courant
1 Wellington
dié
18 Januarie 2017
• Free • Gratis
Wes-Kaap se #1
Bou saam met goeie nuus
Uitgawe 403
18 Januarie 2017
'n Eeu later: Vandag, 18 Januarie 2017, gedenk die 100 jaar van ds. Andrew Murray, pionier vir Afrikaans en anker van Wellington, se sterfdag. Lees berig op bladsy 3.
•VLAMME LEK, MAAR IKOON BLY STAAN
Gedenkskool bly baken van hoop • Jaomi Zeeman Op die Augusta Kleinbosch-gasteplaas se webtuiste verskyn sedert verlede week ‘n hartseer boodskap: “With great sadness we have to inform you that Augusta Kleinbosch Guest Farm has been destroyed by hungry fires.” Te midde van die verwoesting wat die onlangse brande op hierdie historiese plaas gesaai het, is daar egter tog nog rede om dankbaar te wees, want die Hugenote Gedenkskool wat ook hier geleë is, het die brand wonderbaarlik vrygespring. Francois du Toit, ‘n afstammeling van die oorspronklike Du Toit’s van Kleinbosch en bestuurder van die plaas, gastehuis en restaurant wat tot met die brand op die plaas bedryf is, vertel dat die vuur eenvoudig alles verswelg het. “Ons het alles probeer natspuit om te keer dat dit brand toe ons van die vuur bewus word. Die kole het egter ‘gespring’ en die hoofopstal en buitegeboue aan die brand gesteek nog voordat die werklike vuur ons bereik het. Dit is ongelooflik dat die Gedenkskool nie gebrand het nie – die vuur het letterlik tot teenaan die gebou gekom en die bome rondom die skool het gebrand. Die skool en die hondehuisie is wonderbaarlik in die brand gespaar,” sê hy. “Daar lê soveel geskiedenis in hierdie geboue en nou is alles darem nie verlore nie.” Die historiese Gedenkschool der Hugenoten is in 1882 onder leiding van ds. S.J. du Toit en die Genootskap van Regte Afrikaners op Kleinbosch gestig. Ná die omskepping van die wynkelder in ‘n dubbelverdieping skool, kon onderrig van ‘n buitekamer op die plaas na hierdie nuwe gebou verskuif. Dit is amptelik op 1 Februarie 1883 ingewy. Talle groot geeste in die Afrikaanse geskiedenis het in hierdie einste skooltjie skoolgegaan. Onder ds. Du Toit se leerlinge was die latere taalstryders Daniël Francois du Toit (Totius), D.F. Malherbe, A.G. Visser en P.J. du Toit. Nog ‘n leerling was Abraham Izak Perold, latere stigter van die SA wynbedryf (KWV), en D.F. (Danie) Malherbe, latere medestigter van Onderstepoort. Die heel eerste Afrikaanse koerant, De Patriot, en tydskrif, Ons Klyntji, het ook in hierdie skooltjie sy beslag gekry. Dit is ook die geboorteplek van
20 Dubbeldore vir Hugo Rust
Party onderwysers sal hierdie jaar wonder of hulle nie “dubbel” sien nie, want Hugo Rust Laerskool en Bambi spog met ‘n rekordgetal tweelinge op hul skoolbanke. Daar is altesaam 20 stelle tweelinge wat in 2017 hier sal skoolgaan! die Afrikanerbond en die plek waar die Eerste en Tweede Taalbewegings begin het. Die skool het egter later jare in onbruik geraak en begin verval. In die tagtigerjare het wyle W.A. de Klerk ‘n poging aangewend om die skool te laat restoureer, maar hy kon nie daarin slaag nie. Hy het egter nie moed opgegee nie en in 1985 met die hulp van ander rolspelers ‘n Hugenote Gedenkskool Trusteeraad gestig en vir die volgende dekade onverpoosd gewerk om dit te laat restoureer. Die Hugenote Gedenkskool se restourasie is in Desember 2001 met groot welslae afgehandel en dit is in Maart 2002, nadat dit vir 80 jaar as ‘n wynkelder en ook as ‘n stoor gebruik is, weer in gebruik geneem. Daar is ‘n konferensiesaal, ‘n museumgedeelte en gasteverblyf in die skool
en slypsklole met Afrikaans as voertaal word o.a. daar aangebied. Die Hugenote Gedenkskool, wat al vir 135 jaar lank in ons vallei staan en ‘n lewende monument vir Afrikaans is, het sowaar baie lewens en vele stories wat in hom opgesluit lê. Dit is al talle kere van ondergang gered. Dit was al ‘n wynkelder, ‘n skool, die bakermat van ons taal, die geboorteplek van groot gebeurtenisse in ons geskiedenis, weer ‘n wynkelder, ‘n stoor en sedert 2002 ‘n plek van opvoeding, erfenis en ‘n Nasionale Gedenkwaardigheid. In 2017 spring dié gebou ‘n verwoestende brand, wat alle ander strukture rondom hom in puin laat, vry en word dit vir die hoeveelste keer ‘n getuienis van die noue verbintenis tussen gister en vandag, maar bowenal weer ‘n baken van hoop.
NUUS • NEWS
2
18 Januarie 2017
•FOTOGRAAF BEYWER HOM VIR KINDERS
Vaalkat kleurvol vir fondse
Die plaaslike fotograaf Monrico van Wyk het gedurende Desember die yskoue Duitsland besoek om geld vir ‘n weeshuis in Zambië in te samel. Monrico, wat as Vaalkat Photography in die Drakenstein area foto’s neem, het reeds verlede jaar plaaslik geld ingesamel om die St. Anthony’s weeshuis in Zambië te ondersteun. Hy het hierdie weeshuis in Oktober 2016 vir byna ‘n maand lank besoek. “Ek het as vrywilliger by die weeshuis gaan werk en op ‘n daaglikse basis met die kinders se versorging gehelp,” sê hy. Volgens Monrico is daar groot nood by kinderhuise in Afrika, veral omdat daar in sekere kulture nog ‘n groot stigma aan gestremdheid kleef. “Behalwe die kinders wat wees gelaat is deur MIV of ouers wat hulle nie kan versorg nie, is daar ook baie kinders met gestremdhede wat deur die gemeenskappe verwerp word. Die weeshuis is hul enigste heenkome,” vertel hy. “Ek het met my besoek veral aandag gegee aan hierdie weerlose kinders wat so honger is vir stimulasie, aandag en aanraking,” sê Monrico.
Gedurende sy besoek aan die weeshuis het hy baie foto’s geneem. “My groot doelwit was om die foto’s te gebruik om meer geld vir die weeshuis in te samel,” sê hy. Terug in Wellington het hy begin om geld bymekaar te maak om ‘n goedgesinde gemeenskap in Duitsland te gaan besoek. “Ek het reeds vroeër kontakte in Malsch, Duitsland, opgebou en wou hierdie dorp met my foto’s van die weeshuis gaan besoek om sodoende geld vir die kinders bymekaar te maak,” vertel Monrico. Hy het plaaslik konserte gehou om genoeg geld vir ‘n vliegkaartjie in te samel en kon uiteindelik in Desember op die vliegtuig na Duitsland klim. “Dit was my heel eerste keer in ‘n vliegtuig en ek was doodbang. Vlieg is definitief nie vir my nie,” skerts hy. In Malsch het hy verskeie praatjies gehou, fondsinsamelings gereël en by plaaslike kerke en gemeenskapsgroepe betrokke geraak. Hy het ook sy foto’s van die St. Anthony’s weeshuis in Zambië oral vertoon en sodoende die mense se harte gewen. Uiteindelik kon hy daarin slaag om bykans R500 000 vir kindersorg bymekaar te
maak. “Dit is ongelooflik hoe vrygewig die mense daar is wanneer dit by ‘n verdienstelike saak kom. Selfs mense wat nie noodwendig aan die kerk behoort nie kon die groter prentjie sien het bygedra om die groot bedrag geld vir die kinders in te samel. ‘n Mens voel nederig as jy sulke dinge sien,” sê Monrico. Noudat hy terug is in Wellington wil hy weer op sy fotografie fokus en ook die ondervinding wat hy in Zambië en Duitsland opgedoen het, gebruik om in ons eie gemeenskap terug te ploeg. “Ek werk eenvoudig sodat ek kan terugploeg,” sê hy. “Hier is soveel nood hier reg onder ons neuse en ek wil graag by plaaslike projekte betrokke raak wat ‘n verskil in die wanpersepsies en swak omstandighede onder ons eie mense kan maak,” vertel hy. Volgens Monrico het elke mens ‘n lewensdoel – jy moet dit net begin leef. “Daar wag groot dinge op elke mens, maar dit help nie jy sit en wag vir dinge om te gebeur nie. Hy moet dit self gaan haal. Dis al manier hoe jy ‘n verskil in die wêreld kan maak.”
NUUS • NEWS
Voëls van nader bekyk
Die Drakenstein-gebied is ryk aan inheemse plante en diere en is vir baie eko-besoekers ‘n oase van natuurlike skoonheid. Baie voëlkenners beskou reeds die Kaapse Wynland en Drakenstein as een van die top-voëlkyk-bestemmings en tog weet plaaslike inwoners nie altyd watter voëlsoorte in dié area floreer en gevind kan word nie. Op 9 en 10 Februarie word ‘n “Flight for Birders”-kursus op Wellington aangebied. Dit sal aan beginner- en ervare voëlkykers en -entoesiaste die kans gee om op ‘n volhoubare manier by plaaslike voëlkyk betrokke te raak en dit te bevorder. Die kursus fokus veral op voël-identifisering en -bewaring en 65% van die kursusmateriaal handel spesifiek oor voëls in die Wellington-area. Die kursus plaas ook groot klem op die potensiaal van “voëlkyk-toerisme” in die area en sal daarom vir enigeen in die gasvryheids- of toerismebedryf van waarde wees. Kursusgangers sal die geleentheid kry om meer kennis op te doen ten opsigte van die identifisering van tuinvoëls, watervoëls, roofvoëls, asook die moeiliker spesies soos swaels, waadvoëls en passeriformes (“little brown jobs” of ‘n groot groep bruinerige voëls wat byna almal dieselfde lyk). Die kursus word met meer as 1600 skyfies en tekeninge toegelig en daar sal veral klem gelê word op die Kaapse Wynland as gesogte voëlkyk-bestemming. Belangrike bewaringskwessies sal bespreek word en wenke oor hoe gewone voëlkyk-entoesiaste by die bewaringsaksies betrokke kan raak, sal gegee word. Die koste van die kursus sluit ‘n praktiese veldwerksessie, basiese notas en sertifikate wat deur die BirdLife South Afrikca organisasie geakkrediteer en onderskryf word, in. Die kursus word op 9 en 10 Februarie in die Voortrekkersaal in Wellington aangebied en sal elke oggend om 09:00 begin. Kostes beloop R500 per persoon en belangstellendes kan Elaine by 082 455 8402 of mwjasser@mweb.co.za kontak. ‘n Skedule van die kursusprogram is by http://www.westerncapebirding.co.za/events/591/flight_for_birders_ course_at_wellington beskikbaar.
NUUS • NEWS
3
18 Januarie 2017
•WÊRELDREISE EINDIG OP WELLINGTON
Dr. Andrew Murray leef steeds voort •Jaomi Zeeman Dr. Andrew Murray, godsdienstige leier, skrywer en opvoedkundige baanbreker, se invloed op Wellington leef steeds voort in talle bakens en instansies hier. Sy standbeeld is boonop een van die bekendste landmerke op Wellington. Hierdie man, wie se persoonlike lewe, dryfkrag en nalatenskap onlosmaakbaar met die geskiedenis van Wellington vervleg is, is vanjaar op 18 Januarie presies 100 jaar gelede oorlede. Andrew Murray is op 9 Mei 1828 as die tweede kind van ds. en mev. Andrew Murray snr., ‘n Nederduits Gereformeerde-sendeling wat van Skotland na Suid-Afrika gestuur is, gebore. Andrew Murray se pa is na Suid-Afrika gestuur om die destydse dringende tekort aan predikante hier aan te vul en hy het sy hele bedieningstyd aan die gemeente van Graaff-Reinet gewy. Andrew Murray jnr. is saam met sy broer, John, na Aberdeen in Skotland gestuur, waarna hulle hul verdere teologiese opleiding aan die akademie in Utrecht, Holland, ontvang het. Hy het sy meestergraad in 1845 behaal en keer na Suid-Afrika terug. Die goewerneur aan die Kaap stuur Andrew Murray eers na die Bloemfontein-area in 1849. In 1850 word hy na die Transvaal beroep met ‘n petisie van meer as 1100 handtekeninge, maar hy wys dit van die hand. Hy was instrumenteell in die ondertekening van die Sandrivier Konvensie van 1852 deur die raad wat hy aan een van sy pa se vriende, Andries Pretorius, gegee het. In 1856 speel Andrew Murray ook ‘n beduidende rol in die totstandkoming van die Grey Kollege in Bloemfontein. Hy word die eerste rektor en koshuishoof van hierdie instansie. In dieselfde jaar trou hy met Emma Rutherfort. Hulle word uiteindelik die ouers van vier seuns en vier dogters. In 1860 word Murray predikant op Worcester. Dit is ook hier waar hy van sy eerste boeke begin skryf. Hy word in 1862 as die moderator van die Kaapse-sinode verkies en in 1864 word hy na
die Kaapstadse gemeente beroep. Hier is hy tot 1871 die predikant en hy skryf steeds talle boeke. Uiteindelik word Andrew Murray na Wellington beroep en hy aanvaar die aanbieding. Volgens Leona Choy se boek, “Andrew Murray, Apostle of abiding love”, het baie mense aanvanklik Murray se skuif na Wellington as ‘n “agteruitgang” in sy bloeiende loopbaan beskou. Wat sou iemand met sy insig, dryfkrag en geleenthede tog op ‘n klein, plattelandse dorpie soos Wellington gaan doen was hulle vraag. Dit was egter júís op Wellington dat Andrew Murray se loopbaan ‘n hoogtepunt bereik en behoorlik gebloei het. Dit was die rustigheid, stilte en plattelandse leefstyl wat by hom tot ‘n verdieping, doelgerigtheid en dringendheid om aan sy lewensdoel gehoorsaam te wees, gelei het. Sy boek, “The True Vine”, het natuurlik glad nie toevallig hier tussen die Wellingtonse wingerde die lig gesien nie. Tydens Murray se vroeë verblyf op Wellington het hy vinnig met die alledaagse bedrywighede, vreugdes en probleme van die dorp en omgewing te doen gekry. Die dorp was die middelpunt van ‘n gesonde boerdery-gemeenskap bestaande uit Franse Hugenote, Nederlanders en plaaswerkers. Met die voltooide Bainskloofpas, was dit ook die deurgang na die noorde. Murray moes inspring en kwessies soos die kerk se skuld, hoër onderwys en die opleiding van onderwysers, plaaslike sendingwerk en algemene kerklike bestuursake aanspreek. Die gemeente het aanvanklik verdeeld reageer op Murray se konserwatiewe benadering en matigheidsbeginsels ten opsigte van drankgebruik – die meeste was immers wingerdboere. Uiteindelik het Andrew Murray dit reggekry om Wellington se kroeë tot slegs vier te verminder – dit terwyl die naburige dorpe in dieselfde tyd tot veertig kroeë gehad het! Iets wat Andrew Murray baie gepla het, was die groot hoeveelhede plaaswerkers, huiswerkers en huishulpe wat geen geestelike bediening ontvang het nie. Om in hulle geestelike behoeftes te voorsien, het hy Sondagskool en aandskole
vir oud en jonk onder hulle begin. Die bywoning van hierdie inisiatief in die sendingsaal en buiteposte van die gemeente, was oorweldigend en Murray het die plaaseienaars aangemoedig om self ook by die bearbeiding van hul werkers betrokke te raak. Opvoeding was een van sy groot passies en hy het geweet dat dit die sleutel tot bemagtiging is. Die tekort aan hoër opleiding vir vroue in Suid-Afrika was vir hom die dryfveer tot die stigting van baie van die opvoedkundige instellings wat vandag nog op Wellington funksioneer. Murray se visie en pioniersbenadering ten opsigte van opvoeding in Suid-Afrika, het die grondslag gelê vir die stigting van baie skole in die Boland en Oos-Kaap. Deur sy invloed het Wellington in daardie jare die opvoedkundige sentrum van Suid-Afrika geword. Dit het ook aan die dorp ‘n ryk erfenis van opvoedkundige historiese geboue en instellings besorg. Die oorsprong van die koshuise en geboue van die huidige CPUT en Hugenote Kollege kan byna almal tot by Andrew Murray nagespoor word. Die opleiding en werk wat in 2017 steeds by hierdie instellings geskied, die ekonomiese en sosiale voordele wat die dorp steeds daaruit trek en die waarde wat dit tot die land se mense voeg, is in der waarheid ‘n voortlewing van Murray se visie. Sy sendingvisie het Wellington ook as ‘n opleidings- en ondersteuningsbasis vir hierdie doel gevestig. Hy het in 1906 afgetree. Hy het ere-doktorsgrade van die Universiteit van Aberdeen en die
Universiteit van Kaapstad ontvang en bykans 250 boeke geskryf wat wêreldwyd in verskeie tale vertaal is. Murraystraat, die Andrew Murray-sentrum, die “Murray Kerk”, Huis Andrew Murray en Huis Murray-koshuis is na hom vernoem. Andrew Murray sterf op 18 Januarie 1917. In Wellington gaan daar 100 jaar later egter nie ‘n dag verby dat sy naam nie heel waarskynlik op dié dorp genoem word nie.
18 Januarie 2017
courant
dié
4
NUUS • NEWS
Staan sterk saam
Net toe Wellingtonners dink dat hulle die vuurdoop van die eerste groot veldbrand hierdie seisoen die hoof kon bied, vlam die tweede brand aan die Hawekwa se hange binne ‘n week weer op – hierdie keer selfs meer verwoestend as die eerste. Ons het hierdie week op ‘n slegte manier met die krag van vuur kennis gemaak. Mense het magteloos teen die hitte, wind en vlamme weerstand probeer bied. Gesinne moes toekyk hoe kosbaarhede in as verander en boere moes hoor hoe hul boorde en wingerde in die vlamme knars. Die aanhoudende gezoem van helikopters bo ons dakke was onrusbarend en terselfdertyd gerusstellend. Tussen die verlies smeul daar boonop die kooltjies van wantroue en agterdog, want wie op dees aarde sou hierdie vernietiging kwaadwillig stook? “Vuur” het egter ‘n klomp sinonieme, en daarmee het ons gelukkig ook in hierdie week kennis gemaak. Mense het met geesdrif en sonder huiwering ingespring en begin help om die vure te blus. Die gemeensaamheid en omgee van ons dorp se mense was ‘n helder gloed wat, te midde van die verliese, hoop gebring het. Die ywer waarmee gewone mense ingespring het om vreemdelinge by te staan, was ‘n lig in hierdie rokerige tyd. Die passie en omgee waarmee ondersteuningstrukture en onbaatsugtige hulp aangebied is, het ons dorp ‘n stookplek van saamstaan gemaak. Wellington moes in die laaste jaar baie kosbaarhede aan vuur afstaan en hierdie week was opnuut ‘n proef. Die vurige onderlinge ondersteuning van dorpenaars en boere kon gelukkig ‘n brandpad maak en die goedheid van mense het soos ‘n vuurtoring ‘n baken geword. Dit laat die hoop op ‘n jaar waarin ons mekaar se hande sal vat, opvlam.
It’s Good News dr. Mark Blackwell Snr
Grace of God From Psalm 31 In Thee, O LORD, I place my trust. Be Thou, dear Father, near. Matthew 6:1-8 “But you, when you pray, go into your room, and when you have shut your door, pray to your Father who is in the secret place; and your Father who sees in secret will reward you openly. And when you pray, do not use vain repetitions as the heathen do. For they think that they will be heard for their many words. Therefore do not be like them. For your Father knows the things you have need of before you ask Him.” Jesus Himself set the supreme example. Matthew writes, And when (Jesus) had sent the multitudes away, He went up on the mountain by Himself to pray. Now when evening came, He was alone there.” Matthew 14:23 We must ask ourselves some hard questions, the answers to which require calm reflection and honesty. What do my acts of practical righteousness and my prayer life say about my intimacy with God? Our joy in the Lord reflects our intimacy with Him as we seek to meet the needs of others in His name, as we intercede in prayer before the throne of grace. Our personal spiritual walk with God is inseparable from our consistent devotion to His Word and dependency upon His Spirit. Lord, your marvellous kindness has always appeared when I felt most adrift.
Vlamme: In en
rondom Wellington het die brande weer opgevlam ná sterk wind die afgelope paar dae hier waai. Wellingtonners staan steeds saam om die wat die brande bestry, van hulp te wees. Foto’s: Susanna Tecklenburg
Hoogste punte in vallei: Hugenote se
dux-leerling, Franceska Strydom, saam met haar ma, dr. Irene Strydom, en die skoolhoof, Wikus Naudé, tydens ‘n geleentheid waar die skool haar vereer het. Sy het die hoogste gemiddelde punte (93,7%) van alle hoërskole in die vallei in die matriekeksamen behaal.
Regstelling: In verlede week se uitgawe van dié courant is die naam van Miceala de Vries, matrikulant van die
Bergrivier Sekondêr op Wellington per abuis uitgelaat in die naamlys van die matrikulante wat hul eindeksamens geslaag het. dié courant vra om verskoning vir enige ongerief.
NUUS • NEWS
18 Januarie 2017
5
6
18 Januarie 2017
NUUS • NEWS
Nuut: Die Laerskool Hugo Rust spog met vyf nuwe aanstelllings. Shani van Zyl (graad
3), Jenna Wright (sportorganiseerder), Heinnie Sophat (internskap graad 6), Marie-Louise Louw (internskap graad 1) en Suné Schoeman (graad 2) het by die personeel van dié skool aangesluit.
Klopse: Die aansteeklike ghoema-klanke van die plaaslike Klopse het weer op Saterdag 14 Januarie deur Wellington se strate opgeklink. Die tweede rondte van die dorp se Klopse-kompetisie het op hierdie dag by twee verskillende bymekaarkomplekke plaasgevind. Die “Wellington Minstrels”, wat al meer as 100 jaar die Klopse tradisie in Wellington lewendig hou, het by Pelikaan Park bymekaargekom om hierdie rondte van die kompetisie af te handel. Dit het vir groot feestelikheid en die gebruiklike kleurvolle skouspel gesorg. Die finale rondte van die plaaslike Klopse kompetisie sal op Saterdag 28 Januarie plaasvind.
Hugenote Hoërskool het op Maandag 16 Januarie hul kampe-swemgala, waar die Koedoes, Duikers en Rietbokke teen mekaar deelgeneem het, gehou. Minder ervare, sowel as gesoute swemmers het hul gate uit geniet, terwyl hulle in spanverband deelgeneem het.
NUUS • NEWS
Dagboek • Calender
Wellington CLC Matriek-aandklasse by Wellington CLC., Hospitaalstraat. Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 tot 20:00. Navrae skakel 021 864 2418 Wellington Rugby Klub Hiermee nooi ons alle oud en nuwe belangstellendes uit om vanaf Januarie 2017, elke Maandag, Dinsdag en Donderdag Wellington Rugby Klub se voorbereiding vir die 2017 seisoen by te woon. Oefening sluit padwerk in, so bring jou drafskoene saam. Ons eerste oefening is 5 Januarie 2017 vanaf 19:30 by Wellington Rugby Klub reg langs Boland Stadion. Vir meer inligting kontak Jaco van Deventer 081 488 5457 of Francois Coertze 083 443 3081 Afrikaanse Taal Monument Paarl 11 Februarie, 11 Maart: Kom geniet ons Volmaanpieknieks op die bogenoemde datums om 17:00 tot 22:30. Die toegangsgelde beloop R25/R10 SA Studente, R5 vir kinders en kinders onder 6 jaar is gratis. Eie piekniek-mandjies is welkom. Kaartjies is beskikbaar by Computicket / hek. Enige navrae skakel 021 863 0543 / 4809 OK Minimark / Castle Rugby 7's 29-30 Januarie 2017: Dit is weer die tyd van die jaar vir die OK Minimark / Castle Rugby 7's. R28000 se pryse te wen Calling all bird lovers 9 and 10 February: The “Flight for Birders” bird identification and conservation course will be presented on the 9th and 10th of February in #heartwellington by Dr. Anton Odendal, Chairman of Bird Life Overberg and Western Cape. This interesting course was developed to assist novices and experienced birdwatchers to become involved in bird watching in a practical and sustainable way. Basic steps in the identi-
Geklassifiseerd • Classifieds
fication of birds will be highlighted. The course is illustrated with more than 1 600 slides and drawings. Emphasis will also be placed on the further development of the @capewinelands region as a top birding destination. Important conservation issues will be discussed and details will be given on how ordinary birders could become involved in conservation actions. For more information contact Elaine at 082 455 8402/ mwjasser@mweb.co.za Huguenote Laerskool 11 Februarie: Huguenote Laerskool bied aan - Virrie liefde met Jak de Priester & Pieter van Jaarsveld om 08:30 vir 09:00. Die oggend beloof om iets in te hou vir ieder en elk, dames en mans met fantastiese vermaak, inspirerende sielskos en heerlike verversings. Kaartjies slegs R250 pp. Bring jou vriendin, vriend, eggenoot, pa, ma, ouma, oupa,kollega en kom kuier virrie liefde saam met iemand vir wie jy omgee. Kaartjies is beskikbaar by CLF stuur ‘n e-pos aan info@clf.co.za of skakel 021-873 6973 of besoek www.clf.co.za Piketberg Toerisme 11 Februarie: Kom geniet 'n lekker somermark by museumgronde vanaf 9:00 tot 14:00. Heerlike kontreivrugte, water-aktiwiteite, tuisgebak, gratis waatlemoenskywe, handwerkstalletjies, gratis vermaak, historiese Piketberg staptoere en veel meer. Huguenote Hoërskool 21 Februarie: Kom wees deel van die kroning van Mnr & Mej Huguenote 2017 om 19:00 by die Huguenote Hoërskool. Die gaskunstenaar is Schalk Bezuidenhout Franschhoek Village Marketa Huguenoteweg 29, Franschhoek Elke Saterdag gedurende die jaar van Augustus tot Junie. R15 by die deur (gratis vir kinders onder 13 jaar)
Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning: April to Sept at 08:00; Oct - March at 07:30; Wed. Morning : 09:30 (end Jan to mid Dec); 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425.
7
18 Januarie 2017
NEW Sunday morning at 09:00 (English service); HJN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280.
NGK Wellington-Oos Sondagoggend om 9h00 en Sondagaand om 19h00 h/v Barlinka en Cummingsstraat, Wellington. Navrae : 021 873 2690
Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541.
NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:00, Sondagaand-diens Leefkerk om 19:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561.
St George's Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30 (English); 22 Jan van Riebeeck Street. Enquiries: 021 873 2021.
Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316 of 074 608 0519
NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763.
Shofar Sondagoggend om 09:00 Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677.
GELUKWENSING CONGRATULATIONS NELLIE HOWBURGH - Aan 'n wonderlike moeder - Geluk met u 70ste verjaardag en mag daar nog vele wees - U kinders en kleinkinders #3358 ----------------------------HENRY CAROLUS - Baie geluk met jou 50ste verjaardag. Hoop jy geniet die dag. Jou vrou - Josline #3359 ----Daddie baie geluk met u verjaarsdag. Hoop Pa geniet die dag. Kinders Miché, Ho-Hein, Anell en Micha #3360 ----------------------------JOSLIN & HENRY CAROLUS - 28 jaar huweliksherdenking. Dankie Here dat ons oë op U gevestig is. Hennie, ek is lief vir jou - Joslin #3361 ---------------------------RAAI WIE IS 50 op 22 Januarie - Baie geluk met die mylpaal. Alle seëninge vorentoe Marochelle, Mikayla, Steven en Davids gesin #3362 ----------------------------RAAI WIE WORD 6 - 23 Januarie 2017. Baie geluk seun. Hoop jy word bederf. Baie lief vir jou - Ma, Pa en Boeta #3363 --------------------------------JOSEPH KAROLUS Baie geluk met jou verjaarsdag my man. Mag jy 'n lekker dag het vandag. Van: jou vroulief en kinders #3364 ----------------------------Geluk Ousus met jou 40ste verjaarsdag. God se rykste seëninge op jou spesiale dag Tiesa, Vernon, Emile, Herschelle en Lee-Anco #3365 ----------------------------QEEDAH ARENDSE - 2 op 9 Januarie. Baie slamat met jou verjaardag. Mag Allah jou nog vele jare spaar. Lief jou - Mami en Daddy #3366 ----Mag Allah jou nog vele jare deurdra ons eie Noenoe Lief vir jou. Van: Antie Mariehet, Cairah & Mel-Amber #3367 ----------------------------CAIRAH ARENDSE - 3 op 18 Januarie. Ons Poen-Poen is uitgespaar en ons is dankbaar. Lief jou - Mami, Daddy & Mel-Amber #3368 ----Baie geluk ons Dorakind. Genade het jou gedra. Van Antie Martha #3369 ----Ons sê dankie Here u beskerming hand oor jou lewe. Geniet die dag ten volle - Arendse & Petersen familie #3370 ----------------------------ASHLYN CUPIDO - Baie geluk met jou 19de verjaarsdag. Mag God jou ryklik seën. Geniet jou dag. Liefde - Mammie, Tammy & Guns #3371 ----------------------------JOEDEN DAMONSE 13 Januarie. Hemelse Vader, dankie vir ses jaar. Hy is waarlik 'n wonderwerk. Van: Ouma Fien, kinders, niggies en nefies #3372 -----------------------------
DOPPIES EN MORNE COETZEE - 13 Januarie. Baie geluk met julle verjaarsdae. Met goedheid en guns sal die Here julle seën - Tannie Fien (buurvrou) #3373 ----------------------------CRAIG-JUNIOR, NAYRON VAN DER WESTHUIZEN - Baie geluk met jou eerste verjaarsdag. God se rykste seën - Jou ma, ouma, oupa en liefste ouma grootjie Charlotte #3374 ----------------------------LIAM ARENDSE - Baie geluk met jou tiende verjaarsdag. God se rykste seën. Van: Mamma en boeta Anzlin #3375 ----------------------------WILMARIE - Baie geluk met jou sewende verjaardag op 20 Januarie. Ma is baie lief vir jou - Mammie, Oupa en Poenie #3376 ----------------------------SAKKIE BASSON -- Daddy 'n voorreg om op 18 Januarie geluk te sê met 83 jaar. God se rykste seën. Liefde - Florencia & Steven #3377 -----Oupa Sakkie, baie geluk. Mag daar nog vele wees met goeie gesondheid Edwin, Aldean en kinders #3378 ----Mag u nog vele jare omvou word deur die genade van die Here. Liefde - Loren, Mellnecia & kinders #3379 ----Oupa, baie geluk met verjaarsdag. Liefde Charmaine en kinders #3380 ----------------------------EUGENE JUNIOR MARKUS - Veels geluk met jou verjaardag op 18 Januarie. Mag jy jou dag geniet en geseënde jaar - Ouma en Oupa Riebeek wes #3381 ----------------------------KEISHA MARKUS. Baie geluk met jou verjaarsdag 14de Januarie.Mag jy 'n geseënde jaar hê- Ouma en Oupa van RiebeekWes #3382 --------------------------JUWANO ERASMUS - Baie geluk met jou 19de verjaardag op 17 Januarie. Bly by die voete van die Here - Antie Yvonne en huisgesin #3383 ----------------------------DEBBIE - Geluk met jou verjaardag op 19 Januarie. Mag dit 'n mooi en gelukkige dag wees - Liefde : Jou ma, Norton en Kayla #3384 ----------------------------JAYLA op 21 Januarie 2017 is jy agt jaar oud. Jy is my blom , sonskyn en engelkind. Dank God vir jou - Liefde - Mammie #3385 ----Lekker verjaar Jayla Klompie liefde - Van al jou Noel Familie #3386 ----------------------------ZANDRE MAARMAN - Op 22 Januarie - 17 - Geluk ons liefste seun. Mag God jou ryklik seën - Ma, Pa, Graham, Nicole, Xavier en Barbie #3387 -----Baie geluk met u verjaarsdag op 22
Januarie. 'n Geseënde lewensjaar. Liefde Ouma, Oupa Jan, Nico en Kawer #3388 ----------------------------KYK WIE WORD VYF Mag jy 'n geseënde dag hê. Mammie en Pa is baie lief vir jou - Bramwill & Keanan Joubert #3389 -----Baie geluk Ouma se blompot. Jy is ons sonstraal. Ouma is baie lief vir jou - Ouma Kana en Majiet familie in Retreat #3390 -----Baie geluk Ouma se engel. Jy is my blompot vol liefde. Trots op jou Ouma San, Keanan, Brain & uncle Kevin #3391 -----Baie geluk Antie se kind. Jy moet lekker verjaar. Baie lief vir jou- Van Tannie Janine, Mishka, Niesie en uncle Jonathan #3392 --------------------------------May your troubles be less, your blessings be more, and nothing but happiness. Happy
birthday - Mom, Dad, Luchiano & Tiahana #3393 ------Happy birthday to you hope you enjoy your day with your family and friends. God bless - Michile, Amanda and baby Lucian #3394 ----------------------------Happy Birthday to my brother JEROME. Read Psalm 23 and keep God's hand. From your sister, Deon & Luchiano #3395 ----Happy Birthday my son Jerome. God bless. From your Mom #3396 --------------------------------LUWELLEN ANTONY BEUKES - Oorlede : 16 Januarie 2017 BEGRAFNISDIENS: Saterdag, 21 Januarie om 8:30 tot 9:00 by Disastraat 12 en om 10:00 by Ou Apostoliese Kerk, Malmesbury #3403 -------------------------------
8
courant
dié
18 Januarie 2017
WELLINGTON SPORT
Tel: 022 487 3221
Run in colours
The Color Run South Africa will be pulling into Stellenbosch, to conclude its magnificent Rainbow Tour. Stellies will be your last opportunity to get your rainbow on before the launch of the new season. When: 18 February 2017 • Where: Stellenbosch High School • Time: 08:00 The Color Run is the single largest event series in the world, painting over 40 countries in rainbows. Tickets are available online from The Color Run website (http://thecolorrun.co.za/ tickets/) and Facebook (www.facebook.com/ TheColorRunSouthAfrica), and are priced from between R225 and R300. Manual entry points are listed on The Color Run’s website.
Win:
Five lucky readers can win double tickets to this event. Sms your name, surname and hometown, together with the answer to the question below to 084 8333 813 before 10 February @ 15:00. Question: Where will this Colour Run be held?
NUUS • NEWS
18 Januarie 2017
Swemgala:
Hugenote Hoërskool het op Maandag 16 Januarie hul kampeswemgala, waar die Koedoes, Duikers en Rietbokke teen mekaar deelgeneem het, gehou. Minder ervare, sowel as gesoute swemmers het hul gate uit geniet, terwyl hulle in spanverband deelgeneem het.
•ALLE PAAIE LEI SATERDAG NA PELIKAANPARK
‘Hillies’ maak reg vir rugby-aksie
Hillcrest United Rugbyklub van Wellington bied vanjaar hul Sewes rugbytoernooi op 21 Januarie op Pelikaanpark aan. Dit is die plaaslike rugbyklub se tweede 7’s toernooi en beloof om vanjaar nog groter te wees met ‘n totale prysgeld van R8000 op die spel. Vanjaar neem 12 spanne deel, wat die Hamilton rugby-klub, Worcester Villagers, Windmeul, Never Despair, Wesbank, Roses, Newton, Hillcrest, Young Peoples, Young Stars, WGT Warriors en Safcol United sal insluit. Volgens organiseerders word ‘n groot opkoms verwag. Die "Hillies" het vinnig opgang in die plaaslike sewes-rugbykringe gemaak, ná dié span verlede seisoen drie uit die vyf deelnemende toernooie gewen het. Hulle nooi almal uit om die dag saam met hulle te kom geniet. Toegang is R10 per persoon en R10 per voertuig. Heerlike kosstalletjies, koeldranke en lekker musiek kan verwag word.
Die hekke open om 08:00 en die eerste wedstryd sal teen 10:00 afskop. Toeskouers is
welkom om hul eie gazebo’s en kampstoele te bring.
Vir meer inligting, kan Edward Abrahams by 076 235 3429 gekontak word.