LINDENNUUS Uitgawe 14, 20 Mei

Page 1

LINDENNUUS In die nuus: - Spesiale gedig opgedra aan Linden

Seunshokkie: Eerstespan wen Aitken B-afdeling 'n Fantastiese einde tot 'n wonderlike week en uitstekende begin vir die komende Derby-week. Baie geluk aan ons eerste-seunshokkiespan wat in die Aitken B-toernooi as wenners teen Hoërskool Monument uit die stryd getree het. Hulle het die eindstryd 3-2 gewen. Ons is ongelooflik trots op

- Sport: Seunshokkie vaar uitstekend in Aitken- & Bodentoernooi

julle! Het julle geweet? Ons Aitken-span, het in 2019 (voor Covid) vir die eerste keer aan die hokkietoernooi deelgeneem, waar hulle die C-afdeling gewen het. Hierdie jaar was die tweede geleentheid wat Linden gehad het om die toernooi aan te

- Kultuur: Dogtersbattery verower A+

durf, en die keer het hulle in die B-afdeling deelgeneem en in hierdie afdeling ook gewen! Wat 'n uitmuntende prestasie.

Kontak ons: www.linden.co.za 011 888 1433/4 @hslinden Hoërskool Linden 1

LINDENNUUS UITGAWE 14


Gedig aan Linden: " 'n skool is ‘n vreemde plek" Ons deel graag 'n baie spesiale gedig opgedra aan die skool deur @eg_ek, geskryf deur oud-Lindeniet Dené Vorster: ‘n skool is ‘n vreemde plek waar ‘n klomp vreemdelinge bymekaarkom om iets (vreemds) te leer dinge wat baie van die dae glad nie sin maak nie (veral wanneer jy 2uur die oggend in die bed gekom het en vergeet het om jou huiswerk te doen) o maar, ek het my huiswerk mos iewers langs die highway verloor of was dit my beste vriend? (ek kan nie meer onthou nie) dis die plek waar jy leer dat antjie krog se blou gordyn ‘n metafoor is vir die blink oseaan waarin ingrid jonker later sou verdwyn (net om later uit te vind dat die blou gordyn was toe heeltyd net ‘n blou gordyn) die plek waar dr nico praat van jaws en meisie en mis o hoe mis ek die dae waar ek met my gunsteling onderwyser kon praat waar ek na pouse laat kon wees want ek het alweer te lank na daai outjie met die (te lang) hare gestaar

hierdie skool is ‘n gebou wat gebou is om mense te bou wat later hierdie enorme wêreld sal in beweeg met harte wat vol is ek het ‘n vol hart wat volhard. hierdie is die plek waar ek vir die eerste keer verlief geraak het waar ek gewen het waar ek meeste van die tyd verloor het (boeke, tasse, haarknippies, my huiswerk, my vriende, my hart) “en buite die stemme wat skater vriende wat groet sien jou later elkeen vind sy pad” jenny han het gesê: i’ve always loved the first day of school better than the last day of school. firsts are best because they are beginnings. so, kyk rondom jou neem elke nuwe begin elke liewe oomblik in want alles kom tot ‘n einde môre is dit verby en vra jouself dan, wie gaan jy daar aan die anderkant van die oorlog kry? © eg_ek

(hy was gisteroggend weer in die moeilikheid) waarheen hardloop die tyd? en dan kom daar ‘n dag waar jy lag waar jy op die pawiljoen sit met ‘n groen steri stumpie in die een hand en ‘n foto van jou matriekjaar in die ander en hierdie keer is dit nie om ‘n geesvang-liedjie te sing nie, nee dis om terug te dink en te onthou en te besef: hierdie skool is nie net ‘n gebou nie dis ‘n beweging 2

LINDENNUUS UITGAWE 14


Gin-proeaand 'n groot treffer Die damesaand van 13 Mei het vir groot pret gesorg. Die tema was "'n Fantasie Wêreld" en die geleentheid het 'n gin-proe deur B-Merch SA se Glitter & Moonshine ingesluit. Die dames is bederf met die heerlikste "Gin-pairing" en het omtrent die aand geniet. Dankie aan elke dame wat van hierdie aand so 'n groot sukses gemaak het.

Linden-Randburg Lofprysing by Doxa Deo Doxa Deo Linden het op Woensdag 18 Mei die eerste Linden-Randburg-worshipaand gehou ter voorbereiding van die Derby. Talle van ons leerders het die geleentheid saam met leerders van Hoërskool Randburg bygewoon. Die aand was baie spesiaal en het weereens gewys hoe ons twee skole wel kan saamstaan en 'n verskil maak in mekaar se lewens. Dit was beslis 'n spesiale wyse om die Derby-week te vier.

Besoek gerus die d6 vir die eksamenrooster, eksameninligting en afbakenings. 3

LINDENNUUS UITGAWE 14


Belangrike Datums: 21 Mei tot 28 Mei

4

Saterdag 21 Mei

RUGBY DERBY VS RANDBURG (WEG)

Maandag 23 Mei

Sportprysuitdeling: Atletiek, Swem en Krieket

Dinsdag 24 Mei

Netbal: JOMO-liga vs Randburg (Weg)

Woensdag 25 Mei

------------------------

Donderdag 26 Mei

Hokkie: Wedstryde: o/14B en o/15B Dogters vs Helpmekaar (WITS); o/14A, o/15A, o/16A & 1ste Dogters vs Helpmekaar (Tuis); Linden Koorfees

Vrydag 27 Mei

Linden Gholfdag by Parkview Klub; Linden Koorfees

Saterdag 28 Mei

Rugby: Wedstryde: Liga vs Hoërskool Fochville (Weg); Fietsry: Wedren 2: MTB Skolereeks by Steyn City; Fondsinsameling Ja-Nee: DIE-anner-LEWE toneelstuk

LINDENNUUS UITGAWE 14


Seunshokkie: Uiters suksesvolle Aitken- & Bodentoernooi vir Linden Ons o/15- en 1ste-seuns hokkiespanne het vanaf Vrydag 13 tot Sondag 15 Mei aan die gesogte Aitken & Boden Toernooi deelgeneem. Ons o/15’s speel by Trinityhouse Little Falls in die Boden B-afdeling en die uitslae was as volg: • Wen 2-0 vs Reddam House • Wen 1-0 vs Edenvale High • Speel 0-0 gelykop vs Trinityhouse Randpark en eindig algeheel 1ste in ons poel • Verloor in die kwartfinaal 1-2 vs Rand Park High • Wen 1-0 vs Hoërskool Kempton Park • Wen in die 3-2 finale rondte met ‘n penalty shootout Die span eindig dan algeheel 4de in die B-afdeling van die toernooi. Ons eerstes speel by Bryanston High en St. Stithians in die Aitken B-afdeling. Die uitslae was as volg: • Wen 2-1 vs Curro Aurora • Wen 1-0 vs Rand Park High • Verloor 2-3 vs Monnas en eindig algeheel 2de in ons poel • Wen in die kwartfinaal 1-0 vs Marais Viljoen • Wen in die semi-finaal 3-0 vs St. Peters College • Wen 3-2 in die finaal vs Monnas om as algehele wenners van die B-afdeling aangewys te word. Linden is ongelooflik trots op julle harde werk manne, welgedaan!

5

LINDENNUUS UITGAWE 14


Hokkie lewer provinsiale spelers op Ons hokkieseuns het die afgelope week aan die finale rondte provinsiale (Southern Gauteng) proewe deel geneem. Die leerders wat hierdie proewe meegemaak het was: • o/14: Morné Steyn en Jan-Hendrik Weidemann • o/16: Jean Taljaard en Luke van Copenhagen • o/18: Juan Oosthuizen en Mbulelo Ncube Na afloop van die proewe spog Linden met nie net een nie, maar vier provinsiale hokkiespelers! Baie geluk aan die volgende seuns wat by die finale Suid-Gautengspanne ingesluit is: • o/14: Jan-Hendrik Weidemann (D-span) • o/16: Luke van Copenhagen (C-span) • o/18: Juan Oosthuizen (D-span) en Mbulelo Ncube (B-span) Baie geluk aan hierdie leerders met die uitsonderlike prestasie, ons is ongelooflik trots op julle.

Fietsryers vaar goed in MTBwedren Linden se fietsryers het ook oor die afgelope naweek aan die eerste MTB Skolereekswedren by Hoërskool John Vorster in Pretoria deelgeneem. . Daar was tot 100 fietsryers van skole reg oor Gauteng wat per kategorie deelgeneem het en ons leerders presteer soos volg: • Rucindé Alströhm verwerf in haar kategorie ‘n algehele 12de plek. • Nathan Poustie verwerf in sy kategorie ‘n 10de plek. Baie geluk julle. 6

LINDENNUUS UITGAWE 14


Uitslae: Rugby vs Riebeeckrand Ons rugbyspanne het Saterdag in hul tweede ligabepaling teen Hoërskool Riebeeckrand wedstryde gespeel. Die wedstryde het op ons velde plaasgevind en die uitslae was soos volg: • o/14A verloor 0-52 • o/15A wen 24-14 • o/15B verloor 0-5 • o/16A speel 12-12 gelykop • 2des wen 35-5 • 1stes wen 52-0 Welgedaan aan die spanne, harde werk word beloon.

Seunshokkie vs Kings School Ons 1ste-span hokkieseuns het Donderdag 19 Mei, op Linden se Astro-baan teen Kings School ‘n wedstryd gespeel. Linden wen hierdie wedstryd 10-0. Baie geluk manne, ons is trots op julle.

Netbal: Liga uitslae Ons netbalspanne het op Donderdag 19 Mei in die JOMOliga teen Krugersdorp High School wedstryde gespeel. Die wedstryde vind by Krugersdorp High School plaas en Linden wen 9 uit die 10 wedstryde. • o/14A wen 14-12 • o/14B wen 13-4 • o/14C wen 9-6 • o/15A wen 18-7 • o/15B wen 24-7 • o/16A wen 37-12 • o/16B wen 20-3 • o/17A verloor 21-23 • o/19B (Tweedes) wen 31-10 • o/19A (Eerstes) wen 28-14 Baie geluk aan ons dogters met hierdie mooi uitslae. 7

LINDENNUUS UITGAWE 14


Linden Dogters-battery verower A+ by Eisteddfod Die Linden Battery: A-lyn Meisies, het die afgelope naweek 'n A+ toekenning by Trinity House se Eisteddfod kompetisie verower. Die dogters het in Januarie begin musiek maak en reeds gehore beïndruk met hulle indrukwekkende vertonings. Baie geluk aan die dogters met hierdie uitstaande prestasie, ons is baie opgewonde om te hoor wat julle nog gaan oplewer.

Fondsinsameling - Ja-Nee Ons nooi elkeen uit om die Ja-Nee skoolkoerant se fondsinsameling by te woon. Die geleentheid behels die opvoering van DIE-anner-LEWE (‘n Storie- en musiekspel), en beloof om 'n treffer te wees! Dit vind plaas op Saterdag 28 Mei om 18:15 vir 19:00 te Hoërskool Linden se skoolsaal. ‘n Teateraand in die skoolsaal gevul met geheimsinnige spookstorievertellings en ander onverklaarbare verskynsels. Sommige van dié ware verhale sal koue rillings deur jou lyf stuur terwyl ander jou kop in ongeloof sal laat skud. Dit alles vermeng met musikale treffers deur die jare. R195 p/p, aandete ingesluit met geurige sopgeregte en varsgebak-broodtafel. Geen o/11’s. Kaartjies kan gekoop word op die d6. Sien julle daar.

8

LINDENNUUS UITGAWE 14




Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.