NUUS • NEWS
10
31 Augustus 2016
Sonkrag vir Hugenote Hugo Rust hou kermis Die Laerskool Hugo Rust op Wellington het die naweek hul jaarlikse kermis aangebied. Daar is gekuier, heerlik geëet en sport beoefen.
Hugenote Hoërskool het onlangs sonkragpanele op hul koshuisdak geïnstalleer. Hiermee het die skool weer bewys dat hulle innoverend dink en doen en as ‘n voorloper in nuwe, volhoubare projekte beskou kan word. Volgens Johann Enslin, die skool se bemarker, is die skool altyd aan die saamdink en droom aan ‘n beter en veiliger omgewing vir hul leerders en personeel. “In Hugenote glo ons ons moet betrokke wees by inisiatiewe waarby nie net ons en ons kinders sal baat nie, maar ook die omgewing,” sê Johann. “Afgesien van ander voorloper-projekte soos die astroveld en nuwe kafeteria vir ons leerders wat in 2017 voltooi sal wees, het die beheerliggaam dit goedgedink om projekte aan te pak waarby ouers oor die langtermyn veral finansieel sal baat,” verduidelik hy verder. Die koshuiskomitee het besluit om ‘n volhoubaarheidsinisiatief te steun deur ‘n enorme groen-projek aan te durf wat Huis Hugenoot, die skoolkoshuis, heeltemal onafhanklik van munisipale krag sal maak deur oor te skakel na
son-energie. “Na verskeie onderhandelings en tenderprosesse het die maatskappy, RenEnergy, gedurende die Junie-vakansie met die installasie begin. Die projek is middel Augustus voltooi en die omskakeling is gedoen,” sê Johann. “‘n Interessante feit is dat vanaf 12 tot 21 Augustus ons reeds ‘n koolstofbesparing gelyk aan 48 bome of ‘n 12,564 km gereis per motor getoon het. Die dakke ‘skitter’ behoorlik met al die panele! "As deel van die maatskappy se bydrae tot die skool se opvoedkundige been, sal hul ‘n sessie vir al die leerders kom aanbied oor wat presies hernubare energie/krag is en ook die impak op ons omgewing,” verduidelik Johann verder. Volgens Johann is hierdie die eerste van vele groen-projekte by Hugenote Hoërskool. “Deur hierdie tipe inisiatiewe, nie net by die skool nie, maar ook in ons dorp en omgewing te bevorder, maak ons selfs buite ons skoolhekke ‘n verskil aan ons kinders se gesondheid en toekoms en steun ons skool ook die regering se pogings tot hernubare energie.”
Stephan Lombaard en Michaela Stevens
Ferdi Geyer en Wina Smit
Hugenote Hoërskool hou matriekafskeid
Bo: Leandro Hopley, Tristan Weyers en Alex Mostovyy.
Regs: Stephan Theron en Annemien Smit.
Foto’s: Johann Enslin