Die courant swartland/bergrivier 1 jun 2016 372

Page 9

NUUS • NEWS

9

1 Junie 2016

Fair Cape brei uit met Malmesbury UHT-melkaanleg Die wêreld se bevolking neem daagliks met sowat 300 000 mense toe. Die mense in Suid-Afrika neem jaarliks met sowat 55 000 toe. Só het Melt Loubser, hoof uitvoerendebeampte van Fair Cape Dairies, gesê by die opening van hul UHT (ultra high temperature)melkaanleg op Malmesbury. Loubser, wat die Swartland Munisipaliteit geloof het vir die diens wat hulle lewer en die manier waarop hul Fair Cape op Malmesbury ontvang het, het gesels oor die besluit van die groep om langlewe-melk by hul produkreeks te voeg. Die gemiddelde melkverbruik in Suid-Afrika is tans 30 liter per persoon per jaar, terwyl dié syfer wêreldwyd op 50 liter staan. Hy het gesê die aanleg se huidige kapasiteit is tussen 60 000 en 80 000 liter per dag en is die beplanning om dit binnekort tot sowat 200 000 te verhoog. “Ons glo dit gaan een van die mees prominente landbouverwerkingsfasiliteite in die Swartland word saam met bestaande wyn- en graanaanlegte. Hy het vertel dat Fair Cape vanjaar die 21ste jaar vier sedert hulle eerste sakkie melk by die destydse 7 Eleven in Stellenbosch verkoop is. Dit was die gevolg van die groep se eerste stap in die landbouverwerkingsketting. Hulle het tot in daardie stadium 8000 liter gemelk en toe die klein fabriek van R1,6 miljoen met ses werkers begin. Vandag het die groep sowat 350 verskillende produkte op winkelrakke en lewer hul 90 000 liter rou melk per dag. Fair Cape het meer as 1000 werknemers in diens. Hul het meer as ‘n 100 verskaffers en dra bykans R1 biljoen by tot die ekonomie. Oor die melk wat hulle by die Malmesbury-

aanleg verwerk het Loubser gesê dit het geen verkoeling nodig nie en het ‘n raklewe van bykans ‘n jaar. Die moontlikheid om die melk uit te voer is nie uitgesluit nie. Hy het die Swartland Munisipaliteit geloof vir die toestand van die dorp, die netheid, dienslewering, vriendelikheid en die samewerking in proses om as besigheid hier betrokke te raak. Loubser het gesê sukses ontwikkel met tyd en met eienskappe soos durf, aanpasbaarheid en integriteit. Hy het bygevoeg dat die beloning ‘n bietjie later veel groter is, as jy selfbeloning net ‘n bietjie kan uitstel. Oor sukses het Loubser Anton Rupert aangehaal wat gesê het hy het aangehou omdat hy nooit gehad het wat hy wou hê nie en nooit besef het hoeveel dit sou neem om te kry wat hy wou hê nie. Ook by die opening het die burgemeester van die Swartland, Tijmen van Essen, Fair Cape verseker dat hul die regte plek gekies het omdat die munisipaliteit voorsiening gemaak het en hier nog kapasiteit is vir onder meer die verdubbeling van die rioolverwerkingskapasiteit en die stortingsterrein van Malmesbury het “nog meer as 30 jaar lugspasie”. Op sy beurt het die Wes-Kaap se minister belas met ekonomiese ontwikkeling, Alan Winde, landbouverwerking saam met toerisme as die top werkskeppers beskryf in ‘n tyd wat werksgeleenthede in algemene landbou daal. Winde het ook verwys na die Europese Unie waar daar volgens ooreenkoms nog kapasiteit bestaan vir belastingvrye uitvoer van melkprodukte. Hy het na Fair Cape en die Loubser-familie verwys en gesê dat waardes soos ‘n draad deur die familie en besigheid loop.

Bo: Fanie Neethling, Jan Scannell en burgemeester Tijmen van Essen. Links: JJ Olivier, minister Alan Winde en Louis Loubser. Melt Loubser en minister Alan Winde knip die lint na die nuwe aanleg op Malmesbury.

Onder: Pieter Hamman, Lombard Walters, Alwyn Hanekom en Charl Hamman. Links: Die bestuurslui van Fair Cape saam met minister Alan Winde ná die opening van die aanleg op Malmesbury. Hier is Brandon Miller, Jacques du Preez, JJ Olivier, Eduard Loubser, Louis Loubser, MEC Alan Winde, Melt Loubser, Jan Scannell, Johan Boshoff, Johannes Loubser, Sbusiso Khumalo, Robert de Rooy, Viljee Loubser.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die courant swartland/bergrivier 1 jun 2016 372 by DieCourant - Issuu