Wellington
courant
dié
1
Gratis • Free
Hugenotestraat 24, Malmesbury
1 Junie 2016
Uitgawe 372
tel: 022 487 3221
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
• 'ons het in hom bly glo'
Garth wóú altyd die No. 10 dra
“Trots. Ja, ons is trots, maar wil nie ons bors te ver uitstoot nie.” Só gesels Jeff en Angeline April in die voorkamer van hul huis, waar Wellington se jongste held grootgeword het. Garth April (24) was Saterdagaand by sy ouerhuis toe hy hoor afrigter Allister Coetzee het hom in die Springbokgroep opgeneem. “Ons het maar altyd geglo en baie ander het geglo dit gaan nog gebeur. “Selfs sy oom Gerald het tot voor sy dood verlede jaar volgehou Garth gaan in die 2019 Wêreldbeker vir die Springbokke speel.” Hy is die jongste van vier seuns, waarvan sy een broer, Brendon (‘n polisiebeampte op Malmesbury), al saam met hom vir die Boland uitgedraf het. Ma Angeline vertel rugby is in die familie se gene. “My pa, Jové Abrahams, het destyds vir Pirates gespeel en dikwels vir die Boland ook. Ek het netbal gespeel en sy pa (Jeff) en sy familie het ook vir Pirates gespeel.” “Die twee kinders het gekies om vir Roses te
speel.” Garth Graham April was nog klein, in standerd 1 in St Albans Primêr, toe hy een middag 15 hemde van 1 tot 15 genommer het en self die no.10-hemp oor sy kop getrek het. Hy het as 13-jarige al vir Boland gespeel en daarna weer o.16 en o.18, vertel pa Jeff, terwyl hulle koerantknipsels en foto’s van Garth wys. In die Hoërskool het Paarl Gimnasium “hom kom haal, voor hy daar bo vir Florida gaan speel het”. Daar het hy tussen 2009 en 2012 vir die Gautengers op o.18-, o.19-, o.21- en Vodacombeker-vlak diens gedoen. Toe die SA o.18 Skolespan ná afloop van die 2008 Cravenweek aangekondig is, was April, Elton Jantjies en Patrick Lambie in die groep van 22. Nou is hulle saam in Coetzee se Springbokgroep van 31. Maar Garth se loopbaan was nie net met rose besaai nie, hy het ná sy Vodacombekerdiens vir die Leeus op sy tuisdorp vir Boland in dié kompetisie uitgedraf toe ‘n kniebesering sy loopbaan ‘n harde knou toegedien het. Hy was ‘n jaar op die krukkelys en is van sy kontrak onthef. Sy ouers vertel hy was redelik moedeloos, maar hy het herstel en verlede
jaar saam met Brendon vir die klub Durbell gaan speel. Hulle het die klub gehelp tot in die Gemeenskapsbeker waar Garth as die Jong Speler van die Toernooi aangewys en deur die Westelike Provinsie opgeraap is om sy debuut op heelagter vir die streeptruie te maak. Die Wellingtonner se loopbaan was weer op koers en kort voor lank het die Haaie hom ingekatrol. Hier het hy in die Haaie se voorseisoense wedstryde in Frankryk baie goed gespeel en in die Superrugbyseisoen op die plaasvervangerbank begin voordat hy hom uitstekend van sy taak gekwyt het in moeilike wedstryde teen onder andere die Highlanders en die Chiefs. Oor sy besluit om Garth vir die Springbokgroep te kies, het afrigter Coetzee spesifiek verwys na Garth se vermoë om aanvallende rugby te speel, maar dat hy ook ‘n goeie voet het. “Ek hou veral van die manier waarop hy sy staal op losskakel gewys het teen moeilike opposisie.” Pa Garth, wat erken dat hy nou bietjie van sy ondersteuning van die Silwer Varing-span sal moet afsien, beaam dat Garth in die Superrugby uitsonderlik gevaar het teen die All Blacks se top-losskakels. Links: Trotse ouers, Jeff en Angeline April, voor hul seun Garth se geborgde motor by die Wellington-huis waar hy grootgeword het.
NUUS • NEWS
1 Junie 2016
2
NUUS • NEWS
1 Junie 2016
NUUS • NEWS
3
1 Junie 2016
• drie toekennings
ATKV palm pryse in
Bo: Tharina Schweidler met ATKV Wellington se toekennings.
Die ATKV-tak van Wellington is Donderdag by Goudini vereer met drie pryse. Die ATKV het vier bene, naamlik taal, onderwys, kultuur en gemeenskap. Landwyd word takke op 'n nasionale vlak in die vier verskillende bene beoordeel. In dié proses word daar gekyk na die aktiwiteite en programme wat die takke aanbied en hoe dit by die ATKV op nasionale vlak se doelstellings en strewes inpas. Wellington het 'n eersteplek behaal vir die funksionaliteit van al die bene. Elke been het ook 'n eie toekenning. Wellington ATKV het met die louere weggestap in die Onderwys-afdeling. Hier het hulle uitgereik na landelike kleuterskole in die omgewing, saam met die GPF en die Abba-sorg van ATKV Nasionaal. Hulle het ook 'n toekenning gewen vir die Stasie-sterre-projek wat hulle in 2015 by die Op 'n Stasie-fees aangebied het. Hierdie tak is 'n gesinstak en leef hulle uit in Afrikanerskap deur betrokke te wees in die gemeenskap. "Ons sosiale verantwoordelikheid lê ons na aan die hart en ons leef dit met 'n passie uit. Dit is ons verantwoordelikheid om 'n posiewe erfenis na te laat. Ons kon na die Op 'n Stasie-fees R20 000 aan die nuwe nagskuiling oorhandig. Dit is die vrug van ons werk," sê Tharina Schweidler, ondervoorsitter.
Verhale van Miko: Besoekers
- groot en klein - Saterdagoggend aan die Bôrdienghuis-teater op Wellington was in vervoering oor die onwaarskynlike storie van Miko. Dié poppeteater deur oud-dramastudente van die Universiteit van Stellenbosch het 'n unieke storie en boodskap - waarskynlik verskillend vir elke kosertganger oor ouderdomme heen oorgedra. Die komiese is nóú vervleg met sosiale kommentaar vir die gewillige oor. Die vyfstudente wat die produksie op die planke bring, is Mandri Sutherland, Elisha Zeeman, Andrico Goosen, Lana Groenewald en Marelize Viljoen.
InteliGro maak sy merk in die Swartland
InteliGro het Donderdag sy nuwe tak in die Swartland by die Misverstanddam gevier. InteliGro het sy ontstaan te danke aan die integrasie van twee toonaangewende gewasoplossingsmaatskappye in die Suid-Afrikaanse landboubedryf, naamlik Terason en Technichem. Terason verskaf reeds sedert 1998 spesialisdienste aan produsente in die suidelike streke en Technichem verskaf vanaf 1989 soortgelyke gewasoplossings aan produsente in die sentrale en noordelike dele van Suid-Afrika. Die hoofkantoor van InteliGro gaan steeds in Wellington wees (ou Terason-hoofkantoor) met ‘n streekskantoor in Viljoenskroon (ou Technichem-hoofkantoor).
Bo: Gerrit de Kock (InteliGro Moorreesburg), Jan “Kwak” du Toit (InteliGro Hopefield), Albie Wessels (InteliGro Porterville), Philip Geldenhuys (InteliGro Malmesbury), Penna Odendaal (InteliGro Moorreesburg), Jacobus Wium (InteliGro Moorreesburg), Johan Nienaber (InteliGro), Henry Odendaal (InteliGro Moorreesburg), Johan Hanekom (InteliGro). Voor is Adriaan Geldenhuys (InteliGro Malmesbury), Andre Erasmus (InteliGro), Thinus Smuts (InteliGro) en Niel Kruger (InteliGro)
InteliGro is in ‘n gunstige posisie om die uitdagings van die landboubedryf aan te spreek en deur sy oplossinggesentreerde benadering waar optimalisering van uitset en gehalte as hoofdoelwit seëvier, ‘n positiewe bydrae tot voedselsekerheid in Suid-Afrika te maak.
Promosie Die vernaamste dienste wat InteliGro aanbied is: • gedifferensieerde gewasoplossings ondersteun deur ‘n sterk tegniese span; • ‘n omvattende gewasbeskermingsprodukportefeulje; • gespesialiseerde plantvoedingsoplossings; • innoverende en ondersteunende tegnologie; • ‘n gevestigde, dinamiese verspreidingskanaal wat produkte en dienste landwyd aanbied danksy kredietwaardige gewasoplossingspesialiste; • gevestigde en gesonde vennootskappe met navorsingsgebaseerde multi-nasionale en ander verskaffer-maatskappye; en • biologiese oplossings. Vir meer inligting besoek gerus www.intelichem.co.za Enige verdere navrae kan gerig word aan InteliGro se onderskeie kantore in Viljoenskroon by 056 343 3444 en Wellington by 021 873 6177 of stuur gerus e-pos na info@inteligro.co.za
The tale of Jerry told on the stage of Artscape Wellington born and bred Jeremeo Le Cordeur will bring his presence to the big stage with his
play “Jerry”. Vulture Productions presents “Jerry” - A soloplay conceptualized by Le Cordeur at The Artscape Arena from 29 June to 2 July 2016. Jerry tells the story of an ordinary, Introverted guy, whose life takes a turn toward the unexpected when he’s the recipient of a mysterious “life changing” pizza delivery. His life quickly elevates to the extraordinary as he thrusts into a dangerous situation which could end in defeat or a chance at heroism. From playwright and director, Jeremeo Le Cordeur, Jerry is a fast paced, action packed Comedy/ Drama which blends pop culture and our obsessions with the world of Television into an easily watchable, lighthearted theatre experience. “I have always been fascinated by the world of comic books and superhero-like characters. It’s been such a powerful tool to inspire and empower. - Transplanting this concept onto stage excites me,” says Le Cordeur. “Jerry’s journey is an aspirational tale encouraging viewers to be brave when facing adversity. - It’s grounded, to the point that you believe this could just happen to you.”
This performance will be the 8th output presented by Vulture Productions, an independent production & design platform founded by Le Cordeur in 2010, encouraging the creation of original South African works. It has since made a name for itself for courageously breaking away from the status quo. Offering edgy, thought-provoking productions, engaging with a diverse audience, through a
variety of innovative and educational theatrical experiences. Key Performance Dates: - Wednesday, 29 June 2016 at 20:15 [Press and Opening Night] - Thursday, 30 June 2016 at 20:15 - Friday, 01 July 2016 at 20:15 - Saturday, 02 July 2016 at 15:00 - Saturday, 02 July 2016 at 20:15: [Final]
NUUS • NEWS
courant
1 Junie 2016
dié
4
Hou matigheid voor oë in die winkels
Elke keer wat jy winkel toe gaan, trek al jou spiere op 'n knop. Jou keel raak droog, jou beursie wil die vlaktes inhardloop... Ja, dit is nou maar so. Die ekonomie druk en ons druk net so hard terug. Elke sakkie wat sy pad tot jou huis vind, raak net duurder en duurder en daar is net mooi niks wat ons daaraan kan doen nie. Wat ons wel kan doen, is om aan te pas. Om twee keer te dink voor ons luukshede koop. Al ruik daardie duur parfuum so lekker, is daar beslis 'n ander een wat ook net so lekker ruik, teen 'n baie goedkoper tarief. Gisternag het die petrolprys ook weer die hoogtes ingeskiet. Nou sal ons weer drie keer moet dink voor ons sommer in die kar klim en ry. Om jou leefwyse aan te pas, is al wat jy kan doen. Niks anders nie. So neem beheer oor dit waaroor jy wel beheer het, jyself. Ons kan staan en kla, maar dit gaan ons niks in die sak bring nie (vreemd), of ons kan werklik kyk na hoe ons leef. Daar is so baie om voor dankbaar te wees. Jy kan darem nog winkel toe gaan en gaan inkopies doen, so baie kan nie. Neem beheer oor jou lewe, jouself en jou inkopie-metodes en jy sal sien hoe vinnig jy aanpas by jou nuwe begroting en omstandighede.
Dis Goeie Nuus
VLV byeen:
Die Wellingtontak van die VLV het by die Monte Vidéo Gastehuis geluister na Miwette Basson wat wenke gegee het oor winterkleredrag. Lede het ook kentekens ontvang vir jare se lidmaatskap by die tak. Agter is Alet Bullock (Pick ‘n Pay), Karen Barnard (voorsitter), Karin Morkel (20 jaar), Dawn Greyling(10 jaar), Marieta Serdyn (10 jaar), Miwette Basson, Meagan Odendal (Pick 'n Pay) en Mynie de Goede (25 jaar). Voor staan Rida Crouse (25 jaar) en Viodie Malan (25 jaar).
Hugo Rust vier grootouers Hugo Rust Primêr op Wellington se Bambi-klas het hul grootouers met 'n spesiale oggend bederf. Links is Miems en Lappies Labuschgne met kleinseun Christopher Carstens. Regs is Leonie van Schalkwyk en haar oogappel, Logan.
Dr. Andrew Bosman
Maar een ding ek vergeet die dinge wat agter is... Paulus skryf aan die Filippense dat hy breek met sy verlede. Ons gedagtes kan ons lewe verryk of verwoes. Paulus het die gemeente van die Here Jesus vervolg en selfs die moord op Stefanus goedgekeur. Hy het briewe by die hoëpriester gekry om volgelinge van Jesus in Damaskus te vervolg en geboeid na Jesrusalem te bring. Hy was oortuig dat hy vir God ywer. Oppad na Damaskus het ‘n skerplig uit die hemel hom omstraal en ‘n stem het met hom gespreek: Saul, Saul waarom vervolg jy My? Hy het gevra: Wie is U, Here? En Jesus het hom geantwoord, Ek is Jesus wat jy vervolg. Nadat Saulus (dit is Paulus) met die Here ‘n ontmoeting gehad het, het hy vir die Here Jesus ‘n getuie geword. As hy wil aanbeweeg moet hy fokus op wat voorlê. Daarom die woorde; ek vergeet wat agter is en strek my uit na wat voor is om die hoë roeping in Christus te verkry. Paulus sê wel dat hy dit nog nie verkry het nie, hy jaag daarna, maar hy weet dat hy ook deur Christus Jesus gegryp is. Hy wil Jesus beter leer ken, en die krag van Sy opstanding. Ons moet ook as gelowiges in Christus fokus op wat voorlê, die hemelse dinge. Ons gedagtes moet vernuwe word sodat ons lewe kan verander en ons die doel uitleef waarvoor ons geskep is.
Bo: Bettie Beukes, Jan Bosman, Olivia Keyser en Isabella Aylward het ook die oggend saam geniet.
Amanda van der Mescht gee vir Duan Niemand ‘n stywe druk.
Wenner:
Jan Britz van Wellington is die gelukkige wenner van Orwellington se CD "nael sussie nael". Hier oorhandig Izélle Garcia (redakteur dié courant) sy prys.
Stokkiesdraai:
Die deelnemers (links) aan die Stokkiesdraai Storie-aand in die Bôrdienghuis-teater op Wellington was Saul Damon, Patrick Pietersen, Ashwill Hartnick, Cheslyn Lane, Willem Pieterse, Flora Appollis, Christopher Kammies, Neil Buchner, Faizel Dampies, Ragel van Wyk, Gawie Plaatjies, Rita Andreas, Gibson Adams en Mervyn April. Bo lei Olivia le Cordeur van die Wellington Museum die gesprek op die verhoog.
NUUS • NEWS 1 Junie 2016
5
NUUS • NEWS
6
1 Junie 2016
Nuwe bladjie
Wilhelm du Preez is aangestel as die nuwe mede-aandeelhouer van Howard-Landquip en staan aan hoof van Gunn Track op Malmesbury en Darling. Gunn Track, met sy hoofkantoor op Malmesbury, het onlangs ‘n splinternuwe baadjie aangetrek dié van Howard Landquip. Die onderneming sal ook voortaan handel dryf as Howard-Landquip (Pty) Ltd t/a Gunn Track. Met ‘n splinternuwe bestuurder, Wilhelm du Preez, sal hierdie bekende gesig in die landbou net nog hoër hoogtes bereik. Gunn Track het steeds te alle tye volhoubare dienste aan hul kliënte gelewer en ons wil daarop voortbou en verbeter. Normale dag tot dag sake sal voortgaan soos in die verlede. “Die besigheid gaan normaal voort soos dit altyd was en die strewe is om nog ‘n beter kwaliteit naverkopediens aan al ons klënte te lewer,” sê Du Preez. By Gunn Track sal die kliënte en ondersteuners in die toekoms nog meer professionele en uitnemende diens met waarde vir geld op kan reken. Du Preez is ‘n oud-inwoner van Malmesbury wat weer sy pad terug na dié dorp en sy mense gevind het. Hy het hier grootgeword en skoolgegaan en is goed bekend onder die plaaslike boeregemeenskap. In 1991 het hy by die Boland Bank op Ceres sy loopbaan begin. Van hier is hy na die Eerste Nasionale Bank op Malmesbury, toe na Andrag Agrico op Malmesbury waar hy as heelwerktuie-bemarker werksaam was vir 'n periode van 10 jaar. Hierna het hy die Swartland verruil vir die land
Links: Die tegniese-afdeling staan gereed om kliënte van hulp met diens te wees. Gunn Track se tegniese-afdeling lewer die tegniese ondersteuning van dienste vir alle trekkers en plaasimplemente op kliënte se plase.
van volstruise, waar hy by die Klein Karoo Groep op Oudtshoorn aangesluit het as meganisasiebestuurder vanaf 2006 tot 2014. Sy pad het toe 11 jaar later gekronkel na OosVrystaat Kaap Bedryf Beperk, waar hy streekbestuurder van meganisasie was en vanaf 9 Mei vanjaar is hy die hoof uitvoerende beampte van Howard-Landquip t/a Gunn Track op Malmesbury. "Ek hanteer hoofsaaklik die bestuur van die operasionele take op Malmesbury – en Darling tak. Die mede-direkteure van Howard - Landquip is Lindsay Green (Rovic Leers) en Willem Buys (Turf Ag Products) "Ons wil nie noodwendig die grootste landbouverskaffer wees nie, maar ons wil die beste diens vir ons kliënte lewer," sê hy. "‘n Uitdaging is altyd vir my ‘n aansporing tot loopbaan-bevrediging en die suksesse wat dan later volg. Ek glo te alle tye aan harde werk met integriteit," sê Du Preez. Du Preez het een doel voor oë: Om van dié onderneming 'n reuse-sukses te maak. "Ek sal besluit wat die twee of drie belangrikste doelwitte vir die bepaalde besigheidseenheid vir die volgende jaar is en dan fokus op die behaling van daardie doelwitte, sonder om toe te laat dat ons aandag afgelei word. Ek dink ook ‘n mens moet nooit die waarde van spanwerk en veral diversiteit in spanne onderskat nie. Graag wil ek ook Howard - Landquip op só ‘n manier bedryf dat ‘n handdruk meer as ‘n formele kontrak werd is," sê Du Preez.
NUUS • NEWS 1 Junie 2016
7
Dagboek • Calender
vir Gunn Track
Group art exhibition 13 May - 6 June – ‘Manuscripts’ is a group exhibition in the Yard, 18 Huguenot Street in Franschhoek. The overall idea originated with the idea of working with the Dewey Decimal System experienced as a scholar in school libraries. For more information visist www.artinthe yard. co.za.
Die wenspan van Gunn Track Malmesbury.
Exhibition UCT Irma Stern Museum 14 May to 4 June - Darling resident Wilna van der Walt will have an exhibition and book launch at the UCT Irma Stern Museum: The Old Woman and the Moon an inner journey in oil. The exhibition will be opened by Amanda Botha at 11:00 on 14 May. Walkabout with artist at 11:00 on 21 May. The work spans 23 years of the artist’s life. The interrelatedness of separate works will be demonstrated mythological and alchemical themes will be amplified. The museum is in Cecil Rd, Rosebank. Enquiries: 021 685 5686, www.irmasternmuseum.org.za.
"By Gunn Track Darling maak ons vele hande ligte werk."
Worldart 21 Mei om 11h00 - Charl Bezuidenhout gaan vertel waarna om te kyk wanneer ons beplan om kuns aan te koop. Toegang R20 (sluit 'n glas wyn in) RSVP : Anne-Ghrett voor 20 Mei 2016 083 415 0002 / 021 864 2988 - galery@breytenbachsentrum.co.za Huguenot Primary School 27 May 2016 - Fundraiser event - 90's Mania at the Barnyard Theatre, Willowbridge. Tickets : R150 - Doors open at 18:30 en show starts at 20:00 Darling Brew Extreme 28 May (Darling) - DBX 16 - 68km (bone crusher R275); 45 km (long claw - R250); 25 km (slow beer - R150) Contact 021 286 1099
Vir navrae en afsprake: kontak die tegniese veldbeampte, Aldo Opperman, kantoor ure 044 482 3411, of na ure nommer 082 601 5843.
Ceres, Tulbagh en Wolseley: Werner Cruywagen - 082 608 8715 Darling, Hopefield en Langebaan: Nichol Schreuder - 082 613 1060
Vir ‘n prys navraag of kwotasie vir ‘n nuwe Landini of Mccormick trekker, of enige Rovic Leers produk, kontak: Malmesbury, Riebeek-Kasteel en Riebeek-Wes : Jacques van Wyk - 082 896 4694
En vir Algemene navrae: Wilhelm du Preez - 079 350 7484 En vir Administratiewe Navrae: Francine Hoffman - 044 482 3411
Swartbergvlei Outride 29 May – Darling. Enquiries: 084 593 2745. Oskar en die Pienk Tannie 4 Junie – Sandra Prinsloo tree op in dié stuk deur Eric-Emannuel Schmidt by Hugenote Hoër; 10:50; R120. Navrae: 021 873 1362. Ceramic Matters 4 Junie om 11h00 - Kom ontmoet en gesels met Anthony Harris en Gerhard Swart en vind uit hoe hulle skeppingsproses werk. Toegang is gratis (wyn teen R10 per glas. Uitstalling duur tot 16 Junie. RSVP : Anne-Ghrett voor 2 Junie 2016 083 415 0002 / 021 864 2988 galery@breytenbachsentrum.co.za
2016 Chase Camp 24 to 27 June – Kingdom Come will present the camp in Wemmershoek. Enquiries Christopher Neethling, 082 443 9700; Cost: R470. Disney On Ice 6 - 10 July – Disney On Ice presents World of Enchantment is an ice show featuring characters from Frozen, The Little Mermaid, Cars and Toy Story I, along with Mickey Mouse, Donald Duck and Goofy. GrandWest. Book at Computicket. Skeppende skryf vir leerders Die Hugenote Gedenkskool in Daljosafat, in samewerking met die Afrikaanse Taalmuseum en – monument, bied vanjaar die sesde keer Skerpskryf aan. Dit is ‘n skeppende Afrikaanse skryfkompetisie vir graad 7, 10, 11 en 12 leerders van Drakenstein. Die Hugenote Gedenkskool was die eerste skool om Suid-Afrika waar leerders in Afrikaans onderrig ontvang het. Heelwat pryse vir leerders en skole is op die spel. Elke leerder sal ook ‘n boek ontvang. Leerders kan by hul Afrikaanse onderwysers inskryf. Insluitings sluit op 29 Julie en moet by Fanine Brown by die Taalmonument ingehandig word. Daar kan ook by haar kontak gemaak word by 021 8722 3441 of opvoeding@taalmuseum. co.za. Wellington Parkrun Every Saturday at 08:00 - rain or sunshine - this free 5km run/walk takes place at Imbuko wines, Wellington. For more info, directions and free registration go to www.parkrun.co.za/wellington. Follow them on Facebook at Wellies Parkrun or Twitter @welliesparkrun. You can alo send an email to wellingtonoffice@parkrun.com or contact Francois Coertze at 083 443 3081. Hokkie Elke Maandag, Dinsdag en Woensdag van 18:30 tot 20:30 oefen die Paarl Hokkieklub op die Klein Parys-sportvelde. Navrae by Gavin Cupido (084 520 3714) of Adele Bothma (084 625 8137). Helderberg Music Society The Helderberg Music Society hosts light-classical music an a regular basis – 10 live concerts and two recorded ones per year. The monthly concerts takes place on Sunday afternoon at 16:00 in the Talani Lounge. They offer a wide variety of instruments and voices for R280 per month (pro rata after June) plus R15 at the door. Recorded concerts are free. Contact Olga Maray at 021 855 3752 or email wmarsay@ wordonline.co.za. Kontak ons op 'n Maandag voor 17:00 by 022 487 3221 met jou kalenderinskrywings .of e-pos na susan@diecourant.co.za.
Kerke • Churches Anglican Church Sunday morning 09:30; 4 Milner Street, Wellington. Enquiries: 021 873 1425. Joshua Generation Sunday morning 09:00 (English), Sunday evening (Afrikaans) 17:00. Provence, Milner Road. Enquiries: 021 873 6541.
NGK Moeder-gemeente Sondagoggend om 09:30, Sondagaand om 19:00. H/v Kerk- en Piet Retiefstraat, Wellington. Navrae: 021 873 1561. NGK Noord-gemeente Sondagoggend om 09:30: MacCronestraat 11, Wellington. Navrae: 021 873 2763.
Kerk van Macedonië Sondagdiens om 10:00; Groenberg. Navrae: 062 836 1316.
Presbyterian Church Sunday mornings at 09:30; 22 Jan van Riebeeck Straat. Enquiries: 021 873 2021.
NEW Sunday morning at 10:00; HIN Training Centre, College Street, Wellington. Enquiries: 082 355 3280.
Shofar Sondagoggend om 09:00l Laerskool Hugenote, Kerkstraat 41. Navrae: 021 873 7677.
courant
tel 022 487 3221
Safety first with Berg With the real prospect of another tough, low Berg River Canoe Marathon on the cards for the four day classic from Paarl to Velddrif from 13 to 16 July, race officials have tightened rules to safeguard the safety of every paddler in the field. The rule changes have triggered rigorous debate in paddling circles, bringing into focus the legal requirements for the race organisers and the unusual river conditions expected as subSaharan Africa heads into the second year of the La Niña drought cycle. Farringer said that any paddler unable to secure two qualifying results within 160% of the race winner’s time was entitled to apply for an exemption up to a fortnight before the race. He also said that a new committee would be assembled to oversee the issue going forward. Organisers expect the planned first stage from Paarl to Hermon – a distance of 43km – to be easily paddleable, unlike last year when a water hyacinth infestation forced the race to start at Hermon. “The river between Paarl and Hermon is quite open and easy this year so this should not be a big challenge,” said Farringer.
KLUBKOMPETISIES (Boland) Witsentraal: Tulbagh 25, Evergreen Paarl 12; Delicious 21, Ceres 10; Roses United 57, Wellington 15; Hamlet 17, Wolseley 9; Hillcrest United 36, Bella Vista 21. Gholf WELLINGTON (72) Sanlam-kankerdag: Enkel-stableford: Afd. A: G.Visser 39, G.Groenewald 28, L. Martin 37, Afd. B: G.Bosch 39, K.Henderson 37, J. van der Burg 37, G. Arends 36.
150 5501_100 x 260
PRICES VALID 2 - 5 JUNE 2016
lay 38. Vroue: Afd. A: C.de Jager 32. Afd.
span van die SWD Arende. Die Kavaliers het die Arende met 32-16 in ‘n Curriebeker-wedstryd ore aangesit. Bo word Marnus Hugo (skrumskakel) in besit betrap terwyl Francois Hanekom en Shaun Adendorff sgter toekyk.
Bo: Keano Adonis, Thomas Linnegar (Grant Khomo O/16 en Steven Abrahams (Grant Khomo XV Span) van Hugenote Hoërskool is in die Boland Cravenweekspan opgeneem.
CELEBRATE
AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, WELLINGTON, DURBANVILLE, WILLOWBRIDGE, SABLE SQUARE, FRANSCHHOEK, BIG BAY AND CERES STORES.
Afd. C: J. Morris 41, J. Conradie 40, V.Pil-
Kavaliersege: Die Boland Kavaliers het Vrydag op tuisbodem afgereken met die
Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury or Wellington Liquor Stores. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.
209
R
Best Customer 2013 Loyalty Programme 2014 three years in a row 2015
Per Case
H.Burger 28
Sportdagboek Sports diary Yzerfontein Cycle Experience 12 June – 73km – R250; 47km – R200; Flat and Fast non-technical route. Gourmet food, craft stalle, kids activities, live music. enter onlie at www.pedalpower.org.za.
Verskeie atlete uit die streek het Sondag die moordende Comrades Ultramarathon tussen Pietermaritzburg en Durban voltooi. Elf lede van die Wellington Atletiekklub het die 91ste Comrades oor 89,13 km binne die toegelate tyd afgelê. Clint Williams was die eerste Wellingtonatleet oor die wenstreep in Durban in ‘n tyd van 8:14:25. Hy is gevolg deur Joseph Thomas (8:36:51), Jan Williams (9:01:48), Nicodemas Johnson (9:34:29), Daniel Van Wyk M50 (9:34:30), Bekker Van Niekerk M40 (9:38:35), Hendrik Broodryk (9:53:09), Frank Koopman (10:29:22), Hendri Visser (10:43:04), Adriaan Kuhn (10:48:06) en Corne Mellet (11:49:03).
Amstel Lager or Lite Cans or Non-returnable Bottles 24 x 330ml
Buy a Case and Get a 6-pack Amstel Lite Non-returnable Bottles or Cans FREE
B: E. Albertyn 34. Afd. C: H.Passerini 32,
Atlete laat waai by Comrades
BUY 2 FOR
MORE FOR LESS
Sportuitslae Sports results Rugby
Cravenweek:
Shandré Pietersen van Bergrivier Sekondêr is ook in die o.18-span opgeneem.
1 Junie 2016
1 Junie 2016
Kayden Kiewit, Michael Goodall, Cohen Kiewit (Cravenweek) en Wernich Harms (Akademieweek) van Hugenote Hoërskool op Wellington is in die Boland se o.18-rugbyspanne opgeneem.
Jevan August van die Weltevrede Sekondêr is in die o.18-Cravenweekspan opgeneem.
NUUS • NEWS
SPORT
dié
8
200
129
R
Klipdrift Export Brandy 750ml
R
J&B Rare Scotch Whisky 750ml
8595
Count Pushkin Premium Vodka 750ml
8595
Mainstay Premuim Cane Spirits 750ml
45
R
Durbanville Hills Sauvignon Blanc or Chardonnay 750ml Each
85
R
Cape Velvet Cream Liqueur Assorted 750ml Each
Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly. 1505501_ 10x8 Vredenburg Liquor.indd 1
2016/05/27 2:04 PM