LINDENNUUS Uitgawe 13, 14 Mei 2022

Page 1

LINDENNUUS In die nuus: - Linden se 75stebestaansjaar behoorlik gevier

75 jaar-feesviering sorg vir pret, plesier en nostalgie Hoërskool Linden het hierdie afgelope week ons 75ste bestaansjaar amptelik gevier. Deur die loop van die week het die leerders, onderwysers en oud-Lindeniete deelgeneem aan vele aktiwiteite wat gestrek het van 'n spesiale saalopening met sprekers soos ons voormalige hoof (19932008) mnr. van Dyk, tot 'n egte kinderpartytjie met

- Sport: Derby-week breek aan

kolwyntjies, springkastele en piekniek. Meer oor die week se aktiwiteite, in die uitgawe van die Lindennuus beskikbaar. Deur die loop van die week het die Linden-familie weereens net besef hoe bevoorreg ons is om deel te kan wees van 'n ongelooflike skool, met wonderlike mense en 'n ryk erfenis.

- Sosiaal: Mnr & Mej Linden-wenners

Liefste Linden, baie geluk met jou verjaarsdag. Mag daar nog vele meer wees.

Kontak ons: www.linden.co.za 011 888 1433/4 @hslinden Hoërskool Linden 1

LINDENNUUS UITGAWE 13


Linden verwelkom spesiale eregaste by 75stefeesviering saalopening Maandag 9 Mei, het ons die feesweek afgeskop met 'n formele saalopening in die binneplaas. Die verrigtinge het begin met die vlagseremonie, waarna die Lindenkoor opgetree het. Die leerders is toegespreek deur dr. Wiehahn (hoof) asook mnr. Louis van Dyk (voormalige hoof 1993-2008) en die hoofleiers van 2022, Franco Vosloo en Megan Botha. Mnr. van Dyk se besoek was besonders spesiaal en het gesorg vir 'n traan of twee. Thinette du Toit (hoofmeisie 2019) wat saam met Marig Engelbrecht die seënbede geskryf het, het die seënbede voorgedra aan die skool en Lodewyk Uys (hoofseun 2009) wat die erekode geskryf het, het die erekode aan die skool voorgelê. Dit was 'n besonderse spesiale oggend en beslis die hoogtepunt van die week.

Lindeniete hou lekker partytjie Ons het Vrydag 13 Mei die week se vieringe op ‘n hoogtepunt afgesluit en ‘n behoorlike partytjie ter viering van die skool se 75ste bestaansjaar gehou. Ons het die dag afgeskop met ‘n spesiale vertoning deur bekende kunstenaar en oud-Lindeniet, Dené Vorster en Van Wyk Brand. Later het die leerders kolwyntjies geëet, hul gate uit geniet op die springkastele en lekker saam gebraai en piekniek gehou. Dit was ‘n voorreg om die bestaan en vooruitgang van Hoërskool Linden as familie hierdie week te kon vier. Linden-wees is ‘n fees! 2

LINDENNUUS UITGAWE 13


Mnr & Mej Linden 2022 aangekondig Mnr en Mej Linden was weereens 'n spoggeleentheid en ons leerders het op Dinsdagaand 10 Mei geglinster op die verhoog. Die aand se verrigtinge is deur die talentvolle MC, Lesego Molotsi aangebied en die sterbelaaide paneel van beoordelaars het bestaan uit Mila Guy (aktrise), Zetske van Pletzen (aktrise), Francois Chapman "Chappies" (Survivor SA-deelnemer), Neil Pauw (drommer van The Parlotones) en Merlene Spies. Die aand is geopen met 'n dansroetine waarna die leerders in hulle aanddrag die loopplank aangedurf het en hul liefdadigheidsprojekte aan die gehoor voorgelê het. Mnr Linden vir 2022 is Pieter Hugo en ons Mej Linden, Inge Erasmus. Baie geluk aan die res van die wenners van 2022, hulle is: 1ste prins - Jean Taljaard, 1ste prinses - Melia Jordaan, 2de prins - Sandile Gumede, 2de prinses - Mia Mostert, Mnr Persoonlikheid - Juan Oosthuizen, Mej Persoonlikheid - Inge Erasmus. Welgedaan aan elke deelnemer, julle kan beslis trots wees op die pragaand.

Personeel deel in pret Ons personeel het tydens feesweek op Donderdag 12 Mei die groen baadjies aangetrek en Linden goed verteenwoordig in skoolklere. Wat ‘n voorreg om so ‘n wonderlike onderwyskorps te hê. Linden waardeer ons ongelooflike personeel en die passie, pret en gees wat hulle skoolgee elke dag mee aanpak 3

LINDENNUUS UITGAWE 13


75 jaar-feesvieringweek aktiwiteite Hoërskool Linden 75 jaar-feesvieringweek was vol pret aktiwiteite wat oor die afgelope week gestrek het. Die fees het begin met ons Meidans op 7 Mei. Die tema was Hollywood en ons leerders het pragtig gelyk en die dans ongelooflik baie geniet. Op Maandag 9 Mei het ons leerders tydens pouse het 'n "couples-" en "bestie challenge" gehou waar die pare meegeding het om wie mekaar die beste ken. Ons leerders en personeel het hulself gate uit geniet en lekker saam gelag. Maandagmiddag het die eerste- en tweedesportspanne deelgeneem in 'n "battle of the sportteams"-uitdaging waar hulle by agt verskeie aktiwiteite hulle staal moes wys. Die eerstenetbalspan het as wenners uit die stryd getree - geluk dames! Tydens Dinsdag se opening is die leerders verras deur 'n optrede van ons sêr-groep. In pouse het die Drumlines in 'n "battle of the bands" tussen die seuns- en dogtersbatterye meegeding. Die aand se Mnr en Mej Linden was 'n groot sukses en spoggeleentheid. Woensdagoggend het ons leerders en personeel om 05:45 saamgekom om die sonsopkoms op die rugbyveld te geniet. Die leerders het 'n heerlike koppie warm sjokolade en ontbyt-piekniekmandjies saam geniet. Dit was 'n pragtige oggend en spesiale oggend saam. Tydens pouse is daar 'n dansuitdaging aan die leerders gestel en spanne kon inskryf om die wenner van "So you think you can dance" te wees. Wenners op hierdie dag was Freddy Swarts (beste danser), eerstespan-hokkieseuns (beste gees) en tweedespan-netbaldogters (beste dans). Donderdagoggend het die leerders gewone klere gedra waar hulle iets wat hulle laerskole voorstel by hulle uitrustings gevoeg het. Die personeel het skooldrag gedra en vir groot pret gesorg. Tydens pouse is daar 'n "Masterchef"-kompetisie gehou waar die spanne 'n kolwyntjie in die 75jaar tema moes versier. Die spanne het gesorg vir heerlike, interessante skeppings en die personeel se span het uiteindelik met die louere weggestap. Ons het uiteindelik die dag afgesluit met 'n sokkie in die binneplaas. Op Vrydag 13 Mei is die leerders met 'n optrede deur oud-Lindeniet Dené Vorster verras. Sy het opgetree saam met haar sangmaat Van Wyk Brand en ook 'n spesiale gedig oor die skool voorgedra. Later die dag het die leerders op die rugbyveld bymekaar gekom om saam fees te vier. Daar was springkastele en kolwyntjies om te geniet, die matrieks het saam gebraai en leerders het lekker piekniek gehou. Wat 'n spesiale week was dit nie, dankie Linden vir julle entoesiasme, deelname en positiewe gesindheid. Lekker Linden! (Sien fotoblad van die week op bladsy 6 en 7) 4

LINDENNUUS UITGAWE 13


Personeel: 9 lede is trots oud-Lindeniete Het jy geweet Linden spog met nege personeellede wat self op Hoërskool Linden was? Dit is besonders spesiaal. Die Lindeniete is so lief vir ons skool dat hulle sommer weer terugkom en dan as personeel. Die onderwysers wat self in Linden matriekuleer het sluit in: Me. Michelle Maritz (1978), me. Mariëtte Jordaan (1982), me. Liezl Roos (1993), me. Malette Miller (2001), me. Franciska Lindvelt (2002), me. Melandi Jacobs (2006), me. Lizee Janse van Rensburg (2010) en me. Samantha Schoeman (2010). Twee van ons admin dames is ook oud-Lindeniete: Me. Wilkie van Zyl, die Hoof se sekretaresse (1980) en me. Nicole Janse van Vuuren, ons ontvangsdame (2015). Nog meer spesiaal is die feit dat juffrou Jacobs, juffrou Schoeman en juffrou Janse van Rensburg (afwesig op die foto), se matriek was! Wat 'n ongelooflike voorreg om te kan deel in die trots, passie en liefde wat hierdie personeel het vir Linden-familie.

Linden-onnies is tops!

5

LINDENNUUS UITGAWE 13


5

LINDENNUUS UITGAWE 12



Belangrike Datums 14 Mei - 21 Mei Saterdag 14 Mei

Rugby: Wedstryde: Liga vs Riebeeckrand (Tuis); Hokkie: Seuns: Aitken en Boden Toernooi; Skaak: Distrik-uitspele by Everest Primary School; Bergfietsry: Wedren 1: Skole MTB Reeks by Hoërskool John Vorster

Sondag 15 Mei

Hokkie: Seuns -Aitken en Boden toernooi, Koor optrede NG Kerk Greydene

Maandag 16 Mei

-------------------------

Dinsdag 17 Mei

Netbal: JOMO-liga vs Randburg (Weg); Tennis: Linden Kampioenskappe

Woensdag 18 Mei

------------------------

Donderdag 19 Mei

Netbal: JOMO-liga vs Krugersdorp High school (Weg); Hokkie: Seuns 1ste-span vs Kings School (Tuis); Tennis: Linden Kampioenskappe

Vrydag 20 Mei

Hokkie: Dogters vs Parktown Girls,Trinityhouse Randpark & Northcliff High School; Tennis: Linden Kampioenskappe

Saterdag 21 Mei

RUGBY DERBY VS RANDBURG (WEG); Hokkie: Seuns vs Hoërskool Waterkloof (Weg), Dogters vs Parktown Girls, Trinityhouse Randpark & Northcliff High School; Skaak: Distrik-uitspele by Bosmont Primary School; Skiet: GTRA/DDRC Liga 3

,

8

LINDENNUUS UITGAWE 13


Hokkie uitslae Ons hokkiedogters het op Dinsdag 10 Mei, hier op die Linden Astro-baan hulself teen De La Salle Holy Cross College uitstekend van hul taak gekwyt: Juniors wen 1-0, -2des wen 5-0 en 1stes wen 2-0 Op dieselfde dag het ons 1ste-seuns hokkiespan in ń skouspelagtige wedstryd met ń telling van 17-0 met Hoërskool Florida afgereken. Ons Dogters 1ste- en Seuns 2de-hokkiespanne het 11 Mei by Hyde Park wedstryde gespeel. Seuns 2des wen 3-0 vs Hyde Park se 1stes; Dogters 1stes wen 11-0 Welgedaan julle, Linden is trots op julle.

Fietsryspan stel kapteine bekend Linden se twee kapteine vir die opkomende Skole MTB reeks, Rucinde Ahlström en Nathan Poustie, is Vrydag 13 Mei by die CycleLab in Lynnwood voorgestel. Hulle neem Saterdag 14 Mei deel in hul eerste skole-liga resies. Sterkte aan ons fietsryers vir die opkomende seisoen, ons is trots op julle.

9

LINDENNUUS UITGAWE 13


Uitslae: Rugby vs Bastion Ons rugbyspanne het Saterdag in hul eerste ligabepaling teen Hoërskool Bastion wedstryde gespeel. Die wedstryde was op ons tuisveld en die uitslae soos volg: • o/14A verloor 0-52 • o/15A wen 12-0 • o/15B verloor 5-15 vs Hoërskool Florida in ‘n vriendskaplike wedstryd. • o/16A wen 38-5 • 2des verloor 12-32 • 1stes verloor 19-26 Die uitslae weerspieël nie die dag heeltemal akkuraat nie en ons is ongelooflik trots op elke speler. Dit was die eerste keer in hoeveel jare wat Linden ses spanne op die veld gehad het en ons is opgewonde oor die toekoms.

Skuts: Egoli Ope uitslae Linden Skuts het die afgelope naweek aan die Egoli Ope deelgeneem. Daar was 53 o/14-, 66 o/16- en 45 o/21- skuts van 5 provinsies wat deelgeneem het en ons skuts het as volg presteer: • Ekhard Rabie verwerf ‘n 3de plek in die o/21 mans Sporter 3P-afdeling. • Isabella Cilliers verwerf ‘n 3de plek in die dames o/16 10m Sporter-afdeling. • Jané Louw verwerf ‘n 1ste plek in die dames o/14 10m en ‘n 2de plek in die dames o/14 3P Sporterafdeling. • Zanelle Kruger verwerf ‘n 2de plek in die dames o/21 10m en 3P Presisie-afdeling. • Ethan Chowles verwerf ‘n 1ste plek in wedstryd 1 van die mans o/21 Pistool-afdeling. • Jané Louw, Isabella Cilliers, Barend Rabie, Güte Geldenhuys, Jacque Barnard, Aneske Benadie, Leon Frederik, en Ethan Chowles neem ook in die 10m of 3P kompetisie deel. Baie geluk aan elkeen van hierdie skuts, Linden is baie trots op julle! 10

LINDENNUUS UITGAWE 13


Hokkieseuns speel Aitken & Boden-toernooi Hoërskool Linden se o/15- en 1ste-span hokkieseuns speel vanaf 13 tot 15 Mei in die Aitken & Bodentoernooi. Hulle is Woensdagaand deur die Protea hokkiespeelster Kristen Paton toegespreek en het die geleentheid gevier deur saam te eet op die Astro. Hulle kom teen sterk opposisie te staan, maar ons het die volste vertroue in julle om Linden se naam hoog te hou en staan bankvas agter julle.

Linden vs Randburg 21 Mei Vanaf 8:00 te Hoërskool Randburg Sien jou daar! 11

LINDENNUUS UITGAWE 13


Mini-MUN: Sprekers vaar uitstekend 'n "Mini-MUN" debat het op 12 Mei by Greenside High School plaasgevind. Ons skool se kommittee wat bestaan uit Joshua Kotze, Natalie Dixon en Venessa van Rensburg, het op die VN se Menseregtekommissie as Iran gedien waar die afgevaardigdes die bewaring van menseregte in die konteks van aanhouding en tronkstraf gesels het. Natalie Dixon het uit 47 sprekers weggestap met die toekenning as beste spreker. Welgedaan aan Natalie en die span.

ATKV-redenaars uitslae Hoërskool Linden se redenaars het die afgelope week hulle uitslae van die streeksuitdunne ontvang. Die uitslae was as volg: Graad 8's - Bertu Kooy, 72,9% Graad 9's - Ettienne Fouché, 68,2%; Wickus Fouché, 70,9%; Gute Geldenhuys, 77,9%; Kayla Oosthuizen, 69,2%; Jonathan van der Merwe, 78,8%; Joané Vorster, 61,5% Graad 10's - Jayden Breydenbach, 66,4%; Emile Kleynhans, 68,5% Graad 11's - Chrizelle du Plessis, 72,3% Graad 12's - Fikile Ntustle, 81% Fikile het deurgedring na die Semi-Finale wat op 11 Mei plaasgevind het. Baie geluk aan die redenaars.

12

LINDENNUUS UITGAWE 13


75 jaar-feesviering toespraak: Lodewyk Uys Ons deel graag van die toesprake wat tydens die amptelike opening vir die week gelewer is. Lodewyk Uys (Hoofseun 2009): Goeiemore Linden, Man, wat ‘n voorreg om vanoggend hier te kan staan. Toe Franco my gevra het om oor die erekode te praat, was my dadelike reaksie ja. Ek kan onthou toe ek in matriek was het Hoërskool Monument my oupa gevra om die skool te kom toespreek, waarheen ek hom vergesel het. Die saal opening het daai oggend by Monnas begin en die leerders het hulle erekode voorgelees. Ek was stomgeslaan met die leerders se trots vir waarvoor hulle staan. Dit was my inspirasie vir ons eie erekode. Ek het daardie selfde middag pen op papier gesit en begin werk aan ons erekode. In my lewe het ek al geleer dat accountability, of aanspreeklikheid, belangrik is om seker te maak ‘n mens se rigting op koers te hou. Of dit ‘n goeie vriend, lewensmaat, ouer-kind verhouding is of selfs ‘n broer of suster verhouding is. ‘n Mens het iemand nodig om te kan sê: hey, ek sukkel met hierdie of daai - help my om gesond te word. Die erekode vir my is ‘n sinbeeld op accountability vir 2 mense vir wie ons almal rekenskap sal gee, aan hierdie kant van ewigheid. Die 8 jarige jy, en die 80 jarige jy. As jy 8 jaar oud is - na wie het jy opgekyk? Was dit Iemand sonder waardes? Iemand wat vloek, skel, en slegte gewoontes het? Of het jy opgekyk na die ou wat rotsvaste waardes uitleef? Wat jou gewys het wat dit beteken om jou familie en vriende lief te hê met alles? Wat die regte keuses in moeilike tye gemaak het? En die 80 jarige jy eendag? Wil jy terugkyk en sien dat jy Linden se erekode se standaard jou eie gemaak het deur jou lewe? Wil jy eendag terugkyk en weet jy het alles gegee om jou hart gesond te hou, dat jy ongeroerd jou waardes gekoester het en jouself in die oë kyk sonder skuld of enige spyt. Dat jou innings een was wat FLAT OUT aangepak was. Die keuse is joune om te maak. Jy kan besluit.My inspirasie vir die erekode was om hom te internaliseer as ‘n draadjie wat my sal bystaan tot die dag wat ek eendag nie meer hier is nie. Ek hoop hy help julle, soos wat hy my al baie gehelp het. Sy ruggraat is after all gebou op een eienskap wat ons almal koester: Om te Volhard. Dankie.

6

LINDENNUUS UITGAWE 13


75 jaar-feesviering toespraak: Franco Vosloo Ons deel graag van die toesprake wat tydens die amptelike opening vir die week gelewer is. Franco Vosloo (Hoofseun 2022):

Vyf en sewentig jaar, sewe-vyf jaar, `n driekwart eeu later en My plek, Jou plek, Ons plek staan nogsteeds sy plek in die samelewing bankvas vol. Van `n nederige begin in 1947 met slegs 17 onderwysers en 14 klaskamers het Ons plek al `n lang pad gestap en regdeur die 75 bestaanjare van Hoërskool Linden bly een ding prominent – `n Lindeniet staan uit. Dit is nie eintlik vandag “Veels geluk my liefste Linden nie” – nee, dit is eerder “Veels geluk my liefste Lindeniete – oud, huidig en toekomstig – want soos julle weet – “Ons is Linden!” Maar wat is dit wat veroorsaak dat `n Lindeniet uitstaan? Die antwoord lê in ons wapen, ons skoollied, die seënbede, die erekode en natuurlik is dit ook ons leuse. Die atleet op ons wapen wat die wedloop van die lewe met volharding aanpak, ons sing elke week “Ons Volhard, Volhard, Volhard”, die seënbede wens jou `n lewe van volharding toe en die erekode sê dat enige ware Lindeniet volhard tot die einde toe. Maar wat presies is volharding dan nou eintlik? Volharding is die Linden-atleet wat opstaan nadat hy oor `n hekkie geval het en voortgaan om sy hart uit te hardloop. Volharding is die Lindeniet wat sy skool eerste stel deur aan te hou speel selfs al kramp sy kuite onophoudelik. Volharding is die koor, serenade, drumline of redenaars wat tot lank na sononder steeds by die skool is. Volharding is wat veroorsaak dat jy net daai 15 minute ektra leer voor jy die volgende dag Wiskunde skryf. Volharding is die besef dat al het ek nie vandag sukses bereik nie is môre `n nuwe dag met nuwe geleenthde wat aangegryp moet word. Volharding is Linden en Linden is VOL-HART. Lindeniet het harte van goud wat vir niks terugstaan nie. `n Ware Lindeniet probeer die lewe van sy mede-Lindeniete so aangenaam as moontlik maak. `n Lindeniet staan nie terug vir uitdagings wat sy kant toe kom nie, want hy weet met volhading en die mense rondom hom kan hy sukses behaal in enige iets wat hy aanpak. En dit is my uitdaging aan elkeen van julle. Vir 75-jaar staan Lindeniete al bekend as mense wat volhard. Hou aan om met daardie gesindheid deur die lewe te gaan. Of jy nou in graad 8 is en of jy nou in matriek is – die feit bly staan dat volharding kardinaal tot jou sukses in die toekoms gaan wees. Wees `n Lindeniet waarop jy en almal rondom jou trots kan wees! Want Volharding is Linden en Lindeniete volhard! 6

LINDENNUUS UITGAWE 13


75 jaar-feesviering toespraak: Megan Botha Ons deel graag van die toesprake wat tydens die amptelike opening vir die week gelewer is. Megan Botha (Hoofseun 2022): Kom ek verf vir jou ‘n prentjie. Jy staan in ‘n wye oop veld. Jy kan ver vooruit sien. Die landskap strek wyd en ver, daars heuwels en vlaktes wat ineen vloei sodat die veld soos die see begin vorm. Voor jou sien jy die heldergroen gras versier met wit en geel veld blommetjies. Verdermeer sien jy groot bome wat vol staan en getuig van welvaart. Die goue son skyn volhard met ‘n welkomende warmte en die wit wolke bring skadu en ‘n afkoelende somersbries. Hou die prent in jou geestesoog. Jy mag dalk wonder wat die te doen het met Linden. Dink terug aan de prent, sien die landskap en die kleure voor jou. Die groen, die geel, die bruin, wit en goud. Die kleure van Linden. As ons kyk na die kleure en hul betekenis kan mens iets merkwaardig opmerk. Kom ons begin met die bruin. Bruin, die kleur van stabiliteit, eerlikheid en veiligheid. Geel, die kleur van geluk, kreatiwiteit en intellektualiteit. Groen, die kleur van harmonie, groei en hope. Goud, die kleur van welvaart, sukses en elegansie. Wit, die kleur van reinheid, goedheid en rustigheid. Die is die kleure van Linden. Die kleure wat jy elke dag dra, waarmee jy elke dag geassosieer word. Vir 75 jaar het die skool met trots vasgestaan. Vir 75 jaar het dit getuig van die kleure waaruit dit opgebou is. Hierdie week vier ons nie net Linden se verjaarsdag nie. Ons vier dit waarvoor Linden staan. Ons vier die standvastigheid, geluk en hoop wat Hoёrskool Linden aan elke Lindeniet bied, hetsy oud Lindeniet, huidge Lindeniet, of toekomstige Lindeniet. Ons vier julle wat die skool maak wat dit is, julle wat die pratige terrein lewe gee. So liefste lewe van Linden. Elke dag wat jy skool toe kom en jy kyk na die kleure van jou klere en van jou skool. Wees die bruin bas van die boom, wat eerlik en opreg staan, wat stabiliteit verleen vir die take om wyd uit te sprei en veiligheid te bied vir ander. Wees die geel blommetjies,elkeen anders, elkeen wat voortspruit met geluk. Elkeen ‘n geskenk vanaf die Here wat sy eie vorm van intellektualiteit en kreatiwiteit laat blom. Wees die die groen gras en immergroen blare wat in harmonie groei en getuig van die hoop van lewe. Wees die goue son wat nie net skyn vir homself nie, maar ook ander sodat hulle dieselfde welvaart, suskes en elegansie toon en uiteindelik ‘n see van sterre vorm. En laastens wees soos die wolke wat neerreёn en ‘n nuwe reine uitkyk op die aarde gee. Wat goedheid bring vir ander en rustigheid skep soos dit saggies trikkel.

6

LINDENNUUS UITGAWE 13


Baie dankie aan die borge van Mnr & Mej Linden 2022


Baie dankie aan die borge van Mnr & Mej Linden 2022


Baie dankie aan die borge van Mnr & Mej Linden 2022


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.