courant Wellington
se 1ste keuse
dié
1 Weskus
Gratis • Free
Hugenotestraat 24, Malmesbury
31 Augustus 2016
Uitgawe 385
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
Suiker-belaaide lekkernye vir Hugo Rust
Die Laerskool Hugo Rust se Graad 7’s het behoorlik die monde laat water met hul koekverkoping. Die skool was die week 'n miernes van bedrywigheid met die naweek se kermis wat ook groot aftrek geniet het. Die entoesiasme onder die verkopers, sowel as onder die klante, het sommer ‘n vrolike, suikerbelaaide atmosfeer geskep.
• PLAASLIKE TALENT IN AFRIKAANSE FILM
Dis Wellington Wyne, skat • Jaomi Zeeman
Daar is ‘n plaaslike ster in die nuwe Afrikaanse fliek, “Dis koue kos, skat”, wat hierdie week landwyd in teaters begin speel het. Dié plaaslike talent het egter nooit enige drama-opleiding gehad of selfs oudisies vir ‘n rol in hierdie fliek afgelê nie – haar voor-die-hand-liggende kwaliteite en bekoring het blykbaar van haar die beste kandidaat in hierdie epiese film gemaak. Wellington Wyne is die dorp se nuutste filmster. Volgens Xania van der Merwe, nasionale verkoopsbestuurder van Wellington Wyne, is dit ‘n reuse-kompliment dat ons plaaslike wyn so ongemerk tot op die grootskerm gevorder het. “Ons wyn speel nie net ‘n belangrike rol in die fliek en die storielyn nie, ons naam word ook in die krediete aan die einde van die fliek genoem,” vertel sy. “Dis koue kos, skat” is gebaseer op die gelyknamige boek deur Marita van der Vyver.
Anna-Mart van der Merwe vertolk die rol van Carla (Brand) Marx, die hoofkarakter in die fliek. In haar rol is Carla ‘n kosskrywer vir die tydskrif “EvaKos” – iemand wat baie lief is vir wyn. Leon van Nierop beskryf Carla se karakter in een van sy resensies as “’n werkende ma met batterysuur in haar are”. Sy is ‘n verwonde vrou wat haar man se ontrouheid moet verwerk en die dilemmas van ‘n mislukte huwelik moet oorkom. Een van haar kamerade in hierdie proses is ‘n paar bottels van Wellington Wyne. Tydens die première van die fliek in Johannesburg en Kaapstad het Wellington Wyne, in samewerking met “Pink Drive”, as borg opgetree. “Ons wyne se teenwoordigheid in ‘Dis koue kos’ het vir Wellington Wyne regtig die geleentheid gebied om te begin saamwerk met organisasies wat ‘n verskil in mense se lewens maak – en dit is vir ons ‘n ontsettende voorreg,” vertel Xania. “Ons samewerking met die ‘Pink Drive’ span ten bate van borskanker het sedert die fliek gegroei, tot só ‘n mate dat hulle nou met inter-
nasionale Pinotage-dag op 8 Oktober ‘n stalletjie met ons gaan deel. "Hier sal die afslag op ons wyne as ‘n donasie aan hulle organisasie geskenk kan word,” sê sy. "Dit is wonderlik om ‘n geleentheid te kry om Wellington Wyne se eie voorspoed te laat oorspoel na instansies wat ‘n verskil maak,” sê Xania. Alhoewel die plaaslike wyn wat in die fliek verskyn slegs vir die uitvoermark bestem is en nie in die algemene handel beskikbaar is nie, sal die publiek dit wel eersdaags kan bekom. “Ons het besluit om hierdie wyne, wat tans net vir uitvoer bedoel is, deel te maak van ons ‘Spring Sale’ wat binnekort begin. "Dan sal die breë publiek ook kan proe aan hierdie nuwe ‘filmster’ van Wellington,” beloof Xania. Intussen kan Wellingtonners hul verlustig in die wete dat die konstante ‘kameraad’ wat die hoofkarakter Carla deur vele briewe, resepte en lewensverknorsings help, uit die dorp se omliggende wingerde gebore is.
NUUS • NEWS
31 Augustus 2016
NUUS • NEWS
2
31 Augustus 2016
• BEAUTIFUL IN BEAUFORT-WES
Bloedbande met Gert Vlok Nel
Bo: Johan Smit, Gert Vlok Nel en Louis Awerbuck op die verhoog. Regs: Susan Smuts, Anne-Ghrett (kurator van die kunsgalery) en Tina Nel. ‘n Nuwe groepuitstalling met die tema “Bloedbande” is Saterdag in die Breytenbach-sentrum se kunsgalery geopen. Hierdie uitstalling, deur die kunstenaars Susan Smuts, Tina Nel en Alexander Lauren, bevat ‘n versameling uiteenlopende kunswerke in verskillende mediums, maar met ‘n gemeenskaplike tema, nl. “familie”. Die uitstalling is op aangrypende wyse deur Gert Vlok Nel en die bekroonde digter, Diana Ferrus, geopen. Sy het ‘n gedig, wat sy spesiaal vir hierdie geleentheid geskryf het, voorgelees: Ons is bloedbande Ons onthou in ons vergeet dat ons behoort aan mekaar deur die bose kringloop het ons ‘n nasie gebou Ons is bloedbande, bouvallig die huis van ons familie, beroerd die stand van ons sake, maar bruisend die bloed in ons bande Krotoa Eva van Meerhof Sarah Baartman, Ansela van de Caab. en Winnie Mandela
Ons is bloedbande Vele keer belet, gebuig, gebreek maar steeds gebind Ons is bloedbande Met hierdie gedig het sy verwysings van haar eie slaweherkoms, maar ook alle Suid-Afrikaners se verweefdheid met mekaar versoen. “Ons is mos almal van iewers, maar almal verwant,” het sy gesê. Hiermee het sy ook aangesluit by die tema van die uitstalling. “Bloedbande” is nie ‘n toevallige keuse as tema vir hierdie interessante uitstalling nie – die drie kunstenaars is werklik familie van mekaar. Tina Nel en Susan Smuts is susters en Alexander Lauren is Susan se seun. Alhoewel hulle werklike bloedbande het en op die gemeenskaplike tema besluit het, het elkeen egter individueel met die tema omgegaan in die skep van hul kunswerke. Tina se miniature in olie het sterk misterieuse kenmerke. “Ek werk met dieselfde karakters in al my kunswerke. Daar is bv. ‘n skilpad, haas, vark, meermin en ‘n armadil. In werklikheid verteenwoordig hulle almal iemand in my familie en daarom is my werk uit en uit outobiografies. By
die buitestaander ontlok dit ‘n sin van misterie en dis baie interessant om te hoor hoe elkeen sy eie interpretasie van die kunswerke het,” vertel Tina. Susan se beeldhouwerke en kunswerke van gemengde medium vermeng speelse met onderliggende onheilspellende elemente. Volgens haar is haar karakters universeel, maar almal verwant. Sy “speel” graag met beendere en daarom is haar beeldhouwerke van vroue wat gaan swem almal op die rugwerwels van ‘n kameelperd gevorm. Sy gebruik ook die x-strale van kopbene in haar kunswerke van gemengde medium. Dit was ook gepas dat Gert Vlok Nel sy lied, Rivier, tydens die opening gesing het. Die lirieke van hierdie lied sluit nie net nou by die tema van “verwantskap” of bloedbande aan nie, maar hy is ook ‘n Nel – net soos Tina, Susan en Alexander. Na die opening van die kunsuitstalling het gaste na die Bordienghuis-teater verskuif vir ‘n vertoning deur Gert Vlok Nel, Johan Smit en Louis Awerbuck. Hier kon die gehoor na sy bekende oorspronklike treffers soos “Beautiful in Beaufort-Wes” luister terwyl hulle hul verwantskap met ‘n pizza, iets koud en samesyn vier.
Legendes sing Country en Gospel Op Vrydag 2 September gaan die legendariese country-sangers Tommy Dell en Tommy Oliver in die Wellington-Oos gemeente se kerksaal optree. Tydens hierdie geleentheid sal die kunstenaars nie net van hul gewildste country-treffers sing nie, maar ook ‘n verskeidenheid geestelike liedere. Volgens Angulique Hollamby, Tommy Oliver se bestuurder, het hierdie twee kunstenaars besluit om ‘n vertoning ten bate van die Wellington-Oos gemeente te doen. Die twee Tommy’s sal tydens die vertoning getuienis lewer oor hul eie lewens en dit beloof om ‘n sielsverryking vir oud en jonk te wees. Die kaartjies sluit ‘n gratis plakkaat van “die breë en die smalle weg” in en kan by die Wellington-Oos se kerkkantoor, Wellington Slaghuis of by die deure bekom word. Cd’s sal ook by die geleentheid te koop wees. Vir meer inligting, kontak 081 215 1277.
Motorfiets:
Stephan Zybrands het die naweek aan die SACC KB400 in die 65ccmotorfietswedrenne by Spajaard-plaas deelgeneem. Op 27 Augustus het hy ‘n tweede en op 28 Augustus het hy ‘n derde plek behaal.
NUUS • NEWS
3
31 Augustus 2016
• LAASTE UITSTALLING GEHOU
Cleevely word vir oulaas gegroet
Brian Cleevey en sy vrou Pat by Trevor se laaste uitstalling. Op Dinsdag 23 Augustus het plaaslike kunsliefhebbers en kennisse van die ontslape kunstenaar Trevor Cleevely ‘n laaste uitstalling van sy kunswerke bygewoon. Trevor, ‘n inwoner van die dorp, is op 17 Junie oorlede en sy broer, Brian, en skoonsuster, Pat, het Wellington besoek om sy boedel in orde te kry. Volgens Brian het hulle gekom om Trevor se huis en besittings uit te sorteer. “Daar was nog ‘n hele paar van sy kunswerke in sy huis en ons het gevoel dat dit gepas sou wees om dit vir oulaas plaaslik ten toon te stel,” vertel hy. Hulle het Anne-Ghrett Coetzee, kurator van die kunsgalery by die Breytenbachsentrum, genader met die idee en sy het dadelik ingestem om reëlings vir die uitstalling te help tref. Omdat Trevor ‘n lewendige belangstelling
in Wellington se geskiedenis gehad het en ook sommige van die sketse van San-tekeninge in die museum gemaak het, was die Wellington Museum die ideale plek vir hierdie uitstalling. “Trevor was só lief vir hierdie dorp en sy geskiedenis. Hy het kunsklasse hier aangebied en Wellington se mense was sý mense. Dit is net gepas dat daar ‘n deel van sy nalatenskap hier agterbly. "Dit sal wonderlik wees as sy kunswerke plaaslik ‘n tuiste kan vind,” verduidelik Brian. In haar toespraak het Anne-Ghrett hulde gebring aan dit wat Trevor in die mense rondom hom se lewens wakker gemaak het. “Met hierdie laaste uitstalling bring ons hulde aan Trevor, eer ons sy nalatenskap en neem ons afskeid van ‘n geliefde mens en kunstenaar,” het sy opgemerk.
Karoo 2 Coast vir leerders van Huis Andrew Murray Die “Karoo 2 Coast” is a 100 km bergfiets geleentheid van Uniondale na Knysna via die Prince Alfred’s Pas. The route is pragtig en uitdagend en fietsryers word gewoonlik aangeraai om die regte voorbereiding en oefening vir hierdie wedren te doen. Die fietsryer JC Muller neem op Sondag 17 September aan die “Karoo 2 Coast 2016” deel en het Huis Andrew Murray Kinderhuis as ‘n begunstigde gekies. Huis Andrew Murray (HAM) Kinderhuis is ‘n Badisa-program en sorg daagliks vir 150 sorgbehoewende kinders wie óf wees gelaat is óf deur die kinderhof uit ouerlike sorg verwyder is. Om ten volle aan die kinders se emosionele, fisiese, intellektuele en geestelike behoeftes te voorsien, is hulp en bydraes uit die gemeenskap onontbeerlik. JC het 7 jaar gelede begin fietsry omdat hy in daardie stadium onaktief en oorgewig was. Terwyl hy na geskikte sportsoort gesoek het om te beoefen, het ‘n kollega hom omgepraat om saam met hom te begin bergfiets ry. Baie kilometers en kilogramme later geniet hy dit nog steeds. Hy het intussen ook begin padfiets ry, maar vertel dat hy sy bergfiets nog die meeste geniet. “Dit neem my na stil paaie in die natuur waar ek nader aan my Skepper is en tyd kry om met Hom te praat en kop skoon te maak,” sê hy. Danksy geseënde gesondheid het hy intussen deelgeneem aan verskeie veeleisende wedrenne soos die Cape Argus (4x), die “To Hell and back” (120 km) – na Gamkaskloof of Die Hel en terug in twee dae, die Tip Trans 115km in die Cederberg en die “Karoo to Coast” (100km) (2x). Met sy inskrywing vir die “Karoo 2 Coast” hierdie jaar, wil hy graag fondse insamel vir HAM omdat dit hom na aan die hart lê en omdat hy wil dankie te sê vir goeie gesondheid en ander seëninge. Enigeen wat JC wil ondersteun om met hierdie 100 km fietsrwedren fondse vir HAM in te samel, kan ‘n donasie per km aan die HAM Kinderhuis skenk. Huis Andrew Murray se bankbesonderhede is ABSA Wellington, Takkode: 632005, Tjekreke-
king: 430560107, Verw. no: JC Muller Vir meer inligting kontak asb vir Karen Petersen by 021 873 3834 of info@andrewmurray.org.za
courant Wellingtonners vier trots
dié
4
hul erfenis
Wellington het 'n gevoel van oudheid. 'n Gevoel van geskiedenis wat daagliks saam met jou tussen die moderne geboue die straat afstap. Hier het die dae van gister en die wat nog moet kom, 'n baie goeie middeweg gevind. Die een respekteer die ander en dis hoe dit hoort. Hier is inwoners nie bang om op te staan vir ou geboue en ou tradisies nie. Inteendeel, hier word dit gevier. In die maand waarin daar landwyd ons erfenis gevier word, is dit 'n riem onder die hart om te sien hoe selfs 'n skool trots is op sy erfenis. Pauw Gedenk gebruik sy gister om sy môre te bepaal, om te groei, om te verbeter om die toekoms te ontvang en daarby aan te pas. Wellington se strate is besaai met die mistiek van ou geboue wat op jou neerkyk. Wat kyk waar jy wandel waar soveel voor jou gewandel het. Die geboue en tradisies word gevier, bewaar en op uit gebou. Hierdie dorp is voorwaar 'n toonbeeld van hoe dinge reg gedoen kan word om die gemeenskap te bevoordeel. Almal staan saam, werk saam en spring in as daar baie take is wat verrig moet word. Hier was die kermis van Hugo Rust 'n puik voorbeeld. Soveel ouers en inwoners wat saamgespan het om van hierdie kermis weer 'n groot sukses te maak. Waar kinders en volwassenes heerlik saam in die opwinding van die naweek kon deel. Hier word dinge saam gedoen. Saam gelag, saam gehuil, saam gewerk. Welgedaan Wellington. Julle is 'n toonbeeld van samewerking!
NUUS • NEWS
Nuwe bestuur die vuur agter Wellington se VLV
31 Augustus 2016
Bo: Die nuwe bestuur is v.l.n.r. Juanita Laubser (sekretaresse), Karen Barnard (voorsitter), Esla Ritter (onder-voorsitter) en June Smith (tesourier). Regs en onder: Die marktafel kreun onder al die heerlike produkte. Karen Barnard (voorsitter) en Grietha van Zyl (spreker).
Dis Goeie Nuus
Dr Andrew Bosman
Dit neem 'n nuwe vorm aan soos klein onder 'n seël Die Here antwoord Job in hoofstuk agt en dertig uit n storm. Waar was Job toe die Here die aarde gemaak het?, wie het sy afmetinge bepaal?, wie het sy fondament klippe ingesink?, of wie het sy hoeksteen gelê? Wie het die see ingesluit en ‘n grens daarvoor daar gestel ? Die Here antwoord self vir Job, hierdie skepping het vorm aangeneem soos klei onder ‘n seël. Die vormlose klei het geen nut gehad totdat dit vorm aangeneem het en ‘n kontrak bekragtig het, of ‘n dokument verseël het. Ons lees ook in die boek van Ester dat koning Ahasveros sy seëlring van sy vinger afgehaal en aan Hamman gegee het. Daarmee kon Hamman in die naam van die koning briewe skryf en uitstuur. Nadat Hamman se bose planne deur koningin Ester uitgewys is is die ring van Hamman verwyder en aan Mordegai die Jood en stiefvader van Ester gegee, waardeur hulle briewe in die naam van die koning geskryf het, en die Joodse volk van ondergang gered het. In die tweede brief van Paulus aan die Korinthiers skryf hy dat as ons in Christus is, is ons ‘n nuwe skepping, kyk dit het alles nuut geword. Soos die klei onder die seël. So het ons ook met God se teenwoordigheid waarde gekry om Sy getuies te wees.
Besoekers en lede het tydens die plaaslike VLV-tak se maandelikse byeenkoms op Donderdag 25 Augustus, heerlik saamgekuier. Die gebruiklike marktafel het onder die vars produkte, heerlike beskuit, handwerkartikels en skuinskoek gekreun en daar was selfs “lewende” suurdeeg in potjies te koop. Daar is kleurryk oor die pas afgelope nasionale VLV-kongres terugvoering gegee, waarna die spreker Grietha van Zyl ‘n praatjie oor die Boesmanland gelewer het. Benewens al die interessante stories oor die Boesmanland en die mense van die Karoo, kon gaste ook aan disse eg aan hierdie streek weglê. Daar was onder andere suurkos, pampoenbredie,
afval, dadels en skuinskoek – alles geregte eie aan die Boesmanland. ‘n Nuwe bestuur is ook tydens die verrigtinge verkies. Karen Barnard is as voorsitter herkies, Esla Ritter is die nuwe onder-voorsitter, June Smith is die tesourier en Juanita Laubser is die sekretaresse. Die Wellington-tak van die VLV speel eersdaags gasvrou vir die VLV se Sirkeldag waar lede uit die hele streek bymekaarkom. Enigeen is welkom om dit by te woon en kaartjies vir hierdie geleentheid, wat ‘n eenvrou-vertoning insluit, is by die voorsitter Karen Barnard beskikbaar.
Wellington-Noord hou basaar Die Wellington-Noord gemeente hou op Saterdag 3 September om 09:00 hul jaarlikse basaar. Hierdie jaarlikse instelling beloof om, soos gewoonlik, ‘n heerlike gesins- en kuierdag te wees. Dorpenaars kan uitsien na ‘n verskeidenheid plaaslike produkte teen afslagpryse. Die winskope by die vleistafel is ideaal om bekostigbare braai-voorraad vir die somermaande te verseker. Ander tafels sal kreun onder klaarbereide, gevriesde pasteie
en ander etes, vars produkte, items vir die tuin en huis en tuisgebakte koeke, terte, brode en beskuit. Mense kan ook heerlik saamkuier tydens die basaar se uithaler-ontbyt of in die kafee en deli met hul varsbereide etes en versnaperinge. Daar is ook ‘n wit olifant-tafel, ‘n kindertafel en heerlike kindervermaak. Vir ete-bespreking en meer inligting, kontak die kerkkantoor by 021-873 2763.
NUUS • NEWS
5
31 Augustus 2016
Shop online at www.picknpay.co.za Also at HYPERMARKETS
SPRING DAY PRICE CUTS PnP Oukraal Wors
PnP Uncooked Stewing Beef Bone in
48
54
R
38
R
90
36
R
Per kg
PnP NO NAMETM Fresh Chicken Braaipack 5s or 16s
PnP NO NAMETM Frozen Chicken Braaipack 2kg
95
R
Per kg
PnP NO NAMETM Shredded Tuna in Salt Water 170g
PnP NO NAMETM Large Eggs 24s
All Gold Tomato Sauce 700ml
Crosse & Blackwell Tangy Mayonnaise 750g
R
R
R
R
32
9
Per kg
90
Tastic Long Grain Parboiled Rice 2kg
PnP Fresh Milk Assorted 1 Litre Sachet Each
19
R
90
8
90
R
50
18
17
90
90
First Choice Long Life Milk Assorted 6 x 1 Litre Per Pack
65
R
90
BUY 2 FOR Coca-Cola Regular 2 Litre
25
R
Klipdrift Export Brandy 750ml WAS 125.95
104
R
SAVE 12.90 Liqui-Fruit 100% Fruit Juice Blend Assorted 1 Litre Each WAS 21.49
15
R
90
SAVE R45 Savanna Light, Dry or Dark Non-returnable Bottles 24 x 330ml Per Case
224
R
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.
BUY ANY 3 FOR
Lay’s Potato Chips Assorted 125g
35
R
44
R
Twinsaver Luxury 2 Ply Toilet Tissue Assorted 9s Per Pack
44
R
Omo Auto Washing Powder 2kg, Liquid 1.5 Litre Assorted or Capsules 14s Each
90
Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Express, Franschhoek Daily and Pick n Pay Local stores. Butchery lines not applicable to Camps Bay, Bellville and Lakeside. Buy-aid cards not accepted at Strand Street. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
90
Huggies Dry Comfort Disposable Nappies Value Pack Assorted Per Pack
127
90
R
THEY’RE LEAVING 31 AUGUST 2016 www.picknpay.co.za
PLEASE RECYCLE CUSTOMER CARE TOLL FREE: 0800 11 22 88 (Landline only. Cellphone rates apply)
PRICES VALID 1 - 4 SEPTEMBER 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE MMWCHS115
6
NUUS • NEWS
Goede Hoop Sitrus: 90 Jaar
31 Augustus 2016
Goede Hoop Sitrus: 90 jaar van sappigheid
Goedehoop Citrus Certificate_FA.pdf
1
2016/08/26
Links: Die boorde van Goede Hoop Sitrus bied allerlei lekkertes. Bo: Die produksielyn is in die beginjare 'n miernes van bedrywigheid en personeel.
2:27 PM
In die begin...
C
M
Y
CM
MY
CY
CMY
K
GOEDE HOOP SITRUS 90 JAAR
Uitvoerder van kwaliteit sitrus Capespan is trots om geassosieer te wees met Goede Hoop Sitrus.
Capespan South Africa +27 21 917 2600
www.capespan.com
Jan van Riebeeck het vroeg in 1654 ’n boot na St Helena gestuur om verskeie soorte vrugtebome daar te gaan haal. Gedurende Junie van dieselfde jaar het die boot teruggekeer met die eerste lemoen- en suurlemoenbome aan boord. Van Riebeeck het later in sy dagboek geskryf dat die eerste suurlemoene deur sy vrou op 25 Julie 1661 gepluk is. Heelwat plase is net na 1720 in die Olifantsriviervallei uitgegee en boere het volgens oorvertelling reeds vroeg sitrusbome geplant. Die Burger het in September 1933 berig dat die aanplanting van boorde vir kommersiële doeleindes omstreeks 1875 in aanvang geneem het. Gebaseer op die inhoud van ’n brief van Rudyard Kipling wat gehandel het oor die kwaliteit van die vrugte, is die eerste sitrus in 1902 na Engeland uitgevoer. Die eerste amptelike uitvoere vanaf Suid-Afrika was egter in 1907. Dit blyk te wees dat die eerste lemoene van Citrusdal in 1908 uitgevoer is. Die stigtingsvergadering van “The Good Hope Co-operative Company Limited” is op 5 Mei 1926 gehou. Op 31 Augustus 1926 is die koöperasie
amptelik kragtens die “Co-operative Societies Act” geregistreer. Gedurende 1944 het twee direkteure opdrag gekry om die oprigting van ’n sentrale pakhuis te ondersoek. Die taak is in 1945 afgehandel en nadat daar verslag gedoen is, is eenparig besluit om die pakhuis op te rig. Aansoek om finansiering is in 1946 by die Landbank ingedien. Die aansoek is ongelukkig afgekeur. Die toentertydse voorsitter, Dirk Visser (snr.) het egter ’n plan B gehad. Deur middel van ’n kontak van hom het dit bekend geword dat twee vliegtuig-skure, wat bestem was vir ’n lughawe in Indië, in Kaapstad gewag het om verskeep te word. Die skure was die eiendom van die SA Weermag. Na onderhandelinge is die twee skure by die Weermag gekoop. Die twee skure is vandag nog deel van Goede Hoop Sitrus se ultra-moderne kompleks op Citrusdal. Van die inligting hierbo weergegee kom uit die publikasie, Proe ’n Skyfie van my Lemoen, deur Frans Malherbe
NUUS • NEWS
Goede Hoop Sitrus: 90 Jaar
31 Augustus 2016
Vandag...
Goede Hoop Sitrus (Edms.) Bpk. beskik vandag oor drie pakhuise op Citrusdal, toegerus met die nuutste tegnologie. Die maatskappy het ook ’n vol-filiaal, Citrio Producers and Exporters (Pty) Ltd op Eendekuil, sowat 22 km vanaf Citrusdal. Met sy huidige infrastruktuur kan Goede Hoop Sitrus met gemak tot 115 000 ton vrugte in een seisoen hanteer. Uitvoere beloop ongeveer 4,5 miljoen 15kg kartonne per jaar en uitvoere kan ongestoord na enige land en/of vasteland plaasvind. Die maatskappy poog om aan die voorpunt van tegnologiese ontwikkeling te bly en omhels derhalwe die nuutste tegnologie en herwinningsmetodes. Die sukses van Goede Hoop Sitrus berus op die maatskappy se passie vir twee dinge, naamlik, sy mense en sy produk. Die mens is die hartklop en die produk die siel van Goede Hoop Sitrus. Die kern van Goede Hoop Sitrus filosofie is dat ’n produk van superieure gehalte op die onderskeie markte geplaas moet word. Om dit te verseker is die maatskappy aktief betrokke by die produsente tydens die voorbereiding van die oes sowel as tydens die oes-proses. Deur optimale plukvensters te benut verseker die maatskappy ook dat die regte vrugte op die regte tyd in die regte mark is. In die verband speel Goede Hoop Sitrus se landbou-tegniese adviseurs ’n kardinale rol weens hul noue betrokkenheid by die vesti-
ging van wêreldgehalte standaarde en praktyke op plaasvlak ten einde onoortreflike kwaliteit te verseker. Met die oog op gehalte het die maatskappy ’n in-huis versnelde en gesimuleerde proses ontwikkel om die agteruitgang van vrugte na te spoor. Sodoende kan die agteruitgang van vruggehalte in die logistieke ketting voorspel word en pro-aktiewe voorkomende optrede geloods word. Die uiteindelike doel is die verbetering van die gehalte van die vrugte wat die mark bereik. Goede Hoop Sitrus is die grootste diensverskaffer in die omgewing en plaas ’n geweldige hoë premie op die ontwikkeling van mense-kapitaal. Dit is die maatskappy beskou die ontwikkeling van sy mense as ’n waardevolle belegging wat uitstekende opbrengste lewer. Die maatskappy is verteenwoordig in die totale landbou waardeketting. Vanaf primêre verbouing, die verwerking en waardetoevoeging tot verpakking en uiteindelike bemarking van sitrus. Die teenwoordigheid in die totale waardeketting vind gestalte in die maatskappy se belang in Citrus Juices (versappingsaanleg), APL Cartons (verskaffer van kartonne), Cape Fruit Coolers, (verkoelingsdienste) en Goede Hoop Vrugte (bemarking). Die betrokkenheid van Goede Hoop Sitrus het een doelwit voor oë, naamlik, die skepping van welvaart vir al sy belanghebbendes.
7
Bo: Die personeel ondergaan gereeld opleiding om aan die voorpunt van ontwikkeling te bly. Middel: Elke vrug wat die fabriek verlaat, is van hoogstaande gehalte. Regs: Die vrugte word gesorteer en geklas.
8
NUUS • NEWS
Goede Hoop Sitrus: 90 Jaar
31 Augustus 2016
Vandag word die produksielyn deur masjinerie beheer wat alles seepglad laat verloop. Foto’s: Paul Visser, Jaco Wolmarans en Goede Hoop Sitrusargiewe.
Die toekoms...
Die mylpale wat bereik is, is egter die geskiedenis en dien nou as ‘n uitstekende basis vir die toekoms. Om volhoubaarheid en mededingendheid te verseker het Goede Hoop Sitrus baie onlangs sy sogenaamde BIG projek van stapel gestuur. BIG is die akroniem vir Belegging in Groei. Deur middel van hierdie inisiatief probeer Goede Hoop Sitrus sy produsente (en nuwe produsente) aan te moedig om hul aanplantings met nuwerwetse sitruskultivars uit te brei. Dit verleen nie net hulp aan die produsent met die keuse van prima kultivars nie, maar verskaf ook bystand in enige ander vorm, van plant tot drag en daarna. Nuwe produsente is ook welkom om aan die program deel te neem.
Daar is reeds groot belangstelling en deelname van en deur produsente wat nie in tradisionele sitrus areas geleë is. Met dié projek het Goede Hoop Sitrus dit ten doel om produsente se hektare met tot 800ha van die mees gesogte kultivars aan te vul. Dit is die maatskappy se doelwit is om ten alle tye te probeer om die produsent se netto boerdery-inkomste te maksimeer. Goede Hoop Sitrus is besonder trots op die feit dat hulle in dié doelwit slaag. Die puik resultate van die afgelope paar seisoene is ’n sprekende voorbeeld hiervan. Die SEB-vlak drie-maatskappy se toekoms is inderdaad rooskleurig en hulle is op koers om hul visie, “Ons Laat die Wêreld Sitrus Geniet”, uit te leef.
NUUS • NEWS
9
31 Augustus 2016
Pauw Gedenk streef na uitnemendheid
Skoolhoof Jason Williams voor die Pauw Gedenk Primêre Skool op Wellington wat vanjaar hul 90ste bestaansjaar vier. Pauw Gedenk Primêre Skool herdenk vanjaar haar oorspronklike skoolgebou van 90 jaar oud. Die skoolgebou is in 1926 opgerig en op 17 April 1926 amptelik ingewy. Die skool-gebou is ook as ‘n historiese gebou verklaar deur die Wellingtonse Estetiese komitee. Dieselfde komitee het in 2013 ‘n toekenning aan die skool toegeken vir die “Beste Opgeknapte Historiese Gebou” in Wellington. Voorwaar ‘n toekenning waarop die skoolgemeenskap opreg trots was. Oor die 90 jaar het toegewyde en bekwame opvoeders alles in die stryd gewerp om ‘n opgevoede en welgestelde gemeenskap in Wellington te vestig. ‘n Gemeenskap met diepgewortelde waardes en norm wat deurgaans die fundamentele vertrekpunt was waar om alle werksaamhede geskoei was. Daarom bring hulle ook hulde aan almal wat in die opvoeding en onderrig betrokke was en diegene wat ons alreeds ontval het. "‘n Mens kry eintlik 'hoendervleis' wanneer jy reflekteer oor die onuitwisbare spore van die voorgangers in die kweek van ‘n nuwe millennium generasie," sê skoolhoof Jason Williams. Die skoolgebou in die middedorp van Wellington wat uitstaan soos ‘n sieraad selfs vir die volgende nageslag. Die skoolgebou is vir baie jare ‘n belangrike sentrum in ons plaaslike gemeenskap en voorwaar in ‘n stimulerende omgewing wat bevorderlik was en is vir opvoeding en leer. Deur die skoolgebou kom geslagte van baie bekende families wat in die samelewing hul merk gemaak het en wie se denk-en lewensbeskouing radikaal deur invloedryke opvoeders beinvloed was. Die skoolgebou het ‘n ryke geskiedenis van
weleer in die oplewing van professionele en kwaliteit godsdiensleiers, akademici, regslui, sportlegendes en kultuur-genote van formaat. Sedert 1926 was en is die skoolgebou nogsteeds ‘n toonaangewende opvoedkundige instelling wat daarna streef om in die behoeftes van ‘n hedendaagse veranderende en uitdagende multikulterele opset te voorsien. Die kolosale baken het daarin kon slaag om oor die jare stelselmatig te transformeer in een van die mees suksesvolle multikulturele opvoedings instellings in ons dorp. "Ons poog hard om te sorg dat die skoolgebou die spieëlbeeld van die gemeenskap is en dat ons ook rekening hou met die tegnologiese leefwêreld van ons kliënte. Die hooffokus bly egter kwaliteit en effektiewe opvoeding en onderrig in ‘n post-moderne samelewing. Die jarelange verbintenis met die Kerk verdien ook vermeld te word aangesien Godsdiens steeds die basis vorm waarop ons daaglikse voortbestaan gefundeer is. "Ons wil egter in herinnering roep vir wyle Eerwaarde J.C. Pauw wat in 1879 vanaf Zuurbraak na Wellington beroep is as sendeling en dosent. Eerwaarde Pauw het Hollands kom doseer aan die Zendeling Instituut te Wellington en ook die Sendinggemeente hier op die dorp behartig. Eerwaarde Pauw het die inisiatief geneem om die grond te koop waarop die skool vandag nog pronk. Ander name wat ook verdien genoem te word is wyle J.P. De Villiers, wyle J.M.N. Breedt en wyle C.J. Kriel wat ‘n prominente rol vertolk het as bestuurders in die vestiging van die skool. Pauw Gedenk Skool het reeds in 1879 as skool begin opereer. Dit wil sê die skool is een van die oudste opvoedingsinstellings in ons dorp," sê Williams. Die skool vier hierdie jaar haar 137ste
bestaansjaar as opvoedingsinstelling. Danksy die visioenêre leierskap deur Eerwaarde Pauw aan die dag gelê om Volk, Kerk en Vaderland op een “lap” te verenig. Die geskiedenis en herkoms van die skool word as ‘n aaneenlopende verhaal vertel hoewel daar soms onderbrekings was. Ten spyte van die onderbrekings het die skool nooit sy doeltreffendheid, doelmatigheid en sy karakter verloor nie. Die skoolgebou kon optimaal benut word aangesien daar in die beplanningsfase voorsiening gemaak was vir aanpasbaarheid. Die doelmatige beplanning van die skoolgebou het voorsiening gemaak vir die onderrig-leeraktiwiteite waarvoor dit ontwerp was, maar moes ook aanpasbaar wees vir die eise wat deur die jare se ontwikkeling, verandering en transformasie aan die onderwys gestel was. So is die skoolgebou dan amptelik in 1926 in gebruik geneem met wyle meester Ruiters as die hoofonderwyser wat die skool vir dertig jaar gedien het. "Na Ruiters is wyle meester West as opvolger en hoofonderwyser aangestel waar daar ook begin was met die opleiding van onderwysers by die skool," sê Willaims. "Nadat meester West die grondwerk gedoen het met skool as opleidingssentrum het wyle meester Johannes Jacobus Abrahamse as skoolhoof oorgeneem met al sy nuwe uitdagings. Meester Abrahamse se liefde vir musiek en godsdiens het ‘n onlosmaaklike stigma van sang en die woord van God aan die skool se karakter gegee. "Na die aftrede van meester Abrahamse het wyle Mnr. R.G. Naidoo hom opgevolg as prinsipaal en voortgebou op die hoë opvoedingspeil wat sy voorganger gestel het. So het baanbrekers
leiersfigure diep spore getrap in die opvoeding en in die vorming van ‘n gevestigde opgevoede gemeenskap. Die volgende opvolgers soos wyle Mnr. Barnard Benjamin (1972), Mnr. A.S. Pietersen (1978) , wyle Me. M.L. Goetham (1987), Me. S. Meyer (1999) en Mnr. J.C. Williams (2010 tot huidiglik) het gevolg met elkeen sy/haar unieke bestuursbekwaamheid en bestuursvermoë," aldus Williams. Die jaartalle dui op die jaar van aanstelling van die onderskeie hoofde en elkeen binne sy eie tydsindeling en die eise van ‘n vinnig veranderende samelewing en ‘n wêreld van megainligtingsontploffing. Daar is dus nog legio onvertelle wedervaringe en dalk ook eskapades waarvan ons nie weet nie en dit maak mens nuuskierig om dieper te delf en navorsing te doen in die ryke verlede van die ikoon - Pauw Gedenk Primêre Skool. Die Prinsipaal, Beheerraad en Personeel wil die gemeenskap en almal wat op die een of ander manier betrokke was by die skool uitnooi na ‘n dankseggingsdiens. Die dankseggingsdiens sal plaasvind op Sondag 11 September 2016 in die V.G.K. Wellington (langs die skool). Die diens sal om 10:00 ‘n aanvang neem. "Neem die vrymoedigheid om die skool te kontak indien u enige ander inligting benodig. Kontak by die skool: (021) 8732401. Ons versoek dat die boodskap so wyd as moontlik versprei sal word. "Alle oud-opvoeders, oud-beheerraadslede, oud-leerders, oud-nie-doserende personeel en oud tradisionele families word aangemoedig om met die skool kontak te maak. U word uitgenooi om op die dag van die verrigtinge die skool te besigtig en ou herinneringe te laat herleef," sê Williams.
NUUS • NEWS
10
31 Augustus 2016
Sonkrag vir Hugenote Hugo Rust hou kermis Die Laerskool Hugo Rust op Wellington het die naweek hul jaarlikse kermis aangebied. Daar is gekuier, heerlik geëet en sport beoefen.
Hugenote Hoërskool het onlangs sonkragpanele op hul koshuisdak geïnstalleer. Hiermee het die skool weer bewys dat hulle innoverend dink en doen en as ‘n voorloper in nuwe, volhoubare projekte beskou kan word. Volgens Johann Enslin, die skool se bemarker, is die skool altyd aan die saamdink en droom aan ‘n beter en veiliger omgewing vir hul leerders en personeel. “In Hugenote glo ons ons moet betrokke wees by inisiatiewe waarby nie net ons en ons kinders sal baat nie, maar ook die omgewing,” sê Johann. “Afgesien van ander voorloper-projekte soos die astroveld en nuwe kafeteria vir ons leerders wat in 2017 voltooi sal wees, het die beheerliggaam dit goedgedink om projekte aan te pak waarby ouers oor die langtermyn veral finansieel sal baat,” verduidelik hy verder. Die koshuiskomitee het besluit om ‘n volhoubaarheidsinisiatief te steun deur ‘n enorme groen-projek aan te durf wat Huis Hugenoot, die skoolkoshuis, heeltemal onafhanklik van munisipale krag sal maak deur oor te skakel na
son-energie. “Na verskeie onderhandelings en tenderprosesse het die maatskappy, RenEnergy, gedurende die Junie-vakansie met die installasie begin. Die projek is middel Augustus voltooi en die omskakeling is gedoen,” sê Johann. “‘n Interessante feit is dat vanaf 12 tot 21 Augustus ons reeds ‘n koolstofbesparing gelyk aan 48 bome of ‘n 12,564 km gereis per motor getoon het. Die dakke ‘skitter’ behoorlik met al die panele! "As deel van die maatskappy se bydrae tot die skool se opvoedkundige been, sal hul ‘n sessie vir al die leerders kom aanbied oor wat presies hernubare energie/krag is en ook die impak op ons omgewing,” verduidelik Johann verder. Volgens Johann is hierdie die eerste van vele groen-projekte by Hugenote Hoërskool. “Deur hierdie tipe inisiatiewe, nie net by die skool nie, maar ook in ons dorp en omgewing te bevorder, maak ons selfs buite ons skoolhekke ‘n verskil aan ons kinders se gesondheid en toekoms en steun ons skool ook die regering se pogings tot hernubare energie.”
Stephan Lombaard en Michaela Stevens
Ferdi Geyer en Wina Smit
Hugenote Hoërskool hou matriekafskeid
Bo: Leandro Hopley, Tristan Weyers en Alex Mostovyy.
Regs: Stephan Theron en Annemien Smit.
Foto’s: Johann Enslin
NUUS • NEWS
11
31 Augustus 2016
Dagboek • Calender
Geklassifiseerd • Smalls Dienste Services ABC Partytjies – Jy kies die tema, ons doen die res. Ook verhuring van dekor en springkastele. Elsa 078 544 2038 of elsa@abcpartytjies. co.za #2393 ---------------------------BOUPLANNE opgetrek vir goedkeuring. Victoriastraat 983, Chatsworth Skakel : 078 373 3487 of epos: archtdesign580@ gmail.com #2716
Gelukwensing Congrats
Windmeul Kelder Waterblommetjie Fees 2016 op 3 September om 08:00 - 16:00 Navrae : 021 869 8100/ liza@windmeul.com VLV Wellington 15 September - Sirkeldag byeenkoms - om 9:30 vm - 'n vertoning deur Petro van den Heever. Almal is welkom Navrae : Karen 082 448 0690 Die Bôrdienghuis – Breytenbach Sentrum 16 - 18 Sept - Tuin van Digters Die Bôrdienghuis – Breytenbach Sentrum 29 Oktober - Marc Lottering. Vir besprekings kontak Jeanne-Mari Gerber by 073 435 1022 of teater@breytenbachsentrum.co.za Hervormde Kerk - Gemeente Paarl 28 Augustus om 16:00 - Gesogte kunstenaars soos Johan Bakkes (voorstelling van boek), Lourens Fick (pianis), Spaanse-koor van die Universiteit van Alcala, Tygerberg Kinderkoor, Adri Louw en Johannes Slabbert Navrae : Gwen van Wyk 082 875 8923 of gwenhoney@telkomsa.net Wellington Vereniging van Bejaardes Algemene Jaarvergadering by Milnerstraat 2A, Wellington (regoor Wellington verkeersdept) op 8 September 2016 om 10h30 Navrae : Mev H Fredericks - 0747068386 Darling Wild Flower Show 16 tot 18 September - Darling Gholf Club Adults: R50; Scholars: R30; Seniors:R30
(Friday only) More info: www.darlingwildflower.co.za Wellington Parkrun Every Saturday at 08:00 - rain or sunshine - this free 5km run/walk takes place at Imbuko wines, Wellington. For more info, directions and free registration go to www.parkrun.co.za/wellington. Follow them on Facebook at Wellies Parkrun or Twitter @welliesparkrun. You can alo send an email to wellingtonoffice@parkrun.com or contact Francois Coertze at 083 443 3081. Hokkie-oefening Elke Maandag, Dinsdag en Woensdag van 18:30 tot 20:30 oefen die Paarl-Hokkieklub op die Klein Parys-sportvelde. Navrae by Gavin Cupido (084 520 3714) of Adele Bothma (084 625 8137). Helderberg Music Society The Helderberg Music Society hosts light-classical music on a regular basis – 10 live concerts and two recorded ones per year. The monthly concerts takes place on Sunday afternoon at 16:00 in the Talani Lounge. They offer a wide variety of instruments and voices for R280 per month (pro rata after June) plus R15 at the door. Recorded concerts are free. Contact Olga Maray at 021 855 3752 or email wmarsay@wordonline.co.za. Kontak ons op 'n Maandag voor 17:00 by 022 487 3221 met jou kalenderinskrywings of e-pos na izelle@diecourant.co.za.
Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct - March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541. Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316. NEW Sunday morning at 10:00; HIN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280. NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:30, Sondagaand om
19:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763. NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9h30 en Sondagaand om 19h00 - h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690 St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021. Shofar Sondagoggend om 09:00l Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677.
ELGAR JUNIOR JAARS Four Years on the 4th of September 2016. Congratulations big boy as you celebrate your Crown Birthday. Lots of love, From Dad, Mom, Aidan and Mitchelen. #2740 ----------------------------ELGAR JUNIOR JAARS Kyk wie word Vier op 04 September 2016. Geluk met jou kroonverjaarsdag grootseun. Jy moet lekker verjaar. Baie liefde van Ouma Moela en Nannie. #2741 ----------------------------Geluk met jou kroon verjaarsdag op 04 September 2016. Geniet jou daggie. Liefde Maritsa, Ivan, Estelene en Eathan. #2742 ----------------------------RAAI WIE WORD DRIE!! Geluk Lee-Hagon Hugo met jou kroon-verjaardag op 3 September. Mag daar nog vele verjaarsdae wees. Mag die Here jou altyd in die holte van Sy hand hou. Van : Mammie, Pappie en Johaynnen. #2743 ----------------------------Baie geluk met jou derde verjaarsdag op 3 September. Hoop
jy gaan ‘n geseënde dag hê en alles wat mooi is vir jou in die toekoms. Van: Ouma, Vissie, Gino, Kaylim en Chriswin #2744 -----------------------------MARTHINUS HERRINGS Baie geluk pappie met u 75ste verjaarsdag op 29 Augustus. Mag die seën van die Here op u rus. Pa moet lekker verjaar. Ons is lief vir pappie. Van: Doreen, John, Frederick, Theresa en Pieter #2745 ----------------------------29 Augustus Baie geluk oupa Marthinus Herrings met u 75ste verjaarsdag. God’s rykste seën vir die genade jare wat nog oor is. Van: kleinkinders en agter-kleinkinders #2746 ----------------------------Marthinus Herrings Baie geluk met oupa se 75 ste verjaardag op 29 Augustus. Mag God's rykste seën op u rus. Geniet oupa se dag en onthou ons liefde vir u sal nooit vergaan nie. Van : Theresa, Carlo, Fuzlyn, Marchale, Gerswin, Marquit en Carlin #2765 ----------------------------CHRISTOPHER VLOTMAN Baie geluk met jou verjaarsdag op 24 Augustus. Jy is ‘n ware vriend vir my. Mag die nuwe lewensjaar baie geluk en seëninge bring. Ons is baie lief vir jou. Van: Edwina, Kevin, Chriswin en Kaylim #2747 -----------------------------KEVIN RINKWEST Baie geluk met jou 14de verjaarsdag op 23 Augustus. Ek wens jou alles wat mooi is vir die pad vorentoe. Mammie is baie lief vir jou en sal altyd wees. Van: Edwina Herrings #2748 -----------------------------TAYLOR TITUS Gelukkige verjaardag ons engel. Van : Ouma
Geklassifiseerd • Smalls en Oupa, Taneil, Dinaline & Tylin #2751 -----------------------------TIAAN PIETERSEN Baie geluk met jou verjaarsdag die 2de September. Mag die Here jou nog vele jare spaar en bly maar die mooi seun wat jy is. Ouma is baie trots op jou, want jy klim net altyd 'n trappie om bo uit te kom. Hou so aan - jy gaan nog eendag baie ver kom. Vertrou net op die Here en Hy sal jou gee wat jou hart begeer. Van Ouma Fien en familie #2752 ----------------------------TIAAN PIETERSEN Baie geluk met jou verjaarsdag. Spreuke 3 vers 6 - "Ken Hom in al jou weë en Hy sal jou paaie gelykmaak". Van jou Pa, tannie Denielle, Lauren, Shamon-Lee, Joeden en Jake #2753 -----------------------------STEFANIS DAVID LEANDER (Mossie) Baie geluk met jou verjaarsdag. Ons weet almal jy het drie verjaarsdae - een van jou ma, een van veldkonset en een van jou ID en jy word amper 80, en jy staan nie in die kliniek-lyn nie. Jou drie verjaardae in Augustus hou jou blaken gesond . Liefde: Tannie Fien en familie #2755 ----------------------------STEVE EN ANNEMARIE LEANDER - Ons wil net vir ons Hemelse Vader baie dankie sê vir die pragtige seun wat die Here vir hulle mee geseën het. Mag hy vir julle baie vreugde en geluk bring. Tannie Fien en familie #2756 -----------------------------
Memorium In Memoriam
Mamma Lussie : Nege jaar gelede, op 24 Augustus het ons Here haar kom haal. Toe ons afkyk graf toe, en ons kyk weer op toe is daar 'n stem wat sê - Ek het haar by
haar naam geroep, sy is myne. Ek het mos gegaan om vir julle plek te berei. En sy is nou veilig in sy arms en sag op sy bors. Dink nog baie aan ma, soms met 'n glimlag en soms met 'n traan. Ons sal die ystervrou nooit vergeet. Sal altyd in ons harte wees. Ma se Josephine Damonse en gesin #2754 ----------------------------CHRISTINA SAULS Gebore 31:08:1942 Oorlede 18:07:2016 Ma, hoe graag sou ons jou wou gelukwens met jou 74 verjaarsdag, maar God het anders besluit. Ons mis jou meer en meer. Dis jou eerste verjaarsdag weg van ons, maar ons gun jou die ewige lewe. Ma jy sal altyd ij ons harte voortleef. Van jou geliefdes - Bets, Anna, broers, skoonsusters, skoonseuns, kleinkinders en agterkleinkinders #2749
courant
dié
12
tel 022 487 3221
SPORT
NUUS • NEWS
31 Augustus 2016
31 Augustus 2016
Roses 'n doring in die vlees van Hillcrest:
Klipharde-rugby is die naweek op Pelikaan Park tussen Hillcrest United en Roses gespeel. Dit was dié geleentheid wat talle mense gelok het. Roses het die eerste helfte die pas aangegee en teen rustyd met 20-9 voorgeloop. Hillcrest het die tweede helfte vining begin met twee drieë deur Alrich Muller en Emile Booysen. 'n Laat strafskop binne tref-afstand is toegeken aan Roses en Johnwin Lewis het geen fout gemaak nie. Die eindtelling was 23-22 in die guns van Roses. Foto's: Francio Abrahams
• TAKES ON PUMAS
Cavaliers looking to bite back After a poor performance that lead to a defeat against the Golden Lions this past weekend, the Boland Cavaliers will be looking to bounce back against the Pumas when the two sides meet in a Currie Cup Premier Division match at the Boland Stadium in Wellington on Friday 2 September 2016. The injury-ridden Boland side were outplayed at Emirates Airline Park and lost 60-12 against a quality Lions side. Home ground advantage against the Pumas may give the Cavaliers the confidence boost they need, however the visiting side will be no pushover as they will be eager to record their first Premier Division win of the 2016 season. SCORERS: Golden Lions: Tries: Selom Gavor (2), Anthony Volmink, Dil-
lon Smit, Jacques Nel, Victor Sekekete, Howard Mnisi, JW Bell, Dylan Smith Conversions: Marnitz Boshoff (6) Penalties: Boshoff Boland Cavaliers: Tries: Joubert Horn, Wayne Wilschut Conversions: Theuns Kotze FIXTURES: Boland Stadium, Wellington 2 September 2016 15:00 – Boland Cavaliers vs Pumas ENTRY: R30 for adults, R10 for scholars 3 September 2016 Boland Stadium, Wellington 12:00 – Boland Women vs Griquas Women 14:00 – Boland U.20 vs Valke U.20 ENTRY: Free
Medaljes: Anje Grobbelaar van Hu-
genote Laerskool het Saterdag deelgeneem aan die WP-kampioenskappe vir Artistiese Gimnastiek. Sy het gekwalifiseer vir haar Wes-Kaap provinsiale-kleure en is opgeneem in die WP-span wat by die SA-kampioenskappe gaan deelneem tydens die Oktober-vakansie. Sy het ook 'n algehele tweede plek verower in haar afdeling 'Class 2' vir meisies tussen 10 en 11 jaar in die WesKaap. Sy behaal ook die volgende medaljes: Algehele silwer medalje vir haar afdeling; goue medalje op spronge; silwer medalje op vloer; brons medalje op brug en brons medalje op balk.