16 Februarie / February 2017 Jr/Yr 14 No.7

Page 1

• Mamba’s tail burned off

Wat gaan met die krag gebeur?

B

AIE onsekerheid loop saam met gerugte dat Thaba Chweu Munisipaliteit (TCM) op die punt is om een van Eskom se slagoffers te word weens wanbetaling. Die Tegniese komitee van TCM het Dinsdag weer hul weeklikse vergadering gehad en verskeie opsies is besig om die lig te sien. Volgens mnr. Nicko Janse van Vuuren, DA Raadslid TCM, het die groot probleem in Desember weens die vakansietye gekom. “Baie mense het nie hul rekeninge betaal nie. Daar was Maandag ook onderhandelinge met Eskom om TCM se ongeveer R300 miljoen agterstallige rekening te betaal,” het Van Vuuren gesê. TCM was nie op Eskom se nasionale lys van ses munisipaliteite wat se Eskom dienste dadelik opgeskort gaan word nie. Maar dit is 'n geringe troos. R300 miljoen kan nie uit enigeen se agtersak gekrap word nie. Volgens Van Vuuren is Sabie die grootste sondebok waar dit wanbetaling aangaan. In Sabie (Graskop, Sabie en Lydenburg is deel van Thaba Chweu) betaal 93% van die informele nedersettings nie hul krag nie. In die dorpgedeelte betaal 53% nie hul rekeninge nie. Daarom kan daar aangeneem word (met feite) dat TCM se grootste probleem Sabie is. In Lydenburg self is wanbetaling ook ’n reuse probleem. Maar in die tradisionele dorpgedeelte (Wyk 12 en 14) betaal 84% van inwoners wel hul rekeninge. En die Mashishing inwoners se persentasie wat betaal staan op 87%. Dit laat amper 40% van die groter Lydenburg-area wat steeds nie hul krag betaal nie. As TCM nie betaal word nie kan die Eskom rekeninge ook nie betaal word nie. Mnre. Van Vuuren en Gravette Herbst (DA Raadslede) het voorgestel dat TCM die ‘equitable share’ van die Nasionale Tessourie gebruik. Daar kan aansoek gedoen word dat die Nasionale Tessourie se ‘equitable shares’ onmiddelik aan Eskom oorbetaal word. Dit sal ook van die rente draende gedeelte afdoen. Die oplossing van die probleem gaan landwyd op baie vlakke aandag moet geniet. Die 'equitable share' sal die probleem kan help oplos. Intussen onderhandel TCM met Eskom om die R300 miljoen oor 12 maande af te betaal. Deur MICHELLE BOSHOFF

Dinosaurusse, tog seker nie in Lydenburg nie? Ry net op met die Longtompas en kyk wat wag op jou op die Lydenburg Museum se gronde. Daar is baie werk en energie ingesit om al die sementbeelde van oom Dick Hystek te restoureer. Lees die volle berig op bl. 6 -

Michelle Boshoff

Cnr. Voortrekker & Viljoen Str, Lydenburg 1120, www.Longtomnissan.co.za, 013 235 2381


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
16 Februarie / February 2017 Jr/Yr 14 No.7 by Highlands Panorama News - Issuu