LINDENNUUS Uitgawe 7, 18 Maart

Page 1

18 MAART 2022

UITGAWE 7

LINDENNUUS Hoërskool Linden se weeklikse nuusbrief ... meer as net 'n skool!

In die nuus: - "Bring anything but a backpack to school" sorg vir groot pret

Uit die hoof se pen: Geniet die vakansie Die eerste kwartaal is in 'n oogwink verby. DIt was 'n goeie kwartaal met fantastiese gees onder die leerders. In die selfde asem is ons dankbaar dat baie aspekte van die onderwys weer na normaal kon terugkeer met 'n besige sport- en kultuurprogram saam met die akademie. Ons leerders het 'n besige, maar goeie kwartaal gehad en ons is opgewonde vir wat die res van die jaar vir ons as skool inhou. Ons wil graag elke ouer, personeellid en

- Sport: Bedrywige kwartaal se uitslae beïndruk

- Kultuur: Mnr en Mej Linden-finaliste aangekondig

Kontak ons:

leerder bedank vir hul entoesiasme en deursettingsvermoë. Ons wens vir julle 'n aangename vakansie toe en bid dat u veilig sal wees indien u beplan om te reis. Spesiale dankie en sterkte gaan ook aan al ons leerders wat betrokke is by sport- en kultuuraktiwiteite gedurende die vakansie, geniet dit. Neem asseblief kennis dat die skole op 5 April met 'n Dag 2 heropen. Beste wense,

Dr J Wiehahn

www.linden.co.za 011 888 1433/4 @hslinden Hoërskool Linden 1

LINDENNUUS UITGAWE 7


2

LINDENNUUS UITGAWE 7


Superreeks vs Vereeniging: Uitslae Ons rugbyspanne, dogtershokkie en netbalspanne het Saterdag wedstryde in die Superreeks teen Vereeniging Gimnasium gespeel en uitstekend gevaar. Die uitslae was soos volg: Rugby: 15A wen 41-0 15B verloor 15-0 16A wen 15-5 2des wen 17-5 1stes wen 26-8 Netbal: 19A - verloor (25-16) 19B - wen (33-3) 17A - verloor (9-15) 16A - wen (31-6) 16B - wen (16-6) 15A - wen (22-4) 15B - wen (28-3) 14A - verloor (10-8) 14B - wen (21-4) Hokkie: Seuns 1ste span wen 6-0 O/16’s wen 1-3 Hokkie: Dogters 1ste span wen 1-0 O/16 wen 8-0 0/15 wen 12-0 Baie geluk aan die leerders. Linden is trots op julle en sien uit na die res van die seisoen.

3

LINDENNUUS UITGAWE 7


Hokkieuitslae van die week Ons hokkiedogters het Vrydagmiddag 11 Maart op ons Astro teen Krugersdorp High School wedstryde gespeel. Linden wen al hul wedstryde. o/14A wen 4-0 o/15A wen 2-0 o/16A wen 5-0 Eerstes se wedstryd kon ongelukkig weens die kragonderbreking nie voltooi word nie. Die dogters-hokkiespanne het op 15 Maart by Beaulieu College wedstryde gespeel. Uitslae was: o/15’s speel 2-2 gelykop, die tweedes wen 3-1 en die eerstes verloor 0-9 Hokkiewedstryde tussen Linden en Helpmekaar se seuns het op 15 Maart op ons Astro-baan plaasgevind. Die o/14’s verloor 0-1, tweedes verloor 2-6 en eerstes verloor 1-4 Die o/16-hokkieseuns het op die 16de Maart ‘n vriendskaplike wegwedstryd teen Bryanston High School gespeel. Linden wen daardie wedstryd 3-0. Dankie aan al hierdie spanne vir julle harde werk en toewyding. Ons eerstehokkiespanne toer vanaf 31 Maart tot 3 April na onderskeidelik Michaelhouse en Hilton College om ons skool in die “Fairweather Hockey Festival” te verteenwoordig. Hulle kry hier die geleentheid om teen top hokkieskole van reg oor die land hul staal te wys. Baie sterkte en geniet die toere.

Linden gholfspeler vaar uitstekend Twee van ons gholfspelers, Franco Roos en Christiaan Jonker het die afgelope naweek in Randpark se Junior Golf Championships gespeel. Christiaan Jonker tree in die Bdivisie as die algehele wenner uit die stryd. Linden is ongelooflik trots op jou, baie geluk.

4

LINDENNUUS UITGAWE 7


Tennis seuns wen Helpmekaar Ons seuns A-tennisspan het verlede Vrydag op ons tuisveld hul laaste ligawedstryd teen Helpmekaar gespeel. Linden wen hierdie wedstryd 6-3. Baie geluk aan die seuns, julle maak ons behoorlik trots.

Netbal dogters blink uit by JOMO-proewe Baie geluk aan die volgende dogters wat na afloop van die JOMO-netbalproewe na die Gautengproewe deurgedring het: o/14 • Sophia Smit en Donna de Wet o/15 • Danica Smit o/16 • Nicola Nel en Leana van der Elst o/17 • Lané van der Elst, Mieke Ferreira, Euané Theart, Juanelle Steyn, Nadia Potgieter en Carla Malan o/18 • Jodie Vermeulen Sterkte met die volgende rondte, Linden hou duim vas

Onthou! Rugby- en Netbal klinieke: 30 Maart tot 1 April Daar vind vanaf 30 Maart tot 1 April rugby- en netbalklinieke by Hoërskool Linden plaas. Die leerders en afrigters word aan provinsiale en nasionale afrigters blootgestel om die finale voorbereiding voor die liga effektief te kan bewerkstellig. Meer besonderhede is op die d6 beskikbaar. Indien u kind nog nie geregistreer is nie, kan hulle registreer via die skakel: https://forms.gle/B9J7vWX682GDs5bi7 Die is 'n geleentheid wat jy nie wil misloop nie. 5

LINDENNUUS UITGAWE 7


Linden rugbyspanne wys Leeuwenhof wie is baas Linden se o/15- en o/16-rugbyseuns het op 16 Maart vriendskaplike wegwedstryde teen Leeuwenhof Akademie gespeel. Die spanne vaar uitstekend: o/15B wen 19-14 o/15A wen 22-5 o/16A wen 21-19 Welgedaan manne, Linden is trots op julle.

Keegan deel van SAgimnastiekspan Keegan Klopper het die afgelope naweek Linden se naam hoog gehou. Hy het op 11 en 12 Maart in Pretoria aan gimnastiekproewe deelgeneem, waaruit die Nasionale Senior en Junior Mansspanne saamgestel word. Keegan is na afloop van hierdie proewe as die jongste lid by die Junior Nasionale gimnastiekspan ingesluit. Hy toer in Mei na Egipte om Suid-Afrika in die “All African Championships” te verteenwoordig. Welgedaan met die ongelooflike prestasie Keegan, Linden is baie trots op jou.

Netbalspanne by Fairland Fast 5 Baie dankie aan elke Linden-netbalspeelster wat die 16de Maart by Laerskool Fairland se Fast 5 Aandreeks as skeidsregters opgetree het. Julle het julself fantasties van jul taak gekwyt en bygedra tot die sukses van die geleentheid. 6

LINDENNUUS UITGAWE 7


Skuts vaar uitstekend Ons skuts het die afgelope naweek in hul eerste GSSU-liga geskiet en hou Linden se naam hoog: • Ekhard Rabie 1ste 3P o/21 en 2de 10m o/21 • Chante Lubbe 4de 3P o/21 en 1ste 10m o/21 • Joshua Foord 3e 3P o/16 • Jane Louw 3de 3P o/14 en 10m o/14 • Zanelle Kruger 2de o/21 10m en 1ste o/21 3P • Ethan Chowles 1e in beide Pistool o/21-wedstryde Dan het die volgende skuts ook oor die naweek hul persoonlike beste tellings verbeter: • Aneske Benadie: 3P • Joshua Foord: 10m en 3P • Isabella Cilliers: 10m • Barend Rabie: 10m en 3P • Danné Swanepoel: 10m • Christiaan Briel: 10m Linden is ook baie trots op die volgende skuts wat genooi is om aan die SANSSU Nasionale Proewe in Bloemfontein deel te neem: • Ethan Chowles • Zanelle Kruger • Suné Boshoff • Chanté Lubbe Baie geluk aan die leerders, ons is ongelooflik trots op julle.

7

LINDENNUUS UITGAWE 7


JaNee woon skryfkursus by Die JaNee redaksie is aangekondig en die leerders is opgewonde om aan te kondig dat die JaNee van hierdie jaar af in tydskrif formaat uitgegee sal word. Ter voorbereiding het die redaksie verlede Saterdag 'n opleiding sessie aangebied deur Jaco Hough-Coetzee, 'n joernalis van Huisgenoot, bygewoon. Ons leerders het die ongelooflike geleentheid terdeë geniet en sien daarna uit om aan die werk te spring met die eerste uitgawe.

Graad 10 Public Speaking uitslae Baie geluk aan die graad 10 Public Speakingspanne wat die afgelope week 'n A+ en B+ verwerf het. Dankie dat julle Linden se naam hoog hou, ons is trots op elkeen van julle.

8

LINDENNUUS UITGAWE 7


Mnr en Mej Linden-finaliste aangekondig Die finaliste vir mnr en mej Linden is onlangs aangekondig. Die finaliste is: Dogters: Amoné Struwig, Anika Germishuysen, Danica Smit, Danné Swanepoel, Emma Orton, Erika Hoffman, Inge Erasmus, Lauren Williams, Leana van der Elst, Lizl Viljoen, Megan Jooste, Melia Jordaan, Mia Mostert, Mika Theron, Nicola Nel, Nicole Williams, Nika Viviers, Rina Jacobs, Sophia Kotze en Tessa Coetzer. Seuns: Aiden Mans, Ali Abou-Zeid, Christo Bouwer, Dewald Smith, Dirk van den Berg, Hadrian Divito, Harry Gardner, Ian van Heerden, Jean Taljaar, Jean-Pierre Nortier, Juan Oosthuizen, Juan Viljoen, Pieter Hugo, Rainer Eichhorn, Ruan Erasmus, Ruan Ferreira, Sandile Gumede, Simon du Plooy, Wickus Fouché en Wouter Toerien. Baie geluk aan die finaliste, ons hou duimvas vir elkeen van julle. Die spoggeleentheid vind plaas op die 10de Mei.

Hoërskool Linden het sy eie YouTube-blad, KykLindenTV. Ons vier die bekendstelling, met die première van die skool se digitale jaarblad van 2021: Vol-Hart... Ritme, Vertel en 'n Maskerspel. Met 'n paar oulike verrassings, pragtige foto's en beeldmateriaal van 2021 se mooiste herinneringe, los die video ons met volhart(e). Die skakel is beskikbaar op die YouTube channel "KykLindenTV", Facebook en in ons Instagram bio. 9

LINDENNUUS UITGAWE 7


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.