LYDENBURG T: 013 2351486/96
4U
BURGERSFORT T: 013 235 7758
6 September 2012 Jr / Yr 10 No: 35 Tel: 013 235 2287 Faks: 013 235 3076 P.B. 4418, Lydenburg 1120 e-mail: info@highlandspanorama.co.za
Watermonsters dui op E. Coli in Lydenburg
A
friForum is besorg oor die gesondheid van Lydenburg se inwoners, nadat uitslae van toetse op watermonsters op die teenwoordigheid van E.Coli in die dorp se kraanwater gedui het. Volgens Leon de Jager, voorsitter van AfriForum se Lydenburg-tak, word rioolprobleme al ’n geruime tyd ondervind, wat aanleiding gee tot besorgdheid oor die gemeenskap se gesondheid. “In die lig van die kwellings wat rondom gesondheid ontstaan het as gevolg van die munisipaliteit se gebrekkige dienslewering en onlangse rioolstortings, was ons genoop om watermonsters van die watertoevoer na ons huise en op ander strategiese punte te neem om die risikofaktor te bepaal,” het De Jager gesê. AfriForum het die monsters by ’n laboratorium, wat by die Suid-Afrikaanse Nasionale Akkreditasiestelsel (Sanas) geakkrediteer is, vir analise ingedien. “Die E. Coli-telling van monsters wat uit die Sterkspruit geneem is, sowel as van monsters wat van ons huise afkomstig is, het die maksimumvlakke oorskry. Die E. Coli-vlakke laat besorgdheid oor menslike gesondheid ontstaan,” het De Jager gesê. “Dienslewering is nie op standaard nie en laat kommer ontstaan of die watersuiweringsaanleg na behore bestuur word. Behandeling met chloor sal help om die vlakke van die E. Coli-bakterie te verlaag, maar die watermonsters wat geneem is, toon dat die water nie doeltreffend behandel word nie,” het De Jager gesê.
“Dis heerlike lente, die winter’s verby...”
AfriForum dring daarop aan dat die munisipaliteit die gemeenskap oor die gesondheidsrisiko waarsku en onmiddellik skoon drinkwater aan die gemeenskap voorsien. Die munisipaliteit moet ook vorendag kom met ’n aksieplan waarin aangedui word watter stappe geneem sal word om die probleem op te los en waarin hy hom tot sperdatums vir die onderskeie stappe verbind. “As die plan nie volledig is nie, sal verdere stappe teen die munisipaliteit geneem word,” het De Jager gesê.
Wat is nou mooier as ’n helder foto om die begin van lente aan te kondig. Hierdie foto is geneem deur mnr. Johan Taljaard van Burgersfort by die Skukuzakamp in die Krugerwildtuin. Dit is ’n inskrywing vir die Highlands Panorama Foto Van die Maand Kompetisie (in samewerking met Longtom SuperSPAR, PNA, Konica Photo Express).
AfriForum sal die situasie bly monitor.
Automark Under New Management
Sonette 082 856 6671 Lucas 082 439 1547 Jerry 076 601 0601 Lucas 082 439 1547 R 250 000.00
R 142 000.00
R 77 900.00
R 360 000.00
R 125 800.00
R 135 000.00
R 335 000.00
R 106 000.00
2010 Mazda Drifter BT50 27000Km
2010 Corolla1.3 Impact 85 000Km
2008 Ford Bantam 1.6 Pick up 162 000km
2010 Fortuner 3.0 Manual 4x4 75 000km
2010 Hyundai I20 1.4 18 000km
2009 Kia Soul 1.6 84 000km
2010 VW Combi T5 2.0 TDI
2011 Aygo 1.0P 5 Door 15 000km
Lydenburg Toyota Voortrekker- en Bateleur Road. Lydenburg 1120 Tel: (013) 235 1780 Fax: (013) 235 1527 www.lydenburgtoyota.co.za
51 000 km