LINDENNUUS Uitgawe 11, 29 April

Page 1

LINDENNUUS In die nuus:

Graad 11-kamp 'n hoogtepunt Die graad 11 leerders het vanaf 23 tot 27 April, as graad 'n leierskapontwikkelingskamp bygewoon by die Warthog Inn

- Graad 11-kamp 'n hoogtepunt

kampterrein in Brits. Die leerders het hulself gate uit geniet in die bosveld en as groep die geleentheid gehad om mekaar beter te leer ken, bande te smee en saam te werk. Die week het onder andere modderkruip, hindernisbane, kreatiewe krete en literiabane - wat die leerders laat strategies dink het,

- Sport: Superreeks lewer uitstekende uitslae

ingesluit. Een ding is verseker - die week was vir talle van ons leerders 'n hoogtepunt in hul skoolloopbaan. Dit was beslis 'n voorreg om te ervaar hoe ons leerders na twee jaar van geen kampe, Covid-inperkings en sosiale afstand, saam kon kamp, glimlag en weer ook net kind wees kon geniet. Dankie aan elke ouer, leerder en personeellid wat die

- Kultuur: Kuns leerders spog met maskers

geleentheid moontlik gemaak het. (Sien die fotoblad van die onvergeetlike week op bladsy 6)

Kontak ons: www.linden.co.za 011 888 1433/4 @hslinden Hoërskool Linden 1

LINDENNUUS UITGAWE 11


Beraders gesels met leerders oor selfbeeld en identiteit Linden gee om vir ons leerders se emosionele welstand en persoonlike ontwikkeling. Mnr. Henning Jacobs (welstandspesialis en berader) en me. Laurinda Booyse (ons skoolberader) het Maandag 25 April die dogters en seuns toegespreek rondom hul selfbeeld en identiteit. Hierdie tipe geleenthede is vir ons as skool uiters belangrik omdat dit die visie van die skool, "Om jongmense met karakter te ontwikkel wat waarde tot die samelewing toevoeg", so goed ondersteun. Baie dankie aan ons Sosiale Sorg dagbestuurslede, Henno Klopper en Chantei Hoffmann, wat die geleentheid moontlik gemaak het. Leerders wat nodig het om met iemand te gesels of ondersteuning nodig het, is welkom om met me Elize Dames in die kantoor te skakel, om so 'n afspraak te maak met me Laurinda Booyse.

Graad 11-seuns breek Affies se hindernisbaan rekord 'n Saamgestelde span van ons graad 11-seuns het tydens hulle graad 11-kamp by Warthog Inn die uitdaging aanvaar om die Afrikaans Hoër Seunsskool se rekord van 11 minute 7 sekondes op die kampterrein se hindernisbaan te breek. Die seuns het met 'n tyd van 12 minute 16 sekondes geeindig, meer as die van Affies, maar die eienaar van die plaas het later aangekondig dat die seuns op die einde toe wel die rekord gebreek het, omdat daar nuwe hindernisse op die baan bygevoeg was sedert die vorige rekord opgestel was. Met groot gejuig en baie opgewondenheid het die groep seuns dus weggestap as die nuwe rekordhouers. Baie geluk manne, dit is 'n uitstekende prestasie! 2

LINDENNUUS UITGAWE 11


75jaar-feesvieringweek vind plaas in Mei Hoërskool Linden vier in 2022 sy 75ste bestaansjaar en ons as skool wil die geleentheid graag vier. Alhoewel daar ‘n paar geleenthede oor die jaar sal wees waar die mylpaal gevier sal word, word die amptelike feesvieringsweek in Mei-maand gehou en skop ons daarmee af met ons tradisionele Meidans op die 7de van die 5de maand, simbolies van die getal 75 met ons tradisionele Meidans. Die week se program sal strek vanaf Saterdag 7 tot Vrydag 13 Mei en daar sal daagliks in die oggend op die binneplaas en tydens pouse feesvieringe plaasvind, met enkele verdere geleenthede gedurende die week in die middag- of aand. Pouses sal vir die week ook gekombineer word in een lang pouse om sodoende die prettighede optimaal te geniet. Die program is so opgestel dat die geleentheid vir hope pret sal sorg sonder dat akademiese tyd verlore gaan. Die program vir die week lyk as volg:

Die koste verbonde aan die week, wat beloop R70-00 per leerder wat alle aktiwiteite asook die partytjie en bederf items deur die week insluit (met die uitsondering van kaartjies vir Meidans en Mnr & Mej Linden). Die bedrag is vanaf 4 Mei betaalbaar vir al die leerders via die d6-app. Ons is ongelooflik opgewonde om die spesiale week met die Lindeniete te deel en so ons skool se erfenis behoorlik te vier. (Volledige inligting is op die d6 beskikbaar) 3

LINDENNUUS UITGAWE 11


Belangrike Datums 30 April - 7 Mei ,

Saterdag 30 April

Rugby: Vriendskaplik vs Queens (Tuis); Skiet: Egoli Ope

Sondag 1 Mei

WERKERSDAG

Maandag 2 Mei

PUBLIEKE VAKANSIEDAG

Dinsdag 3 Mei

---------------------------------------

Woensdag 4 Mei

Hokkie: Seuns: Juniors en 1stes vs Waterstone College (Tuis)

Donderdag 5 Mei

Netbal: JOMO-liga vs Hoërskool Noordheuwel (Tuis); Hokkie: Seuns: 1stes vs Crawford College (Tuis)

Vrydag 6 Mei

Hokkie: Dogters: o/14A en -B; o/15A en -B vs Rand Park High School (Tuis) en o/16A en 1stes vs Rand Park High School (Randburg Astro)

Saterdag 7 Mei

Meidans; Rugby: Wedstryde: Liga vs Hoërskool Bastion (Tuis)

Mnr en Mej Linden kaartjies nog beskikbaar by Me. Alicia Taljaard in die kantoor. Onthou die kroning vind die 10de Mei plaas.

4

LINDENNUUS UITGAWE 11


Gin-proe vir dames ,Op 13 Mei 2022 bied ons 'n eksklusiewe bekendstelling van verskeie Gin-mengsels vir die dames aan en jy word uitgenooi om dit saam met ons te kom geniet. Kaartjies is nou beskikbaar en beloop R 3500-00 per tafel van 10 dames met slegs 15 tafels beskikbaar. Die tafels word deur die gasvrouens volgens ‘n 'fantasie' tema opgemaak en dames word ook uitgenooi om volgens die tema aan te trek. Jy wil beslis nie hierdie geleentheid misloop nie. Vir besprekings en besonderhede van betaling kontak vir Liezel van den Berg of Magriet Nel (sien advertensie). Ons sien uit na 'n gesellige aand saam.

5

LINDENNUUS UITGAWE 11


Gr.11 - kamp


Superreeks - Finale uitslae Dit was weereens ‘n besige naweek vir ons rugby-, netbal- en hokkiespanne. Linden het Saterdag 23 April by Hoërskool Brandwag en St. Dunstans College aan die finale uitspele van hierdie jaar se Superreeks wedstryde gespeel en presteer soos volg: Rugby: Linden Rugby eindig in die algehele 5de plek. • o/15A verloor 7-38 vs Brandwag (eindig in die 2de plek) • o/16A wen 17-7 vs Wagpos (Algehele 3de plek) • 2des verloor 12-16 vs Brandwag (Algehele 4de plek) • 1stes verloor 3-21 vs Wagpos (Algehele 4de plek) Netbal: Linden Netbal eindig in die algehele 2de plek. • o/14A wen vs Brandwag 14-13 (Algehele wenners). Speler van die wedstryd: Une vd Berg • o/15A wen vs Birchleigh 20-14 (Algehele 3de plek).Speler van die wedstryd: Zane du Plessis • o/16A wen vs Brandwag 33-10 (Algehele wenners).Speler van die wedstryd: Carla van Westing • o/17A wen vs Birchleigh 13-30 (Algehele 5de plek). Speler van die wedstryd: Anina v Westing • 1stes kry punte vs Genl. Hertzog (Algehele 3de plek) Hokkie: Linden Hokkie eindig in die algehele 2de plek. o/14A-dogters wen in “Sudden Death” vs Brandwag (Algehele wenners) o/15A-dogters verloor 0-2 vs Brandwag (Algehele 2de plek) o/16A-dogters verloor 1-4 vs Genl. Hertzog (Algehele 2de plek) Dogters 2des verloor in die “Penalty Shoot-out” vs Brandwag (Algehele 2de plek) Dogters 1stes verloor 0-1 vs Bergsig (Speel uit vir 3de en 4de) Dogters 1stes wen in “Sudden Deasth” vs Wagpos (Algehele 3de plek) Seuns 1stes wen 1-0 vs Genl. Hertzog (Algehele wenners) Nadat alle algehele punte in berekening geneem is, eindig Hoërskool Linden vir die totale Superreeks in die algehele 2de plek uit die 8 deelnemende skole. Linden is ook die tweede kleinste skool onder al die deelnemende skole, wat die uitslae voorwaar ‘n besonderse prestasie maak. Baie geluk aan elke speler en afrigter, Linden is trots op julle.

7

LINDENNUUS UITGAWE 11


Uitslae Netbal: Liga vs Rand Park High Ons netbaldogters het Donderdagmiddag in die JOMO-liga teen Rand Park High School wedstryde gespeel. Die wedstryde het by Rand Park High plaasgevind en Linden wen 5 uit die 11 wedstryde. Volledige uitslae soos volg: • o/14A wen 15-7 • o/14B verloor 15-16 • o/14C verloor 5-7 • o/15A verloor 5-35 • o/15B wen 26-19 • o/15C verloor 5-21 • o/16A wen 35-11 • o/16B wen 11-6 • o/17A verloor 11-26 • 2des wen 30-1 • 1stes verloor 18-24 Dankie aan elke speelster en afrigter vir julle harde werk.

Hokkie: Liga-uitslae Ons seuns- en dogters hokkiespanne het Donderdag 28 April teen Curro Aurora wedstryde gespeel. Die dogters speel tuis terwyl die seuns by Curro Aurora speel. Die uitslae was soos volg: • Juniorseuns verloor 0-4 • Seuns 2des wen 4-0 • Seuns 1stes verloor 1-2 • o/15-dogters wen 4-0 • Dogters 2des wen 3-0 • Dogters 1stes wen 4-0 Ons o/14- en o/16-hokkieseuns het ook Saterdag 23 April teen Northcliff High School wedstryde gespeel. Die wedstryde het by Northcliff plaasgevind. • o/14’s verloor 1-3 • o/16’s verloor 0-1 Dankie dat julle volhard en die skool met trots verteenwoordig. 8

LINDENNUUS UITGAWE 11


Bergfietsryer presteer Nathan Poustie, een van Linden se fietsryers, het Woensdag aan die eerste Gauteng-Noord XCO-bergfiets wedren

in

Hazeldean,

Pretoria

deelgeneem. Hy hou Linden se naam hoog deur in sy kategorie ‘n algehele 9de plek uit 25 fietsryers te behaal. Geluk Nathan, ons is trots op jou!

Skuts vaar uitstekend by SANSSU-proewe Drie van Linden se skuts het die afgelope naweek by die SANSSU-proewe Linden se naam hoog gehou. • Ethan Chowles wen die Pistool-afdeling. • Zanelle Kruger kom 1ste in die 10m Presisie en algeheel 2de in die afdeling. Ethan Chowles en Ekhard Rabie verwerf dan ook hul SANSSU-kleure deur in die nasionale SANSSUspan opgeneem te word. Hierdie span toer later in die jaar Engeland toe. Baie geluk aan hierdie skuts, ons is baie trots op julle! Die SAARA-Gauteng kompetisie het ook afgelope Saterdag plaasgevind en Linden skuts presteer soos volg: • Suné Boshoff wen die o/20 10m dames Presisie. • Barend Rabie verwerf die 3de plek in die mans Sporter o/16 10m. • Chante Lubbe wen die 10m Sporter dames o/20, asook die gemengde o/20 Sporter 3P. • Isabella Celliers verwerf die 3de plek in die dames o/16 Sporter 10m Sterkte ook aan die volgende skuts wat hierdie naweek Linden in die Egoli Ope verteenwoordig: • Ethan en Luca Chowles, Zanelle Kruger, Chanté Lubbe, Aneske Benadie, Ekhard en Barend Rabie, Leon Frederik, Willem Pretorius, Joshua Foord, Christiaan Briel, Jack Barnard, Isabelaa Celliers, Güte Geldenhuys en Jané Louw. Baie geluk aan ons skuts, sterkte ook vir die kompetisies wat voorlê. 9

LINDENNUUS UITGAWE 11


Public Speaking spanne tops in 2022 Geluk aan die Public Speaking spanne van 2022. Na afloop van die seisoen, lê Hoërskool Linden 15de uit 92 skole, in ‘n dominante Engelse kompetisie. Welgedaan aan die leerders en afrigters wat hul uitstekend van hul taak gekwyt het.

Graad 9 leerders spog met pragtige maskers vir Skeppende Kuns projek

10

LINDENNUUS UITGAWE 11


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.