Lindennuus, Uitgawe 3: 3 Februarie 2023

Page 1

Melodie is tops in 2022

Top-matrieks spog met uitslae

Die skool het hierdie week die geleentheid gehad om die top presteerders uit die matriekgroep van 2022 te vereer Alhoewel nie al die matrieks die geleentheid kon bywoon nie, was dit 'n voorreg om enkeles van hulle, saam met hulle ouers, by ons te ontvang Ons dux-leerder, akademiese top 5, en leerders met 5 en meer onderskeidings is uitgenooi en vereer Verder het die groep die groep nog spoguitslae hierdie week gelewer (meer op bladsy 2) Weereens welgedaan aan die groep met 'n baie suksesvolle matriekjaar! Ons sien uit na dit wat die volwasse lewe vir julle gaan lewer - onthou: volhard tot die einde

Duits Olimpiade

LINDENIET IS TOP PRESTEERDER LANDSWYD

Hoërskool Linden spog met die landswye 2022 Duits Olimpiade Top Presteerder - Melodie Viljoen Elke jaar bied die Duitse Onderwysersvereniging in Suider-Afrika (DLV), ‘n Duits Olimpiade slegs vir Graad 10 leerders met die vak Duits Tweede Addisionele Taal aan In 2022 het Melodie Viljoen die beste in die land presteer met ‘n ongelooflike gemiddeld van 94,4%. Welgedaan Melodie, ons is baie trots op jou met die puik prestasie wat jy behaal het Meer oor hierdie olimpiade en uitslae op bladsy 3

UITGAWE 3 | 3 FEBRUARIE 2023
HOËRSKOOL LINDEN @hslinden
MATRIEKS VAN 2022 VEREER
LINDENNUUS UITGAWE 3 1

Matriekuitslae 2022: Linden is tops volgens die SOS-Skole verslag

KLAS VAN 2022 MAAK GESKIEDENIS MET UITSTAANDE VERMELDINGS IN DIE SOS SKOLE MATRIEKUITSLAE VERSLAG

Hoërskool Linden is deel van die Top 20 Afrikaanse skole met die meeste onderskeidings per getal kandidate in die land. Linden eindig in die 9de plek onder Afrikaanse skole

landswyd met 272 onderskeidings, 2.47 per kandidaat (op met 3 posisies vanaf die 12de plek in 2021) Hierdie statistiek is volgens die Skoleondersteuningsentrum SOS se verslag oor die matriekuitslae van 2022 wat die week bekend gemaak is.

Linden pronk in hierdie verslag met vele vermeldings. Baie geluk aan die volgende vakke met hulle uitsonderlike prestasies:

Geografie: Top 20-skole met die meeste onderskeidings per getal kandidate: Hoërskool Linden lê gesamentlik eerste landswyd vir die meeste onderskeidings per aantal kandidate

- Slegs twee van die top 20-skole met die meeste onderskeidings in Geografie, is Afrikaanse skole. Hoërskool Linden het 15 onderskeidings behaal en Menlopark 14.

- Hoërskool Linden was die Afrikaanse skool wat die meeste onderskeidings per aantal kandidate in Geografie behaal het

Afrikaans Huistaal: Top 20-skole met die meeste onderskeidings per getal kandidate - 7de plek landswyd & Top 20-skole met die meeste onderskeidings - 18de plek landswyd

Engels Eerste Addisionele Taal: Top 20-skole met die meeste onderskeidings per getal kandidate - 7de plek landswyd met 58,70% onderskeidings

Besigheidstudies: Top 20-skole met die meeste onderskeidings per getal kandidate - 19 de plek landswyd

Rekeningkunde: Top 20-skole met die meeste onderskeidings per getal kandidate - 12 de plek landswyd

Ekonomie: Top 20-skole met die meeste onderskeidings per getal kandidate - 19de plek landswyd

Baie geluk aan ons leerders en die personeel met julle harde werk wat beloon is. Ons is ongelooflik trots op hierdie fantastiese uitslae! (Verslag is beskikbaar op ons Facebookblad)

LINDENNUUS UITGAWE 3 2

Uitslae: Duitse Olimpiade 2022

Hoërskool Linden spog met ons Lindeniete wat uitstekend gevaar het in die landswye 2022 Duits Olimpiade, asook die land se Top Presteerder - Melodie Viljoen. Elke jaar bied die Duitse Onderwysersvereniging in Suider-Afrika (DLV), ‘n Duits Olimpiade slegs vir Graad 10 leerders met die vak Duits Tweede Addisionele Taal aan. Die moeilikheidsgraad is op die A2-vlak volgens die gestandaardiseerde verwysingsraamwerk van Europese Tale Alhoewel ons graad 10 Duits-leerders in die PASCH-Fit Schule Linden amptelik eintlik net op die A1-vlak is, neem daar elke jaar 5 leerders aan die Duits Olimpiade deel In 2022 het vyf van ons leerders bo 60% behaal: Rohan Dunn 80%; Vanda Strydom 76%; Liesa Vogels 75% en Venko Lessle 63%. Melodie Viljoen het dan ook die beste in die land presteer met ‘n ongelooflike gemiddeld van 94,4% Dit is die eerste keer sedert 2017, waar Alexander Greyling die nommer een in Suid-Afrika was, wat ‘n Lindeniet die uitsonderlike prestasie behaal het. Welgedaan aan die Duitse leerders met die puik resultate wat hulle opgelewer het, ons is baie trots op julle

LINDENNUUS UITGAWE 3 3

Graad 9 tot 12 VLR bekend gestel

NUWE JUNIOR VLR-LEDE IS VRYDAG AANGEKONDIG

Hoërskool Linden het Vrydag die nuwe VLR-lede vir graad 9 tot 12 aangekondig Hierdie leerders verteenwoordig hulle klasse op die skool se leierskapstruktuur, ondersteun die Matriekraad en dien ook so die skool op verskeie wyses Baie geluk aan die lede hulle is:

Graad 9: 9/1 Nina Theron & William Joubert; 9/2 Jané Louw & Luca Hugo; 9/3 Cara Kilian & Nathan Dunn; 9/4 Kaylee Meyer & Gerrie Grové; 9/5 Marisan Grové & Marius Mostert; 9/6 Kristen Jacobs & Franco

Guelpa; 9/7 Denike Maskell & Joshua Liebenberg

Graad 10: 10/1 Isabel Roux & Juandré van Wyk; 10/2 Lomé Robberts & Wouter Toerien; 10/3 Ariëlle van der Gugten & Anroux Barnard; 10/4 Duané Lessingh & Franco Roos; 10/5 Joané Vorster & Rainer

Eichhorn; 10/6 Bridget Campbell & Jonathan van der Merwe; 10/7 Genevieve Parry & Ruan Erasmus

Graad 11: 11/1 Mika Ferreira & Pierre de Villiers; 11/2 Kobie Janse van Rensburg & Heinrich Voigt; 11/3

Lauren Williams & Janus de Lange; 11/4 Lea Booyens & Ivan Scheltema; 11/5 Anshe Roos & Simon du

Plooy; 11/6 Inge Erasmus & Jayden Breytenbach

Graad 12: 12/1 Jeanemari Hattingh & Zander de Villiers; 12/2 Chané Jansen van Rensburg & Zack

Vermeulen; 12/3 Nicola Liebenberg & Stefan Carlson; 12/4 Mia Mostert & Fouché Maré; 12/5 Caitlyn

Kruger & Liam Grimbeek; 12/6 Nicole Williams & Wian Berger

GRAAD 12

GRAAD 10

GRAAD 11

GRAAD 9

LINDENNUUS UITGAWE 3 4

Belangrike Datums: 4 Februarie tot 11 Februarie

Saterdag 4 Februarie

Krieket: Wedstryd - Finsbury 50-beurt vs EG Jansen (o/15 Tuis; 1stes Weg); Hokkie: Vriendskaplike wedstryde vs Oosterland

Maandag 6 Februarie Graad 8 2022 Akademiese Prysuitdeling; Tennis: Liga - Seuns B vs Northcliff High (tuis) & Seuns C vs Kings School (weg)

Dinsdag 7 Februarie

Woensdag 8 Februarie

English Olympiad; Graad 9 2022 Akademiese Prysuitdeling; Tennis: Liga - Dogters A+B vs St. Stithians (Tuis); Krieket: Wedstryd - Seuns vs Marais Viljoen (o/15 en 1stes Weg)

Graad 10 2022 Akademiese Prysuitdeling; Atletiek: Noordheuwel Top 15 Byeenkoms (Selektiewe Atlete); Krieket: Wedstryd - T20 Kwartfinale (o/15-seuns TBC)

Donderdag 9 Februarie Graad 11 2022 Akademiese Prysuitdeling; Fotodag; Swemgala: Hyde Park High School; Krieket: Wedstryd - T20 vs Eden Glen High (o/15seuns Weg) & Dogters vs Orange Farm (Tuis)

Vrydag 10 Februarie Graad 8 VLR-aankondiging; Atletiek: Byeenkoms te Hoërskool Florida; Tennis: Liga - Seuns A vs Redhill College (Weg); Curro Aurora Aandreeks: 1ste -spanne (Seuns en Dogters)

Saterdag 11 Februarie Krieket: Wedstryd - Finsbury 50-beurt vs Hoërskool Dr. Malan (o/15 Tuis; 1stes Weg)

LINDENNUUS UITGAWE 3 5

Suné deel van Proteas se skietwêreldbekerspan

SUNË SKIET PLEK LOS IN GESOGTE SPAN

Linden se top-skut Suné Boshoff doen dit weerhierdie keer is sy gekies vir die Suid-Afrikaanse skietspan wat op 21 Februarie deelneem in Kaïro, Egite aan die ISSF Wêreldbeker. Met hierdie prestasie ontvang Suné dus haar Senior Protea Kleure. Wat 'n ongelooflike prestasie! Welgedaan en baie geluk Suné, ons hou met opgewondenheid dop.

Tennis uitslae: Dogters A en B wen Randburg

TENNISSPANNE VAAR GOED IN LIGA

Linden tennis doen dit weer! Ons Dogters A- en B-tennisspanne het gistermiddag tuis ligawedstryde teen Hoërskool Randburg gespeel Die Dogters A wen 57-24 en die Dogters B wen 53-28 Welgedaan aan die spanne, ons is baie trots op julle

Ons seuns B-tennisspan het ook Maandag weg teen St. Stithians College hul eerste ligawedstryd gespeel. Linden wen ook hierdie wedstryd 77-22. Baie geluk manne!

LINDENNUUS UITGAWE 3 6

Atletiek seisoen in volle swang

ATLETE MAAK GEREED VIR INTERHOËR

Ons atlete het verlede Vrydag te Germiston Stadion aan ‘n vriendskaplike atletiekbyeenkoms deelgeneem Baie geluk aan elke atleet wat ‘n podium-plek verwerf het Linden verwerf 21 1ste-plekke, 30 2de-plekke en 30 3de-plekke.

12 van ons top-atlete het ook hierdie Woensdag, te midde van die reën, by LC de Villiers (Tuks Stadion) aan die jaarlikse Top 10 Tuks Prestige Byeenkoms deel geneem Hulle hou die skool se naam teen van die top atlete oor 3 provinsies hoog. Die volgende atlete het deelgeneem op hierdie dag:

• Calista Wood

• Sophia Smit

• Duané Lessingh

Jandré Pienaar

• Ayden Davel

• Mieke Ferreira •

• Uné van den Berg • Marisan Grové

• Zandré Barkhuizen

• Chris van der Sandt

• Anroux Barnard

• Francois van Zyl

Baie geluk aan ons atlete wat goed voorberei vir die Interhoër - ons is trots op julle!

Krieket uitslae

LIGA-WEDSTRYDE DUUR VOORT

Ons o/15- en 1ste-span krieketseuns het die verlede Saterdag in die Finsbury-liga teen Klerksdorp Hoërskool wedstryde gespeel. Die uitslae was as volg:

• o/15’s speel weg en verloor met 128 lopies.

• 1stes speel tuis en verloor met 6 paaltjies.

Van ons wedstryde is die week afgestel weens swaar weer Hou gerus die spasie dop vir die uitslae oor die volgende paar weke. Welgedaan aan ons spanne, ons hou duimvas vir die res van die seisoen!

LINDENNUUS UITGAWE 3 7

Sêrenade groep vir 2023 aangekondig

LEDE VAN HIERDIE

JAAR SE SÊRENADE OPGEWONDE VIR DIE JAAR

Hierdie jaar se Serenade oudiesies het op Maandag 23 Jan en Woensdag 25 Jan plaasgevind Altesaam 60 leerders het aan die oudisies deelgeneem. Die kompetisie hierdie jaar was geweldig sterk en daar was hope talent Dit is vir ons ‘n groot voorreg om die volgende Serenade-lede aan te kondig:

Jené Grobler, Hildegard Schraader, Dianca Rutherford, Kayleigh van Niekerk, Lomé Robertsk, Karla van der Schyf, Emily Kotze, Isabella Greeff, Mia Jamneck, Liné Keet, Veronique van der Net, Sulize Kruger, Mila Roberts, Elizabeth Schutte. Talitha Jordaan, Cara Clark, Ariëlle van der Gugten, Lexi Teixeira, Anika Vosloo, Megan van der Net, Nika Claassen, Jolene Nel, Dirk van der Berg, Ross Duffus, Robert Engelbrecht, Lincoln Engelbrecht, Heinrich Marnewick en Jarik Engelbrecht

Baie geluk aan die nuutverkose lede, ons is so trots op julle en sien uit na dit wat julle talente gaan oplewer

Ja-Nee redaksie aangekondig

Die skool se aanlyntydskrif die Ja-Nee, het onlangs hulle redaksie vir 2023 aangekondig

DIe leerders wat sal voorvat is:

Hoofredakteur: Phillipa vd Berg

Assistent Redakteur: Jayden Breydenbach

JaNee redaksielede: Mia Mulder, Pierre de Villiers, Mia Verster, Uné van den Berg en Benno Coetzee

Baie geluk en sterkte aan hierdie leerders, ons sien uit na die publikasie!

LINDENNUUS UITGAWE 3 8
NUWE REDAKSIE VAN DIE JA-NEE REG OM VERSLAG TE GEE
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.