LINDENNUUS Uitgawe 3, 18 Februarie 2022

Page 1

18 FEBRUARIE 2022

UITGAWE 3

LINDENNUUS Hoërskool Linden se weeklikse nuusbrief ... meer as net 'n skool!

In die nuus: - Valentynsdag 2022 een vir die boeke

- Atlete beïndruk by Florida Prestige - Public Speaking: sprekers vaar uitstekend

Matrieks 2022 bring die Lindengees.

Kontak ons: www.linden.co.za 011 888 1433/4 @hslinden Hoërskool Linden 1

LINDENNUUS UITGAWE 3


Akademiese Prestasies van 2021 Hoërskool Linden se Akademiese Prysuitdeling is in die eerste week van Februarie gehou. Baie geluk aan elkeen wat tydens die geleenthede 'n toekenning ontvang het. Ons is trots op die Lindeniete se akademiese prestasies. Die toppresteerders vir graad 8 tot 11 is ook tydens die geleentheid vereer. Die leerders staan ook bekend as die Akademiese Eerste Span van 2021. Leerders wat met hierdie spogtoekennings weggestap het is: Graad 8 - Sarah Boonzaaier, Jessica Boonzaaier en Cara Clark Graad 9 - Anshe Roos en Benno Coetzee Graad 10 - Chrizelle du Plessis en Ian van Heerden Graad 11 - Franco Vosloo, Ben de Bruyn en Bernard Greeff Dankie vir julle harde werk, Linden is voorwaar trots op julle.

2

LINDENNUUS UITGAWE 3


Siklustoetsrooster - Kwartaal 1 Hier volg 'n herinnering dat die Siklustoetsreeks reeds in aanvang is. Alle toetse wat op hierdie rooster aangedui is, is geskeduleer vir 1 uur tensy anders op die rooster vermeld.

Graad 11 2021 Akademiese Presteerders

3

LINDENNUUS UITGAWE 3


Belangrike Datums 18-26 Februarie 2022 ,

Vrydag 18 Februarie

Atletiek: Linden Prestige - UJ Stadion

Saterdag 19 Februarie

Krieket: Liga Finaal vs. Driehoek (Tuis) ; Skaak

Maandag 21 Februarie

Tennis: Seuns B vs Christ Church College (Tuis);

Dinsdag 22 Februarie

Atletiek: D10 Kampioenskappe by UJ Stadion; Tennis: Dogters A- en B-span vs Roedean School (Weg); Graad 8 Public Speaking

Woensdag 23 Februarie

Universiteitsdag: Graad 12's

Donderdag 24 Februarie

Swemgala: Crawford Randburg

Vrydag 25 Februarie

Hokkie: Eerste- en tweedespan vs Trinity (Weg)

Saterdag 26 Februarie

VLR dagkamp; Damesoggend met Nataniël; Krieket: Wedstryd 50 beurte (TBC)

Om in die LindenNuus te adverteer kontak ons gerus by: 011 888 4413 of stuur 'n epos aan: ane.groenewald@linden.co.za 4

LINDENNUUS UITGAWE 3


Liefde blom op Valentynsdag 2022 Valentynsdag 2022 was besonders. Wat 'n voorreg om weer die dag saam te kon vier. Die vieringe het met die Valentynsbal op 12 Februarie afgeskop. Deurblekker dans en kuier in die binneplaas kon die Lindeniete weer die tradisie voortsit. Die tema was Bohemian en die binneplaas is pragtig opgemaak vir die geleentheid. Baie dankie aan elke graad 11-ouer, juf. Annandale en juf. van den Berg en personeel wat die spogaand moontlik gemaak het. Die leerders het dit ongelooflik baie geniet en kosbare herinneringe is gemaak. Valentynsdag is met gewone klere, dans in die binneplaas en verkope deur ons graad 11's gevier. Die graad 11's het ook oudergewoonte rose en ballonne met briefies aan die leerders se Valentyn afgelewer. Liefde was beslis in die lug. Dankie dat julle die dag spesiaal gemaak het Linden, dit was ‘n dag om te onthou. (Foto's: Jordyn Farah en Andrew Campbell)

5

LINDENNUUS UITGAWE 3


VALBAL

6

LINDENNUUS UITGAWE 3


Sportprogram op d6 Onthou om die weeklikse sportprogram met wedstrydbepalings en oefentye uiteengesit vir die week, op die d6 te besigtig. Programme vir byeenkomste word ook hier geplaas.

Corné vaar uitstekend in Midmar Myl Baie geluk aan Corné van Schalkwyk wat die afgelope naweek tydens die Midmar Myl, in die kategorie vir vroue tussen 14-30 jaar, die 13de plek los geswem het. Dit is voorwaar ‘n ongelooflike prestasie vir so ‘n jong dame. Jy maak die Lindenharte trots.

Tennis uitslae Die dogters A- en B-tennisspanne het op 15 Februarie by St. Mary’s teen St. Mary’s ligawedstryde gespeel. Die A-span verloor ongelukkig 20-43 en die B-span verloor 30-43. Die seuns B-tennisspan het op 14 Februarie ‘n tuis ligawedstryd teen Beaulieu College gespeel. Linden wen hierdie wedstryd 76-23. Welgedaan aan al die spelers betrokke.

Eerstespan Krieket vaar uitstekend Ons o/15- en eerstekrieketspan het Saterdag 12 Februarie teen Hoërskool Secunda ligawedstryde gespeel. Die eerstes wys groot hart om met 40 lopies te wen, terwyl ons o/15’s ongelukkig met 147 lopies verloor. Die eerstes speel komende Saterdag tuis in die finaal van hulle liga teen Hoërskool Driehoek. Baie sterkte manne, Linden staan bankvas agter julle. 7

LINDENNUUS UITGAWE 3


Atletiek maak Linden trots by Florida Prestige Linden se atletiekspan het Vrydag by UJ-stadion aan die Florida Prestige byeenkoms deelgeneem. Die deelnemende skole was Linden, Florida, Vereeniging Gimnasium, Centurion, Hugenote, HTS Middelburg, Bergsig Akadamie, asook Affies Seuns en Affies Meisies. Ons atlete hou Linden se naam hoog. Besonderse geluk aan die volgende atlete wat medaljes verwerf het: • Euané Theart (o/17 Dogters): 3de plek in die 100m., 2de plek in die 200m., 3de plek in die 400m. hekkies, 1ste plek in Verspring • Phillip Steyn (o/19 Seuns): 3de plek in die 200m., 3de plek in Verspring • Niel Marais (Seuns o/14): 2de plek in die 400m. • Marisan Grové (Dogters o/15): 3de plek in die 400m., 3de plek in die 1500m. • Mieke Ferreira (Dogters o/17): 3de plek in die 400m., 1ste plek in Hoogspring • Francois van Zyl (Seuns o/17): 2de plek in die 1500m., 2de plek in die 3000m. • Ettiene Fouché (Seuns o/15): 3de plek in die 100m. hekkies • Anshé Roos (Dogters o/15): 3de plek in die 100m. hekkies • Jeandré Müller (Seuns o/16): 2de plek in die 110m. hekkies • Francois Steyn (Seuns o/16): 3de plek in die 400m. hekkies • Ncube Mbulelo (Seuns o/19): 3de plek in die 400m. hekkies, 1ste plek in Driesprong • Uné van den Berg (Dogters o/14): 1ste plek in Hoogspring • Nicola Nel (Dogters o/16): 3de plek in Hoogspring • Seuns o/16-aflos: 3de plek • Dogters o/17-aflos: 2de plek • Seuns o/19-aflos: 2de plek Dus verwerf Linden in totaal: • 4 Goue medaljes • 7 Silwer medaljes • 13 Brons medaljes Welgedaan aan ons atlete, ons is baie trots op julle.

8

LINDENNUUS UITGAWE 3


FLORIDA PRESTIGE

Foto's: Andrew Campbell Meer foto's beskikbaar by:https://bit.ly/FloridaPrestige

9

LINDENNUUS UITGAWE 3


Public Speaking vaar uitstekend Public Speaking het in die week van 14-17 Februarie plaasgevind en die spanne het uitstekend gevaar. Die uitslae was as volg: Graad 9 - Team A: Gute Geldenhuys, Cara Clark, Arielle van Gugten, Hannah Ferreira en afrigter me. Jacobs, ontvang 'n A-simbool. Graad 9 - Team B: Jonathan van der Merwe, Kayla Oosthuizen, Natanya Swart, Carli Burger en afrigter me. Jacobs, ontvang 'n B-simbool. Grade 12 - Trophy Team: Franco Vosloo, Clarissa Terblanche, Margaux le Roux en afrigter me. Unterslak, ontvang 'n A+ simbool. Grade 12 - Team: Henno Klopper, Maria Prinsloo, Leala Foord, Ayla van Dyk en afrigter me. Valley, ontvang 'n B+ simbool. Baie geluk met uitstekende uitslae, julle hou Linden se naam hoog.

Filmskool verwelkom nuwe lede Hoërskool Linden se DIFA Film Academy is weer in volle swang, en het die afgelope Woensdag afgeskop. Nuwe lede tot die klub is ook verwelkom. Die klub bestaan uit: Jordyn Farah, Keona Visagie, Marcel Steyn, Anria Louw, Zané du Plessis, Philippa van den Berg, Vanda Strydom, Chante van Wyk, Vasti Griesel, Denique Wentzel, Jordan Griessel, Kaylee Meyer, Nina Joubert, Ross Duffus, Isabel Roux, Qiana Bratose, Jan Strydom, Dané Pretorius, Ariëlle vd Gugten en Mia Larkin. Ons sien uit na dit wat die klub gaan lewer. 10

LINDENNUUS UITGAWE 3



Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.