LINDENNUUS Uitgawe 6, 11 Maart 2022

Page 1

11 MAART 2022

UITGAWE 6

LINDENNUUS Hoërskool Linden se weeklikse nuusbrief ... meer as net 'n skool!

In die nuus:

Opedag 2022 sorg vir groot opwinding Hoërskool Linden het op 10 Maart ons jaarlikse opedag aangebied. Die graad 7's is vanaf hulle laerskole met busse

- Opedag 2022 in foto's

aangery en het met groot entoesiasme die skool betree. Ons leerders het hulle met 'n erewag en groot gejuig verwelkom. Die leerders het die geleentheid gehad om 'n dag in die skool te beleef. Die dag het afgeskop met 'n tipiese binneplaas opening, waarna hulle volgens hulle eie rooster 'n "akademiese dag" by

- Sport: Superreeks skop af op 'n hoogtepunt

Linden kon beleef. Ons personeel het hulself oortref met die stasies, van die EBW-departement se Linden Bank met sy eie debiet kaarte, tot die oudergewoonte op blaas van longe in die Lewenswetenskap klas. Die graad 7's het ook die geleentheid gehad om die kultuur uitstallings te besoek en by die na-skoolse sport aktiwiteite 'n draai te maak. Die dag het op 'n hoogtepunt

- Kultuur: JaNee redaksie aangekondig

afgesluit met 'n "battle of the bands" tussen ons seuns- en dogtersbattery en geesvang saam met die dirigente. Baie dankie aan elkeen wat die dag so suksesvol gemaak het. Julle harde werk, entoesiasme en liefde vir die skool is dit wat Linden so spesiaal maak. Ons volhard, tot die einde.

Kontak ons: www.linden.co.za 011 888 1433/4 @hslinden Hoërskool Linden 1

LINDENNUUS UITGAWE 6


Siklustoetsrooster - Kwartaal 1 Hier volg 'n herinnering dat die Siklustoetsreeks reeds in aanvang is. Alle toetse wat op hierdie rooster aangedui is, is geskeduleer vir 1 uur tensy anders op die rooster vermeld. Let asseblief daarop dat die toetse geskeduleer vir die week op Maandag, Dinsdag en Donderdag geskryf word.

Datum

Graad 8 & 9

Graad 10

Graad 11

Graad 12

Ma 14 Maart

------

Fisiese Wet. (2ure)

Wiskunde/Wisk. Gelett.

Besigheidstudies (1.5 uur)

Di 15 Maart

Rekeningkunde

Rekeningkunde (1.5 uur)

Geografie

RTT/IT (Teorie)

Duits

--

IT

Ontwerpkuns

SKOLE SLUIT

SKOLE SLUIT

SKOLE SLUIT

SKOLE SLUIT

Do 17 Maart

2

LINDENNUUS UITGAWE 6


Belangrike Datums 11 Maart - 17 Maart , Vrydag 11 Maart

Graad 12 Fondsinsameling: Bingo-aand; Hokkie: Linden vs Krugersdorp High (seuns - weg, dogters - tuis); Skiet: GSSU Liga 1

Saterdag 12 Maart

Rugby, netbal en hokkie: Superreeks vs Vereeniging Gimnasium (weg); NBT opleiding; Skiet: GSSU Liga 1

Sondag 13 Maart

Lindenkoor: Optrede by NG Kerk Aan die Berg om 09:00

Maandag 14 Maart

Hokkie: Wedstryde - Seuns vs Helpmekaar (o/15, o/16, 2des en 1stes Tuis); Netbal: o/19 A JOMO-proewe;

Dinsdag 15 Maart

Hokkie: Wedstryde - Dogters vs Beaulieu College (o/15, 2des en 1stes Weg) en Seuns vs Helpmekaar (o/14’s Tuis); Netbal: JOMO-proewe vir o/14- tot o/16-dogters wat deurgedring het.

Woensdag 16 Maart

Rugby: Wedstryde - o/15 en o/16 vs Leeuwenhof (Weg); Hokkie: Wedstryde: Linden vs Curro Aurora (1stes seuns en Dogters Tuis); Lindenkoor: NEA by Linden Teater om 18:00

Donderdag 17 Maart

SKOOL SLUIT

Om in die LindenNuus te adverteer kontak ons gerus by: 011 888 4413 of stuur 'n epos aan: ane.groenewald@linden.co.za 3

LINDENNUUS UITGAWE 6


4

LINDENNUUS UITGAWE 6


Superreeks vs Tuine: Linden vaar uitstekend Ons rugbyspanne, dogtershokkie en netbalspanne het Saterdag hul eerste wedstryde in die Superreeks teen Hoërskool Tuine gespeel. Ons spanne het hulle uitstekend van hul taak gekwyt. Die uitslae was soos volg: Netbal: Wen al 9 westryde 14A wen 28-2 14B wen 20-16 15A wen 27-7 15B wen 15-1 16A wen 39-13 16B wen 14-5 17A wen 24-5 19B wen 29-3 19A wen 51-13 Hokkiedogters: Wen al 5 wedstryde 14A wen 11-0 15A wen 9-0 16A wen 7-0 2des wen 3-0 1stes wen 10-0 Rugby: Wen 2 uit die 4 wedstryde 15A wen 22-8 15B verloor 0-7 16A wen 45-5 1stes verloor 19-35 Welgedaan Linden, doen so voort, ons is trots op julle.

5

LINDENNUUS UITGAWE 6


Swemmers vaar uitstekend by Prestige Gala Die volgende swemmers kwalifiseer en hou Linden se naam hoog by die jaarlikse Prestige Gala wat by Reddam Waterfall plaasgevind het: Ben Storm: 200m. Individuele Wisselslag: Verower Goud 50m. Borsslag: Verower Goud 50m. Vlinderslag: Verower Goud Güte Geldenhuys: 200m. Individuele Wisselslag: Algehele 9de plek 50m. Rugslag:Algehele 7de plek Corné van Schalkwyk: 200m. Vryslag: Verower Goud 50m. Vlinderslag: Verower Goud 50m. Vryslag: Verower Goud Uné vd Berg: 50m. Rugslag: Algehele 4de plek 50m. Vryslag: Algehele 4de plek Ruan Erasmus: 50m. Vryslag: Algehele 4de plek Baie geluk met hierdie fantastiese uitslae, Linden is baie trots op julle.

Linden neem deel aan Junior Gholf Kampioenskappe Jean Taljaard, Johan Coetzee, Corné Coetzee en Christiaan Jonker, het die afgelope week die skool verteenwoordig by die Central Gauteng Golf Union se Junior Gholf Kampioenskappe vir skole. Die toernooi, aangebied deur Dainfern College, het plaasgevind by die Dainfern Gholfklub vanaf 6 tot 8 Maart. Die spelers het die spoggerige toernooi gate uit geniet en terselfdetyd Hoërskool Linden se naam hoog gehou. Baie geluk aan die spelers.

6

LINDENNUUS UITGAWE 6


Tennis interhoër uitslae Ons dogters en seuns A-tennisspanne het die afgelope naweek aan die Interhoër deelgeneem. Die dogters eindig 1ste in hul poel en in die algehele 4de plek. Die seuns eindig 4de in hul poel en in die algehele 9de plek. Baie geluk aan hierdie tennisspelers, julle maak die Lindenharte trots.

0/16-hokkieseuns wen toernooi Die o/16-hokkieseuns het die afgelope naweek by Bryanston High School in die “BHS Blue Flame Festival” ons skool se naam hoog gehou. Die uitslae is as volg: Wen 5-0 teen Hans Moore Wen 6-0 teen Silver Stars Wen 4-0 teen Kempton Wen 6-2 teen Bryanston Wen 1-0 in die finaal ook teen Bryanston High Hierdie seuns tree dus as algehele wenners uit die stryd, Linden is ongelooflik trots op julle.

7

LINDENNUUS UITGAWE 6


Hokkie seuns: Eerstes wen Crawford Ons junior- en seniorseuns het op Woensdag 9 Maart teen Crawford Lonehill hokkiewedstryde gespeel. Die uitslae is as volg: Die juniorseuns verloor naelskraap 0-1 Die 1ste-span wen 4-1 Welgedaan aan die spanne. Julle maak ons trots.

Netbal

Seunshokkie

Eerstespanne 2022

Rugby 8

Dogtershokkie LINDENNUUS UITGAWE 6


JaNee Redaksie 2022 Die JaNee Hoofredaksie vir 2022 is onlangs aangekondig. Die redaksiespan bestaan uit: Hoofredakteur: Mia Mostert Assistentredakteur: Xander Jacobs Akademie: Mika Ferreira Kultuur: Natalie Dixon Sport: Anshe Roos Sosiaal: Inge Erasmus Fotografie: Emma van der Walt Nuus: Jayden Breytenbach Advertensies: Ben Coetzee Dietjies en Daaitjies: Mia Verster en Isabel Roux Baie sterkte aan die lede, ons sien uit na die publikasies wat julle gaan lewer.

Graad 12 Individual Public Speaking Baie geluk aan Bernard Greeff wat 'n A+ by die Individual Public Speaking geleentheid gewen het. Jy het jou uitstekend van jou taak gekwyt. Linden is baie trots op jou.

United Nations Debating skop af Die jaarlikse United Nations Debate het met 'n "Inter-school friendly debate" teen Greenside High afgeskop. Die uitslae is as volg: South Africa: Jayden Breytenbach & Ben Coetzee wen Best position paper. Lesotho: Anneska Beukes, Amonique van Zyl & Alyah Bothma, Best delegation: Silver. Egypt: Vanessa van Rensburg, Joshua Kotze & Natalie Dixon wen Best Delegation: Gold en stap as algehele wenners weg. Baie geluk aan die leerders. 9

LINDENNUUS UITGAWE 6


Graad 11 Public Speaking uitslae Die graad 11 Public Speaking spanne het die afgelope week deelgeneem. Hulle het albei 'n B simbool verwerf. Die spanne het bestaan uit: Pieter Hugo, Anika Germishuysen, Vanessa van Rensburg en Natalie Dixon. Afrigter: Me. N. Bezuidenhout. Carni Müller, Chrizelle du Plessis, Anlea de Jager en Wilhelm Strümpher. Afrigter: Me. N. Bezuidenhout. Baie geluk aan die spanne.

Filmklub besoek Pumavideo Die filmklub leerders was Woensdag op 'n uitstappie na Pumavideo, om meer te leer oor filmtoerusting. Hierdie leerders word bemagtig om teen die einde van die jaar hulle eie kortfilm te kan vervaardig. Wat 'n wonderlike geleentheid wat Linden se filmklub ons leerders bied. Ons sien uit na die eindproduk.

10

LINDENNUUS UITGAWE 6


Die Klieks se Maart wenners en tweede plekke Die Klieks, Hoërskool Linden se eie fotoklub, het hulle eerste "judging" vir die jaar gehad. Die foto's wat as Maart se wenners en naaswenners weggestap het was: "Open" kategorie: Eric op strand - Mieke Stein (Wenner) en Window to the soul - Leandi Smuts (Naaswenner) "Set" kategorie: Jump of Life - Jordyn Farah (Wenner) en Inspanning - Nika Viviers (Naaswenner) "Wildlife/Nature" kategorie: Golden Hour - Nika Viviers (Wenner) en Plant - Kaylee Meyer (Naaswenner)

11

LINDENNUUS UITGAWE 6


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.