Uitgawe 300 3 Des 2014

Page 11

NUUS • NEWS

11

3 Desember 2014

Fynbos Estate is 'n klein stukkie paradys op aarde Sou ‘n stukkie hemel aarde toe val, sal dit beslis Fynbos Estate wees. Fynbos Estate lê op die Klipheuwelpad, genestel tussen Dragon Ridge en Sonkoppiek, albei deel van die Paardeberg, ‘n granietberg met ‘n buitengewone mengsel van plante – ‘n regte paradys vir enige natuurliefhebber. Versteek in ‘n kloof het Diana en Johan Simons hulle 17 jaar gelede kom vestig en sedertdien het hulle ‘n magiese paradys van fynbos, druiwe en olywe gevestig. Ná sewe lang jare van beplanning is die Simson-Simons Natuurreservaat vroeër die jaar in die staatskoerant afgekondig. Dit is vernoem na Diana se pa en oom (Denis en Gerry Simson) en Johan se ouers (Jack Simons en Ray Alexander Simons). Die reservaat is deel van ‘n CapeNature Rentmeesterskap-inisiatief, waar die provinsie, Cape-Nature en die grondeienaar ’n driesydige ooreenkoms sluit om die bepaalde stuk grond te bewaar. In dié geval is die gebied 270 hektaar vir ‘n tydperk van 30 jaar. Diana het aan dié courant vertel dat dit ‘n lang en ingewikkelde proses was: Die gebied moes gekarteer word en geassesseer word vir uitheemse plantegroei en erosie. Daar moes ook ‘n bestuursplan opgestel word. Verskeie kundiges en entoesiaste het ook navorsing op die berg gedoen oor vlinders, insekte, voëls, soogdiere en plantegroei. Deel van die navorsing het kameras ingesluit wat beweging optel. “Hierdeur het ons uitgevind van diere wat ons nooit gedroom het hier leef nie.” Dit sluit in ‘n luiperd-familie, ‘n erdvark en ‘n ratel, asook die verwagte ystervark, verskillende bokkies, skilpaaie ens. Die reservaat is ‘n botanis se droom. Die plante op die berg sluit strandveld Kaapse berg-fynbos en renosterveld in. Johan is ‘n opgeleide molukulêre bioloog en botanis wat nou sy lewenslange ideaal kan verwesenlik om te boer en wyn te maak. Diana sê sy het nog altyd gedroom daarvan

om op ‘n natuurreservaat te woon en ‘n klein plaaswerf met diere te hê. Sy is ‘n praktiserende psigo-terapeut en gee ook klas. Diana en Johan is baie betrokke in gemeen-skapsontwikkeling en help ook met verskeie bewaringsprojekte. “Ons wil graag die reservaat ‘n fokus maak, met bergfiets- en staproetes (insluitend ‘n lang roete oor die hele Paardeberg), asook om die reservaat oop te stel vir wil-dernisopleiding. “Ons wil die gebied herbevolk met van die oorspronklike diere, soos die bergsebra, waarvandaan Paardeberg sy naam kry. Dit is harde werk en ons sal ook moet kyk na subsidies, want dit gaan duur wees.” Fynbos bied slaapplek vir 16 mense in die Victoriaanse plaashuis wat uit 1900 dateer, 8-12 in die modern Fynbos-huis en 2-4 in the bekoorlike Fynbos-kothuis. Daar is ook allerhande geriewe, van ‘n rakukaggeld vir die winter, ‘n swembad, wynproeë, ‘n groot biblioteek en ‘n satelliet-TV. Die plaas en natuurskoon kan gemaklik per voet verken word. Die meer fikses kan fietse gebruik en daar is ‘n voertuig beskikbaar om mense tot bo-op die berg te neem vir ‘n asemrowende uitsig. Kyk na die hele pakket: van natuurreservaat tot oorslaapgeriewe, restaurant, konferensiegerie-we, onthaalsentrum en wynkelder - Fynbos Estate is ‘n baie spesiale plek. Sonder pretensie, warm en pragtig. Die Paardeberg is ‘n stukkie natuurlike paradys, en met die vriendelike gasvryheid van Diana en Johan kan almal nou daarin deel. Mense kan hulle skakel by 022 487 1153, stuur ‘n e-pos na info@fynbosestate.co.za of besoek die webblad, www.fynbosestate.co.za.

Rustig: Bo is die ruim plaashuis wat uit 1900 dateer en nou as gastehuis diens doen.

Onder is Diana en Johan wat die voorreg het om die natuurskoon te geniet en ook met die ander te deel.

Dis vakansie, wat ?

nou

Dit is weer daardie tyd van die jaar waar alles darem so ‘n bietjie rustiger raak en waar mense die gewoel van die lewe vir so ‘n klein tydjie opsy skuif. Mense is nou meer gefokus op die spasie by die huis en in die familie. Die werk se druk en bekommernisse word vir ‘n paar weke van vergeet en dit voel of ‘n mens weer kan asemhaal. Hierdie tyd is die tyd van herkonneksie, ‘n tyd waar jy weer kan tyd maak en waar jy tyd het vir mekaar en die familie. Die probleem in baie huwelike en verhoudings is egter dat die jaar so baie tyd geneem het en diskonneksie veroorsaak het, dat baie paartjies in hierdie tyd half vervreemd voel. Hulle weet amper nie wat om met mekaar te doen of selfs te bespreek nie. Hulle voel amper in mekaar se pad en hulle ervaar selfs dat hulle mekaar weer moet leer ken. Amper soos ‘n paartjie wat ‘n langafstand verhouding het en ongemaklik voel as hulle mekaar weer na ‘n lang tyd fisies sien en kan vashou. Die kort rukkies wat ons mekaar in die dag sien gedurende die besige jaar is net genoeg om te weet dat ons nog in mekaar se lewens is, maar nie lank genoeg om aan die dieper

emosionele verhouding tussen ons te werk nie. Ons weet ons is lief vir mekaar, maar sê dit nie gereeld nie en maak ook nie in die jaar tyd om net stil te staan by mekaar en mekaar weer in die oë te kyk nie. Die gevolg hiervan is ‘n emosionele afstand en diskonneksie wat in tye soos vakansies baie ongemaklik kan raak. So wat gedoen om hierdie ongemaklikheid in die spasie van ons verhouding aan te spreek? 1. Wees bewus daarvan dat julle nie uniek is nie en dat dit werk en intensionele keuses gaan neem om na mekaar te draai en die situasie te verander. Die gevoel sal wees om eerder die spasie vol te maak met ‘n ander, besig soos tyd met kinders en familie. Kies eerder om na mekaar te draai en vir mekaar te sê dat daar ‘n diskonneksie is in julle spasie. Identifiseer dit en besluit wat julle as ‘n paartjie gan doen om dit aan te spreek in hierdie tyd wat julle nou meer

gereeld by mekaar is gedurende die vakansie. 2. Sit nou die tyd opsy as ‘n paartjie om die planne uit te voer. Maak tyd vir mekaar. Moet nie toelaat dat die besige tyd in die vakansie in spoel in die tyd tussen julle nie. Maak tyd om te sit en gesels, lang ente te gaan stap, kies om weer hande vas te hou en te gaan sit op die strand, hou mekaar vas en kyk hoe die son ondergaan. Doen die dinge wat julle ge-

doen het toe julle uitgegaan het. Kyk weer in mekaar se oë en sê net weer ‘n slag vir mekaar wat julle van mekaar waardeer, doen dit sommer daagliks. Wees intensioneel oor julle verhouding en oor mekaar. Kies mekaar elke dag en vier julle verhouding elke dag in hierdie rustyd en sien hoe die spasie tussen julle al hoe veiliger raak totdat julle weer in ritme is met mekaar se hartkloppe.

Luister na Kobus en Linda Pauw van Connection Impact elke Vrydag vanaf 7:40 op Kaapse Kansel. Jou daaglikse reisgenoot op 729AM.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Uitgawe 300 3 Des 2014 by DieCourant - Issuu