LINDENNUUS Uitgawe 15, 27 Mei

Page 1

LINDENNUUS In die nuus: - Derby: Lindengees wen die dag

Derby 2022: Linden het die G.E.E.S! DIe Lindeniete het op Saterdag 21 Mei in hul massas opgedaag by Hoërskool Randburg om ons rugbyspanne te ondersteun. Die oggend het begin met 'n massa-samekoms oorkant Hoërskool Randburg waarna die leerders na die pawiljoene beweeg het en Linden se gedeelte van die pawiljoen propvol gesit het. Nie eers die yskoue weer en

- Sport: Netbal en rugby uitslae teen Randburg

verspreide reënbuie het die ondersteuners gekeer nie. Personeel, ouers, oud-lindeniete, oud-personeel en ander ondersteuners het saam met ons leerlinge bankvas agter ons spanne gestaan en met alles in hulle geondersteun. Die dag is beslis een van die groot hoogtepunte van 2022, en alhoewel daar op die rugbyveld gemengde welslae was, het

- Kultuur: A-lyn Battery verower A++

Linden beslis as wenners uit die stryd getree wat betref gees, ondersteuning en optrede. Ons is ongelooflik trots op elkeen wat die dag Linden op so 'n trotse wyse verteenwoordig en ondersteun het. Dankie aan al die toeskouers wat die dag 'n groot sukses gemaak het en tot aan die einde van die dag

Kontak ons:

saam met die Lindeniete gestaan het. Dit is beslis 'n dag waarop ons as skool ongelooflik trots kan wees. Linden, volhard tot die einde!

www.linden.co.za 011 888 1433/4 @hslinden Hoërskool Linden 1

LINDENNUUS UITGAWE 15


Hemelvaartsdiens saam met Louwtjies Die Lindeniete het op Donderdag 26 Mei Hemelvaart op die gepaste wyse gevier deur ‘n diens van Ds. Hendrik van Deventer by Laerskool Louw Geldenhuys by te woon. Die leerders het as groep na die laerskool gestap en op die skool se veld die diens meegemaak. Wat ‘n voorreg om saam met Louwtjies hierdie spesiale gebeurtenis te kon vier. Dit was werklik ‘n besonderse diens en ons is dankbaar dat die leerders die geleentheid kon hê om die belangrike dag te vier.

Belangrike Datums: 28 Mei tot 4 Junie Saterdag 28 Mei

Rugby: Wedstryde: Liga vs Hoërskool Fochville (Weg); Fietsry: Wedren 2: MTB Skolereeks by Steyn City; Fondsinsameling Ja-Nee: DIE-anner-LEWE toneelstuk

Maandag 30 Mei

Mei/Junie Assesseringsiklus: Begin

Dinsdag 31 Mei

Mei/Junie Assesseringsiklus

Woensdag 1 Junie

Mei/Junie Assesseringsiklus

Donderdag 2 Junie

Mei/Junie Assesseringsiklus; Hokkie: Noordvaal-uitspeelwedstryd: o/16A-seuns vs Hoërskool Bekker (Tuis)

Vrydag 3 Junie

Mei/Junie Assesseringsiklus; Hokkie: Noordvaal-uitspeelwedstryd: 1stes-seuns vs Hoërskool Randfontein (Tuis)

Saterdag 4 Junie

Rugby: Ligawedstryde vs Hoërskool Jan Viljoen (Weg)

Let wel: Die Mei/Junie Assesseringsiklusrooster- en besonderhede is op d6 beskikbaar. 2

LINDENNUUS UITGAWE 15


Derby 2022


Derby 2022 uitslae: Onder 16's en 15 B's tree as oorwinnaars uit die stryd Dit was ‘n ongelooflike dag vol uitstekende rugby. In die koue en die reën het ons spelers en ondersteuners volhard tot die einde. Baie geluk aan ons onder 16-span wat 21-18 geseëvier het! Dit was ‘n prag oorwinning. Ons onder 15 B's het ook hulle wedstryd gewen en groot passie gewys. Ons ander spanne het uitstekend gevaar en sommiges het naelskraps die knie moes buig. Julle het ons harte beslis warm van trots gehad en gesorg vir uitstekende rugby, welgedaan manne. Volledige uitslae: o/14 A Verloor 0-50 o/15 A Verloor 0-7 o/15 B Wen 7-5 o/16 A Wen 21-18 Tweedes Verloor 12-13 Eerstes Verloor 10-25 Wen of verloor, die Lindeniete se besonderse gees en goeie sportmanskap het vandag van oorwinnaars getuig.

4

LINDENNUUS UITGAWE 15


Uitslae: Hokkie Ons 1ste-span hokkieseuns het 24 Mei, op Linden se Astro-baan teen Hoërskool Roodepoort ‘n ligawedstryd gespeel en Linden wen 11-0. Met hierdie finale uitslag word ons seuns as ligawenners aangewys en kwalifiseer ons o/14-, o/16- en 1ste-span vir Noordvaal-uitspele. Ons 1ste-span seuns teken ook na afloop van die liga 52 doele aan, terwyl daar geen doel teen hulle aangeteken word nie! Linden is trots op julle manne. Die hokkiedogters het 26 Mei teen Helpmekaar wedstryde gespeel. Uitslae was as volg: • o/14A verloor 0-1 • o/14B wen 2-1 • o/15A verloor 0-6 • o/15B verloor 0-2 • o/16A verloor 0-2 • 1stes verloor 0-5 Dankie vir julle harde werk meisies!

Netbal: Liga uitslae vs. Randburg Ons netbalspanne het Dinsdag 24 Mei in die JOMO-liga teen Randburg wedstryde gespeel. Die wedstryde vind by Hoërskool Randburg plaas en Linden wen 2 uit die 11 gespeelde wedstryde. • o/14A verloor 6-20 • o/14B verloor 4-24 • o/14C verloor 5-18 • o/15A verloor 15-22 • o/15B verloor 18-20 • o/15C verloor 12-16 • o/16A wen 27-13 • o/16B verloor 17-18 • o/17A verloor 6-42 • o/19B wen 21-10 • o/19A verloor 28-35 Baie sterkte met die finale voorbereiding vir die JOMO-uitspele.

5

LINDENNUUS UITGAWE 15


Linden Battery vaar uitstekend by Eisteddfod Die Linden Battery se A-lyn en B-lyn seuns, het die afgelope week via opname aan die Eisteddfod kompetisie deelgeneem. Die A-lyn verower 'n A++ en die B-lyn 'n A+ toekenning by die Trinity House Eisteddfod kompetisie. Die seuns werk die afgelope jaar ongelooflik hard en die toekennings getuig van die ongelooflike werk wat hulle doen. Baie geluk aan die seuns met hierdie uitstaande prestasie, julle is beslis integraal tot Lindengees.

A-lyn

B-lyn

Fotoklub: Beoordeling Mei 2022 Die fotoklub se beoordeling uitslae vir 26 Mei 2022 was as volg: Sarah Boonzaaier, Oop kategorie: Grainy memories - 1ste plek Janine Kitshoff, Oop kategorie: Op die man af - 2de plek Jordan Farrah, Oop kategorie: Green eyed girl - Senior wenner Janine Kitshoff, Abstrak en lyne kategorie: Rooi wurm op balk - 1ste plek Jessica Boonzaaier, Abstrak en lyne kategorie: Circles - 2de plek Nika Viviers, Set kategorie: Stilbaai stilte - Honorable mention Cara Clark, Natuur kategorie: Wonderwerk - 1ste plek Emma Stevens, Natuur kategorie: Druppende ys - 2de plek Anabelle Erasmus, Natuur kategorie: Oopgegaan - Honorable mention Baie geluk aan die fotograwe - sien bladsy 8 vir die foto's. 6

LINDENNUUS UITGAWE 15


Fotoklub: Wenners

7

LINDENNUUS UITGAWE 15


Ukunaka - Onthou om 'n sak af te haal en vol te maak Ukunaka het onlangs begin om 'n inkopiesak met 'n inkopielys beskikbaar te stel vir diegene wat ons behoeftige gesinne se nood kan beantwoord. Hierdie sakke is steeds beskikbaar by Juf. Marleen Rood en sal gedurende die eksamen ook by die kantoor beskikbaar wees. Leerders kan gedurende die eksamen steeds die sakke sal afhaal, vol maak en weer terugbring om sodoende te verseker dat ons genoeg produkte het om uit te kan deel. Die projek het sover talle produkte ingesamel en ons is ongelooflik dankbaar vir elkeen se ondersteuning en hulp om dit 'n sukses te maak. Baie dankie vir die verskil wat elkeen maak in die lewens van ander.

8

LINDENNUUS UITGAWE 15


9

LINDENNUUS UITGAWE 15


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.