Hart en Hand

Page 1

Baie welkom by Gereformeerde Kerk Brooklyn. Mag jy hier geestelik tuiskom en saam met ons GROEI in die geloof.

30 Augustus 2009

Geesvervuld of Geesgebrekkig? Waar: Duxbury 9:30 Predikant: Dr. Fanie van der Schyff Skriflesing : Ef. 5: 6 – 20

Preekskema:

Sang: Sk 7‐2: 1,2 Sk 9‐2: 1,9 Sk 15‐1: 1‐4 Sk 8‐1: 1,2

Wat? ...‘n Fees!? Waar: Duxbury 18:30 Predikant: Ds. Griffel van Wyk Skriflesing Verskeie dele

Preekskema: Nagmaal het baie verskillende kante. Maar dit is beslis nie tyd vir langgesigte nie!

‘n Huis vol lieflikhede

Waar:

Karmel 09:00 Troye 10:00

Predikant: Ds Niko Vorster Skriflesing: Psalm 133

Sang: Ps 9B:3,5,7 Sb 5‐4: 1,2,3 SB 17‐2: 1,7,8 Ps 32B:1,2 Sb1‐2:1‐3

Preekskema:

Sang: Ps.33: 1

Geen Sang: Ps. 146: 1 Ps. 18: 1 Ps. 119: 7

Ps. 116:1,2 Ps. 116: 7,10


Rietvallei voedingskema Baie dankie aan almal wat so mildelik bydrae tot die Rietvallei voedingskema. Ook baie dankie vir die bydrae wat ons van ons Troystraat kerkgangers kry! Hiermee herinner ons u net weer aan die kosse wat dringend nodig is. Nege van die vyftien gesinne wat in Pretoria‐Wes gehelp word, is groot gesinne met vier kinders elk. U sal dus verstaan dat 'n kospakkie van ongeveer R200.00 nie baie ver kom nie. Kom ons kyk of ons die kospakkies dalk bietjie groter kan maak met die bydrae uit ons gemeente uit. Die volgende kosse word benodig: mieliemeel, suiker, rys, melkpoeier, macaroni, spaghetti, soppoeier, soja, blikkies gemengde groente, blikkies vis en vleis, konfyt, grondboontjiebotter, koffie, badseep, toiletpapier. Dit kan in die houtkis in die ingangsportaal van die saal geplaas word.

Dagboek: Vandag Nagmaal Nagmaalete Maandag UP lesings sluit 17:30 KVA vergadering in die moederskamer Woensdag

09:30 Bybelstudie Kronendal(10de vloer, Pretoriusstraat 650 10:45 Bybelstudie in Nebohof sitkamer 18:00 Bedieningkommissie in Duxburyweg pastorie

Jaarprogram 2010 Alle kommissies en diensgroepe word vriendelik versoek om asseblief voor die einde van September hulle 2010 jaarbeplanning deur te gee aan die kerkkantoor.

AUGUSTUS DANKOFFER 2009

Voedingskema‐kontant Benewens die blikkies kos vir die voedingskema het ons ook behoefte aan kontant waarmee ons vars groente aankoop, veral vir die Elandspoort dagsorgsentrum. Wina Cameron (012 460 8787 of 082 859 5216)

Verken die Moslem kultuur en geloof ‘Many moons ago’ het ek vir mense kaste ingesit net nadat hulle van Dubaai terug gekom het. Die man (Willem Botes) werk vir Dept Buitelands Sake. Sy vrou Lynn het daar ‘n studie gemaak van die Moslemgeloof . Ek het haar gevra om vir ons Kleingroep daarvan te vertel. Sy is gerat om op Dinsdagaand 1 Sept te kom. Ons Groep nooi graag ander lidmate om die aand saam te kom luister. Ons sal in die Moederskamer saamkom. As elkeen wat kom sy eie beker en koekies bring, kan ons heel gesellig verkeer met koffie en koekies en prentjies!! Edwin Carney

Ons is dankbaar dat ons tot op Maandag, 24 Augustus R91 596.00 ontvang het!! Ons doelwit bedrag is R250 000

Jy kan jou bydrae per koevert stort of dit direk in die Kerk se bank‐rekening deponeer op die volgende rekening: Gereformeerde Kerk Pretoria‐Brooklyn, rekeningnommer 540 340 110, Takkode: 334, 745, ABSA Bank, Lynnwoodweg. Merk asseblief u bankdeposito duidelik met u van, voorletters en noem‐naam, en dat dit vir Augustus Dankoffer bedoel is.

Voedseldonasies by Troyestr. In die voorportaal by Troyestraat is ‘n kartonhouer gemerk voedseldonasies waarin u skenkings vir die voedings‐ projek kan plaas


Sang en musiek! Ons sê ‘n besondere dankie aan die musiekdiensgroep wat ons vandag met nagmaal bedien met sang en musiek. Dat ons ook hierdeur ‘n ware ontmoeting met die lewende God kan beleef is fantasties. Loof Hom met sang en musiek!!

KOS‐BANK Agape begin met ‘n kosbank! ‘n Voorraad bevrore kos vanuit skenkings uit die gemeente word opgebou. Lidmate wat siek is, operasies gehad het of in moeilike omstandighede verkeer, ontvang dan ‘n aantal kospakkies. Bring asseblief plastiese houers vir die kos. Leë houers kan dan ook by die kombuis afgehaal word. Vul dit met enige gereg, skryf die naam van die gereg bo‐op en bring dit gevries na die kombuis. DIT KAN ELKE SONDAG BY ERNA KRUGER INGEHANDIG WORD. Vir enige navrae, bel Erna by 012‐361‐3761 saans

Matriekafskeidklere Alet Stroebel van Elandspoort vra of iemand dalk matriekafskeidklere en bybehore het om te leen of skenk vir minderbevoorregte kinders. Indien wel, kan u dit asseblief by die kantoor kom afgee

Kerkkantoor ure Vanaf 3 September tot en met 28 September sal Ela in die kerkkantoor vanaf 8 uur tot 1 uur wees, aangesien Rentia met `n welverdiende vakansie weggaan.

Naasteliefde: Siekte Oom Bernard Roodt is die afgelope tyd in die hospitaal opgeneem. Ons bid hom sterkte en beterskap toe. Tannie Nettie Bekker is ook in die hospitaal opgeneem Gelukwense aan die verjarendes...”

“Hy sal Sy engele aangaande jou bevel gee om

jou te bewaar op al jou weë” Ps 91:11 31/08 Ella du Plessis 012 341 4178 31/08 Amalia Altin 082 895 4230 31/08 Julie de Bruyn 082 601 3497 31/08 Gerbrandt Gouws 012 342 3017 31/08 Mariaan Coetzee 082 616 1822 31/08 Sanet Venter 083 254 4644 01/09 Carina Wiechers 012 361 5067 01/09 Cecilia Wynne-Griffith 084 415 1724 01/09 Harko Mulder 076 486 1823 02/09 Janneke Claassen 083 457 5960 02/09 Magda Richards 082 551 3625 02/09 Tiani Pelser 082 570 6212 02/09 Annatjie Coetzer 012 804 5801 02/09 Agatha Meyer 082 908 3358 03/09 Silvia Jansen van Rensburg 012 343 2344 03/09 Johande Ehlers 072 304 7509 04/09 Carine Bekker 084 583 2906 04/09 Louan du Plooij 072 747 3950 04/09 Helena Breytenbach 084 581 5947 04/09 Erna Potgieter 012 460 2823 05/09 Linél de Beer 072 054 6459 05/09 Kobus Sonnekus 012 348 9990 05/09 Nic Labuschagne 072 785 0303 05/09 Lynette Helberg 012 348 6821 05/09 Lourens Meintjes 082 781 4010 05/09 Thinus Bekker 084 583 2906 05/09 Anna Marié Helberg 012 348 6821 Ingekom met attestasie Aldum Reuben Nelspruit Adriaan W Janse van Rensburg Wapadrant Martin M Janse van Rensburg Wapadrant Vertrek met attestasie Swanepoel Juanita Linden

3


Piek Dalene Gouws Frans H

Klerksdorp Centurion

Vervoerdiens Ons vervoer lidmate Sondae na die eredienste. Kontak Cassie van der Walt by 072 114 4302 indien u vervoer nodig het, of van iemand weet wat van die diens gebruik wil maak.

Inskakeling van ds Fanie

Ek, Elmarie, Veronica, Peet en Cobus wil as gesin graag die gemeentelede van Brooklyn leer ken. Ons wil begin om u in kleiner groepe by die huis te ontvang en beplan dus gesellige saamkuiergeleenthede. Die idee is om lekker saam te eet op sekere Sondagmiddae en die formaat sal of ’n bring‐en braai of bring‐en uitpak aanneem. Hou dus die nuusbrief dop vir verdere reëlings. Ons sien uit daarna om u by The Hillside 283 te ontvang!

Intussen het ek en Griffel ook ’n baie vrugbare beplanningswegbreek agter die blad. Ek is tans besig met kennismakingsbesoeke by senior lidmate wat nie by Troyestraat ingeskakel is nie.

Fokus‐areas van predikante

Noudat ons net twee voltydse predikante is, met die hulp van ‘n Emeritus predikant by Troyestraat, is die fokus‐areas effens aangepas. Griffel fokus steeds hoofsaaklik op die studente, maar nou ook op die

pastorale versorging van lidmate tot omtrent 30jr. Fanie fokus op die res van die gemeente wat inskakel by Duxburyweg. Ons is ook bly en dankbaar oor oom Fanus Heystek en sy vrou tannie Susan wat vir die volgende drie maande (Sept‐Nov) in die bediening by Troyestraat gaan help in die plek van oom Nico Vorster.

Vroue as ouderlinge of predikante. Die kerkraad is besig om ondersoek in te stel na die Sinode se onlangse besluit oor die posisie van vroue as ouderlinge of predikante in die kerke. Ons vra dat almal saam bid vir leiding en vrede oor hierdie sensitiewe saak.

Beertjie werkwinkel Troyestraat Vrydag 4 September van 08:30 tot 12:00 is dit weer tyd vir die beertjie kraamsaal om aktief saam te kom vir die geboortevan hopelik ons laaste beertjie babas vir hierdie jaar. Die lente is nou hier en ons hoop om baie werkers daar te sien, aangesien baie van ons oor die winter gehiberneer het. Kom drink ‘n koppie tee met ‘n eetdingetjie saam. Al kan u net vir ‘n kort rukkie kom, word u teenwoordigheid baie waardeer. Vir navrae of vervoer skakel Hanneke by 012 341 3020.

Troyestraat diensgroep Die Troyestraat Diensgroep het nuwe relings aangeskaf om die verkoop van die klere makliker te maak. Ons het nou klerehangers nodig. Asseblief help met plastiese en draad hangers, al is dit net een per persoon. Dit kan by die kantoor (Duxbury) ingehandig word

4


Neem Kennis:

Hierdie Sondag :30 Augustus 2009 Diensbeurte Ouderling: Willem Diaken: Marike v/d Meer Kruger Kollekte Onder die diens: By die deure: Diakonale werk Emeritaatsfonds Volgende Sondag: 06 September 2009 Diensbeurte Ouderling Mario Diaken: Esté- Marie Fasondini v/d Merwe Kollekte Onder die diens: By die deure: Diakonale werk Dankbaarheidsfonds Diensbeurte Troyestraat 06/09 Coert v/d Walt, Johan Scheepers, Bingle Kruger Skinkbeurte vir Duxburyweg 30/08 Nagmaal Ons dank ook aan die kontakpersone en hul helpers. 06/09 C06, F09, Gr 6

Laat weet ons jy is hier!! As jy ons eredienste bywoon en graag ‘n lidmaat wil word om in te skakel by ons kleingroepe en die res van die bediening, laat weet ons daarvan! Vul van die vormpies in die banke in of stuur ‘n epos na kantoor@gkbrooklyn.org.za. So sal jy warmer groei beleef saam met ander gelowiges wat saam op pad is met God

Kontak ons… Kantoor: Rentia de Beer (012) 362 0069 kantoor@gkbrooklyn.org.za www.gkbrooklyn.org.za Posbus 11168, Hatfield, 0028 Dr Fanie van der Schyff (012) 348 2467 / 083 446 6096 fanie@gkbrooklyn.org.za

Parkeerkeerskyfies By die deure is parkeerskyfies met die nuwe logo op beskikbaar. Neem gerus vir u daarvan

Ds G van Wyk: (012) 362 0320 / 082 354 3726 griffel@gkbrooklyn.org.za

Banke by die deur Ouers met klein kindertjies word versoek om die gemerkte banke agter in die kerkgebou te gebruik.

Bank besonderhede: ABSA, Lynnwood tak, takkode: 334 745 Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn. Indien u enige bydraes elektronies inbetaal, gebruik u noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie!

www.gkbrooklyn.org.za

5


Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.