Die courant 19 februarie 2014 259

Page 12

sport • sports

8

•saterdag teen wesbank

Kavaliers draf op Malmesbury uit Die Boland Kavaliers draf Saterdag in die Wesbank-stadion op Malmesbury in ‘n opwarmingswedstryd teen Wesbank uit ter voorbereiding vir sy Vodacombeker-veldtog wat eersdaags begin. Alle paaie lei dus hierdie Saterdag na die Wesbank Sportgronde waar Wesbank die wedstryd eweneens as ‘n voorbereidingswedstryd benader met die oog op die Gemeenskapsbekerkompetisie. Eduaan Howburg skryf beide spanne het redelik goed gedoen in hulle vorige twee oefenwedstryde en die Boland Kavaliers wil graag sy momentum behou wat hy Saterdag teen die Stormers in Wellington op die proef gestel het. Die Bolanders het die wedstryd met 29 - 24 gewen en daardeur gewys dat hy vanjaar beslis ‘n harde neut gaan wees om te kraak. Wesbank se spelers sal hulself ook wil bewys en definitief hande wil opsteek in die toekoms vir ‘n plek in afrigter Abe Davids se vyftiental. Wesbank, wat nog net twee wedstryde oor het voor die begin van die Gemeenskapsbeker, sal nou sy ritme en kombinasies moet vind voordat hulle in hul eerste wedstryd op Saterdag 8 Maart

teen Witbank Ferros in Witbank, Mpumalanga afskop. Wesbank se spanne het die afgelope tyd goed vertoon teen die UWK en Good Hopes en sy A span-groep het beide goeie oorwinings behaal. Die hoofwedstryd begin om 17:00 en daar sal ook voorwedstryde plaasvind tussen Roses en ‘n Boland XV, asook ander klubs en skolespanne gaan ook in aksie wees. Program op Hoofveld: 17:00 Boland Kavaliers vs Wesbank A 15:30 Boland XV vs Roses United A 14:10 Wesbank B vs Roses United B, 13:00 Wesbank C vs Roses United C. B-veld: 14:00 Dorings A vs Coronation A 13:00 Dorings B vs Saamstaan A 12:00 Wesbank Sekondêr vs Hamlets Girls 11:00 Wesbank Sekondêr 0.19 vs Hamlets 0.19 10:00 Wesbank Sekondêr 0.16 vs Hamlets 0.16 C-veld: 14:00 Coronation B vs Saamstaan United B. Die hekke open reeds om 9:00 die oggend. Toegang beloop R10 vir volwassenes, R5 vir kinders en R10 vir motors. Daar sal kroeggeriewe beskikbaar wees en streng sekuriteitsmaatreëls sal geld.

19 Februarie 2014

Gee vet ... moddervet Gemengde welslae vir Swartlandse jaers

Voor: Vier jaers uit die Swartland het Saterdag by die Tygerberg Raceway aan ‘n inter-

nasionale byeenkoms deelgeneem en om Proteakleure meegeding. Dylan Nel van Malmesbury kom hier eerste uit die draai in sy tweede wedren.

Teruggeveg:

Nadat Han-Koch Brand van Malmesbury vroeg reeds in sy eerste wedren met die muur kennis gemaak het en daar kliphard gewerk is om sy motor reg te maak, het hy verbete teruggeveg in die tweede wedren om ‘n plek los te jaag.

Swem op Moorreesburg: By Hoërskool Dirkie Uys se jaarlikse kleure-swemgala

was Hardus Dippenaar (heel regs) die senior victor ludorum, Petro Rossouw (heel links) die senior victrix ludorum, Willie Hanekom was junior victor ludorum en Marike Bester die junior victrix ludorum. Hardus het nuwe rekords opgestel in 25m en 50m borsslag.

Swartlanders in Boland-groep Daar is nagenoeg vyf Swartlanders en die spanbestuurder in die Boland Kavaliers se rugbygroep wat die afgelope Saterdag teen die Stormers uitgedraf het. Boland het 29-24 gewen. Twee van die skrumskakels in die groep, Evan Liedeman van Wesbank en Juwell Samuels (Never Despair), speel vir Swartlandse klubs. Samuels is verlede jaar ook na ‘n oefenkamp van die nasionale sewesgroep op Stellenbosch genooi, waar hy oor ‘n maand lank saam met die Blitsbokke geoefen het. Denzil Adams (Wesbank), is as slot en flank by die Kavaliersgroep ingesluit.

Juwell Samuels

Dan het Christiaan Rust, wat tot onlangs by die Blou Bulle was, hom weer op Malmesbury kom vestig. Hy was nie Saterdag in die opdrafspan nie, maar kan as heelagter, senter of losskakel deur die Kavaliers ingespan word. Angelo van Niekerk, tans losskakel by Mamre, ook bekend as Poena, het aan Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury gematrikuleer. AK Warnick, voorsitter van Darling, is die Boland Kavaliers se spanbestuurder. Die Boland Kavaliers se opdrafspan was: 15. Eric Zana 14. Danwill Demas 13. Chesswin Williams 12. Albert Trytsman 11. Cheslyn Roberts 10. Ricardo Croy 9. Evan Liedeman 8. Zandré Jordaan 7. PJ van Zyl 6. Franzel September 5. JC Astle 4. Hanno Kitshoff 3. Martin Dreyer 2. Clemen Lewis 1. Kwezi Mkafu. Res: 16. Jacques Kotze 17. Ulrich Pretorius 18. Rossouw Kruger 19. Ben Venter 20. Denzil Adams 21. Dumisane Meslane 22. Bradley Ruiters 23. Juwell Samuels 24. Len Olivier 25. Liam Draycott 26. Edwinn Sass 27. Brendon April 28. Christiaan Rust 29. Ashton Constant 30. Jovelian de Koker 31. Angelo van Niekerk. Hoofafrigter: Abe Davids; assistant-afrigter: Dewey Swartbooi; spanbestuurder: AK Warnick; fisioterapeut: Aneurin Robyn; biokinetikus: Jacques van Blerk; spandokter: dr. Ferdi Evan Liedeman Adams.

Pa en seun:

Pa Nicky (agter) en Raniël Koegelenberg van Riebeek-Wes het weer saamgejaag in die Hot-Rod afdeling om onder die top-vyf Suid-Afrikaners te eindig vir Proteakleure. Nicky het die vorige naweek reeds Proteakleure verwerf.

Teenspoed: Sommer vroeg-vroeg in die kompetisie tydens die eerste wedren om hul Proteakleure te verwerf, het die twee Swartlanders, Han-Koch Brand en veteraan Nicky Koegelenberg teenspoed opgetel en moes hul die res van die wedren as toeskouers meemaak.

Vlegseljaer: Mariette Brand van Malmesbury het onlangs haar buiging in dié motorwedrenne gemaak. Die baan was Saterdagaand aanvanklik baie glad en die modder het hulle behoorlik laat bontstaan om om die draaie te kom.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die courant 19 februarie 2014 259 by DieCourant - Issuu