Die courant 19 februarie 2014 259

Page 1

courant swartland en weskus

die

Uitgawe 259

Bekroon: Nommer 1-Streekkoerant

Gratis • Free

PROMOSIE

hugenotestraat 24, malmesbury

19 Februarie 2014

Amoré

tel: 022 487 3221

Arno Jordaan

Kom span uit by Ekspo

Daar is 9 dae oor voor een van die grootste buitelug-geleenthede wat nog in die Swartland gehou is, net buite Malmesbury afskop. Die kykNet Buite-ekspo wat tot verlede jaar by Swellendam gehou is, verhuis vanjaar na ‘n splinternuwe terrein - Môreson langs die N7. Dit vind plaas van 28 Februarie tot 2 Maart en spog vanjaar met heelparty nuwe komponente. Die Vrydagaand (die ekspo begin om 12:00) word die braaivleisvure aangesteek om van meet af aan hoog te brand vir die Namchar Snoekbraai waar elke uitstaller en kampeerder kan kom aansit en smul aan die gebraaide snoek, patat en ‘n verskeidenheid brode. Skoliere wat die Vrydagmiddag in hul skooluniforms die ekspo besoek (as jy eers binne is, kan jy verseker jou gewone klere aantrek) sal gratis toegang kry. Die hele dag is daar musiek deur Radio Tygerberg saam met MC Riaan Grobler. Vrydagaand word daar tot laat gekuier saam

met kykNET se musiekkanaal. Die Wes-Kaapse minister van Kultuur en self ‘n boorling van die Weskus, dr. Ivan Meyer, sal die ekspo die Vrydagaand open. Daar is volop vure en kole. So, bring jou eie rooster en braaivleis of koop sommer jou hoender en vleis vir jou braai by Kekkel en Kraai/ Henks Vleismark se stalletjie. Vir die 4x4 en adrenalien-verslaafdes is daar ‘n splinternuwe 4X4-baan spesiaal ontwerp deur kykNET se 4x4-ghoeroe, André de Villiers, wat self die 4x4-aksie by die ekspo sal lei. Op nog ‘n aangrensende nuwe 4x4-baan sal die Western Cape Challenge Club die Saterdag hul kruipkewers en ander 4x4-modelle inspan om die Extreme-baan kaf te draf (dié sal mens maar eers moet sien!!!) Dan is daar nog Sarel van der Merwe - om hom Mnr. Tydrenne te noem, sou seker nie ver

verkeerd wees nie. Van der Merwe sal op ‘n terrein vlak langs die N7 die wiele laat tol en die publiek sal die geleentheid kry om saam met hom te jaag en bietjie stof op te skop in die veldrenritte. Natuurlik is daar volop vermaak vir kinders en dames ook. Só is een van die nuwe komponente by vanjaar se ekspo die courant se Kokkedoor-teetuin waar kokkedoorwenner, Mynhardt Joubert,

en Kokkedoor-aanbieder, Nic van Wyk, kragte saamsnoer om te verseker jy onthou jou unieke eet en drink-ervaring in hierdie teetuin. Dan is daar ook die Saterdagoggend se Bwell Buite Braaikoning-kompetisie saam met die Kokkedoorwenners asook Dr. Quentin, Sr. Pippa en Sr. Naomi van Binneland. Natuurlik volop kosstalletjies, ‘n wyntuin met vier kelders uit die omgewing - Swartland, Riebeek, Perdeberg en Van Loveren, asook ‘n biertuin. In die arena sal kunstenaars soos Jakkie Louw, Arno Jordaan, Amoré, Joe F, Desmond Wells en Fredi Nest Saterdag en Sondag optree. Die terrein sal ook voorsiening vir ‘n helikopterlandingsirkel maak, vanwaar helikopterritte aangebied sal word as jy die wêreld uit die lug wil bekyk. Sondag tussen 9 en 10 vm sal die Radio Tygerberg se Kerkdiens in die kykNET Arena gelei word deur pastoor Ettiene Marais. Kort daarna kan die baasbaksters en pannekoeketers kom nader staan en kyk hoe Kokkedoorwenner, Tiaan Langenegger, in die pannekoekuitdaging dié lekkerny bak saam met onder andere Fredi Nest, Desmond Wells en Riaan Grobler as MC.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.