courant
NUUS • NEWS
29 Junie 2016
dié
Wellington
Gratis • Free
1
Hugenotestraat 24, Malmesbury
29 Junie 2016
Uitgawe 376
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
• SKRYWER SIEN EERSTE LIG OP WELLINGTON
Totsiens prof Adam
Dr. Michael le Cordeur
“Die Here het gaskommel, en die dice het verkeerd geval vi’ ons, daai’s maar al”. Met hierdie woorde het prof Adam Small die psige van die bruin mense opgesom in die jare sestig toe hy vir die eerste keer as digter en skrywer naamgemaak het. Dit beskryf ‘n ingesteldheid van ‘n groep mense, wat sonder hoop grootword en voortgaan om in hoop-loosheid te leef. Sedert prof Adam se ontydige dood in die middernagtelike ure van Saterdagoggend in ‘n Claremontse hospitaal, is die volgende precis die wêreld ingestuur: Adam Small is op 21 Desember 1936 in Wellington gebore. Die gesin vertrek later na die plaas Goree in Robertson (waar sy pa onderwyser was) en verhuis weer later na Retreat op die Kaapse Vlakte toe sy pa skoolhoof word. Hy studeer aan die Universiteit van Kaapstad en later aan die London School of Economics onder die wêreldbekende Karl Popper. Hy keer later terug vir verdere studie aan Oxford. In 1959 word hy dosent in filosofie aan Fort Hare en in 1960 word hy een van die grondleggers van die nuutgestigte Universiteit van Wes-Kaapland (UWK). Maar wie is Adam Small werklik? In een van sy eerste gedigte vra hy: Die poet? Wie is hy? Wellingtonners moes die afgelope paar dae tot vervelens toe in koerante lees en oor die TV en radio hoor dat Small van Wellington kom. Omdat sy gesin egter al meer as 65 jaar gelede die dorp verlaat het, weet min Wellingtonners (en vir wat dit werd is, ook die res van Suid-Afrika) waar Adam Small se wortels begrawe lê. Ek het twee mense geraadpleeg. Die een is sy vrou, Dr. Rosalie Small (nee Daniels) wat goedgunstiglik ingestem het om die eerste hoofstuk Wie is my man, Adam Small te skryf vir 'n boek waaraan ek (en 40 ander mede-skrywers) tans skryf. Die boek is opgedra aan Adam en die plan is om dit op 21 Desember vanjaar bekend te stel as hy 80 sou word. Die ander persoon wat ek genader het, was my moeder, Sylvia (nee Adams) wat soos Small reeds 79 jaar oud is, en saam met hom tydens sy kinderjare op Wellington opgegroei het. Uit hierdie twee bronne kon ek waardevolle inligting bekom oor wie hy werklik was. Small is gebore in Terracestraat net agter die Wellington VGK kerkgebou (voorheen die sendingkerk). Hy het, soos baie ander Wellingtonners in ‘n huis grootgeword met twee kulture en godsdienste: Sy pa, Jan, was ‘n lid en ‘n lede-prediker van die einste NG Kerk terwyl sy ma, Faatima, ‘n Moslem en lid van die Suleiman-familie op Wellington was. My ma vertel my dat Antie ‘Tima ‘n besonderse mooi vrou was; ‘n feit wat gestaaf word deur Adam se radiodrama Goree. Lees mens die drama Goree verneem jy dat sy pa Sondae vir die plaaswerkers kerk gehou het en dat sy ma die brood gebak het vir die nagmaal. Maar sy moes die meel by die “Miesies “op die plaas gaan haal. Dié het haar soms lelike woorde toegesnou. Dis woorde wat die jong Adam diep seergemaak het, en het waarskynlik bygedra tot sy latere ontwikkeling as aktivis vir menseregte. Maar terug na Wellington se mense. Adam Small se pa het twee broers gehad: Ernst het langs hulle in Terracestraat gewoon, Een van sy dogters was Babie ‘n naam wat in sy werk Goree voorkom, waar sy die rol van Johnnie se vrou vertolk. Dit is nog iets wat Wellingtonners gerus kan onthou: Small het dikwels van Wellingtonse name en vanne gebruik gemaak vir sy karakters in sy dramas. Uncle Ernst Small en sy gesin het later na Kanada geëmigreer waar hulle vandag nog woon. Small se pa se ander broer was die legendariese Oom Bokkie Small, die asterkoning wat die kampioentrofee van die Wellingtonse krisanteskou SES keer gewen het. Hy het in Voorstraat
gewoon, reg oor die destydse Fro-Pine winkel. Oom Bokkie se seun, Vigan, was saam met hierdie skrywer op skool by Bergrivier. Min leerders en onderwysers van Bergrivier Hoërskool en Wellington weet dat prof Small in 1958 daar Geskiedenis gegee het. ‘n Entjie laer af in Voorstraat het die bekende Cavernelis-gesin gewoon. Studente en leerders wat Small se drama Krismis vir Map Jacobs bestudeer het, sal vir Mister Cavernelis onthou as een van die hoofkarakters in hierdie boek. Van Map gepraat: Sy naam was eintlik Johnnie, maar dis net sy ma, Antie Grootmeisie, wat hom so noem. Dit is nog ‘n kenmerk van Wellington se mense: Jy is in ons dorp meer bekend vir jou bynaam as jou regte naam. Ek weet van ‘n
oor dieselfde man skryf. Deur in Kaaps te skryf en te dig, het hy sy mense bemagtig en werke soos Kitaar my kruis, Kanna hy kô hystoe, Krismis van Map Jacobs, Joanie Galant-hulle en Kô lat ons sing, het huishoudelike name in ons land geword en word vandag in skole en universiteite bestudeer. Sy werk lewer sosiale kommentaar op apartheid en wat dit aan hom en sy mense gedoen het. Uit verset het hy in 1983 opgehou om te publiseer. Dit was eers dertig jaar later, in 2013 dat hy uit die Stilte bevry is met die bekendstelling van Klawerjas ‘n digbundel wat ironies genoeg op sy geboortedorp, Wellington vrygestel is. Die kring is voltooi. Hy word oorleef deur sy vrou Rosalie - sy Penelope soos hy haar in Klawerjas noem - met wie hy meer as 40 jaar getroud was en hul twee kinders, Peter-John en Zaidee, asook twee seuns uit sy eerste huwelik Leon en John en agt kleinkinders. Myns insiens was Adam Small een van die Drie Grotes in die Afrikaanse kanon. Maar anders as ander digters het hy nooit die erkenning gekry wat hy verdien het nie. Daarom het hy sy boodskap voor sy dood aangepas. Anders as die dice, ‘n spel volgens die noodlot, verskuif hy die klem na Klawerjas, ‘n spel wat denke en oordeel vereis. Hopelik sal Wellingtonners, maar ook die res van Suid-Afrika ag slaan op een van die dorp se grootste seuns se laaste boodskap aan hulle: Hou op om julle lewe in die hande van ander te plaas: besluit self waarheen julle op pad is en hoe julle dit gaan doen. ‘n Proefiet, sê ek djille, ‘n proefiet van Jesus ja…Maar hierdie profeet was selde in sy eie land geëer, daarvoor was hy sy tyd te ver vooruit. Adam Small is hystoe. Daars bemindes in die hemel.
Wie is Adam Small? hele paar Wellingtonse mense wat Antie Girlie of Oom Boytjie heet. Maar terug na Small se ma, Faatima en die Suleiman-gesin. Een van Fatima se susters was Rasoel, of Auntie Loel soos ek haar leer ken het . Antie Loel was - soos haar suster ook getroud met ‘n Christen-man: Japie Adams, ‘n skoolhoof van Newton Laerskool en die ouers van agt kinders waaronder Yusuf (Boetie), Thys en Japie Adams (later skoolhoof van Hillcrest). My ma se moeder, Ann, (dus my ouma) en Boeta Japie Adams was broer en suster. Nog ‘n dogter uit die Suleiman-familie was Kitty. Lesers wat Kanna hy kô hystoe gelees het, sal weet dat Kitty n belangrike rol vertolk as die dogter van Makiet, Kanna se grootmaak-ma. Dis juis Kanna hy kô hystoe wat deur baie letterkundiges, beskou word as die grootste drama nòg in Afrikaans. In 2012 ontvang Adam Small die Hertzogprys – die grootste eer wat enige skrywer kan toekom vir sy bydrae tot die Afrikaanse drama. Verlede Desember het die Universiteit Stellenbosch ‘n ere-doktorsgraad aan hom toegeken waar ek die voorreg gehad het om die commendatio te lees. Skaars ses maande later, moet ek 'n huldeblyk
Dr. le Cordeur is Hoof; Departement Kurrikulumstudie en dosent van Afrikaanse letterkunde, Universiteit Stellenbosch
Lees binne... • Karin Kay se passie vir sang en musiek • Vinpro wys beste wingerd-blokke aan • Wellington en Newtons pak mekaar