LINDENNUUS Uitgawe 1, 4 Februarie 2022

Page 1

4 FEBRUARIE 2022

UITGAWE 1

LINDENNUUS Hoërskool Linden se weeklikse nuusbrief ... meer as net 'n skool!

In die nuus: Matriekuitslae van 2021 sluit 320 onderskeidings in mezMeraai 'mesmerize' die kompetisie Sportseisoen skop op 'n hoogtepunt af

Kontak ons: www.linden.co.za 011 888 1433/4 @hslinden Hoërskool Linden 01

Uit die hoof se pen... Welkom terug na 'n welverdiende ruskans. Ons is reeds volspoed aan die gang en opgewonde oor die jaar wat voorlê. Die belangrike aspek is dat ons hierdie skooljaar die beste sal maak van elke geleentheid. 'n Spesiale welkom aan die Graad 8's van 2022. Word deel, bly deel en neem deel. Ek wil ook van die geleentheid gebruik maak om die Matrieks van 2021 geluk te wens met die puik uitslae wat hulle opgelewer het. Met 320 onderskeidings (2.2 per leerder) eindig ons, gebasseer op onderskeidings per kandidaat, in Solidariteit se Skoleondersteuningsentrum statistieke in die 12de plek landswyd - 'n uitmuntende prestasie! Dit is vir ons heerlik om midde die Covid-pandemie te kan ervaar hoe die skool in alle opsigte na normaal terugkeer - die gees onder die Lindeniete is inspirerend! Onthou altyd Volhard tot die einde! Lindengroete,

Dr. J. Wiehahn LINDENNUUS UITGAWE 1


Onnie nuus! Juf. Wallace is nou Mev. Scheepers! Baie geluk aan me. Melissa Scheepers (née Wallace) wat op die 23 ste Desember 2022, met die liefde van haar lewe, mnr. Gerrie Scheepers (wat ook as spiesgooi afrigter by HSL betrokke is) getroud is Baie geluk, mag julle huwelik geseënd wees!

Welkom nuwe personeel! Spesiale welkom aan die nuwe personeel wat by ons aangesluit het: Me. Jané Pienaar (Engels) Me. Claudia (Juf.Wolkie) Pienaar (Afrikaans) Me. Lisa-Marie Henning (Wiskunde) Me. Laurinda Booyse (Skoolberader) Me. Aletta Opperman (Afrikaans) Me. Nicole Janse van Rensburg (Ontvangs)

Nuwe aanstellings 2022 Baie geluk aan die volgende personeel wat vanjaar nuwe rolle beklee: Me. Melandi Jacobs is aangestel as Departementshoof Engels. Me. Ané Groenewald is aangestel as die skool se Bemarker. Me. Nina Janse van Rensburg is aangestel as Kultuurorganiseerder. Sterkte met nuwe rolle wat julle gaan vervul, dames! 02

LINDENNUUS UITGAWE 1


Matrieks van 2021 oortref verwagtinge met puik uitslae Hoërskool Linden se matriekuitslae van 2021 het soos oudergewoonte beslis nie teleurgestel nie. Te midde van uitdagings in hulle graad 11 en 12 jaar wat teweeggebring is deur die Covid-19 pandemie, vele inperkings en die aanpassings tot aanlyn leer, het die klas van 2021 weer vir ‘n 100% slaagsyfer gesorg en ‘n allemintige 320 onderskeidings ingepalm. Die matriek groep het bewys dat harde werk en volharding tot die einde, wat die skool se leuse in werking sit, beslis vrugte afwerp. Die matriekgroep spog uiteindelik met 2,2 onderskeidings per leerder. Dit laat Hoërskool Linden, volgens die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se statistieke, as die 27ste beste Afrikaanse skool in die land! Ons sê ook in besonder dankie vir elke onderwyser wat bygedra het tot die uitstekende uitslae. Welgedaan Linden.

03

LINDENNUUS UITGAWE 1


Siklustoetsrooster - Kwartaal 1 2022 Die Siklustoetsreeks begin op 15 Februarie 2022. Neem asseblief kennis dat nie alle toetse vir Dinsdae en Donderdae geskeduleer is nie. Die vakke wat nie op hierdie toetsrooster vermeld word nie, sal tydens klastyd geskeduleer word. Alle toetse wat op hierdie rooster aangedui is, is geskeduleer vir 1 uur tensy anders op die rooster vermeld.

04

LINDENNUUS UITGAWE 1


Belangrike Datums 4-13 Februarie 2022 , T Vrydag 4 Februarie

Atletiek: Jeugland; Tennis: Seuns A vs. Helpmekaar

Saterdag 5 Februarie

Krieket vs. EG Jansen

Maandag 7 Februarie

Prysuitdeling Graad 8; Tennis: Seuns B vs. Crawford Lonehill

Dinsdag 8 Februarie

Prysuitdeling Graad 9; Tennis: Dogters A en B vs. Helpmekaar

Woensdag 9 Februarie

Prysuitdeling Graad 10; Krieket kwartfinale

Donderdag 10 Februarie

Prysuitdeling Gr 11; Swem Gala: Kings College; Hoofde-ontbyt

Vrydag 11 Februarie

Atletiek: Florida – UJ Stadion; Swem: Midmar myl

Saterdag 12 Februarie

Valentynsbal; Krieket vs. Secunda; Swem: Midmar myl

Het jy geweet?? Linden word

hierdie jaar 75.

05

LINDENNUUS UITGAWE 1


Hoogtepunte Graad 8's 2022: Graad 8 Kamp, inlindenering en eerste dag van skool

06

LINDENNUUS UITGAWE 1


Graad 8's 2022: Baadjie-inhuldiging

07

LINDENNUUS UITGAWE 1


Dirigente 2022 Baie geluk aan ons dirigente vir 2022! Seuns: Karl Pagel (Hoofdirigent), Dylan Nieuwoudt, Tiaan Erasmus, Carl Erasmus, Emile Smit, Jordyn Farah, Mbulelo Ncube. Meisies: Andile Zitha (Hoofdirigent), Kaylee Perkins, Ané Fourie, Anya Botha, Danelle Lessingh, Andrea de Villiers, Cayce Steenkamp

Geesvang!

08

LINDENNUUS UITGAWE 1


Welkom Mnr. Basson! Baie welkom aan mnr. Ruan Basson, wat in November as Sportbestuurder by ons aangesluit het. Kontak hom gerus by ruan.basson@linden.co.za met enige sportverwante navrae.

Interhuis atletiek 2022 Ons atlete het tydens die Interhuis van 2022 uitstekend gevaar. Drie nuwe rekords is op die dag aangeteken: Aiden Davel, Seuns o/16 Spiesgooi 54.81, Francois van Zyl, Seuns o/17 1500 m - 4:53 asook nuwe rekord vir 3000 m - 10:40.90. Welgedaan manne. Ons atlete het ook in hulle onderskeie huise deelgeneem en aan die einde van die dag was die puntetelling vir die huise as volg: Huis Dirks: 1134.3; Huis Schelebusch: 1076; Huis Geldenhuys: 827.7 Baie geluk aan Huis Dirks wat as kampioene uit die stryd getree het! Die volgende atlete ontvang op die dag toekennings: Junior Victor Ludorum - Anroux Barnard, Junior Victrix Ludorum - Marisan Grové, Senior Victor Ludorum - Aiden Davel, Senior Victrix Ludorum - Euané Theart

Top 15 Atletiek 2022 Baie geluk aan Hoërskool Linden se Top 15-atlete wat op Woensdag 2 Februarie by Hoërskool Noordheuwel aan die jaarlikse Top 15-byeenkoms deelgeneem het. Top atlete van 28 skole het deelgeneem. Die atlete wat vir hierdie geleentheid gekies is, is: Duanné Lessing, Marlene van Heerden, Sophia Smit, Marisan Grové, Anshe Roos, Mieke Ferreira, Euané Theart, Anika Germishuysen, Jeandry Opperman, Aiden Davel, Francois van Zyl, Anroux Barnard, Jeandré Müller, Dylan Nieuwoudt en Ncube Mbulele. Baie geluk aan die volgende atlete wat tydens die byeenkoms in hul verskeie items medaljes ontvang het: Mieke Ferreira: 1ste plek, dogters o/17; hoogspring Euané Theart: 3de plek, dogters o/17; 400m: hekkies Francois van Zyl: 2de plek, seuns o/17; 3000m 09

LINDENNUUS UITGAWE 1


Swemseisoen skop af Ons swemmers skop die seisoen op 24 Januarie met ‘n suksevolle Interhuis-gala by die Linden Publieke Swembad af. Linden se swemspan swem intussen in hul eerste twee gala’s van die seisoen. Fourways High School; 27 Januarie. Uitslae is as volg voordat die gala weens slegte weer gestaak is: 1ste plek: Saint Peters College 2de plek: Hoërskool Linden 3de plek: Fourways High School 4de plek: Hoërskool Randburg Uitslae teen Curro Aurora; 3 Februarie. 1ste plek: De La Salle Holy Cross College 2de plek: Rand Park High School 3de plek: Monnas 4de plek: Curro Aurora 5de plek: Hoërskool Linden

Canoe Polo - 'n splinternuwe sport by Linden Hoërskool Linden het op 22 en 29 Januarie vir die eerste keer Canoe Polo-oopdae aangebied! Leerders het by Dabulamanzi Canoe Club by Emmarentia Dam ‘n gevoel gaan kry vir hierdie nuwe en unieke sportkode! Gaan loer gerus op ons sosiale mediaplatvorms hoe Lindeniete dit doen!

10

LINDENNUUS UITGAWE 1


Wintersport berei reeds voor Ons rugby-, netbal- en hokkiespelers is hard besig om voor te berei aan voorseisoenoefening. Dit beloof om ‘n besige seisoen vir hierdie sportkodes te wees! Ons hokkiespelers het ook hierdie week hul eerste rondte proewe op ons eie pragtige Linden Astro afgehandel.

Skyfskietskuts reg vir aksie ‘n Allemintige 64 skuts het oor die afgelope twee weke aan Hoërskool Linden se skyfskietproewe deelgeneem! Baie geluk aan die volgende leerders wat span gehaal het: Jack Barnard Bertu Kooy Jane Louw Sibusiso Maseko Alek Nel Dylan Pieterse Willem Pretorius Jesse van Staden Ons is trots op julle.

Skaak oefen solank Ons skaakspelers is ook alreeds hard aan die oefen vir hul eerste toernooi wat op die 19de Februarie by Trinityhouse Little Falls plaasvind.

11

LINDENNUUS UITGAWE 1


Tennis begin op 'n hoë noot! Linden se tennisspanne neem alreeds vanaf 24 Januarie aan ligawedstryde deel: Seuns A vs KES op 28 Januarie: Wedstryd gestaak weens slegte weer vs Randburg op 2 Februarie: Linden verloor 4-5 Seuns B vs Northcliff High School op 24 Januarie: Linden wen 78-21 vs Heronbridge College op 31 Januarie: Linden wen 73-26 Dogters A vs St. Stithians op 25 Januarie: Linden wen 61-20 vs Northcliff High School op 1 Februarie: Linden wen 56-25 Dogters B vs St. Stithians College op 25 Januarie: Linden wen 60-21 vs Northcliff High School op 1 Februarie: Linden verloor 21-60 Baie geluk aan ons tennisspanne!

Gholfproewe by Randpark Linden se gholfspelers het op 13 Januarie aan hul eerste oefening by Randpark Gholfklub deelgeneem. Hulle is tans besig met proewe en die talent lyk belowend.

12

LINDENNUUS UITGAWE 1


Krieket T20 en Finsbury-liga uitslae Ons krieketspanne speel gedurende die eerste kwartaal in ‘n T20-liga en neem ook aan die die gesogte Finsbury liga ligawedstryde deel. T20-liga o/15: verloor met 68 lopies vs Rand Park High wen met 5 paaltjies vs Dainfern College 1stes: verloor met 51 lopies vs Randpark High verloor met 30 lopies vs Dainfern College Finsbury-liga o/15: wen met 82 lopies vs Benoni High School wen met 149 lopies vs Hoërskool Jeugland 1stes: wen met 114 lopies vs Benoni High School wen met 151 lopies vs Hoërskool Jeugland Uitblinkers: Ruben Cruickshank (o/15) neem 5 paaltjies vir slegs 6 lopies in 3 boulbeurte. Franco Roos (o/15) teken 72 lopies aan. Ruben Aucamp (1stes) teken 84 en 74 lopies aan. Francois van Zyl (1stes) teken 61 lopies aan. Jean Taljaard (o/15) teken 72 lopies aan. Juan Viljoen (1stes) teken 95 lopies aan.

E-Sport Linden se eie E-sportspanne skop dié naweek met hul eerste CS:GO-wedstryde af. Baie sterkte aan elkeen van hierdie leerders.

13

LINDENNUUS UITGAWE 1


Juf. Janse van Rensburg is ons nuwe Kultuurorganiseerder! Baie geluk aan me. Nina Janse van Rensburg wat aangestel is as die Kultuurorganiseerder van Hoërskool Linden. Kontak haar by nina.jansevanrensburg@linden.co.za met enige navrae oor kultuur aangeleenthede.

mesMeraai, Linden se eie kortfilm, neem talle toekennings huis toe Linden se DIFA-filmakademie het 9 toekennings by die DIFA toekenningsaand, vir hul kortfilm mesMeraai, ingepalm. Die film het 'n eerste plek verower in die volgende kategorieë: Comedy genre, Continuity, Wardrobe, Hair & Makeup, Art department, Lights en Best assistant director. Die film is ook die Peoples Choice Award toegeken. Verder het die produksie ook 'n tweede plek behaal vir Best male actor (Ross Duffus), Best female actress (Chanté Brand) en Best script. mesMeraai is as die algehele Runner up short film van 2021 aangewys. Baie geluk juf. Nina Janse van Rensburg en aan elke leerder wat betrokke was by die uitstekende produksie. ons is ongelooflik trots op julle. Hou ons Facebookblad en Instagramblad vir die film wat binnekort op die platforms beskikbaar gaan wees, dop.

14

LINDENNUUS UITGAWE 1


Graad 8 Konsert sorg vir groot vermaak en ongelooflike Lindengees! En die wenners is..... Graad 8/6. Baie geluk julle.

15

LINDENNUUS UITGAWE 1


Graad 8 Konsert sorg vir groot vermaak en ongelooflike Lindengees!

16

LINDENNUUS UITGAWE 1




Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.