Die courant wellington 1 jun 2016 372

Page 3

NUUS • NEWS

3

1 Junie 2016

• drie toekennings

ATKV palm pryse in

Bo: Tharina Schweidler met ATKV Wellington se toekennings.

Die ATKV-tak van Wellington is Donderdag by Goudini vereer met drie pryse. Die ATKV het vier bene, naamlik taal, onderwys, kultuur en gemeenskap. Landwyd word takke op 'n nasionale vlak in die vier verskillende bene beoordeel. In dié proses word daar gekyk na die aktiwiteite en programme wat die takke aanbied en hoe dit by die ATKV op nasionale vlak se doelstellings en strewes inpas. Wellington het 'n eersteplek behaal vir die funksionaliteit van al die bene. Elke been het ook 'n eie toekenning. Wellington ATKV het met die louere weggestap in die Onderwys-afdeling. Hier het hulle uitgereik na landelike kleuterskole in die omgewing, saam met die GPF en die Abba-sorg van ATKV Nasionaal. Hulle het ook 'n toekenning gewen vir die Stasie-sterre-projek wat hulle in 2015 by die Op 'n Stasie-fees aangebied het. Hierdie tak is 'n gesinstak en leef hulle uit in Afrikanerskap deur betrokke te wees in die gemeenskap. "Ons sosiale verantwoordelikheid lê ons na aan die hart en ons leef dit met 'n passie uit. Dit is ons verantwoordelikheid om 'n posiewe erfenis na te laat. Ons kon na die Op 'n Stasie-fees R20 000 aan die nuwe nagskuiling oorhandig. Dit is die vrug van ons werk," sê Tharina Schweidler, ondervoorsitter.

Verhale van Miko: Besoekers

- groot en klein - Saterdagoggend aan die Bôrdienghuis-teater op Wellington was in vervoering oor die onwaarskynlike storie van Miko. Dié poppeteater deur oud-dramastudente van die Universiteit van Stellenbosch het 'n unieke storie en boodskap - waarskynlik verskillend vir elke kosertganger oor ouderdomme heen oorgedra. Die komiese is nóú vervleg met sosiale kommentaar vir die gewillige oor. Die vyfstudente wat die produksie op die planke bring, is Mandri Sutherland, Elisha Zeeman, Andrico Goosen, Lana Groenewald en Marelize Viljoen.

InteliGro maak sy merk in die Swartland

InteliGro het Donderdag sy nuwe tak in die Swartland by die Misverstanddam gevier. InteliGro het sy ontstaan te danke aan die integrasie van twee toonaangewende gewasoplossingsmaatskappye in die Suid-Afrikaanse landboubedryf, naamlik Terason en Technichem. Terason verskaf reeds sedert 1998 spesialisdienste aan produsente in die suidelike streke en Technichem verskaf vanaf 1989 soortgelyke gewasoplossings aan produsente in die sentrale en noordelike dele van Suid-Afrika. Die hoofkantoor van InteliGro gaan steeds in Wellington wees (ou Terason-hoofkantoor) met ‘n streekskantoor in Viljoenskroon (ou Technichem-hoofkantoor).

Bo: Gerrit de Kock (InteliGro Moorreesburg), Jan “Kwak” du Toit (InteliGro Hopefield), Albie Wessels (InteliGro Porterville), Philip Geldenhuys (InteliGro Malmesbury), Penna Odendaal (InteliGro Moorreesburg), Jacobus Wium (InteliGro Moorreesburg), Johan Nienaber (InteliGro), Henry Odendaal (InteliGro Moorreesburg), Johan Hanekom (InteliGro). Voor is Adriaan Geldenhuys (InteliGro Malmesbury), Andre Erasmus (InteliGro), Thinus Smuts (InteliGro) en Niel Kruger (InteliGro)

InteliGro is in ‘n gunstige posisie om die uitdagings van die landboubedryf aan te spreek en deur sy oplossinggesentreerde benadering waar optimalisering van uitset en gehalte as hoofdoelwit seëvier, ‘n positiewe bydrae tot voedselsekerheid in Suid-Afrika te maak.

Promosie Die vernaamste dienste wat InteliGro aanbied is: • gedifferensieerde gewasoplossings ondersteun deur ‘n sterk tegniese span; • ‘n omvattende gewasbeskermingsprodukportefeulje; • gespesialiseerde plantvoedingsoplossings; • innoverende en ondersteunende tegnologie; • ‘n gevestigde, dinamiese verspreidingskanaal wat produkte en dienste landwyd aanbied danksy kredietwaardige gewasoplossingspesialiste; • gevestigde en gesonde vennootskappe met navorsingsgebaseerde multi-nasionale en ander verskaffer-maatskappye; en • biologiese oplossings. Vir meer inligting besoek gerus www.intelichem.co.za Enige verdere navrae kan gerig word aan InteliGro se onderskeie kantore in Viljoenskroon by 056 343 3444 en Wellington by 021 873 6177 of stuur gerus e-pos na info@inteligro.co.za

The tale of Jerry told on the stage of Artscape Wellington born and bred Jeremeo Le Cordeur will bring his presence to the big stage with his

play “Jerry”. Vulture Productions presents “Jerry” - A soloplay conceptualized by Le Cordeur at The Artscape Arena from 29 June to 2 July 2016. Jerry tells the story of an ordinary, Introverted guy, whose life takes a turn toward the unexpected when he’s the recipient of a mysterious “life changing” pizza delivery. His life quickly elevates to the extraordinary as he thrusts into a dangerous situation which could end in defeat or a chance at heroism. From playwright and director, Jeremeo Le Cordeur, Jerry is a fast paced, action packed Comedy/ Drama which blends pop culture and our obsessions with the world of Television into an easily watchable, lighthearted theatre experience. “I have always been fascinated by the world of comic books and superhero-like characters. It’s been such a powerful tool to inspire and empower. - Transplanting this concept onto stage excites me,” says Le Cordeur. “Jerry’s journey is an aspirational tale encouraging viewers to be brave when facing adversity. - It’s grounded, to the point that you believe this could just happen to you.”

This performance will be the 8th output presented by Vulture Productions, an independent production & design platform founded by Le Cordeur in 2010, encouraging the creation of original South African works. It has since made a name for itself for courageously breaking away from the status quo. Offering edgy, thought-provoking productions, engaging with a diverse audience, through a

variety of innovative and educational theatrical experiences. Key Performance Dates: - Wednesday, 29 June 2016 at 20:15 [Press and Opening Night] - Thursday, 30 June 2016 at 20:15 - Friday, 01 July 2016 at 20:15 - Saturday, 02 July 2016 at 15:00 - Saturday, 02 July 2016 at 20:15: [Final]


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.