Lindennuus Uitgawe 4: 10 Februarie 2023

Page 1

HOËRSKOOL LINDEN @hslinden

Linden-afrigter sien om na Australiese hokkiespan

Hoërskool Linden se Hoof van Hokkie, mnr. Leon Keulder, is onlangs as Biokinetikus vir die Australiese vroue-indoorhokkie wêreldbekerspan, wat die afgelope week aan die Wêreldbeker in Pretoria deelgeneem het, aangewys. Wat 'n ongelooflike voorreg en prestasie. Ons is baie trots op mnr. Keulder en dit wat hy by Linden-hokkie, asook op die internasionale hokkieplatform, vermag. Welgedaan meneer!

UITGAWE 4 | 10 FEBRUARIE 2023
LINDENNUUS UITGAWE 4 1
MNR KEULDER BIOKINETIKUS VAN WÊRELDBEKERSPAN

Artikel: Wat drink jy werklik?

"Wat drink ek werklik? Jy stap vinnig by die naaste winkel in, vroeg oggend voor skool, en selfs soms na skool weer. Jy is op soek na iets lekkers om te drink, maar darem ook iets wat jou so bietjie kan “boost” vir die dag! Dit is daarom maklik, vir meer as 60% van tieners, om ‘n energie drankie te kies Die “boost” is mos daar, in die naam! Meeste energie drankies bevat merkbare hoeveelhede van die volgende: kaffeïen, Taurien (‘n aminosuur) en suiker. Die suiker-vrye weergawe word meestal kunsmatig versoet met nog ‘n aminosuur (phenylalanine) of soms fruktose Maar fruktose is darem eintlik gesond, want dit kom dan van vrugte af Kom ons kyk na elke bestanddeel afsonderlik.

Kaffeïen: Kaffeïen word selde alleen gebruik en word gekombineer met ander bestanddele soos ginseng of ginko biloba (soms is hierdie inligting nie maklik bekombaar nie, en die verskaffers is traag om die inligting te deel) Die kaffeïen inhoud van verskillende energie drankies wissel tussen 75mg-240mg/blikkie ‘n Koppie koffie bevat tussen 45mg-75mg kaffeïen. Die Wêreldgesondheids-Organisasie beveel aan dat kinders onder die ouderdom van 12 jaar glad nie kafeïen moet gebruik nie en dat daaglikse inname vir tieners en volwassenes nie 400mg kaffeïen moet oorskry nie. Daar is beslis navorsing wat wys dat kaffeïen ‘n positiewe invloed het op sportprestasie (in lae dosisse soos 3mg/kg) Word hierdie bestanddele noodwendig in matige hoeveelhede ingeneem in energie drankies? En, is almal wat energie drankies gebruik, top sport spelers? Beslis nie! Die newe effekte van hoë dosisse kaffeïen is onder andere ‘n styging in bloeddruk, versnelde hart tempo en self lang-termyn veranderinge aan die struktuur van die kardiovaskulêre stelsel (are en hart) Dit beïnvloed ook die sentrale senuwee stelsel (wat “mood disorders” soos angs en depressie kan vererger) en het ‘n negatiewe effek op slaap patrone

Taurine: Taurine word natuurlik deur die menslike liggaam gemaak en word ook gevind in kosse soos vleis en vis Daaglikse inname van Taurine is belangrik en die hoeveelheid wat benodig word wissel van 40mg-400mg Sommige energie drankies bevat soveel as 1000-2000mg Taurine per blikkie! Taurine het ook ‘n direkte uitwerking op die sentrale senuwee stelsel en navorsing het nog nie bewys dat dit enigsins ‘n voordeel in hou in sport prestasie nie. Verhoogde Taurine vlakke kan ook “mood disorders” vererger.

Suiker: Alhoewel suiker nodig is vir genoeg energie, is ‘n oormaat suiker nooit ‘n goeie idee nie. Die grootste nadeel van ‘n gereelde, hoë suiker inname, is die toename in gewig Dit het dan metaboliese sindroom, versteurde insulien vlakke, diabetes, en oormaat inflammasie tot gevolg! Die suiker inhoud van gewone energie drankies wissel tussen 25-60g/blikkie. Vergelyk dit met ‘n snytjie brood, wat slegs 15g suiker bevat… Indien jy die suiker-vrye opsie verkies, onthou net dat die aminosure waarmee dit versoet word, of die fruktose (vrugte suiker) nie noodwendig in lae hoeveelhede gebruik word nie, en dit kan ook newe-effekte tot gevolg hê.

Daar is duidelik iets om oor na te dink, voor jy die volgende energie drankie van die rak af haal. Oorweeg dalk om minder van die soort drankies te gebruik, of wees braaf en probeer om water te drink!"

Dieetkundige: Die Habitat (Laerskool Louw Geldenhu

072 885 7645

CHRISTA DUNN, DIEETKUNDIGE, DEEL FEITE OOR ENERGIEDRANKIES
LINDENNUUS UITGAWE 4 2

Belangrike Datums: 11 Februarie tot 18 Februarie

Saterdag 11 Februarie

Maandag 13 Februarie

Krieket: Wedstryd - Finsbury 50-beurt vs Hoërskool Dr. Malan (o/15 Tuis; 1stes Weg)

Tennis: Liga-wedstryde - Seuns B vs Heronbridge (weg) & Seuns C vs Northcliff (tuis)

Dinsdag 14 Februarie Valentynsdag; Tennis: Liga - Dogters A & B vs Helpmekaar (tuis); Krieket: Wedstryd - Dogters vs Orange Farm (tuis)

Woensdag 15 Februarie

Donderdag 16 Februarie

Vrydag 17 Februarie Atletiek: Vriendskaplike Byeenkoms te Hoërskool Driehoek; Hokkie: Curro Aurora Aandreeks Senior seuns- en dogterspanne

Saterdag 18 Februarie Valentynsdans; Krieket: Wedstryd - Finsbury Liga vs Wesvalia (1stes weg, o15's tuis)

-----
-----
LINDENNUUS UITGAWE 4 4

Atletiek - Atlete presteer ondanks die reën

Ons atlete het verlede Vrydagmiddag by Hoërskool Jeugland aan ‘n vriendskaplike byeenkoms deelgeneem Linden neem teen Hoërskool Jeugland en Hoërskool Driehoek deel en hou die skool se naam ondanks die reën hoog. Algehele uitslae was as volg:

• 1029 5 punte: Hoërskool Driehoek in die 3de plek

• 1086.5 punte: Hoërskool Linden in die 2de plek

• 1224 punte: Hoërskool Jeugland in die 1ste plek

Dankie aan elke atleet wat deelgeneem het en hul beste gelewer het!

25 van Linden se atlete het Woensdag 8 Februarie by Noordheuwel aan die jaarlikse Top 15byeenkoms deelgeneem 49 skole van reg oor die land het deelgeneem en Linden behaal ‘n algehele 10de plek in ons afdeling. Medalje-wenners op die dag sluit in:

• Mieke Ferreira: Brons (Hoogspring Dogters o/19)

• Anshé Roos: Silwer (Driesprong: Dogters o/17)

• Francois van Zyl: Brons (3000m.: Seuns o/19)

• Ayden Davel: Brons (Spiesgooi: Seuns o/17)

• Sandile Gumede: Brons (Driesprong: Seuns o/17)

Baie geluk aan ons atlete!

Krieket uitslae

SPANNE VAAR GOED IN LIGA

Dinsdag 7 Februarie het ons dogters-krieketspan teen Eden Glen High School gespeel en gemaklik met 8 paaltjies gewen. Livia de Jager neem 5 paaltjies, wat ‘n driekuns insluit Sue-Mari van Wyk neem 2 paaltjies in twee agtereenvolgende balle voor die wedstryd tot ‘n einde gekom het Welgedaan dogters!

Ons o/15- en 1ste-span krieketseuns het ook op die dag vriendskaplike wedstryde teen Marais Viljoen gespeel Die o/15’s wen met 9 paaltjies. Jandré Pienaar teken 57 lopies aan Ons 1stes verloor ongelukkig met 75 lopies Marais Viljoen speel in die Finsbury-liga twee afdelings bo Linden, hierdie is dus goeie uitslae, ons is trots op julle!

LINDENNUUS UITGAWE 4 5

Hokkie-seisoen skop af

SEUNSHOKKIE BEGIN SEISOEN MET VRIENDSKAPLIKE WEDSTRYD

Ons o/16- en 1ste-seunshokkiespanne het verlede Saterdag hul eerste vriendskaplike wedstryde teen Oosterland gespeel. Alhoewel ons albei wedstryde verloor het, was dit ‘n goeie geleentheid om te sien waarop ons hierdie seisoen moet verbeter. Sterkte vir die res van die seisoen manne!

Tennis uitslae

TENNISSPANNE VAAR UITSTEKEND IN LIGA

Maandag 6 Februarie het ons Seuns B- en Ctennisspanne ligawedstryde gespeel

• B-span wen 92-7 vs Northcliff High School

• C-span wen 83-16 vs Kings School Robin Hills

Ons Dogters A- en B-tennisspanne het teen St. Stithians ligawedstryde gespeel

• A-span wen 50-31

• B-span wen 53-28

Baie geluk met hierdie puik uitslae, ons is baie trots op julle!

LINDENNUUS UITGAWE 4 6

ATLETIEK

Foto's: Bridget Campbell

Agter-die-skermspan van heelskoolproduksie

LEERDERS PRODUKSIESPAN AANGEKONDIG

Hierdie jaar se heelskoolproduksie vereis baie meer as net akteurs, dansers en sangers Leerders wat agter die skerms as deel van die produksiespan gaan werk is onlangs aangekondig. Hierdie leerders is:

Quina-Lee Bratose, Abigail Sauer, Kaylee Meyer, Martinette Kriel, Julia Jonker, Janay Horn, Tioné Luus, Lente Kleynhans, Caeli Hough, Isabella Moggee, Anika Germishuysen, Aneska van der Sandt, Juanelle Steyn, Heimer Diedericks, Jean-Pierre Nortier, Nicole Williams, Talita Jordaan, Michelle Buitenbach, Christiene van Rensburg, Anneke Bezuidenhout, Lienka Jordaan en Venessa van Rensburg

Baie geluk en baie sterkte aan die leerders, wat 'n groot taak op hulle hande het.

Nuwe inisiatief - Linden Theatrix skop af

LEERDERS KRY NUWE GELEENTHEID OM KREATIEF TE WEES

Leerders het kreatief gekarakteriseer en leer by die Nuwe Linden Theatrix vir graad 8 tot 12. Hierdie nuwe inisiatief het onlangs begin

Kontak juffrou Nina Deale of epos

kreatorartz office@gmail com om meer uit te vind of as jy wil deel word van die kreatiewe span.

LINDENNUUS UITGAWE 4 9
"Acting's the Best, Cause you're free to Express!"
LINDENNUUS UITGAWE 4 10
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.