LINDENNUUS Uitgawe 4, 25 Februarie 2022

Page 1

25 FEBRUARIE 2022

UITGAWE 4

LINDENNUUS Hoërskool Linden se weeklikse nuusbrief ... meer as net 'n skool!

In die nuus: - Kultuur: volstoom aan die gang

- Leierskap: VLR vir 2022 bekendgestel - Sport: Krieket lewer uitstekende uitslae in liga

Dagbestuur: Wat is sover jou gunsteling oomblik van 2022? Hoërskool Linden se Dagbestuur van 2022 het met ons hulle gunsteling oomblikke gedeel: Franco Vosloo (Hoofseun): "Dit moet die busrit op pad na die Linden Prestige wees". Megan Botha (Hoofmeisie): "Definitief die Valentynsbal."

Kontak ons: www.linden.co.za 011 888 1433/4 @hslinden Hoërskool Linden

Jodie Vermeulen (Sport): "Toe ons die MR-dans voor die skool gedoen het". Chantei Hoffmann (Sosiaal): "Die graad 8 konsert en MR-dans voor die skool was 'n hoogtepunt". Reinhard van Zyl (Sport): "Om weer ou Linden tradisies kom herleef en die voorreg te kon gehad het om geesvang te hê en die dirigente vir die skool aan te kondig". Fikile Ntsutle (Kultuur): "Die graad 8 inlindeneringskonsert". Bernard Greeff (Kultuur): "Toe die groentjiekonsert voor die skool opgevoer is."

1

LINDENNUUS UITGAWE 4


Siklustoetsrooster - Kwartaal 1 Hier volg 'n herinnering dat die Siklustoetsreeks reeds in aanvang is. Alle toetse wat op hierdie rooster aangedui is, is geskeduleer vir 1 uur tensy anders op die rooster vermeld. Let asb daarop dat die toetse geskeduleer vir 1 Maart verskuif na 28 Februarie om leerders wat aan die Interhoër atletiek deelneem te akkomodeer. Datum

Graad 8 & 9

Graad 10

Graad 11

Graad 12

Ma 28 Feb

NW: Lewens

RTT

Toerisme/IT (Teorie)

Rekeningkunde (1.5 uur)

Do 3 Mrt

Gr.8: SS Geo Gr.9: SS Gesk

Lewenswetenskap

Besigheidstudies (1.5 uur)

Fisiese Wet. (2 ure)

Ma 7 Mrt

-------

Wiskunde/Wiskunde Geletterdheid

Fisiese Wet. (2 ure)

IT (Prakties) / Duits

Regstelling: In Lindennuus Uitgawe 3 van 18 Februarie is daar berig oor die toppresteerders van graad 8 vir 2021. Die foto van toppresteerder Jessica Boonzaaier is perongeluk uitgelaat. Baie geluk aan Jessica - hier is sy te sien saam Dr. Wiehahn tydens die geleentheid.

2

LINDENNUUS UITGAWE 4


Belangrike Datums 25 Februarie - 5 Maart ,

Vrydag 25 Februarie

Seunshokkie: Voorlopige eersteen gekombineerder juniorspan by Trinity Little Falls

Saterdag 26 Februarie

Rugbyproewe; Damesoggend met Nataniël

Maandag 28 Februarie

Atlete: Interhoër-ete; JaNee redaksie-onderhoude

Dinsdag 1 Maart

Atletiek: Super 16-Interhoër (Potchefstroom); JaNee redaksieonderhoude

Woensdag 2 Maart

Swem: Division 1 C/D/F League Interhoër te Saheti; Public Speaking Graad 12's

Donderdag 3 Maart

United Nations Training Debate; Public Speaking: Individuals

Vrydag 4 Maart

Atletiek: Gauteng Kampionskappe; Skiet: SANSSU Inter-Provinsiale Proewe; Tennis: Seuns A vs. St Benedicts (Weg)

Saterdag 5 Maart

Netbal/Rugby/Hokkie: Superreeks vs Tuine (Weg); Atletiek: Gauteng Kampionskappe; SANSSU InterProvinsiale Proewe

Om in die LindenNuus te adverteer kontak ons gerus by: 011 888 4413 of stuur 'n epos aan: ane.groenewald@linden.co.za 3

LINDENNUUS UITGAWE 4


Voortrekker Jeugleiers maak Linden trots Baie geluk aan Melia Jordaan ,Wilhelm Strumpfer en Erika Spangenberg wat aangewys is as jeugleiers vir 2022 by Weltevrede Voortrekker Kommando. Hierdie is voorwaar 'n besonderse prestasie en ons is baie trots op julle.

Ontmoet ons VLR vir 2022 Ons is trots om Hoërskool Linden se VLR vir 2022 bekend te stel. Hierdie 72 leerders dien vir die res van die jaar as leerder- en klasverteenwoordigers asook ondersteuning vir die Matriekraad. Graad 12: Klara Spangenberg, Zander de Meyer, Abi Swanepoel, Brandon Reyersbach, Clarissa Terblanche, Tiaan Erasmus, Larrainne Esterhuizen, Emile Smit, Swanei Bierman, Bradley Ras, Moya Bolton en Jordyn Farah. Graad 11: Anika Germishuysen, Francois van Zyl, Lizl Viljoen, Xander Jacobs, Juanelle Steyn, Tredoux Engelbrecht, Euané Theart, Joquin van Eck, Mieke Ferreira, Jarik Engelbrecht, Tessa Coetzer en Simon Killian. Graad 10: Anshe Roos, Jayden Breydenbach, Mika Theron, Benno Coetzee, Liesa Vogels, Christian Jonker, Anneska Beukes, Damian Mulder, Isabella Greeff, Heinrich Voigt, Kobie Janse van Rensburg, Zandiar Nel, Nicola Nel, Simon du Plooy, Emma Stevens en Emile Kleynhans. Graad 9: Mila Viljoen, Wouter Toerien, Genevieve Parry, Eric Beyl, Duané Lessingh, Etienne Fouché, Megan Jooste, Rainer Eichhorn, Arielle van Gugten, Franco Roos, Anike le Roux, Jean Taljaard, Lomé Robberts, Dirk van den Berg, Danika Smit en Zander du Buys. Graad 8: Lize Botha, Franco Guelpa, Lara Ferreira, Gerrie Grové, Janeska Swart, JC du Plessis, Mieke Grové, Jan-Hendrik Weidemann, Nina Theron, William Joubert, Mia Larkins, Christiaan Stoltz, Anneska van der Sandt, Ruben Wolff, Marisan Grové en Keegan Nagel. Baie geluk aan elkeen van julle. Ons is opgewonde om te sien wat julle in die jaar gaan vermag. Sterkte met die termyn wat voorlê. (Sien foto bl.5)

4

LINDENNUUS UITGAWE 4



Krieketspanne lewer uitstekende uitslae in liga Ons o/15- en eerstekrieketspanne sou Saterdag 19 Februarie teen Hoërskool Driehoek ligawedstryde speel. Die o/15’s speel weg en wen oortuigend met 167 lopies. Hoërskool Driehoek onttrek van hulle wedstryd teen die eerstes en Linden kry die punte. Linden se eerstespan spog ten einde met ‘n eerste plek en die o/15’s met 'n tweede plek in hul afdeling in die Finsbury Superliga. Baie geluk aan ons krieketspanne met hierdie seisoen se puik resultate, ons is ongelooflik trots op julle.

Tennisuitslae beïndruk steeds Linden se seunstennis B-span het op 21 Februarie tuis ‘n ligawedstryd teen Christ Church College gespeel. Linden wen hierdie wedstryd heel gemaklik met 84-15, welgedaan manne. Ons dogters A- en B-tennisspanne speel op 22 Februarie ‘n ligawedstryd teen Roedean High School by Roedean. Die uitslae was as volg: Die A-span wen 43-20 en die B-span wen 32-31. Baie geluk met twee mooi wenne.

Canoe Polo lewer agt Gauteng spelers Baie geluk aan die volgende leerders wat tot die Gauteng o/21 Canoe Polo-span verkies is: Louwhan Hoffman, Adrian Snyman, Jacques Louw, Nico Liebenberg, Ali Abou-zeid, Dorian Groenewald, Nathan Pieterse en Etienne Pieterse. Canoe Polo is beslis 'n opwindende nuwe aanwins tot Linden Sport. Ons is trots op julle manne 6

LINDENNUUS UITGAWE 4


Skaakseisoen begin op 'n hoogtepunt Ons A- en B-Skaakspanne het Saterdag 19 Februarie by Trinityhouse Little Falls aan ‘n skaaktoernooi deelgeneem. Daar was 12 spanne van 7 verskillende skole wat deelgeneem het. Ons skaakspanne hou Linden se naam hoog en het die volgende prestasies behaal: • A-span eindig algeheel 3de • B-span eindig 11de • Wickus Fouché wen al sewe sy wedstryde op Bord 8 vir die A-span • Robert Engelbrecht wen ses wedstryde op Bord 1 vir die A-span Baie geluk aan ons skaakspelers. Ons hou duimvas vir die seisoen.

E-Sport vaar goed Ons E-Sport eerstespan het oor die naweek van 18 tot 20 Februarie teen Helpmekaar se eerstespan en St. Benedicts se tweedespan, wedstryde gespeel. Die tweedespan het ook teen Rondebosch se eerstespan gespeel. Die eerstes wen beide hul wedstryde met 16-12 teen Helpmekaar en 16-6 teen St. Benedicts, terwyl die tweedes ongelukkig 16-4 teen Rondebosch verloor.

7

LINDENNUUS UITGAWE 4


Atlete trotseer die reën by Linden Prestige Ons eie jaarlikse Linden Prestige-atletiekbyeenkoms het op Vrydag 18 Februarie by UJ Atletiekstadion plaasgevind. Die deelnemende skole was: Florida, Marais Viljoen, Potchefstroom Volkskool, Bergsig Akademie, Lichtenburg, Driehoek, Transvalia, Dinamika en Linden. Die byeenkoms was goed op dreef en ons atlete vaar uitstekend voordat die byeenkoms ongelukkig weens swaar weer en reën gestaak is. Baie geluk aan die volgende atlete wat wel medaljes verwerf het: • Sophia Smith (Dogters o/14): 100m, 3de plek • Euané Theart (Dogters o/17): 100m, 3de plek; 400m hekkies, 1ste plek; verspring, 2de plek • Marisan Grové (Dogters o/15): 800m, 2de plek • Francois van Zyl (Seuns o/17): 800m, 1ste plek; 3000m, 1ste plek • Duané Lessingh (Dogters o/17): 3000m. 2de plek • Francois Steyn (Seuns o/16): 400m, hekkies 1ste plek; hoogspring, 3de plek • Nicola Nel (Dogters o/16): Hoogspring, 2de plek • Lané van der Elst (Dogters o/17): Verspring, 3de plek Dankie aan elke atleet wat hul beste gelewer het. Ons is trots op julle.

8

LINDENNUUS UITGAWE 4


Linden atlete beïndruk by D10-byeenkoms en kwalifiseer vir Gautengkampionskappe Baie geluk aan die volgende atlete wat gekwalifiseer het om op 22 Februarie by UJ-atletiekstadion aan die D10- Kampioenskappe deel te neem: Anroux Barnard (Seuns o/15: Gewigstoot); Diedelof Fourie (Seuns o/15: Spiesgooi); Mbulelo Ncube (Seuns o/19: Verspring); Thyla Botha (Seuns o/19: 100m.); Euané Theart (Dogters o/19: Verspring); Mieke Ferreira (Dogters o/19: Hoogspring) en Juanelle Steyn (Dogters o/19: Spiesgooi). Linden se atlete het toe uitstekend gevaar by die D10-kampioenskappe en die leerders wat verder in hul onderskeie items vir die Gauteng-kampioenskap gekwalifiseer het was: • Anroux Barnard (Seuns o/15: Gewigstoot) • Diedelof Fourie (Seuns o/15: Spiesgooi) • Mbulelo Ncube (Seuns o/19: Driesprong) • Dylan Nieuwoudt (Seuns o/19: 110m. Hekkies) • Euané Theart (Dogters o/19: Verspring en 400m. Hekkies) • Mieke Ferreira (Dogters o/19: Hoogspring) • Juanelle Steyn (Dogters o/19: Spiesgooi) Thyla Botha (Seuns o/19) het ook in die 100m. as ‘n reserwe gekwalifiseer. Linden is ongelooflik trots op hierdie atlete. Welgedaan en baie sterkte met die Gauteng-kampioenskappe, Linden staan bankvas agter julle.

Swemspan reg vir Interhoër Ons swemspan het op 24 Februarie by Crawford Ruimsig aan hul laaste gala voor die Interhoër deelgeneem. Linden neem teen Rand Park High, Marais Viljoen, Monument en Crawford Ruimsig deel en eindig in ń algehele tweede plek. Baie geluk aan elke swemmer. Ons wens julle alle sterkte toe vir die Interhoër wat volgende week plaasvind.

9

LINDENNUUS UITGAWE 4


Graad 8 Public Speakers maak Linden trots Die graad 8 Public Speaking-spanne het op 22 Februarie hul toesprake gelewer en die spanne het uitstekend gevaar. Die uitslae is as volg: Team 1 wat bestaan uit Donna de Wet, Vasti Griesel, Nina Theron en Aneska van de Sandt, met afrigter me. Unterslak, ontvang 'n A+. Team 2 wat bestaan uit Julia du Bruyn, Christine van Rensburg, Danielle Dixon en Uné van den Berg, met afrigter me. Unterslak, ontvang 'n B+. Baie geluk met uitstekende uitslae, ons is trots op julle.

Serenade: Lede vir 2022 aangekondig Baie geluk aan die nuutverkose lede van Serenade 2022. Die lede is: Elizabeth Schutte, Jané de Kock, Leana van der Elst, Tessa Coetzer, Dané Pretorius, Anneke Bezuidenhout, Ross Duffus, Liné Keet, Jolene Nel, Lexi Teixeira, Megan Botha, Talita Jordaan, Emily Kotze, Andrea de Villiers, Emma Orton, Marcia Delport, Arielle van der Gugten, Elri Boshoff, Bernard Greeff, Anika Vosloo, Lincoln Engelbrecht, Henno Klopper, John-Eric Roberts, Jarik Engelbrecht, Lomé Roberts, Mia Jamneck, Pierre de Villiers en Cara Clark. Ons is ongelooflik opgewonde saam met hierdie groep vir die Serenade van 2022. Baie sterkte met julle voorbereiding.

10

LINDENNUUS UITGAWE 4


Lindeniet lei "Scouts" op Founders Day Jason Wood (Graad 11) het op Sondag 20 Februarie die "Scouts Own" gelei by die jaarlikse Scouts Founder's Day vieringe vir Sandton Distrik. Agt verskillende groepe het die vieringe bygewoon waar Jason die gedenkdiens gelei het. Dit het voor sowat 350 scouts plaasgevind, insluitend die SA Scout Commissioner as een van die gaste. Jason se toespraak en manier hoe hy dit gelei het, het hom vele komplimente verdien. Founder's Day word wêreldwyd die Sondag naaste aan 22 Februarie gevier, ter herdenking van Sir Robert Baden-Powell (stigter van Scouts) se verjaarsdag. Hierdie geleentheid waar Jason gepraat het vorm deel van wêreldwye vieringe en dit is 'n enorme eer om as die Scout gekies te word wat die vieringe lei. Welgedaan Jason.

Tienertoneelgroep vir 2022 aangekondig Die lede vir Tienertoneelgroep van 2022 is onlangs aangekondig. Die leerders is: Elnika Burger, Danel Styger, Corlia Britz, Danay Myburg, Zanél le Roux, Liné Keet, Isabel Roux, Jarik Engelbrecht, Jonathan van der Merwe, Arnu Lombaard, Inge van der Walt en Gillian Warricker. Baie geluk aan elkeen van julle. Sterkte met julle voorbereiding vir die toneelstuk, ons is opgewonde om julle toneel binnekort op die planke te sien. Oefeninge begin die komende week en vind plaas op Dinsdae en Donderdae van 19:00-21:00.

11

LINDENNUUS UITGAWE 4


Wenke om beter te leer en jou beste te presteer Artikel deur Afrikaanse Skoolprojekte Akademiese onderrig is een van die belangrikste faktore wat sukses in ons lewe bepaal. Wanneer ons hard en ywerig studeer, bou ons baksteen vir baksteen aan ’n blink toekoms vir onsself. Malcolm X het gesê: “Onderrig is die paspoort vir die toekoms, want môre behoort aan diegene wat vandag daaraan voorberei.” Wenke om beter te leer en jou beste te presteer: 1. Verander jou gedagtes, verander jou lewe: Jou ingesteldheid sal altyd die uitkoms bepaal. Dit maak nie saak hoe hard jy leer nie, as jy by die eksamenlokaal ingaan met die ingesteldheid van twyfel en glo dat jy dom is, dan is die kans groot dat jy nie jou bes doen nie. Daarom moet jy jou die woorde “kan nie” uit jou gedagtes vee en begin glo dat as jy die werk doen wat van jou vereis word, jy goeie punte sal kry. 2. Kleurkodering: Die manier waarop jy jou studienotas maak sal ’n groot impak hê op hoe jy inligting onthou. Leer om met verskillende gekleurde glanspenne te werk. Byvoorbeeld: vir nuwe terminologie, gebruik die kleur pienk om jou werk uit te lig. Definisies kan pers wees. Name, plekke en datums kan oranje gemerk word. Wetenskaplike name kan groen wees. Ander belangrike inligting kan geel wees. Nog ’n nuttige wenk om te weet is dat jy meer inligting sal onthou as jy ’n blou pen gebruik in plaas van ’n swart pen. Dit is as gevolg van hoe jou oë inligting ontvang en stoor. 3. Skryf dit uit: Wanneer jy uit ’n handboek leer, moet jy leer hoe om goeie notas en opsommings te maak. Jy mag dink dat om jou werk uit te skryf sal te veel tyd neem, maar deur die inligting slegs eenkeer uit te skryf is dit die ekwivalent van om die inligting sewe keer te lees – want jy gee eintlik noukeurig aandag aan die woorde. Daarom as jy net ’n bietjie ekstra tyd spandeer om dit uit te skryf sal jy dit beter onthou. Hou egter in gedagte dat as jy op hierdie manier wil leer dat daar genoeg tyd aan jou kant moet wees. As jy nie dit so kan doen nie, kan jy altyd net die hoofopskrifte van elke onderwerp met sleutelpunte neerskryf. 4. Sê dit hardop: Jy is sowat 50% meer geneig om inligting te onthou wanneer jy dit hardop sê in plaas van om net in stilte dit deur te lees. Ons raai jou aan om opsommingsnotas oor ’n sekere onderwerp te maak, dit een of twee keer aandagtig en in stilte deur te lees en dan dit hardop te lees. Jy kan ook in jou eie woorde dit wat jy hardop lees herhaal, deur dit aan jouself te verduidelik. Jy moet dit egter nie doen wanneer jy in ’n studie-groep is nie – jy sal die ander leerders se aandag aflei en hul steur. 5. Kies die beste tyd om te studeer: As jy besluit oor ’n studie-tydraamwerk moet jy onthou om nie soveel as moontlik werk in die minste tyd probeer inprop nie! Ons brein kan nie al die inligting vir ’n toets die vorige aand stoor nie. Maak dus seker dat jy ten minste 5 dae voor die toets begin leer. As dit baie werk is en jy weet jy sal meer tyd benodig, beplan daarvolgens. Die beste tyd van die dag om te leer word beskou as die vroeë oggende - aangesien ons breinfunksionaliteit op sy hoogste is. Om presies te wees, breinfunksionaliteit is op ’n vlak van 90% gedurende 4 uur en 6 uur in die oggend. Later gedurende die dag verminder die breinfunksionaliteit tot 50%. Laat in die nag is dit min of meer 20%. Onthou dat dit nie waar is vir alle mense nie. Sommige is werklik naguile en meer kreatief en produktief gedurende die aande. Uit: https://www.afrikaanseskoolprojekte.co.za/blog/artikel/6-eenvoudige-dinge-wat-jy-dadelik-kan-doen-om-jou-te-help-met-die-voorbereiding-van-jou-toetse

12

LINDENNUUS UITGAWE 4


13

LINDENNUUS UITGAWE 4


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.