0-44 • o/15A wen 50-8 • o/16A wen 35-11 • Tweedes verloor 20-25 • 1stes verloor 10-24 Baie geluk aan ons o/15A-rugbyspan wat na afloop van die liga direk deurdring na die Goue Leeus Finale wat na die vakansie plaasvind. Ons o/16A- en 1ste-spanne sal op Saterdag 11 Junie Goue Leeus Semi-finale speel. Sterkte met die laaste wedstryde wat die naweek gespeel word. 4

LINDENNUUS UITGAWE 16


Linden Skuts presteer Die Linden Skuts het oor die naweek aan verskeie kompetisies deelgeneem en presteer soos volg: Gauteng Target Rifle Association (GTRA) en Durban Deep Rifle Club (DDRC) Liga 3 : Ekhard Rabie • 1ste plek in die .22 3P-afdeling • 1ste plek in die 10m. Mans Sporter-afdeling • 1ste plek in die 10m. o/21 Mans Sporter-afdeling Barend Rabie • 1ste plek in die .22 F-klas afdeling • 1ste plek in die o/16 Mans Sporter-afdeling • 3de plek in die 10m. Mans Sporter-afdeling Isabella Cilliers • 1ste plek in die 10m. Dames Sporter-afdeling • 1ste plek in die o/16 Dames Sporterafdeling KZN SAARA-kompetisie: Suné Boshoff • 1ste plek in die 10m. o/20 Vrouens Olimpies-afdeling met ‘n telling van 614.2 Chanté Lubbe • 2de plek in die 3P Sporter o/20-afdeling • 3de plek in die 10m. Dames o/20-afdeling Isabella Cilliers • 1ste plek in die 10m. Dames o/16-afdeling • 3de plek in die 3P Sporter o/16-afdeling Barend Rabie • 1ste plek in die 10m. Mans o/16-afdeling Baie geluk aan ons skuts wat hierdie prestasies behaal het, ons is trots op julle.

Hokkiespan deur na Noordvaal Ons o/16A-seuns hokkiespan het Donderdag 3 Junie, hier op Linden se Astro-baan teen Hoërskool Bekker in hul Noordvaal-uitspeelwedstryd gespeel. Die spanne eindig 11 gelykop. Linden wen die “8 second shootout” en kwalifiseer dan amptelik vir die Noorvaal-toernooi wat opkomende Augustus plaasvind. Baie geluk aan die seuns, ons is baie trots op julle. 5

LINDENNUUS UITGAWE 16


Linden Sportsentrum bied verskeie dienste Hoërskool Linden Sportsentrum bied verskeie funksies om fisiese welstand en fisieke fiksheid te bevorder. Maak gerus van hierdie geleenthede en dienste gebruik.

6

LINDENNUUS UITGAWE 16


Ukunaka - Onthou om 'n sak af te haal en vol te maak Ukunaka het onlangs begin om 'n inkopiesak met 'n inkopielys beskikbaar te stel vir diegene wat ons behoeftige gesinne se nood kan beantwoord. Hierdie sakke is steeds beskikbaar by Juf. Marleen Rood en sal gedurende die eksamen ook by die kantoor beskikbaar wees. Leerders kan gedurende die eksamen steeds die sakke sal afhaal, vol maak en weer terugbring om sodoende te verseker dat ons genoeg produkte het om uit te kan deel. Die projek het sover talle produkte ingesamel en ons is ongelooflik dankbaar vir elkeen se ondersteuning en hulp om dit 'n sukses te maak. Baie dankie vir die verskil wat elkeen maak in die lewens van ander.

7

LINDENNUUS UITGAWE 16


Advertensie: Werksgeleentheid beskikbaar Ken jy dalk iemand? Ons is 'n groep Maatskappye in Sagteware-ontwikkeling en Rekeningkunde - gebaseer in Ferndale. Ons is op soek na • Iemand jonger as 23 • Onlangs gematrikuleer • of onlangs Gegradueer - B.Com Rekeningkunde/Bemarking •Tweetalig om by ons span aan te sluit Pligte is gediversifiseer en opleiding sal verskaf word • Assisteer met Sagtewarebemarking • Help met Toetsing van Sagteware-ontwikkeling • Boekhouding & Statutêre Opgawes ens. • Algemene Admin Stuur 'n e-pos na - peet@avitus.co.za • Vertel ons meer van jouself • Hoekom dink jy kan hierdie pos jou pas • Sluit kontakbesonderhede in

8

LINDENNUUS UITGAWE 16



Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.