Lindennuus Uitgawe 2: 27 Januarie 2023

Page 1

HOËRSKOOL LINDEN

UITGAWE 2 | 27 JANUARIE 2023

Totsiens meneer Booysen

Linden het hierdie week, met groot hartseer, van mnr Jaco Booysen afskeid geneem. Mnr. Booysen was vir 11 jaar aan Hoërskool Linden verbonde as Departementshoof, onderwyser, afrigter en Hoof van Rugby. Mnr. Booysen het 'n pos aanvaar by die Wes-Kaap se Departement van Onderwys en het Johannesburg vir die Kaap verruil. Die afskeid was gevul met mooi toesprake deur mnr Henning, juf van den Berg en mnr Booysen se rugbymanne, wat hulde gebring het aan die spesiale meneer. Die Lindeniete kon op 'n spesiale wyse op meneer Booysen se gunsteling plek, die rugbyveld, hom vaarwel roep. Ons wens vir meneer Booysen en sy gesin alle sterkte en seën met die nuwe seisoen toe. Linden gaan beide langs die rugbyveld en op die stoepe na meneer verlang Totsiens mnr Jaco BooysenVolhard, met ‘n vol hart in die Kaap!

Graad 8's nou volwaardige Lindeniete

GRAAD 8'S VAN 2023

ONTVANG BAADJIES

Die graad 8's van 2023 is nou ware Lindeniete. Die groep het Woensdag 25 Januarie, nadat hulle hul Inlindeneringsproses suksesvol voltooi het, baadjies tydens 'n spoggeleentheid ontvang. Die leerders kan nou ook met trots in hulle Linden-drag pronk Ons is ongelooflik trots op elkeen van hulle en is baie opgewonde om hulle deel van die Linden-familie te hê Ons is trots op hulle en weet dat die groep nog hoë hoogtes gaan bereik in Hoërskool Linden

@hslinden
LINDEN GROET MET 'N SWAAR HART
LINDENNUUS UITGAWE 2 1

FOTO'S - ANDREW KIEKIES PHOTOGRAPHY

Linden behaal 95% universiteitsvrystelling

Mnr. Matome Chiloane (Gauteng se LUR vir onderwys) het Vrydag by die Gautengse Matriek-prysuitdeling aangekondig dat slegs ses skole in Gauteng universiteitstoelating van meer as 95% behaal het en Hoërskool Linden is een van die skole! Die ander skole wat hierdie vermelding ontvang het is almal van Pretoria en sluit in Afrikaans Hoër Meisies Pretoria, Hoërskool Waterkloof, Hoërskool Menlopark, Hoërskool Eldoraigne en Hoërskool Garsfontein Dit is dus vir ons as skool 'n groot eer en voorreg om met hierdie uitsonderlike prestasie te kan spog. Welgedaan Matrieks van 2022 - julle maak geskiedenis!

KLAS VAN 2022 MAAK GESKIEDENIS
LINDENNUUS UITGAWE 2 3

Ukunaka 2023

UKUNAKA SE NUWE VOORSITTERS AANGEKONDIG

Die Ukunaka-kommitee se voorsitters vir 2023 is onlangs aangekondig. Hulle is: Nicola Nel (Voorsitter), Mika Theron (Onder-voorsitter) en Nika Claassen (Ondervoorsitter). Baie geluk aan hierdie dogters. Mag julle 'n wonderlike termyn hê en 'n groot verskil maak soos ons weet julle gaan.

LINDENNUUS UITGAWE 2 4

Belangrike Datums: 28 Januarie tot 4 Februarie

Saterdag 28 Januarie Tennis: Interhoër - Junior Dogters te St. Mary's; Koor: Gala Dinee

Maandag 30 Januarie

Tennis: Liga - Seuns B vs St. St. Stithians (weg) Liga & Seuns C vs Blue Hills College (weg)

Dinsdag 31 Januarie Tennis: Liga - Dogters A+B vs Randburg (tuis)

Woensdag 1 Februarie

Graad 12 - Inligtingsaand; Atletiek: Tuks Top 10 byeenkoms; Tennis: Rondomtalie; Krieket: Wedstryd - T20 vs Eden Glen High (o/15-seuns Weg) & Wedstryd: T20 vs KHS (1ste-seuns Tuis); Drumline: Oudisies

Donderdag 2 Februarie Swem: Swemgala: Reddam House Bedford View; Krieket: WedstrydDogters vs Eden Glen High (Weg); Tennis: Rondomtalie

Vrydag 3 Februarie Graad 9-12 VLR aankondiging; Atletiek: Byeenkoms te Hoërskool Jeugland; Tennis: Liga - Seuns A vs St. Stithians (Tuis)

Saterdag 4 Februarie Krieket: Wedstryd - Finsbury 50-beurt vs EG Jansen (o/15 Tuis; 1stes Weg); Hokkie: Vriendskaplike wedstryde vs Oosterland (Tuis)

LINDENNUUS UITGAWE 2 5
LINDENNUUS UITGAWE 2 6

Kanoe-polo

TWEE LINDENIETE BY DIE SUID-AFRIKAANSE

Twee leerlinge van Hoërskool Linden gekies is vir die SA kano-polo o/18A-spanne wat in Julie vanjaar deelneem aan die Junior International Championships in Belfast, Ierland. Hulle is: Mia Verster (Graad 10) SA 0/18 vrouespan & Etienne Pieterse (Graad 11) SA 0/18 mans

Mia en Etienne is ook die enigste spelers van die Dabulamanzi Canoe Club in Emmarentia wat die onder 18 spanne gaan verteenwoordig in Ierland. Welgedaan met die uitstekende prestasie! Ons is baie trots op julle

Tennis uitslae

DOGTERS-LIGA SKOP AF

Ons Dogters A- en B-tennisspanne het Dinsdag hul eerste ligawedstryd weg vs St. Mary’s gespeel Die uitslae was as volg:

• A-span verloor 26-55

• B-span verloor 26-55

Baie sterkte met die res van julle seisoen dogters - ons is trots op julle

Krieketuitslae

KRIEKETSEISOEN IS OP DREEF

Ons o/15- en 1ste-span krieketseuns het verlede Saterdag hul eerste Finsburyligawedstryde teen Hoërskool Dinamika gespeel Die o/15’s verloor met 8 paaltjies, die 1stes verloor met 24 lopies

Francois van Zyl (1stes) neem 6 paaltjies vir 37 lopies in sy 10 boulbeurte. Ons 1ste-seuns

krieketspan het Woensdag teen die alombekende krieketskool St Stithians ‘n wedstryd gespeel en met 26 lopies verloor. Ons seuns was verseker in die posisie om die wedstryd te wen, wat getuig daarvan dat ons op die regte spoor is Lincoln Engelbrecht neem in sy boulspel 4 paaltjies Ons Dogters-krieketspan het Donderdag ‘n wedstryd teen Queens High School gespeel en ongelukkig hierdie wedstryd met 6 paaltjies Ons Seniorseuns-krieketspan het ook Donderdag ‘n vriendskaplike wedstryd teen Greenside High School gespeel en wen hierdie wedstryd gemaklik met 164 lopies.

Wynand Liebenberg neem 3 paaltjies en Juan Viljoen teken 110 lopies aan Sterkte vir die res van die seisoen

LINDENNUUS UITGAWE 2 7

Oud-Lindeniet, Alec Beckley presteer

TENNISSTER ALEC

BECKLEY INGESLUIT IN DAVISBEKERSPAN

Oud-Lindeniet presteer: Baie geluk aan oudLindeniet Alec Beckley wat in die SuidAfrikaanse Davisbekerspan opgeneem is Hierdie span verteenwoordig Suid-Afrika in Maart by die toernooi. Hiermee vorm hy deel van die mees gesogte nasionale tennisspan, 'n uitmuntende prestasie in die tenniswêreld. Ons is baie trots op Alec en hou hom met groot verwagting dop

Skyfskiet nuus

NUWE SKUTS WORD VERWELKOM

Na afloop van twee intensiewe weke se skyfskietproewe waar daar 64 skuts betrokke was wil ons graag die volgende leerders gelukwens met hul insluiting tot die span:

• Mila Bezuidenhout

• Kaelyn de Villiers

• JC du Plessis

• Callum Filmalter

• Braeden Maxwel

• Layla Myburgh

• Genevieve Prinsloo

• Theo Rabie

• Evangeline Schenck

• Mieke Nel

Baie geluk aan die leerders - ons is opgewonde om die nuwe talent in aksie te sien.

LINDENNUUS UITGAWE 2 8

Atletiek vs Bastion

Foto's: Marleen Rood

Heelskoolproduksie hoofspelers aangekondig

HEELSKOOLPRODUKSIE SE ROLVERDELINGS AANGEKONDIG

2023 is die jaar van Heelskoolproduksie en die repetisies vorder uitstekend Alhoewel die produksie die hele skool se deelname geniet, is die rolverdeling vir hierdie produksie se hoofkarakters, dansers en sang ensamble onlangs bekend gemaak. Die verdeling is as volg:

Hoofkarakters: Jarik Engelbrecht, Tessa Coetzer, Harry Gardner, Chris van der Sandt, Francois van Zyl, Melia Jordaan, Mia Mostert, Liné Keet, Keona Visagie, Jonathan van der Merwe, Ross Duffus, Anria Louw, Lincoln Engelbrecht, Juan Oosthuizen en Gerhard van Zyl.

Hoofkarakters - personeel: Juf Lisa-Marie Henning, juf Marleen Rood en juf Ané Groenewald, mnr. Andries Heystek, mnr. Tyron Erasmus, mnr. Rúan Basson en mnr. Bevan Behr.

Sang ensemble: Stefan Kemp, Erika Spangenberg, Ross Dufus, Rina Jacobs, Lincoln Engelbrecht, Anneska Beukes, Damian Mulder, Anina Bisschof, Ulrich Snyman, Megan du Toit, Jan Strydom, Isabella Greef, Robert Engelbrecht, Philippa van den Berg, Aiden Mans, Megan Jooste, Xander Oelofse, Genevieve Parry, Jan-Hendrik Wiedeman, Inge van der Walt, Janco van Biljon, Ariëlle van der Gugten, Jadon Teixera, Lara Ferreira, Elizabeth Schutte, Rohan du Toit en Hildegard Schraader.

Dansers: Freddy Swart, Aimee Kleynscheldt, Jané Louw, Denike Maskell, Nina Theron, Gillian Warricker, Bianca Botha, Corlia Britz, Danika Janse van Rensburg, Kelly Quiterio, Lomé Robberts, Nadia Swart, Diane van Mastrigt, Johane van Pletsen, Chanté van Wyk, Thyra Conradie, Lara van Metzinger, Emma van Wyk, Megan Badenhorst, Chané Janse van Rensburg, Mila Roberts, Lomé Vorster, Kaelyn de Villiers, Mareli Wessels, Jenson Bunce, Marga Holtzhausen, llana Coetzee en Jordan Smith.

Baie geluk aan die leerders en personeel Sterkte met die voorbereiding en repetisies, ons sien

t
t d h
LINDENNUUS UITGAWE 2 10
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.