courant
1 Wellington
dié
18 Januarie 2017
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 403
18 Januarie 2017
'n Eeu later: Vandag, 18 Januarie 2017, gedenk die 100 jaar van ds. Andrew Murray, pionier vir Afrikaans en anker van Wellington, se sterfdag. Lees berig op bladsy 3.
•VLAMME LEK, MAAR IKOON BLY STAAN
Gedenkskool bly baken van hoop • Jaomi Zeeman Op die Augusta Kleinbosch-gasteplaas se webtuiste verskyn sedert verlede week ‘n hartseer boodskap: “With great sadness we have to inform you that Augusta Kleinbosch Guest Farm has been destroyed by hungry fires.” Te midde van die verwoesting wat die onlangse brande op hierdie historiese plaas gesaai het, is daar egter tog nog rede om dankbaar te wees, want die Hugenote Gedenkskool wat ook hier geleë is, het die brand wonderbaarlik vrygespring. Francois du Toit, ‘n afstammeling van die oorspronklike Du Toit’s van Kleinbosch en bestuurder van die plaas, gastehuis en restaurant wat tot met die brand op die plaas bedryf is, vertel dat die vuur eenvoudig alles verswelg het. “Ons het alles probeer natspuit om te keer dat dit brand toe ons van die vuur bewus word. Die kole het egter ‘gespring’ en die hoofopstal en buitegeboue aan die brand gesteek nog voordat die werklike vuur ons bereik het. Dit is ongelooflik dat die Gedenkskool nie gebrand het nie – die vuur het letterlik tot teenaan die gebou gekom en die bome rondom die skool het gebrand. Die skool en die hondehuisie is wonderbaarlik in die brand gespaar,” sê hy. “Daar lê soveel geskiedenis in hierdie geboue en nou is alles darem nie verlore nie.” Die historiese Gedenkschool der Hugenoten is in 1882 onder leiding van ds. S.J. du Toit en die Genootskap van Regte Afrikaners op Kleinbosch gestig. Ná die omskepping van die wynkelder in ‘n dubbelverdieping skool, kon onderrig van ‘n buitekamer op die plaas na hierdie nuwe gebou verskuif. Dit is amptelik op 1 Februarie 1883 ingewy. Talle groot geeste in die Afrikaanse geskiedenis het in hierdie einste skooltjie skoolgegaan. Onder ds. Du Toit se leerlinge was die latere taalstryders Daniël Francois du Toit (Totius), D.F. Malherbe, A.G. Visser en P.J. du Toit. Nog ‘n leerling was Abraham Izak Perold, latere stigter van die SA wynbedryf (KWV), en D.F. (Danie) Malherbe, latere medestigter van Onderstepoort. Die heel eerste Afrikaanse koerant, De Patriot, en tydskrif, Ons Klyntji, het ook in hierdie skooltjie sy beslag gekry. Dit is ook die geboorteplek van
20 Dubbeldore vir Hugo Rust
Party onderwysers sal hierdie jaar wonder of hulle nie “dubbel” sien nie, want Hugo Rust Laerskool en Bambi spog met ‘n rekordgetal tweelinge op hul skoolbanke. Daar is altesaam 20 stelle tweelinge wat in 2017 hier sal skoolgaan! die Afrikanerbond en die plek waar die Eerste en Tweede Taalbewegings begin het. Die skool het egter later jare in onbruik geraak en begin verval. In die tagtigerjare het wyle W.A. de Klerk ‘n poging aangewend om die skool te laat restoureer, maar hy kon nie daarin slaag nie. Hy het egter nie moed opgegee nie en in 1985 met die hulp van ander rolspelers ‘n Hugenote Gedenkskool Trusteeraad gestig en vir die volgende dekade onverpoosd gewerk om dit te laat restoureer. Die Hugenote Gedenkskool se restourasie is in Desember 2001 met groot welslae afgehandel en dit is in Maart 2002, nadat dit vir 80 jaar as ‘n wynkelder en ook as ‘n stoor gebruik is, weer in gebruik geneem. Daar is ‘n konferensiesaal, ‘n museumgedeelte en gasteverblyf in die skool
en slypsklole met Afrikaans as voertaal word o.a. daar aangebied. Die Hugenote Gedenkskool, wat al vir 135 jaar lank in ons vallei staan en ‘n lewende monument vir Afrikaans is, het sowaar baie lewens en vele stories wat in hom opgesluit lê. Dit is al talle kere van ondergang gered. Dit was al ‘n wynkelder, ‘n skool, die bakermat van ons taal, die geboorteplek van groot gebeurtenisse in ons geskiedenis, weer ‘n wynkelder, ‘n stoor en sedert 2002 ‘n plek van opvoeding, erfenis en ‘n Nasionale Gedenkwaardigheid. In 2017 spring dié gebou ‘n verwoestende brand, wat alle ander strukture rondom hom in puin laat, vry en word dit vir die hoeveelste keer ‘n getuienis van die noue verbintenis tussen gister en vandag, maar bowenal weer ‘n baken van hoop.
NUUS • NEWS