LINDENNUUS Uitgawe 5, 4 Maart 2022

Page 1

4 MAART 2022

UITGAWE 5

LINDENNUUS Hoërskool Linden se weeklikse nuusbrief ... meer as net 'n skool!

In die nuus: - Linden-battery: Verwelkom nuwe lede en dogters tot die span - Sport: Anroux is Beste Junior Veldatleet by Interhoër

- Kultuur: Praatstoel wenners vir 2022

Hoërskool Linden betree sy 75ste bestaansjaar Hoërskool Linden betree ons 75ste jaar en die 75-jaar viering is om die draai. Ons is opgewonde om die skool se geskiedenis en lewenspad saam met die gemeenskap te vier. Ter voorbereiding van hierdie viering, deel ons graag die week die boodskap van Ds. G.J.J. Boshof voorsitter van die Beherende Raad, wat in die eerste jaarblad van 1952 verskyn het en wie se woorde vandag

Kontak ons: www.linden.co.za 011 888 1433/4 @hslinden Hoërskool Linden 1

steeds van toepassing is. Die boodskap lui soos volg: “Hoërskool Linden lê in ons eie hande. Moet groei op ons eie harte. Moet leef uit ons eie liefde. Moet aanwas uit ons eie wieg. Moet gelaaf word uit ons eie sweet. Moet gedra word op ons eie gebede. By reg begin moet ons wegspring. ‘n Eie tradisie moet geskep word. ‘n Eie metode ontwerp word.” Met hierdie treffende woorde word ons herinner: Hoërskool Linden is meer as net 'n skool. Dit is my plek, jou plek, ons plek, en saam volhard ons tot die einde.

LINDENNUUS UITGAWE 5


Siklustoetsrooster - Kwartaal 1 Hier volg 'n herinnering dat die Siklustoetsreeks reeds in aanvang is. Alle toetse wat op hierdie rooster aangedui is, is geskeduleer vir 1 uur tensy anders op die rooster vermeld. Let asb daarop dat die toetse geskeduleer vir die week van 7 tot 11 Maart op 'n Maandag, Woensdag en Vrydag geskied.

2

Datum

Graad 8 & 9

Graad 10

Graad 11

Graad 12

Ma 7 Maart

------

Wiskunde/ Wisk. Gelett.

Fisiese Wet. (2 ure)

IT Prakties / Duits

Wo 9 Maart

Wiskunde

Ekonomie (1.5 uur)

Rekeningkunde (1.5 uur)

Ekonomie (1.5 uur) / Gasvryheidstudies

Vry 11 Maart

Gr. 8: SS (Gesk) Gr. 9: SS (Geo)

Geografie

Lewenswet.

Wiskunde (1.5uur) Wisk. Gelett. (1.5 uur)

LINDENNUUS UITGAWE 5


Belangrike Datums 4 Maart - 11 Maart , Vrydag 4 Maart

Atletiek: Gauteng Kampionskappe; Skiet: SANSSU Inter-Provinsiale Proewe; Tennis: Seuns A vs. St Benedicts (Weg)

Saterdag 5 Maart

Netbal/Rugby/Hokkie: Superreeks vs Tuine (Weg); Atletiek: Gauteng Kampionskappe; SANSSU Inter-Provinsiale Proewe

Sondag 6 Maart

Gholf: Dainfern College Championships

Maandag 7 Maart

Swem: Interhoër (Saheti); Gholf: Dainfern College Championships

Dinsdag 8 Maart

English Olimpiad; Gholf: Dainfern College Championships

Woensdag 9 Maart

Hokkie: Linden vs Crawford Lonehill (Tuis)

Donderdag 10 Maart

Opedag; Swem: Hoërskool Senior Prestige Gala te St. Stithians

Vrydag 11 Maart

Graad 12 Fondsinsameling: Bingo-aand; Hokkie: Linden vs Krugersdorp High (seuns - weg, dogters - tuis); Skiet: GSSU Liga 1

Saterdag 12 Maart

Rugby, netbal en hokkie: Superreeks vs Vereeniging Gimnasium (weg); NBT opleiding; Skiet: GSSU Liga 1

“Never stop dreaming, never stop believing, never give up, never stop trying, and never stop learning.” ― Roy T. Bennett Om in die LindenNuus te adverteer kontak ons gerus by: 011 888 4413 of stuur 'n epos aan: ane.groenewald@linden.co.za 3

LINDENNUUS UITGAWE 5


Borge Damesoggend Baie dankie aan ons borge wat die Damesoggend van die afgelope naweek moontlik gemaak het. Die borge sluit in: CATRICE Cosmetics, Cosmetix SA; Justine (Rita Etsebeth) ; Tupperware hamper (Kirsti Dannhauser); KWV hamper (Hannatjie Boshoff); Ava Rose Hair and Beauty Salon; Flower'nThings; Dischem Verdi Centre; Avon South Africa; Pilates4.Me; Sonja Theart; Andrew Campbell - Andrew Campbell Photography; Rika Haasbroek Ceramics; Desiree Schreiber-Lok (velsorgprodukte); Kikibags; Finesse Voelgoed Tydskrif; Adeline Velthyzen & Lekkerluister (lekkerluister.co.za) Ondersteun gerus hierdie instansies. Julle bydraes word opreg waardeer. 4

LINDENNUUS UITGAWE 5


Linden skuts beïndruk by SAARA-proewe Vier van Hoërskool Linden se skuts het die afgelope naweek in Klerksdorp aan die SAARA-skyfskietproewe deelgeneem en die skool se naam hoog gehou. Die leerders het as volg presteer: • Isabella Cilliers verower Goud in die o/16 Vroue 10m sporter-afdeling, asook Brons in die o/16 3P-afdeling. • Ekhard Rabie verower Brons in die o/20 Mans 10m sporter-afdeling. • Barend Rabie verower Goud in die o/16 Mans 10m sporter-afdeling, asook Silwer in die o/16 3P-afdeling. Ons is ook ongelooflik trots op Suné Boshoff wat uitstekende uitslae gelewer het: • Goud vir o/20 Vroue 10m-Olimpies en goud vir o/20 Vroue 3P. • Trofee vir die beste telling in o/20 Vroue 10m-Olimpies en Trofee vir die beste telling in 3P. • Sy breek ook ‘n SAARA-rekord vir 10m-Olimpies met ‘n telling van 613.7 • Suné is dan ook amptelik vir die Junior Protea-span gekies, wat oor Mei in Duitsland gaan deelneem. Baie geluk, ons is baie trots op julle.

E-sport uitslae Ons E-sportspanne het oor die naweek wedstryde gespeel. In die CSGO-liga wen ons eerstes 16-1 teen Langenhoven, terwyl ons tweedes ongelukkig 2-16 teen Jeppe verloor. In die Rocket League wen Linden ook 3-1 teen Zwartkop. Geluk aan hierdie spanne!

Regstellings: Uitslae vir Lindennuus Uitgawe 4 Die volgende uitslae is uitgelaat in Lindennuus Uitgawe 4: Die volgende atlete het ook gekwalifiseer vir die Gauteng-kampioenskappe van 4 en 5 Maart Phillip Steyn (vir Verspring o/19) en Carla van Westing (vir Driesprong o/17). Baie geluk met die besonderse prestasie julle twee! Tydens die Linden Prestige atletiekbyeenkoms, het Neil Marais 'n tweede plek in die Seuns o/14: 800m behaal. Baie geluk Neil! 5

LINDENNUUS UITGAWE 5


Atlete presteer in Potchefstroom Die jaarlikse Super-interhoër het die jaar in Potchefstroom plaasgevind en ons atlete het dit terdee geniet. Baie geluk aan die leerders wat die span verteenwoordig en Linden se naam hoog gehou het. Die prestasies was as volg: Goue medaljes: Neil Marais, Seuns o/14: 800m; Marisan Grove, Dogters o/15: 800m; Duane Lessingh, Dogters o/17: 800m; Marisan Grove, Dogters o/15: 1500m; Duane Lessingh, Dogters o/17: 1500m; Duane Lessingh, Dogters o/17: 3000m; Francois van Zyl, Seuns o/17: 3000m; Euané Theart, Dogters o/17: 400m Hekkies; Mbelelo Ncube, Seuns o/19: 400m Hekkies; Neil Marais, Seuns o/14: 400m; Uné van den Berg, Dogters o/14: Hoogspring; Anroux Barnard, Seuns o/15: Gewigstoot; Diedelof Fourie, Seuns o/15: Spiesgooi; en Carla van Westing, Dogters o/16: Spiesgooi. Silwer medaljes: Megan Botha, Dogters o/19: 800m; Lara Ferreira, Dogters o/14: 1500m; Francois van Zyl, Seuns o/17: 3000m; Francois Steyn, Seuns o/16: 400m Hekkies; Dylan Nieuwoudt, Seuns o/19: 110m Hekkies; Nicola Nel, Dogters o/16: Hoogspring; Phillip Steyn, Seuns o/19: Verspring; Mbelelo Ncube, Seuns o/19: Driesprong; Seuns o/16: 4X100m Aflos; Seuns o/19: 4X100m Aflos, en Dogters o/17: 4X100m Aflos. Brons medaljes: Lara Ferreira, Dogters o/14: 800m; Francois van Zyl, Seuns o/17: 800m; Phillip Stander, Seuns o/19: 800m; Franco Vosloo, Seuns o/19: 1500m; Anshe Roos, Dogters o/16: 100m Hekkies; William Joubert, Seuns o/14: 300m Hekkies; Mieke Ferreira, Dogters o/17: Hoogspring; Sophia Smit, Dogters o/14: Verspring; Leanna van der Elst, Dogters o/16: Verspring; Francois Steyn, Seuns o/16: Hoogspring; Euané Theart, Dogters o/17: Verspring; Uné van den Berg, Dogters o/14: Diskus; Jean-Pierre Nortier, Seuns o/17: Diskus, en Juanelle Steyn, Dogters o/17: Spiesgooi. Anroux Barnard is ook tydens die geleentheid aangewys as die Beste Junior Veldatleet vir groep 4, 'n uitsonderlik prestasie. Ons is besonders trots op elkeen van ons atlete wat die seisoen met groot ywer aangepak het. Welgedaan atlete.

6

LINDENNUUS UITGAWE 5


Linden Praatstoel 2022 Linden se jaarlikse interne-redenaarskompetisie het uitstekende kompetisie meegebring. Hier volg die uitslae van die geleentheid: Juniors – Voorbereide redenaars: 1. Güte Geldenhuys (87%) 2. Jonathan van der Merwe (85%) 3. Neil Marais (83%) Seniors – Voorbereide redenaars: 1. Jayden Breydenbach (89%) 2. Chrizelle du Plessis (83%) 3. Fikile Ntsule (80%) Onvoorbereide redenaars: 1. Mia Marais (87%) 2. Güte Geldenhuys (87%) 3. Jayden Breydenbach (83%) Welgedaan aan die sprekers, julle het uitstekende toesprake gelewer.

Graad 12 Public Speaking verower A+ Die graad 12 Public Speaking-span, wat bestaan uit Ben de Bruyn, Louwhan Hoffman, Marcel Steyn en Wouter Lotter het die afgelope week uitstekend gevaar. Die span het indrukwekkende A+ verwerf. Welgedaan manne, julle kan trots wees op hierdie uitstekende resultate.

7

LINDENNUUS UITGAWE 5


Linden battery lede vir 2022 Die Linden-battery brei uit teen 'n vinnige tempo en ons is baie opgewonde vir dit wat hulle hierdie jaar gaan oplewer. Lede van die Battery vir 2022 is: Seuns - Harry Gardner, Pierre de Villiers, Ben Storm, Phillip Steyn, Ben de Bruyn, Heinrich Voigt, Sandile Gumede, Lincoln Engelbrecht, Jarik Engelbrecht, Robert Engelbrecht, Zihan Gagiano, Arnu Lombard, Bertu Kooy, Stephan Botha, Nathan Darr, Righardt Neveling, Alek Nel, Jeandry Eleveld, Franco Guelpa, Christopher Nqasa, Christiaan Stoltz, Jaque Barnard en Ethan Cilliers. Dogters - Anneke Bezuidenhout, Mia le Grange, Simoné O'Rourke, Ariëlle van Gugten, Nika Viviers, Chané Maré, Anais Esterhuizen, Megan du Toit, Mia Mulder, Chene van Vuuren, Bea van der Westhuizen, Livia de Jager, Dané Pretorius, Amoné Struwig en Anika Germishuysen.

Linden 'dance-squad' aangekondig Die nuutste toevoeging tot Linden Kultuur, Linden se eie 'dance-squad' is onlangs aangekondig. Die lede van die span bestaan uit: Johané van Pletzen, Megan Muller, Thyra Conradie, Philippa van den Berg, Freddy Swarts, Maryna Visagie, Sarah Boonzaaier, Cara Clark, Corlia Britz, Jessica Boonzaaier, Danica Smit, Danelle du Preez, Lomé Roberts, Gillian Warricker, Chanté van Wyk, Danika Janse van Vuuren, Jordyn Farah en Fikile Ntsutle. Baie geluk julle, ons sien daarna uit om julle in aksie te sien.

8

LINDENNUUS UITGAWE 5


Interhoër foto's beskikbaar aanlyn by: https://bit.ly/Atletiek22 9

LINDENNUUS UITGAWE 5


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.