DWN Okt 2021

Page 10

10

Oktober 2021

De Wildt Nuus

Sakeliga KragDag 2021 Verlede jaar se KragDag is weens Covid afgestel, maar vanjaar s’n vind op 14, 15 en 16 Oktober 2021 plaas vanaf 8:00 tot 17:00. Die ekspo se hektoegangsfooi is R 100.00 per volwassene, maar deur vooraf te registreer kan jy gratis toegang kry. Vooraf registrasie sluit Dinsdag 12 Oktober om 24:00. Toegang vir kinders tot 18 jaar is gratis en hulle hoef ook nie vooraf te Registreer nie. Die KragDag Ekspo is die grootste Afrikaanse hernubare energie en selfstandigheidsekspo in die wêreld. 21 400 mense het feestelik deelgeneem aan KragDag 2019. Die KragDag Ekspo wat jaarliks plaasvind, is die hoogtepunt op die KragDag-kalender en bied ’n uitstalkas vir energieen ander selfstandigheidsoplossings. Dit sluit ’n Opvoedkunde sub-ekspo, Entrepreneurskap en vanaf 2019 ook ’n volwaardige Landbou ekspo (in samewerking met TLU SA) in. “Doen Jou Eie Ding!” Met hierdie leuse fokus KragDag op ‘n vryword-lewe deur volhoubare en selfstandigheidsoplossings (en selfs Doendit-self planne), wat jou terselfdertyd minder uitgelewer aan en afhanklik van ’n staatsbepaalde lewe maak. Hierin speel dinge soos hernubare en alternatiewe energie ’n sentrale rol, maar daar word ook voorsiening gemaak vir ander aspekte wat ’n lewe van selfbehoud en selfbeskikking moontlik maak. By KragDag vind jy oplossings vir die uitdagings van energie, water, veiligheid, gesondheid, voedselproduksie, opvoedkunde, vervoer en konstruksie en word ’n maker- en kreatiewe entrepreneuriese lewensingesteldheid aangemoedig. KragDag doen dit deur

die jaarlikse buitelugekspo, radiorubrieke, kursusse, bekendstelling van produkte en toepaslike ondernemings en beskikbaarstelling van inligting met opvoedkundige, tegniese en interessantheidswaarde in ons nuusbriewe en seminare. KragDag verskaf ook ’n platform waardeur ondernemers, die publiek en innoverende idees by mekaar uitgebring word. De Wildt Boerevereniginglede kyk saam TLU SA virtuele kongres Van De Wildt Boerevereniginglede het op 1 September by Gertjie en Lee-Anne se nuwe blyplek bymekaargekom om na die virtuele kongres te kyk. Phil Louw, Lood en Judy Schoeman, Chris Beukes, Jacques Fourie asook Christa en Eric Fourie het dit bygewoon. Wannie en Hanna het 14:00 vanaf die TLU SA-gebou in Silverton by hulle aangesluit waarna almal saam gekuier en gebraai het. Baie dankie aan Gertjie en Lee-Anne vir julle gasvryheid en bederf. Julle word waardeer.

De Wildt Boerevereniging volgende vergadering: DV 23 November 2021 te De Wildt 4x4 om 18:30 vir 19:00

Dank aan ons adverteerders en hul ondersteuners. Voorblad in kleur Agterblad in kleur Volblad binne in kleur Volblad binne in swart en wit Halfblad binne in swart en wit Kwartblad binne in swart en wit Agste blad binne in swart en wit

R1265.00 R1125.00 R 950.00 R 665.00 R 385.00 R 290.00 R 200.00

Februarie/February 2021 Jaargang 30 No 1Webtuiste: www. dewildtnuus.co.za

Scribante-plaas, Silkaatsnek

BROILER - NOVA/AFGRI LAYER - NOVA/AFGRI PIG - NOVA DOG FOOD

We deliver

Spesiale aanbiedings op meer as 5 sakke van sekere produkte

JOHAN - 082 433 2260 wildfeeds1@gmail.com

Plot 36, Krylingspos, De Wildt (old ride on police station)


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.