LINDENNUUS Uitgawe 10, 23 April

Page 1

LINDENNUUS In die nuus:

Baadjies-aan-bome projek reuse sukses Ons jaarlikse Ukunaka Baadjies-aan-bome projek was 'n

- Chappies van Survivor kuier by Linden

reuse sukses. Ongeveer 1000 baadjies en talle kledingstukke en skoene is Vrydag 22 April met groot vreugde ontvang. Behoeftige mense kon reeds Vrydagoggend op die skool se sypaadjie baadjies kom afhaal. Die baadjies, klere en skoene sal aan behoeftige mense in ons gemeenskap, diegene wat

- Sport: Hokkieseuns wen Randburg, eerstesrugby wen Bergsig

- Kultuur: Debatspanne vaar uitstekend

deur vloede in Durban getref is asook mense van die Zandspruit informele nedersetting uitgedeel word. Dankie aan elkeen wat die inisiatief ondersteun en bygedraes gelewer het, ons harte klop warm van trots en dankbaarheid. Lede van die publiek, ouers en leerders is welkom om nog tot volgende Vrydag 30 April items by die hekwag in 6de straat af te laai of na me. Marleen Rood se klaskamer te stuur.

Kontak ons: www.linden.co.za 011 888 1433/4 @hslinden Hoërskool Linden 1

LINDENNUUS UITGAWE 10


Chappies van Survivor kuier by Linden "Goed of sleg. Wie sal weet? Dit is wat dit is, en ek is dankbaar daarvoor." Ons leerders het Dinsdagoggend die voorreg gehad om na ‘n treffende boodskap deur Francois Chapman, ook beter bekend as “Chappies” van Survivor South Africa, te luister. Hy het ons leerders toegespreek rondom die tema 'Drie lewenslesse uit die game van Survivor' en die boodskap het ons leerders met inspirasie en motivering gelaat en ons herinner om lewe ten volle te leef en te volhard tot die einde. Dankie vir jou inspraak Chappies, Linden is ongelooflik dankbaar om te kan leer by mense wat 'n verskil maak in die samelewing en ander in die proses inspireer om met liefde, hoop en passie die lewe aan te pak

Personeel nuus: Twee personeellede raak verloof Paasnaweek het groot vreugde gebring vir twee van ons geliefde personeellede wat oor die naweek verloof geraak het. Baie geluk aan me. Samatha Schoeman wat verloof is aan mnr. Zane Posthumus en me. Dané van der Linde wat aan mnr. Wian de Wet die ja-woord gegee het. Hierdie verlowings is nog meer spesiaal omdat die juffrouens se verloofdes beide oud-Lindeniete en die seuns van voormalige en huidige personeellede is. Ons wens me. Ronél de Wet ook geluk met die verlowing van haar seun aan me. van der Linde. Mag die opwindende nuwe seisoen groot seën en vreugde bring. 2

LINDENNUUS UITGAWE 10


Belangrike Datums 23 April - 30 April Saterdag 23 April

Rugby, netbal en hokkie: Superreeks Finale (Weg: Brandwag); Graad 11-kamp: leerders vertrek na Warthog Inn

Sondag 24 April

Koor: Kerkoptrede; Graad 11-kamp: Warthog Inn

Maandag 25 April

Graad 9 Ouerinligtingsaand; Graad 11-kamp: Warthog Inn

Dinsdag 26 April

Graad 11-kamp: Warthog Inn

Woensdag 27 April

VRYHEIDSDAG; Graad 11-kamp: Warthog Inn

Donderdag 28 April

Netbal: JOMO-liga vs Randpark High School (Weg); Hokkie: Dogters: Juniors, 2des en 1stes vs Curro Aurora (Tuis), Seuns: Juniors, 2des en 1stes vs Curro Aurora (Weg)

Vrydag 29 April

Skyfskiet: Egoli Ope

Saterdag 30 April

Rugby: Vriendskaplik vs Queens College (Tuis)

,

Mnr en Mej Linden kaartjies is vanaf 22 tot 29 April beskikbaar in juffrou Nieuwoudt se klas. Onthou die kroning vind die 10de Mei plaas. 3

LINDENNUUS UITGAWE 10


Hokkieseuns oorwin Randburg in liga Ons hokkieseuns het Donderdag 21 April in hulle liga-wedstryd teen Hoërskool Randburg uitstekend gevaar en die opponente verbysterd gelaat. Die eerstespan se wedstryd was veral 'n wedstryd vir die boeke en die toeskouers het met hart en siel die span ondersteun. Die uitslae was as volg: • Juniors wen 5-1 • 1stes wen 8-0 Baie geluk aan elke speler, Linden is ongelooflik trots op julle.

Hokkieseuns deur na D10-proewe Baie geluk aan die volgende seuns wat tot die volgende rondte van die D10-hokkieproewe deurgedring het: o/14: Morné Steyn en Jan-Hendrik Weidemann o/18: Mbulelo Ncube, Ben du Bruyn en Juan Oosthuizen Linden is baie trots op julle.

Twaalf netbalspelers deur na Gauteng-oefengroep 'n Rekordgetal van 12 netbaldogters is deur na die Gauteng-oefengroepe. Baie geluk aan die volgende netbaldogters wat by die Gauteng-oefengroepe ingesluit is: o/14: Donna de Wet • Sophia Smith o/15: Danica Smit o/16: Nicola Nel • Leana van der Elst o/17: Carla Malan • Lané van der Elst • Juanelle Steyn • Mieke Ferreira • Euané Theart • Nadia Potgieter o/18 Fikile Ntsutle Geluk met die uitstekende prestasie, ons harte klop warm van trots.

4

LINDENNUUS UITGAWE 10


Superreeks vs Bergsig Donderdag 21 April was ‘n besige dag vir ons rugby-, netbal- en hokkiespanne. Die spanne het tuis teen Bergsig in die laaste rondte van die Superreeks gespeel. Dit was beslis 'n goeie dag vir ons spanne en ons leerders se ondersteuning het beslis bygedra tot die opwinding. Die volledige uitslae was soos volg: Rugby wen 3 uit 4 wedstryde: • o/15A wen 12-0 • o/16A verloor 5-18 • 2des wen 19-0 • 1stes wen 15-6 Netbal wen 5 uit 9 wedstyde: • o/14A wen 17-6 • o/14B verloor 13-17 • o/15A verloor 12-18 • o/15B wen 24-8 • o/16A wen 30-18 • o/16B verloor 14-31 • o/17A verloor 13-24 • o/19A (Eerstespan) wen 29-16 • o/19B (Tweedespan) wen 28-6 Hokkie: • Seuns eerstes speel 0-0 gelykop Die finale uitspele vir posisies in die reeks, vind Saterdag 23 April by Hoërskool Brandwag in Benoni plaas. Baie geluk aan elke span. Ons is baie trots op ons leerders.

Skuts by Nasionale Proewe Baie sterkte aan die volgende drie skuts wat die naweek aan SANSSU-proewe deelneem: Ekhard Rabie, Ethan Chowels en Zanelle Kruger. Ons weet dit sal goed gaan 5

LINDENNUUS UITGAWE 10


Uitslae Netbal: Liga vs Florida Linden se netbaldogters het Woensdag 20 April, tuis in die JOMO-liga teen Hoërskool Florida gespeel. Linden wen 8 uit die 11 wedstryde! Volledige uitslae is soos volg: • o/14A wen 17-6 • o/14B wen 16-10 • o/14C wen11-10 • o/15A verloor 11-16 • o/15B verloor 11-21 • o/15C verloor 5-17 • o/16A wen 23-14 • o/16B wen 22-8 • o/17A wen 20-18 • 2des wen 35-4 • 1stes wen 26-20 Welgedaan dogters, julle maak ons trots. Sterkte vir die res van die wedstryde wat voorlê.

Hokkie: Liga-uitslae Linden se o/14-, o/15-, en o/16-dogters hokkiespanne, asook die seuns tweedespan het Dinsdag 19 April wedstryde teen Northcliff High School gespeel. Die wedstryde het op Northcliff High se Astro-baan plaasgevind en die uitslae was soos volg: • o/14-dogters wen 5-0 • o/15-dogters verloor 1-4 • o/16-dogters verloor 0-2 • Seuns 2de-span verloor 0-2 Dan het die volgende spanne ook hokkiewedstryde by Northcliff High School gespeel op 20 April. Uitslae was: • o/15-seuns verloor 0-1 • Dogters 1ste-span verloor 0-1 • Seuns 1ste-span verloor 0-4 Dankie dat julle volhard en die skool met trots verteenwoordig. 6

LINDENNUUS UITGAWE 10


Debatspan vaar uitstekend in ATKV-debat Hoërskool Linden se debatspanne het verlede week in die ATKV-debatskompetisie se uitdunne uitstekend gevaar. Die uitslae was as volg: 1ste plek - Simon Killian en Natalie Dixon - hulle dring deur na die semifinale 4de plek - Philip Calitz en Bernard Greeff - hulle dring deur na die semifinale 6de plek - Wouter Lotter en Marcel Steyn 9de plek - Isabella Greeff en Benno Coetzee 10de plek - Pierre de Villiers en Jayden Breydenbach Baie geluk aan die spanne wat hul uitstekend van hul taak gekwyt het.

ATKV-Redenaars uitdunne by Linden gehou Hoërskool Linden het vanaf 19 tot 22 April gasheer gespeel die Hoërskole en Laerskole ATKV Redenaars Gauteng-Wes uitdunne. Te midde van die bedrywige week het me. Bezuidenhout en haar span dit met groot entoesiasme aangepak en dit was 'n groot sukses. Ons eie redenaarspan het hulself ook uitstekend van hul taak gekwyt en uitslae van die week sal binnekort bekend wees. Dankie vir elkeen se bydrae tot die sukses van die geleentheid. 7

LINDENNUUS UITGAWE 10


Die week in foto's

Professionele foto's van die week se gebeure sal die komende week aanlyn beskikbaar gestel word.


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.