c urant
dié
1 Swartland
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
11 Januarie 2017
49.5%
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 402
11 Januarie 2017
Skool toe!
Graad 1-leerders van die Swartland het gister 'n voorsmakie gekry van hoe dinge in die "groot skool" werk. Dié ywerige klasmaats van die Liebenberg Primêr (onder) en Laerskool Swartland het hul klaskamers besoek en ook kennis gemaak met hul onderwysers en klasmaats.
Bo: Fransie Paterson van die Laerskool Swartland begelei haar klas van 2017 uit die saal na hul klaskamers. Links: Johanna Liedeman van Liebenberg Primêr het haar leerders solank tuis laat voel en die ys gebreek, sodat hulle vandag kan instap en dadelik aan die werk spring.
•STRENGER MAATREËLS WORD OORWEEG
Water beter bestuur
Owerhede is dit eens dat die waterbronne van die Swartland beter bestuur word as verlede jaar. Met die vlak van die Voëlvleidam wat op 49.5% staan, word inwoners steeds aangeraai om op hul waterverbruik te let. At Botha, direkteur siviele ingenieursdienste van die Swartland Munisipaliteit sê die groot geheim lê daarin om die Wes-Kaap se geïntegreerde waterstelsel reg te bestuur. Volgens Stad Kaapstad, was die Voëlvleidam op Maandag 9 Januarie 49.5% vol. Dit is 2.6% minder as verlede Maandag se 52.1%. Die damvlak was op dieselfde dag verlede jaar 29.7% vol. Botha sê dit is reeds ‘n aanduiding dat die waterbronne baie beter bestuur word as ‘n jaar gelede. Die Swartland Munisipaliteit het op 15 Februarie verlede jaar streng vlak-2 waterbeperkingsmaatreëls geïmplimenteer waar die natlei van tuine of die gebruik van tuinslange onder meer verbied is. ‘n Verslapping van dié streng maatreëls is in Oktober verlede jaar goedgekeur. Die Kaapstadse stadsraad het op hul beurt na opdrag van die department van waterwese strenger waterbeperkings vanaf 1 November 2016 bekragtig om waterverbruik met 20% te verminder. Watertariewe is ook verhoog. Daar is sprake dat strenger maatreëls binnekort vir hul inwoners wag. Die Swartland Munisipaliteit het bevestig dat gesprekke rondom die kwessie en die besluit of strenger waterbeperkingsmaatreëls op die horison vir Swartlanders is,
al dan nie, vroeg volgende week sal plaasvind. Die gesamentlike daminhoud van die WesKaapse waterstelsel staan op 44. 3%, teenoor verlede jaar se 53.6%. Die Theewaterskloofdam, die grootste dam uit die ses hoofbronne van die geïntegreerde waterstelses, staan op 38.6%. ‘n Totaal van 92% van Voëlvleidam se water word deur Stad Kaapstad gebruik, terwyl die Swartland 6% kry. Volgens Botha is die SM se verbruik ongeveer 6 Ml (mega liter) per jaar (0, 016 Ml per dag) gemeet teenoor die 829 Ml per dag van die Kaapse Metropool. Die totale geïntegreerde waterstelsel bestaan uit 900 000 Ml, waarvan die Theewaterskloof se inhoud 450 000 Ml is. Hy voeg by, dat dit nie die SM daarvan vrywaar om alles in te gooi en hulle deel te doen om water te bespaar nie. “Inteendeel, ons neem ook leiding hier en sorg dat SM sy regmatige deel uit die stelsel sal kry.” Die geïntegreerde stelsel se probleem lê in die vlak van Theewaterskloof wat tans 38. 6% is, gemeet teen verlede jaar (2016) se 59.1 %. “Die hoofsaak is om die bronne tegnies beter te bestuur en nie toe te laat dat Voëlvleidam, wat Swartland se enigste betroubare bron is, weer op krisisbestuur afstuur nie.” Botha verduidelik dat indien Theewaterskloof se vlak drasties val, Kaapstad noodgedwonge weer vanaf die Voëlvleidam moet water kry. Volgens hidro-geoloog Reinie Meyer, speel die verdamping van water en wind 'n groot rol in die afname van damvlakke. Botha verduidelik ver-
damping in die Wes-Kaap is ongeveer 1 800 mm per jaar per oppervlakte van die Voëlvleidam. Die Voëlvleidam se oppervlakte is ongeveer 15,73 km². “Bogemelde twee aspekte in ag geneem, asook die aanname dat die dam gemiddeld 45 % vol is ( gemeet oor ‘n jaar ), bring mee dat daar ongeveer 12 740 Ml per jaar as gevolg van verdamping verlore gaan.” \In die lig daarvan dat Voëlvleidam se inhoud 164 095 Ml is wanneer dit 100 % vol is, verteenwoordig die 12 740 Ml verdamping ongeveer 7. 8 % van die totale inhoud.” Talle inwoners maak nou gebruik van boorgate, hetsy vir hul tuine of as drinkwater. Charl Hugo van Moorreesburg wat na 37 jaar steeds water met ‘n stok, twee drade of ‘n bottel aanwys, sê die hoeveelheid ondergrondse water hang grootliks af van die area. “Elke area verskil van mekaar.” Volgens hom lê ‘n groot deel van Malmesbury bo ‘n granietbank waar daar gewoonlik nie baie water is, teenoor sandsteen wat meer water sal oplewer. Daar was egter al baie gevalle waar daar tot 120 000 liter per uur gevind is. Volgens Hugo is dit baie belangrik dat die konstruksie van die boorgat van die begin af reg gedoen word om te voorkom dat baie geld in die water gegooi word. ‘n Wateraanwyser moet ook by die boorproses wees en so help om te bepaal hoe diep daar geboor moet word om by die skoon water uit te kom en dit nie te misgis met sigwater wat besoedel is nie.
NUUS • NEWS