17 Oktober / October 2019 Jr/Yr 16 No. 41

Page 1

17 Oktober / October 2019 Jr/Yr 16 No. 41 Tel: 013 235 2287 Faks: 086 676 2258 P.B. 4418 Lydenburg 1120 info@highlandspanorama.co.za

NG-Suid het 50 jaar op die kerfstok

'n Halfeeu se Goddelike Lig Die Nederduits Gereformeerde Gemeente LydenburgSuid vier eersdaags sy 50ste bestaansjaar op 15 November. Tans word 'n nuwe era van bediening ingelei met die leuse “B.E.D.A.G. Skyn ons God se Lig”. Dankbaarheid vir 'n halfeeu se Goddelike genade asook ondersteuning van die gemeenskap word gevier tydens die jaarlike Oesfees – 'n fees van dankie sê – wat binnekort sal plaasvind op 25 Oktober. Dit sal opgevolg word deur 'n verjaarsdag vierings geleentheid van die gemeente op 15 November. Kortliks volg hoogtepunte van die Lydenburg-Suid Gemeente se geskiedenis. • Op 15 November 1969 word 'n nuwe gemeente, Lydenburg-Suid, in die lewe geroep na 'n besluit deur die Kerkraad van die N.G. Gemeente Lydenburg in Junie 1964, om die bestaande gemeente in twee wyksgemeentes te verdeel. • Op daardie stadium was eredienste gehou in die skoolsaal van die Laerskool Lydenburg aangesien 'n kerkgebou vir die nuwe gemeente nog nie bestaan het nie. Ds. A.H. Louw word as eerste leraar ontvang op 6 Junie 1970 en hy lewer sy intreepreek die volgende dag. Die artikel vervolg op bladsy 6.

Die aanbou van die NG-Suid Gemeente

2de Prinses Janeldi de Vries, Mej LHS Miquette Aucamp en 1ste Prinses Shané Steyn. Hulle is gekroon by die Hoërskool Lydenburg se Mnr en Mej LHS verlede Donderdag. Sien meer foto’s en die ander wenners binne.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
17 Oktober / October 2019 Jr/Yr 16 No. 41 by Highlands Panorama News - Issuu