Uitgawe 300 3 Des 2014

Page 1

courant swartland en weskus

Gratis • Free hugenotestraat 24, malmesbury

Swartland

3 Desember 2014

Bergrivier

BEKROON: Weskus se 1ste keuse

dié

1

Uitgawe 300

tel: 022 487 3221

Weskus se GEWILDSTE en GROOTSTE Streekblad - Ons BOU saam met GOEIE NUUS

Die koor Maandagaand op Piketberg saam met die premier van die Wes-Kaap, Helen Zille.

• BERGRIVIER-SANGERS LAAT PREMIER BEWOë

Zille sien koor af Dit is sekerlik hoe ‘n komponis sy koorwerk sal wil hoor: suiwer en bekoorlik soos die Bergrivierkoor dit doen. Premier Helen Zille het Maandagaand, op die vooraand van die koor se oorsese toer, ‘n verrassingsbesoek aan die lede gebring – te oordeel aan die trane in haar oë, was sy netso verras. “Hier, in die mooiste kerk in die Wes-Kaap, het ek vanaand aanbidding gehoor vir een God wat ons aanmekaar bind,” het sy gesê. Die koor, wat vandag vertrek, se grootste wens was om ‘n video van Zille saam te neem oorsee. Toe oortref sy hulle stoutste verwagting en daag self daar op. “Dit is ongelooflik om die samewerking oor

alle granse hier te sien. Wat ander mense in ander lande verdeel, is juis wat ons bymekaar bring. “Dankie aan wat julle vir Suid-Afrika en ook die Afrikaanse taal gaan doen,” het sy hulle voorspoed op die reis toegewens. Die koor het 62 lede onder koormeester Sherlock Fortuin, president Lucille Domburg en onderkoorleier Alison Muller. Hulle gaan eers Amerika toe en op 11 Desember vertrek hulle na België vir die tweede been van die toer. Hulle keer weer op 18 Desember terug. Burgemeester Evert Manuel het die toer as geskiedkundig beskryf en al die rolspelers be-

dank wat dit moontlik gemaak het.’ Koormeester Sherlock het ook ‘n spesiale toekenning van die stadsraad ontvang vir sy uitsonderlike bydrae aan die gemeenskap. “Ek het nog nie iemand ontmoet wat soveel talent van die Here ontvang het en dit só tot die beste gebruik nie,” het die munisipale bestuurder, advokaat Hanlie Linde, gesê. Sy is self ook deel van die koor. Daar is vertel van meer as 18 maande se harde werk om geld bymekaar te maak vir die toer. Nou is dit net vir pak, die nuwe serpe wat toerisme geskenk het om die nek sit, en dan lê die verre, vreemde voor.

dié courant vier

300 uitgawes

van goeie en opbouende nuus!

NUUS • NEWS

3 Desember 2014


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.