LINDENNUUS Uitgawe 12, 6 Mei

Page 1

LINDENNUUS In die nuus:

Linden groet 'n legende Linden het op Vrydag 30 April afskeid geneem van ‘n legende, ‘n briljante onderwyser, iemand wat vir 47 jaar

- Linden groet juf. Moll na 28 jaar

haarself toegewy het aan die onderwys. Juf. Moll is en bly ‘n Lindeniet in murg en been, wat vir 28 jaar haar lewe met Hoërskool Linden gedeel het. Haar invloed en betrokkenheid by Linden was integraal tot die hart van die skool. Die Lindeniete het haar Vrydag gegroet met 'n erewag, blomme,

- Sport: Klitser-eende: span van die week

hartroerende toesprake en 'n personeelbaadjie wat spesiaal vir haar met 'n erekoord omsoom is. Dit was 'n spesiale geleentheid vir die skool en juffrou Moll. Ons groet haar met ‘n swaar hart, maar wens vir haar ‘n welverdiende aftrede toe. Ons gaan beslis haar

- Sosiaal: Ontmoet ons Mnr & Mej Lindenfinaliste

teenwoordigheid mis. Juf. Moll, dankie vir dit wat jy vir 28 jaar vir Linden gebied het, jy is 'n ware Linden-legende.

Kontak ons: www.linden.co.za 011 888 1433/4 @hslinden Hoërskool Linden 1

LINDENNUUS UITGAWE 12


Mnr & Mej Linden 2022 - Finaliste Ons stel met trots bekend die finaliste vir Mnr & Mej Linden 2022. Die jaar se finaliste is: Nicola Nel en Sandile Gumede Emma Orton en Dewald Smith Lauren Williams en Wouter Toerien Mika Theron en Rainer Eichorn Nika Viviers en Simon du Plooy Sophia Kotze en Ruan Erasmus Mia Mostert en Juan Oosthuizen Rina Jacobs en Juan Viljoen Inge Erasmus en Jean Taljaard Mia Mulder en Wickus Fouche Liezl Viljoen en Jean-Pierre Nortier Melia Jordaan en Pieter Hugo Nicole Williams en Ian van Heerden Amoné Struwig en Hadrian Divito Hierdie leerders neem Dinsdag 10 Mei om die gesogte titel deel en die aand beloof om een te wees vol glans en vermaak. Enkele kaartjies is nog beskikbaar teen R120 by Me. Taljaard in die kantoor. Foto's deur Andrew Campbell Photography

2

LINDENNUUS UITGAWE 12


75jaar-feesvieringweek is hier Hoërskool Linden vier in 2022 sy 75ste bestaansjaar met 'n feesvieringweek wat strek vanaf Saterdag 7 tot Vrydag 13 Mei. Ons is ongelooflik opgewonde vir die feesvieringe wat gaan plaasvind. Let asb. dat daar twee klein veranderings aan die program aangebring is: - Die Netbal-ligawedstryd teen Randburg vind plaas by Randburg en nie tuis nie. Leerders sal van busvervoer soontoe kan gebruik maak om sodoende die spanne te ondersteun. - Die program vir Vrydag sal om 13:00 volstrek, die skool kom dus 13:00 Vrydag 13 Mei uit.

Die koste verbonde aan die week beloop R70-00 per leerder wat alle aktiwiteite asook die partytjie en bederf items deur die week insluit (met die uitsondering van kaartjies vir Meidans en Mnr & Mej Linden). Die bedrag is vanaf 4 Mei betaalbaar vir al die leerders via die d6-app. Dankie vir u ondersteuning, ons sien uit na die spesiale week! Baie welkom aan ons nuwe personeellid me. Nené Knobel wat by ons Wiskunde departement aansluit. Juf. Knobel gee Wiskunde vir die graad 10' en 11's. Ons glo juffrou gaan sommer baie gelukkig by Linden wees. Baie geluk aan me. Elize Dames wat die afgelope naweek verloof geraak het. Ons is ongeloolik opgewonde saam met tannie Elize vir die opwindende nuwe seisoen wat vir haar voorlê. Ons wens julle baie seën en geluk toe. 3

LINDENNUUS UITGAWE 12


Belangrike Datums 7 Mei - 14 Mei ,

Saterdag 7 Mei

Rugby: Wedstryde: Liga vs. Bastion (Tuis); Meidans

Sondag 8 Mei

MOEDERSDAG

Maandag 9 Mei

75 Jaar-Feesvieringweek

Dinsdag 10 Mei

75 Jaar-Feesvieringweek; Mnr & Mej Linden; Hokkie: Dogters: Junior, 2des en 1stes vs De La Salle (Tuis); Hokkie: Seuns: 1stes vs Florida (Tuis)

Woensdag 11 Mei

75 Jaar-Feesvieringweek; ATKV-Redenaars Semi-Finale (Tuis); Hokkie: Seuns vs Hyde Park (Weg) (Spanne sal bevestig word)

Donderdag 12 Mei

75 Jaar-Feesvieringweek; Netbal: JOMO-liga vs Randburg (Weg); MUN debate, Greenside High School; ATKV-Redenaars Semi-Finale (Tuis)

Vrydag 13 Mei

75 Jaar-Feesvieringweek; Hokkie: Seuns: Aitken en Boden Toernooi

Saterdag 14 Mei

Rugby: Wedstryde: Liga vs Riebeeckrand (Tuis); Hokkie: Seuns: Aitken en Boden Toernooi; Skaak: Distrik-uitspele by Everest Primary School; Bergfietsry: Wedren 1: Skole MTB Reeks by Hoërskool John Vorster

Mnr en Mej Linden kaartjies nog beskikbaar by Me. Alicia Taljaard in die kantoor. Onthou die kroning vind die 10de Mei plaas.

4

LINDENNUUS UITGAWE 12


Gin-proe vir dames Op 13 Mei 2022 bied ons 'n eksklusiewe bekendstelling van verskeie Gin-mengsels vir die dames aan en jy word uitgenooi om dit saam met ons te kom geniet. Kaartjies is nou beskikbaar en beloop R 3500-00 per tafel van 10 dames met slegs 15 tafels beskikbaar. Die tafels word deur die gasvrouens volgens ‘n 'fantasie' tema opgemaak en dames word ook uitgenooi om volgens die tema aan te trek. Jy wil beslis nie hierdie geleentheid misloop nie. Vir besprekings kontak vir Liezel van den Berg of Magriet Nel (sien advertensie). Ons sien uit na 'n gesellige aand saam.

5

LINDENNUUS UITGAWE 12


Drie netbaldogters in Gautengspan Linden is ongelooflik trots op die volgende netbaldogters wat by die finale Gauteng-spanne ingesluit is: Hulle is: o/17: Euané Theart en Nadia Potgieter o/18: Fikile Ntsutle Baie geluk met hierdie welverdiende prestasie, ons is ongelooflik trots op julle!

Rugbyspanne vaar uitstekend teen Queens Ons rugbyspanne het Saterdag 30 April tuis teen Queens High School vriendskaplike wedstryde gespeel, Die spanne het skoonskip gemaak en die volledige uitslae was soos volg: • o/15A wen 57-0 • o/15B wen 61-5 • o/16A wen 48-5 • 2des wen 19-5 • 1stes wen 42-15 Baie geluk manne, ons is baie trots op julle. Baie sterkte met die Liga en Derby wat voorlê.

6

LINDENNUUS UITGAWE 12


Hokkieseuns vaar uitstekend Ons junior- en eerste-span hokkieseuns het op 4 Mei op ons Astrobaan teen Waterstone College wedstryde gespeel. Albei hierdie spanne wen hul wedstryde 3-0. Die eerstespan hokkieseuns het ook op 5 Mei tuis teen Crawford College Ruimsig ‘n wedstryd gespeel en 6-0 met die opponente afgereken. Ons o/16-hokkieseuns het op 5 Mei by Trinityhouse Randpark aan hul eerste rondte D10-proewe deelgeneem. Geluk aan die volgende seuns wat na die volgende rondte deurdring: • Luke van Coppenhagen • Siegfried Maré • Jean Taljaard Welgedaan manne, ons is trots op julle.

Skuts vaar uitstekend by Egoli Ope Baie dankie en geluk aan volgende skuts wat die afgelope naweek by Hoërskool Florida Linden se naam in die Egoli Ope hoog gehou het: • Ethan en Luca Chowles • Zanelle Kruger • Chanté Lubbe • Aneske Benadie • Ekhard en Barend Rabie • Leon Frederik • Willem Pretorius • Joshua Foord • Christiaan Briel • Jack Barnard • Isabella Celliers • Güte Geldenhuys • Jané Louw Welgedaan aan die skuts, Linden is trots op julle. 7

LINDENNUUS UITGAWE 12


"Klitser-eende": Die span van die week wen Noordheuwel Ons netbaldogters het Donderdagmiddag in die JOMO-liga

teen

Noordheuwel

gespeel

en

alhoewel al die ander spanne ongelukkig die knie moes buig het die tweedespan beter bekend as die "klitser-eende" weereens as wenners uit die stryd getree en wen 22-18. Die span vaar sover uitstekend in die liga en die dogters se entoesiasme en passie vir die spel is aansteeklik. Welgedaan aan die Matrieks wat hul uitstekend van hul taak kwyt, julle is 'n besonderse span. Die netballiga gaan voort volgende Donderdag met die langverwagte wedstryd teen Randburg, by Randburg se bane. Baie sterkte aan die dogters, ons weet dit gaan baie goed gaan. Dankie aan elke speelster en afrigter vir julle harde werk.

8

LINDENNUUS UITGAWE 12


Digi-toneel spog met toekennings Baie geluk aan ons leerders wat toekennings ontvang het in die Digi-toneel kompetisie. Die toekennings sluit in: Keona Visagie ontvang Brons vir haar toneelspel Isabel Roux ontvang twee Bronstoekennings vir haar toneelspel sowel as haar stuk wat sy self geskryf het Jonathan van der Merwe ontvang Brons vir sy toneelspel Die toneelstukke waarin Keona en Jonathan gespeel het, is geskryf deur mnr. van der Vyfer en het ook onderskeidelik Brons en Silwer behaal vir skryfwerk. Baie geluk aan die leerders en mnr. van der Vyfer. Ons is baie trots op julle.

9

LINDENNUUS UITGAWE 12


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.