LINDENNUUS Uitgawe 2, 11 Februarie 2022

Page 1

10 FEBRUARIE 2022

UITGAWE 2

LINDENNUUS Hoërskool Linden se weeklikse nuusbrief ... meer as net 'n skool!

In die nuus: Matrieks 2021 palm toekennings by Distriksprysuitdeling in Dogterstennis wen Helpmekaar Opedag 2022 vind op 10 Maart plaas

Kontak ons: www.linden.co.za 011 888 1433/4 @hslinden Hoërskool Linden 1

Lindeniete is tops by Distriksprysuitdeling Hoërskool Linden se matrieks van 2021 ontvang talle toekennings by die D10-Distriksprysuitdeling wat die afgelope naweek plaasgevind het. Hoërskool Linden is onder die top 10 van 68 skole in die distrik en het drie leerders onder die top 10 naamlik Vanessa Visser, Ninda du Toit en Martin Wessels. Die volgende leerders het die beste in die distrik in die volgende vakke gevaar: Marnus van Westing in Siviele Tegnologie; Jacobus Greeff in Ekonomie; Vanessa Visser in Lewenswetenskappe, Afrikaans Huistaal en Geografie; Sannie Coetzee in Gasvryheidstudies; Martin Wessel in Musiek en Ninda du Toit en Schalk Viljoen in Engels FAL Baie geluk aan die leerders. Ons sê ook dankie aan die betrokke vakpersoneel wat in 'n groot mate bygedra het tot hierdie uitsonderlike prestasies, u harde werk en insette word raakgesien en opreg waardeer. LINDENNUUS UITGAWE 2


Opedag 10 Maart 2022 Hoërskool Linden hou 'n Opedag op 10 Maart 2022. Alle voornemende graad 7's en hulle ouers/voogde is uitgenooi na hierdie geleentheid. Op hierdie dag sal graad 7's die geleentheid kry om " 'n Dag in die lewe van 'n Lindeniet" te beleef en die hartklop van Linden te ervaar. Die program begin om 14:30 vir die leerders en vanaf 17:00 vir die ouers wat 'n skooltoer sal wil meemaak, waarna die inligtingsessie om 18:00 sal plaasvind. Registrasies is nou oop! Registreer deur die volgende skakel te volg: https://bit.ly/lindenopedag22 of alternatief deur die QR-kode op die uitnodiging te skandeer. Sien jou daar.

2

LINDENNUUS UITGAWE 2


Siklustoetsrooster - Kwartaal 1 Hier volg 'n herinnering dat die Siklustoetsreeks begin op 15 Februarie 2022. Alle toetse wat op hierdie rooster aangedui is, is geskeduleer vir 1 uur tensy anders op die rooster vermeld.

NPC Schools Challenge deelnemers 2022 Baie geluk aan die volgende matrieks wat gekies is vir die MPC Challenge span: Phillip Calitz, Ané Dannhauser, Reinhard van Zyl en Louwhan Hoffmann. Hierdie leerders het Ekonomie as vak en sal die skool verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse Reserwe Bank se jaarlikse kompetisie verteenwoordig, wat handel rondom die hersien van die SARB se Monetêre Beleid. Hierdie leerders sal in die komende maande voorberei deur te dink, redeneer en besluite te neem eie aan dié van die SARB. Baie sterkte aan dié leerders. 3

LINDENNUUS UITGAWE 2


Belangrike Datums 11-19 Februarie 2022 ,

4

Vrydag 11 Februarie

Atletiek: Florida – UJ Stadion; Swem: Midmar myl

Saterdag 12 Februarie

Valentynsbal; Krieket vs. Secunda; Swem: Midmar myl

Maandag 14 Februarie

Valentynsdag; Tennis: Seuns B vs Beaulieu College (Tuis)

Dinsdag 15 Februarie

Tennis: Dogters A en B vs St. Mary’s (Weg)

Woensdag 16 Februarie

Krieket: T20-wedstryd

Donderdag 17 Februarie

Swemgala: Saheti; SWAT-Connect Praise en Worship aand

Vrydag 18 Februarie

Atletiek: Linden Prestige UJ-stadion

Saterdag 19 Februarie

Tennis: Interhoër; Krieket: Wedstryd vs Driehoek (o/15 weg, 1stes tuis); Skaak: Toernooi by Trinity House Little Falls

LINDENNUUS UITGAWE 2


Valentynsdag 2022 Valentynsdag 2022 beloof om vol groot opwinding te wees. Leerders dra Maandag 14 Februarie gewone klere teen R5, betaalbaar by die registerpersoneel. Verkope van onder andere rose, ballonne, gesigverf, donuts, milkshakes en ander lekkernye sal tydens pouse plaasvind. Bring geld saam en bederf jouself en jou Valentyn. Hou die nuusbrief volgende week dop vir Valentynsdag en Valentynsbal foto's!

Ukunaka kondig nuwe leiers aan Linden se Ukunaka komitee verkies jaarliks nuwe leiers vanuit die graad 11 groep. Die leiers vir 2022 is hierdie week aangekondig. Die voorsitter is Mia Mostert en onder voorsitters is Euané Theart en Emma van der Walt. Ons wens julle alle sterkte toe met hierdie taak en weet julle gaan beslis 'n verskil maak.

5

2022 in foto's

LINDENNUUS UITGAWE 2


Sportprogram op d6 Onthou om die weeklikse sportprogram met wedstrydbepalings en oefentye uiteengesit vir die week, op die d6 te besigtig. Programme vir byeenkomste word ook hier geplaas.

Tennisspelers in Sentraal-Gauteng spanne ingesluit Ané Dannhauser (Gr.12) en Almé van Schalkwyk (Gr.9) is onderskeidelik vir die 0/19 en 0/15 SentraalGauteng tennisspanne gekies. Albei is ook as die nommer een speler in die span aangewys. Jaco Dannhauser (Gr.9) is ook in die 0/15B SentraalGauteng tennispan ingesluit. Baie geluk met die besonderse prestasie Ané, Almé en Jaco. Ons is ongelooflik trots op julle.

Linden se top swemmer ingesluit by SentraalGauteng Akwatiesespan Baie geluk aan Corné van Schalkwyk (Gr.10) wat ingesluit is by die Sentraal-Gauteng Akwatiesespan wat in die 3km, 5km en 7.5km afdeling by die 2022 SA Open Water Nationals gaan deelneem. Corné neem ook hierdie komende naweek deel aan die Midmar-myl resies. Sterkte Corné, jy maak Linden beslis trots met jou uitsonderlike prestasies. 6

LINDENNUUS UITGAWE 2


Hokkie: Seuns- en dogters eerstespan oefengroepe Na afloop van die afgelope twee weke se hokkieproewe wil ons graag aan die volgende leerders, wat in die voorlopige eerstespan oefengroepe opgeneem is, geluk sê: Seuns: Stephan de Souza, Ben du Bruyn, Franco Vosloo, Bernard Greeff, Harry Gardner, Rogan Scullard, Johan Weideman, Jean Oosthuizen, Siegfried Maré, Phillip Stander, Joquin van Eck, Juan Oosthuizen, Simon Kilian, Eugene Smith, Ian van Heerden, Mbulelo Ncube, Louwhan Hoffman, Janus de Lange, David Pringle, Jarik Engelbrecht, Juan Viljoen, Philip Steyn, Willem van Wyk, Ivan Stander en Seef Dannhauser. Dogters: Mea du Toit, Neleah Greysel, Casey Swart, Jeanine Lubbe, Rina Jacobs, Bea van der Westhuizen, Megan Botha, Anouk du Plessis, Chané Janse van Rensburg, Mia de Beer, Larraine Esterhuizen, Maria Kotzé, Anika Germishuysen, Mia Mostert, Anlea de Jager, Mené Kruger, Inge Erasmus, Isabel de Souza, Nika Viviers, Mika Ferreira, Erika Hoffmann, Gemma Kotzé, Megan Muller, Elouise du Plessis en Danay Myburgh. Baie sterkte met julle voorseisoen voorbereiding!

E-sport maak skoonskip Hoërskool Linden se E-sportspanne het die afgelope Saterdag hul eerste wedstryd vir die seisoen gespeel. Die tweedespan wen 16-9 teen Grey College se derdespan. Die eerstespan wen 16-2 teen Waterkloof se tweedespan. Lekker Linden!

7

LINDENNUUS UITGAWE 2


Krieket: Eerstes en Oondbabers sorg vir gesonde kompetisie Ons krieketspanne is hard besig met hulle liga, en is onlangs uitgedaag deur die tweedespan, wat ook bekend staan as die Oondbabers. Die span sluit ook op uitnodiging mnr. Ruan Basson asook enkele matriekdogters in. Die dogters maak oor voorbrand vir ons dogterskrieketspan wat reeds aan die oefen is. Linden se eerste krieketspan het op 9 Februarie in 'n oefenwedstryd teen die Oondbabers gespeel. Die Oondbabers verloor daardie wedstryd naelskraap en die eerstes het as kampioene uit die stryd getree. Sterkte vir die res van julle liga- en T20-wedstryde wat voorlê manne.

Gholfdag 2022 Skryf solank 27 Mei in jou dagboek, wanneer ons jaarlikse gholfdag soos oudergewoonte sal plaasvind. Bespreek jou vierbal vroegtydig en nooi vriende en kollegas om 'n vierbal.

8

LINDENNUUS UITGAWE 2


Dogterstennis wen Helpmekaar Dogters A en B-tennisspanne het op Dinsdag 8

Febraurie

teen

Helpmekaar

Kollege

tuiswedstryde gespeel. Albei spanne het as oorwinnaars uit die stryd getree. Die A-span wen 46-33 en die B-span wen 44-37. Die seuns se tenniswedstryde van Vrydag teen Helpmekaar is weens die reën en swaar weer uitgestel. Baie geluk aan ons dogters met die puik uitslae!

9

LINDENNUUS UITGAWE 2


Linden-battery verwelkom dogters Die Linden-battery het hulself reeds gevestig as 'n prominente groep wat bydra tot die kultuur van Hoërskool Linden. Die battery is nou bevoorreg om vanaf 2022 ook 'n dogters-battery te hê. Hulle is reeds hard aan die oefen en ons is ongelooflik opgewonde om die dogters binnekort in volle glorie te hoor optree.

Hoe goed ken jy die personeel? Beantwoord die volgende vrae so goed as wat jy kan en volgende week publiseer ons die antwoorde vir jou om te sien hoe jy gevaar het. 1. Wie spandeer die meeste geld by die kafeteria op 'n daaglikse basis? 2. Wie is die onderwyser wat al die langste by Hoërskool Linden skoolgee? Hoe lank gee sy/hy al hier skool? 3. Wie is die personeellid wat 'n hoofdogter van Hoërskool Linden was? 4. Watter personeellid het die term "gemengde welslae" sy bekendheid gegee? 5. Noem die personeellede wat op Hoërskool Linden gematriekuleer het. 10

LINDENNUUS UITGAWE 2



Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.