Die courant wellington 31 aug 2016 385

Page 1

courant Wellington

se 1ste keuse

dié

1 Weskus

Gratis • Free

Hugenotestraat 24, Malmesbury

31 Augustus 2016

Uitgawe 385

tel: 022 487 3221

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

Suiker-belaaide lekkernye vir Hugo Rust

Die Laerskool Hugo Rust se Graad 7’s het behoorlik die monde laat water met hul koekverkoping. Die skool was die week 'n miernes van bedrywigheid met die naweek se kermis wat ook groot aftrek geniet het. Die entoesiasme onder die verkopers, sowel as onder die klante, het sommer ‘n vrolike, suikerbelaaide atmosfeer geskep.

• PLAASLIKE TALENT IN AFRIKAANSE FILM

Dis Wellington Wyne, skat • Jaomi Zeeman

Daar is ‘n plaaslike ster in die nuwe Afrikaanse fliek, “Dis koue kos, skat”, wat hierdie week landwyd in teaters begin speel het. Dié plaaslike talent het egter nooit enige drama-opleiding gehad of selfs oudisies vir ‘n rol in hierdie fliek afgelê nie – haar voor-die-hand-liggende kwaliteite en bekoring het blykbaar van haar die beste kandidaat in hierdie epiese film gemaak. Wellington Wyne is die dorp se nuutste filmster. Volgens Xania van der Merwe, nasionale verkoopsbestuurder van Wellington Wyne, is dit ‘n reuse-kompliment dat ons plaaslike wyn so ongemerk tot op die grootskerm gevorder het. “Ons wyn speel nie net ‘n belangrike rol in die fliek en die storielyn nie, ons naam word ook in die krediete aan die einde van die fliek genoem,” vertel sy. “Dis koue kos, skat” is gebaseer op die gelyknamige boek deur Marita van der Vyver.

Anna-Mart van der Merwe vertolk die rol van Carla (Brand) Marx, die hoofkarakter in die fliek. In haar rol is Carla ‘n kosskrywer vir die tydskrif “EvaKos” – iemand wat baie lief is vir wyn. Leon van Nierop beskryf Carla se karakter in een van sy resensies as “’n werkende ma met batterysuur in haar are”. Sy is ‘n verwonde vrou wat haar man se ontrouheid moet verwerk en die dilemmas van ‘n mislukte huwelik moet oorkom. Een van haar kamerade in hierdie proses is ‘n paar bottels van Wellington Wyne. Tydens die première van die fliek in Johannesburg en Kaapstad het Wellington Wyne, in samewerking met “Pink Drive”, as borg opgetree. “Ons wyne se teenwoordigheid in ‘Dis koue kos’ het vir Wellington Wyne regtig die geleentheid gebied om te begin saamwerk met organisasies wat ‘n verskil in mense se lewens maak – en dit is vir ons ‘n ontsettende voorreg,” vertel Xania. “Ons samewerking met die ‘Pink Drive’ span ten bate van borskanker het sedert die fliek gegroei, tot só ‘n mate dat hulle nou met inter-

nasionale Pinotage-dag op 8 Oktober ‘n stalletjie met ons gaan deel. "Hier sal die afslag op ons wyne as ‘n donasie aan hulle organisasie geskenk kan word,” sê sy. "Dit is wonderlik om ‘n geleentheid te kry om Wellington Wyne se eie voorspoed te laat oorspoel na instansies wat ‘n verskil maak,” sê Xania. Alhoewel die plaaslike wyn wat in die fliek verskyn slegs vir die uitvoermark bestem is en nie in die algemene handel beskikbaar is nie, sal die publiek dit wel eersdaags kan bekom. “Ons het besluit om hierdie wyne, wat tans net vir uitvoer bedoel is, deel te maak van ons ‘Spring Sale’ wat binnekort begin. "Dan sal die breë publiek ook kan proe aan hierdie nuwe ‘filmster’ van Wellington,” beloof Xania. Intussen kan Wellingtonners hul verlustig in die wete dat die konstante ‘kameraad’ wat die hoofkarakter Carla deur vele briewe, resepte en lewensverknorsings help, uit die dorp se omliggende wingerde gebore is.

NUUS • NEWS

31 Augustus 2016


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.