Hart en Hand

Page 2

Rietvallei voedingskema Baie dankie aan almal wat so mildelik bydrae tot die Rietvallei voedingskema. Ook baie dankie vir die bydrae wat ons van ons Troystraat kerkgangers kry! Hiermee herinner ons u net weer aan die kosse wat dringend nodig is. Nege van die vyftien gesinne wat in Pretoria‐Wes gehelp word, is groot gesinne met vier kinders elk. U sal dus verstaan dat 'n kospakkie van ongeveer R200.00 nie baie ver kom nie. Kom ons kyk of ons die kospakkies dalk bietjie groter kan maak met die bydrae uit ons gemeente uit. Die volgende kosse word benodig: mieliemeel, suiker, rys, melkpoeier, macaroni, spaghetti, soppoeier, soja, blikkies gemengde groente, blikkies vis en vleis, konfyt, grondboontjiebotter, koffie, badseep, toiletpapier. Dit kan in die houtkis in die ingangsportaal van die saal geplaas word.

Dagboek: Vandag Nagmaal Nagmaalete Maandag UP lesings sluit 17:30 KVA vergadering in die moederskamer Woensdag

09:30 Bybelstudie Kronendal(10de vloer, Pretoriusstraat 650 10:45 Bybelstudie in Nebohof sitkamer 18:00 Bedieningkommissie in Duxburyweg pastorie

Jaarprogram 2010 Alle kommissies en diensgroepe word vriendelik versoek om asseblief voor die einde van September hulle 2010 jaarbeplanning deur te gee aan die kerkkantoor.

AUGUSTUS DANKOFFER 2009

Voedingskema‐kontant Benewens die blikkies kos vir die voedingskema het ons ook behoefte aan kontant waarmee ons vars groente aankoop, veral vir die Elandspoort dagsorgsentrum. Wina Cameron (012 460 8787 of 082 859 5216)

Verken die Moslem kultuur en geloof ‘Many moons ago’ het ek vir mense kaste ingesit net nadat hulle van Dubaai terug gekom het. Die man (Willem Botes) werk vir Dept Buitelands Sake. Sy vrou Lynn het daar ‘n studie gemaak van die Moslemgeloof . Ek het haar gevra om vir ons Kleingroep daarvan te vertel. Sy is gerat om op Dinsdagaand 1 Sept te kom. Ons Groep nooi graag ander lidmate om die aand saam te kom luister. Ons sal in die Moederskamer saamkom. As elkeen wat kom sy eie beker en koekies bring, kan ons heel gesellig verkeer met koffie en koekies en prentjies!! Edwin Carney

Ons is dankbaar dat ons tot op Maandag, 24 Augustus R91 596.00 ontvang het!! Ons doelwit bedrag is R250 000

Jy kan jou bydrae per koevert stort of dit direk in die Kerk se bank‐rekening deponeer op die volgende rekening: Gereformeerde Kerk Pretoria‐Brooklyn, rekeningnommer 540 340 110, Takkode: 334, 745, ABSA Bank, Lynnwoodweg. Merk asseblief u bankdeposito duidelik met u van, voorletters en noem‐naam, en dat dit vir Augustus Dankoffer bedoel is.

Voedseldonasies by Troyestr. In die voorportaal by Troyestraat is ‘n kartonhouer gemerk voedseldonasies waarin u skenkings vir die voedings‐ projek kan plaas


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.