Lindennuus, Uitgawe 1: 20 Januarie 2023

Page 1

HOËRSKOOL LINDEN

WELKOM TERUG

Uit die hoof se pen

Welkom terug aan elke Lindeniet, ouer en personeellid Ons sien uit na 'n merkwaardige jaar saam as skool Die jaar het reeds afgeskop op 'n hoogtepunt en ons is veral baie trots op die matrieks van 2022 wat vir uitsonderlike uitslae gesorg het – welgedaan aan die leerders. Ons verwelkom ook graag die graad 8's van 2023 wat reeds hulle merk in die skool gemaak het, ons hou julle met groot opgewondenheid dop. Daar is vele opwindende gebeure wat vir ons voorlê vanjaar en my wens is dat elkeen elke oomblik sal geniet en elke geleentheid sal benut Mag die jaar 'n besonderse, geseënde jaar wees vir jou en ons as skool.

Lindengroete, Dr. Johan Wiehahn

Welkom nuwe personeel

NUWE PERSONEELLEDE OM DOP TE HOU

Vyf nuwe personeellede het vanjaar by ons aangesluit en ons is baie opgewonde om hulle by die Linden-familie te verwelkom Hulle is: Me. Sharon de Souza (Finansies), me. Monique Taljaard (IGO & Wiskunde), mnr Andries Heystek (Ekonomie, EBW & LO Sport), mnr. Tyron Erasmus (Assistent Sport & Bemarking) en mnr Henry Rall (Wiskunde Geletterdheid & Wiskunde) Mag julle pad by Hoërskool Linden 'n besonderse een wees!

UITGAWE 1 | 20 JANUARIE 2023
@hslinden
LINDENNUUS UITGAWE 1 1

Linden spog met uitstekende matriekuitslae

Linden se matriekuitslae het weereens alle verwagting oortref en ons is baie trots op die leerders Die Matrieks van 2022 spog met:

100 % slaagsyfer 98 16 % van die Matrieks wat gekwalifiseer het vir Universiteitstoelating (Linden is een van slegs 6 skole in Gauteng wat bo 95% universiteitstoelating kon behaal) ‘n Totaal van 274 onderskeidings word behaal (2,49 A’s per leerder): 1 leerder behaal 10 A’s, 1 leerder behaal 9 A’s, 1 leerder behaal 8 A’s, 6 leerders behaal 7 A’s, 7 leerders behaal 6 A’s, 7 leerders behaal 5 A’s en 10 leerders behaal 4 A’s

Die top presteerder (dux-leerder) vir 2022 was Franco Vosloo met ‘n gemiddeld van 95,86% en 7 A’s

Die leerders met top gemiddelde was:

1. Franco Vosloo met 95.86 % en 7 A’s

2 Bernard Greeff met 94 % en 10 A’s

3. Ben de Bruyn met 91.86 % en 9 A’s

4 Carla Dannhauser met 90 57 % en 7 A’s

5 Phillip Stander met 90 29 % en 7 A’s

Leerders met die meeste onderskeidings was:

Caitlyn Coetzee, Ané Dannhauser, Kyle de Vos, Chantei Hoffmann, Nathan Labuschagne,

van Zyl, Alana Viljoen

Aucamp, Zahn Calitz, Louwhan Hoffmann, Jacques Scheltema, Misha Schoeman, Abigail Smit, Marcel Steyn

Onderskeidings:

4 Onderskeidings: Moya Bolton, Illouise du Plessis, Larraine Esterhuizen, Chané Gambold, Ruan Krause, Tertius le Roux, Anika Oosthuizen, Clarissa Terblanche, Neil Tomlinson, Jodie Vermeulen

10
9
8
7
6
Onderskeidings: Bernard Greeff
Onderskeidings: Ben de Bruyn
Onderskeidings: Stephan de Souza
Onderskeidings: Franco Vosloo, Philip Calitz, Megan Botha, Carla Dannhauser, Margaux le Roux, Phillip Stander
Onderskeidings:
Reinhard
5
Ruben
LINDENNUUS UITGAWE 1 2

Matriekuitslae 2022 oortref alle verwagtings

Franco Vosloo is verder ook aangewys as die Top Student in Gauteng binne die vakgebied Geografie, met ‘n finale punt van 99%. Wat ‘n uitstekende prestasie! Ons wens ook vir juf. Crafford geluk met haar bydrae tot hierdie uitsonderlike prestasie, welgedaan!

Ons is ongelooflik trots op elkeen van die matrieks van 2022 en ons beste wense vergesel hulle die toekoms in en ons sien uit na dit wat hulle nog gaan bereik!

LINDENNUUS UITGAWE 1 3

Welkom graad 8's!

Linden verwelkom hierdie jaar 179 graad 8's tot die skool. Die groep se pad by Hoërskool Linden het reeds op 7 Januarie met hulle kamp afgeskop. Op Dinsdag 10 Januarie is die aggies en hulle ouers tot die skool verwelkom tydens 'n saalopening Die groep het dadelik weggespring en geoefen aan die Graad 8-konsert wat op 13 Januarie plaasgevind het. Hierdie konsert was 'n besonderse een en van uitstekende gehalte! Die wen klas van die konsert was 8/1 met hulle "Poppie"-tema.

Op Saterdag 14 Januarie het die graad 8's aan die hulle eie Interhuis deelgeneem, waartydens die ouers ook mekaar beter kon leer ken het by die ouer saamtrek. Ons graad 8-ouers van 2023 se ken-mekaar het vir groot pret en baie lekker saamkuier gesorg. Elke klas het 'n land verteenwoordig en aan die beoordelaars smul happies eg aan die land bedien Die wen-klas van die dag was 8 8 wat smullekker drink- en eetgoed eg aan Duitsland voorgesit het Dit was 'n besonderse lekker geleentheid!

Tydens die week van 16 tot 20 Januarie het die graad 8's volgens tema elke dag aangetrek as deel van die Inlindeneringsprogram Die program sal tydens die Baadjie-oorhandiging op Woensdag 25 Januarie tot 'n einde loop. Ons is b an doen en bereik en is trots op hulle! Welkom Graa

TROTSE
HOËRSKOOL LINDEN SE GRAAD 8'S VAN 2023 REEDS
LINDENIETE
LINDENNUUS UITGAWE 1 4

Die graad 1’s van Laerskool Unika het vroeër die week vir ons matrieks kom kuier. Hulle het 'n oulike boodskappie aan die matrieks kom lewer en 'n lekkertjie uit gedeel om vir hulle sterkte toe te wens met die jaar. Die matrieks het in ruil vir die graad 1's 'n briefie en koekie kon gee. Ons is so dankbaar vir die pragtige gebaar van die graad 1's en hulle personeel - dit was baie spesiaal om hulle by ons te hê!

Datums: 21 tot 28 Januarie Saterdag 21 Januarie Tennis: Interhoër - Junior Dogters te St. Mary's;
Gala Dinee Maandag 23 Januarie EINDJAAR-ASSESSERING BEGIN Dinsdag 24 Januarie Tennis: Liga - Dogters A+B vs St.
Woensdag 25 Januarie Graad 8 Baadjie-oorhandiging; Krieket: Wedstryde - T20 vs Eden Glen (o/15-seuns Tuis) & T20 vs St. Stithians (1ste-seuns Weg); Donderdag 26 Januarie Swem: Gala - De La Salle Holy Cross College; Krieket: WedstrydDogters vs Queens High School (Weg) Vrydag 27 Januarie Atletiek: Byeenkoms Germiston Atletiekstadion Saterdag eg; 1stes
Belangrike
Koor:
Mary’s (weg)
LINDENNUUS UITGAWE 1 5
GRAAD 1'S WENS MATRIEKS STERKTE TOE Unika se Graad 1's kuier by Linden
LINDENNUUS UITGAWE 1 6

Atletiek: Interhuis uitslae

ATLETE WYS HULLE STAAL IN EERSTE

Linden se jaarlikse Interhuis-atletiekbyeenkoms het die afgelope Vrydag 13 en Saterdag 14 Januarie plaasgevind.

Uitslae was soos volg:

• Beste Junior Dogter Veld-atleet: Uné van den Berg

• Beste Junior Dogter Baan-atleet: Marlene van Heerden

• Beste Senior Dogter Veld-atleet: Anshé Roos

• Beste Senior Dogter Baan-atleet: Marisan Grové

• Beste Junior Seun Veld-atleet: Zandré Barkhuizen

• Beste Junior Seun Baan-atleet: Jeandré Opperman

• Beste Senior Seun Veld-atleet: Harry Gardner

• Beste Senior Seun Baan-atleet: Francois van Zyl

• Junior Victrix Lodorum: Uné van den Berg

• Senior Victrix Lodorum: Marisan Grové

• Junior Victor Lodorum: Jeandré Opperman

• Senior Victor Lodorum: Ayden Davel

Groottotale van die verskeie huise:

• 3de plek: Huis Geldenhuys (875,5 punte)

• 2de plek: Huis Schlebusch (1105 punte)

• 1ste plek: Huis Dirks (1119,5 punte) Baie geluk aan die atlete met uitstekende prestasies, ons sien uit na die res van die seisoen

Krieketuitslae

KRIEKETSEISOEN SKOP AF

Ons o/15- en 1ste-seuns krieketspanne het Woensdag 18 Januarie hul eerste T20wedstryde in die Johnny Waite-liga gespeel o/15’s speel tuis vs Noordheuwel en verloor ongelukkig hierdie wedstryd met 8 paaltjies. 1stes speel weg vs Trinityhouse Little Falls en teken ‘n reuse 239 lopies vir die verlies van slegs 2 paaltjies in 20 beurte aan Trintyhouse Little Falls word vir 54 lopies uitgeboul wat aan Linden ‘n oorwinning met 185 lopies besorg. Juan Oosthuizen (1stes) teken 150 lopies van 68 balle af aan (n u n)

Ons Dogters-krieketspan het Donderdag hul eerste wedstryd vir die nuwe seisoen tuis teen Steyn City gespeel Linden verloor hierdie wedstryd naelskraap met 9 lopies Verlede jaar het ons dogters teen dieselfde span met 148 lopies verloor, ons is ongelooflik trots op hoe julle verbeter het. Baie geluk aan die spanne en sterkte vir die seisoen.

LINDENNUUS UITGAWE 1 7

Ons jaarlikse Interhuis-swemgala het Dinsdag 17 Januarie plaasgevind. Die swemmers het uitstekend gevaar, die graad 8's het groot gees by die geleentheid gewys en die Matrieks het soos gewoonlik die dag die meeste geniet Dit is 'n fees om 'n Lindeniet te wees. Ons sien uit na die swemseisoen - hou gerus die blad dop vir uitslae.

Buitemuurse prestasies

Twee van ons leerders, Philip Steyn en Xander Warricker het einde laasjaar aan die Suid Afrikaanse Junior Kendo Kampioenskap deelgeneem en uitstekend gevaar. Xander en Philip het ‘n tweede plek behaal in die span kompetisie Philip is ook bekroon as die SA Junior Kampioen en het ook sy 1ste Dan behaal op dieselfde byeenkoms. Kendo is ‘n Japanese gevegskuns en Xander en Philip is verbonde aan die San Kawa Dojo in Rosebank. Baie geluk Philip en Xander! Ons is baie trots op die uitstekende prestasies.

PHILIP STEYN IS SA KAMPIOEN
LET'S CHAT!
LINDENNUUS UITGAWE 1 8
JAARLIKSE SWEM-INTERHUIS SORG VIR GROOT PRET EN KOMPETISIE Swem:Interhuis 2023

Heelskoolproduksie skop af

2023 is die jaar van Heelskoolproduksie en ons het die week afgeskop met die grade se dans en sang repetisies asook die hoofspelers se aand repetisies. Die grade oefen tydens skooltyd aan die items. Die leerders is opgewonde vir die geleentheid en ons kan nie wag om die finale produk op die planke te sien niehou gerus die spasie dop vir meer oor die produksie.

Linden Battery Nuus

Die Battery ('Drumline') het Donderdag 19 Januarie die jaar met 'n hoogtepunt afgeskop en by Northcliff High School goed afgewys Dié skool begin ook hulle eie Battery vanjaar en het ons manne se talente ingespan om die kultuurdissipline by hulle skool te bemark. Ons is ongelooflik trots op hulle en sien baie uit na vanjaar se optredes.

BATTERY WYS HUL STAAL BY NORTHCLIFF HIGH REPETISIES
LINDENNUUS UITGAWE 1 10

W kliks F t blad

Advertensieblad

Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.