Skip to main content

Die courant swartland/bergrivier 1 jun 2016 372

Page 1

c urant

Gratis • Free

20.7%

Hugenotestraat 24, Malmesbury

1 Junie 2016

Bergrivier

Swartland

Weskus se 1ste keuse

dié

1

Uitgawe 372

tel: 022 487 3221

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

XTreme trek weer groot deelname

Meer as 1300 fietsryers het Saterdag op Darling in die onderskeie wedrenne van die 2016 Darling Brew XTreme Bergfietsbyeenkoms die wenstreep oorgesteek. Deelnemers het by dié byeenkoms wat jaarliks in gewildheid toeneem, oor drie afstande kragte gemeet. Die taaier wedren oor 68 km heet die Bone Crusher, met die effe makliker 45km en 25km wat as die Long Claw en Slow Beer bekend staan. Hier steek een van die Swartland se bergfietssterre, Fietie Rocher, ‘n bruggie oor in die Bone Crusher. Sien nog foto's op bladsy 15.

Darling-terrein toets bene

• koers verlaag ná eiendomswaardes styg

Korting vir seniors op Die Swartland Munisipale Raad het Donderdag die tweede aansuiweringsbegroting vir die komende finansiële jaar eenparig goedgekeur. Een van die aspekte wat uit opposisiegeledere kritiek ontvang het, is die verdere vermindering van die gratis kwota water van vyf kiloliter per huishouding per maand na vier kiloliter in die komende jaar. Daarna sal dit stelselmatig verminder word tot daar geen gratis water aan huishoudings verskaf sal word nie. Die goedkeuring het egter nie seepglad verloop nie en is daar ‘n paar kwessies waaroor daar nog verdere samesprekings tussen die verskillende partye en die amptenare van die munisipaliteit gehou sal word. Die begroting het ook groot reaksie ontlok vanuit die Yzerfontein Inwonersvereniging wat onder meer hul ontevredenheid met die korting op eiendomswaardasies uitgespreek het. Die inwoners het 'n verhoging van die korting tot die bedrag van R100 000 versoek. Daar is volstaan met die R15 000 in die begroting. “As ons hierdie kortings sou toestaan, verloor die munisipaliteit onmiddellik sowat R4 miljoen se inkomste,” het burgemeester Tijmen van Essen in sy voorlegging uitgelig.

Weens die onlangse toename in die algemene waardasies, is die tariewe vir eiendomsbelasting afwaarts aangepas, behalwe in die geval van die geografiese gebiede van Jakkalsfontein en Grottobaai. Nuwe wysigings in die eiendomsbelastingwet rakende dié gebiede bepaal dat kortings daar oor ‘n tydperk van sewe jaar uitgefasseer word. Met die verhoogde eiendomswaardasies is die koers vir landbougrondeienaars met 20.91% verminder, terwyl die koerse van residensiële eiendomme 13.77% laer, sakepersele 10.75% laer en staatseiendom 10.75% laer is. Die koers vir pensioentrekkers is 13.77% laer terwyl genoemde geografiese gebiede 10.85% meer sal betaal. Huiseienaars wat 65 jaar en ouer is, ontvang tans R200 000 korting op die belasbare waarde van hul eiendom. Dié toegewing word verhoog na die bedrag van R300 000 in die 2016/2017 finansiële jaar. Die tarief vir riool styg met 10%, terwyl dié van water met 9.95% en vullisverwydering met 6% opgestoot is. Die nuwe elektrisiteitstariewe is vir die munisipaliteit ‘n "kopkrapper". NERSA het ‘n 9.4% tariefverhoging vir Eskom

se direkte kliënte goedgekeur. Die Eskom-tariefaanpassings vir munisipaliteite is vanaf 1 Julie 2016 7.64%. Swartland het sy nuwe tariewe vir elektrisiteit reeds by NERSA ingedien, maar geen terugvoer ontvang nie. Die nuwe tariewe sal intussen so ingevoer word tot daar terugvoer vanaf NERSA ontvang is. Van Essen het gesê dit is "belangrik om te onthou dat die munisipaliteit nie sal toelaat dat belastingbetalers se geld gemors word nie. "Ons ploeg ook sowat 67% van die munisipale inkomste terug in die armste gemeenskappe van ons munisipale area,” het hy bygevoeg. * Van die aspekte wat verlede week op die raadsvergadering bespreek is, is die verfraaiing van die streek se dorpe. Die skep van voetgangerroetes is ook hoog op die prioriteitslys vir die munisipaliteit. Nadat die bome wat vroeër in Alfastraat geplant is, beskadig is, is 'n tender vir nuwe bome intussen goedgekeur. Dié fondse vir dié tender (R368 380 kom nie uit die plaaslike begroting nie, maar uit eksterne fondse wat vir dié doel geskenk is. Nuwe bome sal dus eersdaags weer daar gevestig word.

NUUS • NEWS

1 Junie 2016


NUUS • NEWS

2

• haven receives help

1 Junie 2016

Breakfast for beds Smile 90.4FM listeners exceed the “Breakfast for Beds with Bobby and Lindy” second target of 20 000 beds and decide they want to keep going! These beds will also give shelter in Malmesbury at the local Night Haven. On Monday the Smile Breakfast team, Bobby Brown and Lindy Hibbard took on the challenge to raise 9040 beds by Friday, 27 May 2016 for The Haven Night Shelters to spread warmth this winter with those less fortunate. The response from the people and Corporates of Cape Town has blown them away as they have opened their hearts and pockets to assist with this charity drive. During Smile Breakfast on Tuesday, the target was reached and based on the increasing for the charity drive, a decision was made to increase the target to 20 000 beds.

On Tuesday the Smile 90.4FM offices were a buzz as donations kept streaming in and during Smile Drive on Tuesday afternoon, the revised target was met, averaging a donation of 1220 beds per hour during the course of the day. The Breakfast team faced the decision to carry on until Friday as planned or to stop. In true Smile 90.4FM style, Smile Breakfast posed this question to their listeners during the “Your call says it all” on their show on Wednesday morning so they could decide. Again, Cape Town decided that Smile Breakfast should keep going until they reach 50 000 beds and the challenge was accepted. As it stands this morning at 11:45, they have managed to secure 40 040 beds and the team is motivated to reach Cape Town’s goal of 50 000 beds during Smile Breakfast tomorrow morning.

Piketberg se VRL hou dinee

Emo kuier by Dirkie Uys Die sanger Emo Adams het Donderdagaand op Moorreesburg gekuier as deel van die Laerskool Dirkie Uys se fondsinsamelingsproses vir die jaar.

Die jaarlikse VRL-dinee van Hoërskool Piketberg is hierdie jaar vir die eerste keer vir die matriekklas aangebied. Die gasspreker was Dr. Gillian Arendse. Links en onder kuier ‘n groep matriek-leerders saam voor die amptelike verrigtinge.

Om hier te adverteer, kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na admin@ diecourant. co.za.


NUUS • NEWS

3

1 Junie 2016

• Groot in landbou belê

Vier plase lok meer as R1100 miljoen Gewigoptel:

Seraleze Willemse van Malmesbury het die naweek by die nasionale kampioenskappe 'n goue medalje gewen vir gewigoptel. Sy het die WP-span verteenwoordig.

Die beleggings in die landbou en ‘n paar verwante aanlegte aan die westekant van Malmesbury die laaste klompie jare beloop meer as R1100 miljoen. Die melkboerdery van Neels Neethling by Vyevlei is die oudste van die betrokke projekte. Dit is reeds lank gevestig, maar word deurlopend met nuwe kapitaaluitlegte aangevul. Neethling het verlede week met ‘n besoek van ‘n groep joernaliste gesê hy het reeds sowat R300 miljoen daar belê. In dieselfde omgewing is die 5 megawattsonplaas op Anthony Corin se plaas ‘n paar jaar gelede voltooi teen ongeveer R200 miljoen. Die eerste van twee Chalala-varkplaasaanlegte is reeds in gebruik nadat sowat R200 miljoen belê is. Die tweede eenheid is tans in aanbou en sal na verwagting nog meer as die eerste kos. Daar sal dan in totaal sowat 50 000 varke gehuisves word. ‘n Verdere inspuiting vir dié gebied, vertel

Neethling, is die goedkeuring van die 5 megawatt-biogasaanleg wat die mis en afvalwater van sy melkplaas sal gebruik om elektrisiteit op te wek. “Die projek gaan omtrent R200 miljoen kos. Ek gaan die mis en water aan hulle verkoop en hulle sal dan die gesuiwerde water weer teruggee asook die mis wat ek op my lande kan gebruik,” het hy verduidelik. Die aanleg sal onafhanklik bedryf word en elektrisiteit direk aan Eskom lewer by ‘n nuwe substasie wat pas voltooi is. Neethling sê hy hoop om ‘n groot deel van sy elektrisiteitsrekening te betaal uit die verkoop van die mis en die water. Die diere op Vyevlei vreet sowat 230 ton voer per dag, waarvan sowat 80% weer in mis uitgeskei word en dan aan die aanleg voorsien kan word. Die waterverbruik op die melkplaas is ongeveer 100 liter per koei per dag met ‘n totaal van tussen 800 en 1000 kiloliter.


NUUS • NEWS

courant

1 Junie 2016

dié

4

Hou matigheid voor oë in die winkels

Elke keer wat jy winkel toe gaan, trek al jou spiere op 'n knop. Jou keel raak droog, jou beursie wil die vlaktes inhardloop... Ja, dit is nou maar so. Die ekonomie druk en ons druk net so hard terug. Elke sakkie wat sy pad tot jou huis vind, raak net duurder en duurder en daar is net mooi niks wat ons daaraan kan doen nie. Wat ons wel kan doen, is om aan te pas. Om twee keer te dink voor ons luukshede koop. Al ruik daardie duur parfuum so lekker, is daar beslis 'n ander een wat ook net so lekker ruik, teen 'n baie goedkoper tarief. Gisternag het die petrolprys ook weer die hoogtes ingeskiet. Nou sal ons weer drie keer moet dink voor ons sommer in die kar klim en ry. Om jou leefwyse aan te pas, is al wat jy kan doen. Niks anders nie. So neem beheer oor dit waaroor jy wel beheer het, jyself. Ons kan staan en kla, maar dit gaan ons niks in die sak bring nie (vreemd), of ons kan werklik kyk na hoe ons leef. Daar is so baie om voor dankbaar te wees. Jy kan darem nog winkel toe gaan en gaan inkopies doen, so baie kan nie. Neem beheer oor jou lewe, jouself en jou inkopie-metodes en jy sal sien hoe vinnig jy aanpas by jou nuwe begroting en omstandighede.

PHS-onderwysers in die kollig

Bo: Kanaal 201 Pale Toe: Tjops van der Walt voer ‘n onderhoud met die legendariese Blitz Botha.

Die onderwysers van die Hoërskool Piketberg het die kollig op hulle laat skyn in hul opvoering Koekemoer Koekeloer. Bo: Die Koekemoers met Pa Koekemoer, Ouma Katie en klein Lizzie Koekemoer op die bank met Ma Koekemoer en hul tienerdogter, Mia Koekemoer. Regs: Channel 101 Africa’s Got Talent: Judges Sophia Margaretha Fouché, Paula von Stratten and Twiggy Terblanche.

HSS spog met 7 in Boland se streekspanne

Dis Goeie Nuus

Dr. Andrew Bosman

Maar een ding ek vergeet die dinge wat agter is... Paulus skryf aan die Filippense dat hy breek met sy verlede. Ons gedagtes kan ons lewe verryk of verwoes. Paulus het die gemeente van die Here Jesus vervolg en selfs die moord op Stefanus goedgekeur. Hy het briewe by die hoëpriester gekry om volgelinge van Jesus in Damaskus te vervolg en geboeid na Jesrusalem te bring. Hy was oortuig dat hy vir God ywer. Oppad na Damaskus het ‘n skerplig uit die hemel hom omstraal en ‘n stem het met hom gespreek: Saul, Saul waarom vervolg jy My? Hy het gevra: Wie is U, Here? En Jesus het hom geantwoord, Ek is Jesus wat jy vervolg. Nadat Saulus (dit is Paulus) met die Here ‘n ontmoeting gehad het, het hy vir die Here Jesus ‘n getuie geword. As hy wil aanbeweeg moet hy fokus op wat voorlê. Daarom die woorde; ek vergeet wat agter is en strek my uit na wat voor is om die hoë roeping in Christus te verkry. Paulus sê wel dat hy dit nog nie verkry het nie, hy jaag daarna, maar hy weet dat hy ook deur Christus Jesus gegryp is. Hy wil Jesus beter leer ken, en die krag van Sy opstanding. Ons moet ook as gelowiges in Christus fokus op wat voorlê, die hemelse dinge. Ons gedagtes moet vernuwe word sodat ons lewe kan verander en ons die doel uitleef waarvoor ons geskep is.

Bo: Vier rugbyspelers van die Hoërskool Swartland op Malmesbury is in die o.18 Cravenweekspan opgeneem. Hulle is agter Jan-Ernst Terblanche, Anton du Toit, Charles Gerber en Niel Burger. Dewald Vrey, Keagan Johannes en Wihan Burger (voor) is in die Bolandse Akademiespan opgeneem. Regs bo: Gerrit Bester van die Hoërskool Dirkie Uys op Moorreesburg is ook vir die Boland Cravenweek-span gekies. Regs: Henko de Beer van die Hoërskool Porterville is in die 0.16-Bolandspan opgeneem.

Jonger rugbysterre Dié drie leerders van die Hoërskool Swartland op Malmesbury is gekies om die Boland by die nasionale Cravenweek vir o.16-spelers te verteenwoordig. Hulle is CJ Scott, JP Groenewald, Marinus de Jager.


NUUS • NEWS 1 Junie 2016

5


NUUS • NEWS

6

1 Junie 2016

Swartland Rally laat stof en klippe spat

Liefdadigheid:

Die Swartland Charity Biker Run wat vroeër vanjaar gehou is, het in die gemeenskap van Moorreesburg teruggeploeg. Dié liefdadigheidsorganisasie het vanjaar 'n helpende hand na die ouetehuise en die ACVV van dié dorp uitgereik. Vanjaar se byeenkoms het sowat 500 motorfietsryers op Moorreesburg laat saamkom om fondse te in. Bo is Francois Kitshoff, Erhardt Koch en Swannie Swanepoel. Die organisasie bedank al hul borge wat jaarliks help om 'n verskil te maak.

Die tydren vorm ronde drie van die 2016 WP tydrenkampioenskap en vir malmesbury is die teenwoordigheid van Ashley en Andy Haigh-Smith goeie nuus met hul internasionale navigators James Aldridge en Niall Burns. Ook goeie nuus is die teenwoordigheid van Oswaldo Mendes en Tinus Malan. Mendes is van Swakopmund en Tinus Malan kom vanuit

Kia Malmesbury met styl en swier geopen Die Kia-motorhandelaar op Malmesbury het Vrydagaand amptelik sy deure geopen. Dié handelaar is al 'n geruime tyd 'n bekende gesig op die dorp. By Kia Malmesbury is jy nie net 'n nommer nie, maar 'n lid van die familie. Hierdie nuwe handelaar is hier om van diens te wees en om die handelsmerk in die Swartland te verteenwoordig en uit te brei. In 'n neutedop: Asemrowende voertuie, verkoop deur wonderlike personeel. By dié splinternuwe handelaar, kan jy verseker wees van diens. Nie net sal jy deur goed-opgeleide personeel gehelp word nie, maar sal jy die luukse van die nuwe, opgegradeerde perseel kan geniet. Hier is die verkoopspersoneel altyd vriendelik, hulpvaardig en spog hulle met jare se ondervinding - net reg om jou van diens te wees met die aanskaf van 'n nuwe of tweedehandse Kia-model. Vir Kia Malmesbury is kliënte-tevredenheid 'n prioriteit en sal hulle die ekstra myl stap om hierdie te verseker. So 'n voorbeeld is die diensafdeling wat op Saterdae oop is.

Windhoek deelneem. Mendes het weliswaar ook ‘n woonadres in die Wes Kaap en sal onder die vaandel van die Witzenberg Motorklub meeding in sy ex-Jannie Habig (6x SA tydrenkampioen) VW Golf. Die inskrywingstal van 28 delenemers is bemoedigende nuus vir die streek en dui op ‘n duidelike oplewing in die reeks.

Promosie

Juis om werkende Kia-eienaars, wat nie in die week 'n tydjie kan afknyp nie, van diens te wees. Die opgeleide tegnici, tesame met die nuutste foutopsporingstegnologie, sal verseker dat jou Kia-model altyd in top-kondisie is. Hierdie familie-onderneming wil jou deel maak van die groter Kia-familie. Om dit te verseker, sal die verkoopspersoneel, verkoopsbestuurder en die finansiële en versekeringsbestuurder jou bystaan om 'n transaksie te beklink wat jou sak pas. Raak deel van hierdie span en vorm deel van die vinniggroeiendste handelsnaam in Suid-Afrika wat ook met etlike gesogte titels en pryse spog. Regs bo: Theuns Duvenage (voorsitter Malmesbury Sakekamer), Hilton Jacobs (areabestuurder ERC Holdings) en Adri Jacobs (adminbestuurder ERC Holdings), Kobus Edas (verkoopsbestuurder Kia) Sarel Jansen van Rensburg (handelaarshoof Kia), Lizette Lewis en Wilhelm Makkink (Malmesbury PnP).

Links: Engela Mentz, Shaldon & Cindy Fitzgerald.

Links: Sarel Jansen van Rensburg (handelaarshoof Kia) en Maritsa Jansen van Rensburg by die opening.


NUUS • NEWS

7

1 Junie 2016

The Grey:

Met hul optrede op Porterville Saterdagaand het The Grey die konsertgangers op uitstaande werk getrakteer. Ellani de Jager (oud-Porterviller), Donné de Kock en Erick Gerber vermeng klassieke werke van Bach en Mozart met hedendaagse musiek wat dié van Queen, ACDC en John Williams insluit. Bohemian Rhapsody van Queen en die temalied uit die rolprent Schindler’s List was een van die gehoor se gunstelinge. Ellani en Donné het tydens een van hulle oorsese toere, die konsentrasiekamp van die tweede wêreldoorlog in Buchenwald, Duitsland besoek. Hierdie traumatiese ervaring op ‘n grys, mistroostige en betrokke dag het hulle gemotiveer om die temalied van Schindler’s List by hulle repertoire te voeg.

105.5 liter bloed: Marina van der Merwe van Malmesbury het onlangs

vir die 100ste keer bloed geskenk. Die burgemeester van die Swartland Munisipaliteit, Tijmen van Essen, het toe sy 111ste keer bloed geskenk. Saam het hulle reeds 105.5 liter afgestaan.

Jeug werk saam vir herwinning

Dié groep studente wat pas hul opleiding oor basiese vaste afval bestuur voltooi het, is hier besig met die verfraaiing van die munisipaliteit se vullisdromme in publieke areas by Yzerfontein.

Die Youth Jobs in Waste is ‘n Uitgebreide Publieke Werke Program van die Nasionale Departement van Omgewingsake. Die program word in die Weskaap deur Tedcor (PTY) Ltd geimplementeer. Dit behels werkskepping vir jeugdiges in die ouderdomsgroep 18-34 jaar asook ontwikkeling van hul vaardighede. Jeugdiges is geplaas by plaaslike munisipaliteite waar hul laasgenoemde assisteer met hul Vaste Afval Bestuur funksies. Die program bestaan sedert September 2014 en die tweede (huidige) siklus eindig 31 Oktober 2016. Altesaam 111 werksgeleenthede is binne die Weskus Distrik vir jeugdiges geskep by die onderskeie plaaslike munisipaliteite. Die jeugdiges doen praktiese ervaring op by munisipaliteite en on-

dergaan opleidingsprogramme om hul in ‘n beter posisie te plaas om vir permanente werksgeleenthede aansoek te doen. Die fokus van die program vir die huidige siklus is die ontwikkeling van vaardighede vir hierdie jeugdiges asook bewusmakingsprogramme. Bewusmakingsprogramme sluit besoeke aan skole, publieke areas, deur-tot-deur en selfs by groot funksies en feeste in. Hul taak is om gemeenskappe aan te moedig om die omgewing skoon te hou deurdat hul nie in die publiek rommel strooi, onwettig stort in die munisipale areas nie en te herwin. Die Tedcor/DEA groep is werksaam by Swartland Munisipaliteit en bestaan uit 20 jeugdiges wat aangestel is in Malmesbury, Moorreesburg sowel as Darling.


NUUS • NEWS

8

1 Junie 2016

Klipvlei innoveer met Chenin Blanc in blokkompetisie Die plaas Klipvlei is verlede week as die wenner van die 2016 VinPro/Winetech Wingerdblokkompetisie in die Swartland/Paarl-streek aangewys. “Die tema vanjaar was Chenin Blanc-blokke wat vir die vars en vrugtige bottelwynsegment voorberei is. Hierdie is ’n uitdagende kategorie, aangesien beide goeie produksie en kwaliteit behaal moet word om volhoubaar te wees,” ver-

tel Hanno van Schalkwyk, VinPro-wingerdboukundige vir dié streek. Die standaard van al die inskrywings was baie hoog en die Geldenhuys-broers van Klipvlei was ʼn kortkop voor die naaswenners J de Villiers van Cedar-plaas en Van der Byl Brink van Panoramawingerdboerdery. “Die deelnemers het deur innovasie, geskoei op wetenskaplike beginsels, gedemonstreer dat

Chenin Blanc suksesvol vir dié doelwit verbou kan word,” sê Hanno. Daar is byvoorbeeld gebruik gemaak van verskillende prieelstelsels soos die Smart-Dyson-, vryloot- en heiningstelsels na gelang van omstandighede. Korttermynpraktyke soos snoei, suier en die top van lote is ook aangepas na gelang van die uiteindelike wyndoelwit. Wetenskaplike be-

Die koei se pedikuur en Fortuner wat wíl

Grootgeword in ‘n era of gemeenskap of gemeenskapsera toe die S-woord nie algemeen was nie. Dit was so half onder die klere weggesteek en onder die maatemmer in donker gehul en net vir gelisensieerdes en slaapkamers waar die kerse reeds uitgedoof was bedoel. Vandag, nou ja….. Jy hoor nog so nou en dan ‘n verwysing na die F-woord, maar die S-woord is werklik nie meer taboe nie. Op groot Swartlandse melkplaas hoor ‘n klompie joernaliste verlede week van duur “sexed semen” wat by kunsmatige insemenasie gebruik word om die aankoms van bulletjies tot 10 of 15% te beperk. Want sien, bulletjies het daar net nie soveel waarde as versies nie. Dis immers ‘n melkplaas en die prys verskil van R500 na R3000. Die skoner geslag. By mense is dit so anders as by diere en tog so eenders. In die natuur is die mannetjie dikwels die kleurvolste en uit ons oogpunt skoner op die oog. Wonder hoe ons vir die koeie en bulle lyk…..

Só dikwels is die skoner geslag (met ‘n raps minder fisieke krag) skynbaar nie tevrede met dié skoonheid nie. Moet altyd ‘n verfie of ‘n poeiertjie of inkleurpotloodjie of ‘n naellakkie gebruik … seker maar vir daardie ekstra tikkie

sprankel. Ure se pamperlang en in stilte in sagte watte lê, uitvryf en invryf. Só ontluik daardie ekstra sprankel. Wel, klink my op melkplase is dit PRESIES dieselfde. Die koeie word gepamperlang. Daar word saggies gepraat in die melkstal en daar word stadig beweeg. Die temperature word sover moontlik binne die ideale gleuf gehou. Hulle kry drie keer per dag kos in verskillende hoeveelhede. Om die waarheid te sê daar is elke jaar wêreldwyd weer ‘n spesiale koeiwaarderingsdag wat vanjaar weer op 8 Julie gehou word om ons te help onthou hoe belangrik koeie in elkeen van ons se dag is. Terug by die skoner geslag. Een van die grootste bederwe vir baie is ‘n besoek aan die skoonheidsalon vir ‘n ontspannende pedikuur. Daarna voel dit glo of jy op die wolke loop. Groot was die verbasing by die joernaliste verlede week toe ons verneem van die koeie wat ook, wanneer nodig, ‘n pedikuur kry. Twee keer elke week, vroeg die oggend, kom ‘n span koeivoetdeskundiges om teen ongeveer R350 die koeie se voete te doen. Dan word die koei saggies op haar sy lê gemaak om die hoewe te vyl en bietjie te pamperlang. Dalk loop sy dan ook op die wolke en dalk gee sy dan ook ‘n rapsie ekstra. Skoonheid, dit was ‘n lang storie maar sag op die oog. Só wil die uwe graag ook die wiele beskryf waarmee hy die afgelope week gery het. Kom ons erken nou maar. Met die nuwe

ginsels is nie nagelaat nie, en besproeiing en bemesting word volgens ontledings gedoen en aanpassings gemaak volgens goeie oordeel om winsgewendheid te verhoog. Die VinPro/Winetech wingerdblokkompetisie word jaarliks in die onderskeie streke aangebied om beste wyndruifverbouingspraktyke te identifiseer, vier, en met die bedryf te deel.

Fortuner het Toyota weer ‘n sterk aar raakgeboor. Of sal ons sê die regte verf en poeier gebruik om ‘n puik voertuig met oorgenoeg ekstra sprankel op ons paaie te sit. Malmesbury Toyota het hul 2.4 Diesel handratmodel geleen en het hy (sy as jy wil) die uwe beïndruk. Rygerief, ruimte, toerusting en toebehore EN sy gewilligheid as jy vra. Nadat die eerste Fortuner in 2006 sy buiging in Suid-Afrika gemaak het, het dit vinnig gegroei tot baie gewilde voertuig vir beide veld- en stadleefstylgebruikers. Nou, 10 jaar later, spog Fortuner met ‘n nuwe generasie dieselenjins en ‘n nuwe generasie sesgang-handrat en outomatiese transmissies. Die oorskakeling van die besparende ekonomiese modus na die kragmodus is met die druk van ‘n knoppie. Dan verander Fortuner van ‘n gemaklike lekker-ryvoertuig na ‘n kragtige bul van ‘n ander kleur (bedoel regtig nie om seksisties wees nie). Krag en lus om spiere te bult. Die nuwe Fortuner met veel groter gemak en gerief spog met ‘n rits belangrike eienskappe, waarvan ek ‘n paar gaan noem. Daar is aktiewe kloubeheer en ewenaarslot, heuwelwegtrekhulp, slim sleutellose toegang en sleutellose aanskakel, sewe sitplekke waarvan twee terugvou in die bagasieruim, knielugsak vir die bestuurder, outomatiese deurslotte en spoedbeheer. Die leersitplekke en bypassende houtgreinbinneruim-afwerking is werklik stylvol. Daar is ligdiode-remligte, ligdiode-stertligte en tweelinghalogeen-hoofligte. Die CD-klankstelsel het ‘n USB en Aux-poort, is bluetooth-telefoonversoenbaar en kan van die stuurwiel beheer word soos ook die ritrekenaar. Die standaardlugversorger het ook afsonderlike lugvloei-kontroles vir die tweede ry passasiers van wie die sitplek in ‘n 60/40 verhouding kan kantel en verstel word. Die voertuig is ook toegerus met teenswaaibeheer wanneer ‘n sleepwa getrek word en as die bestuurder skielik rem trap, sal die noodligte aanskakel om ander motoriste te waarsku. Die prys van R436 400 sluit ’n waarborg van drie jaar of 100 000 km en ’n versieningsplan vir vyf jaar of 90 000 km in. ‘n Hele bekvol, maar as jy dit self nie ervaar het nie, is dit soos die TV-advertensie van ouds: Jy het dit nie, tot jy dit kry. Cheers tot die wiele weer rol. Terloops: Hierdie Fortuner in nie ‘n melkkoei nie. Jy hoef beslis nie te pamperlang nie.

Op die tegniese front: Sleepvermoë: 2500 kg 110 kW teen 3400 toere 400Nm teen 1600-2000 toere 80 liter brandstoftenk Hoogte 1,835m Lengte 4,795m Breedte 1,855m


NUUS • NEWS

9

1 Junie 2016

Fair Cape brei uit met Malmesbury UHT-melkaanleg Die wêreld se bevolking neem daagliks met sowat 300 000 mense toe. Die mense in Suid-Afrika neem jaarliks met sowat 55 000 toe. Só het Melt Loubser, hoof uitvoerendebeampte van Fair Cape Dairies, gesê by die opening van hul UHT (ultra high temperature)melkaanleg op Malmesbury. Loubser, wat die Swartland Munisipaliteit geloof het vir die diens wat hulle lewer en die manier waarop hul Fair Cape op Malmesbury ontvang het, het gesels oor die besluit van die groep om langlewe-melk by hul produkreeks te voeg. Die gemiddelde melkverbruik in Suid-Afrika is tans 30 liter per persoon per jaar, terwyl dié syfer wêreldwyd op 50 liter staan. Hy het gesê die aanleg se huidige kapasiteit is tussen 60 000 en 80 000 liter per dag en is die beplanning om dit binnekort tot sowat 200 000 te verhoog. “Ons glo dit gaan een van die mees prominente landbouverwerkingsfasiliteite in die Swartland word saam met bestaande wyn- en graanaanlegte. Hy het vertel dat Fair Cape vanjaar die 21ste jaar vier sedert hulle eerste sakkie melk by die destydse 7 Eleven in Stellenbosch verkoop is. Dit was die gevolg van die groep se eerste stap in die landbouverwerkingsketting. Hulle het tot in daardie stadium 8000 liter gemelk en toe die klein fabriek van R1,6 miljoen met ses werkers begin. Vandag het die groep sowat 350 verskillende produkte op winkelrakke en lewer hul 90 000 liter rou melk per dag. Fair Cape het meer as 1000 werknemers in diens. Hul het meer as ‘n 100 verskaffers en dra bykans R1 biljoen by tot die ekonomie. Oor die melk wat hulle by die Malmesbury-

aanleg verwerk het Loubser gesê dit het geen verkoeling nodig nie en het ‘n raklewe van bykans ‘n jaar. Die moontlikheid om die melk uit te voer is nie uitgesluit nie. Hy het die Swartland Munisipaliteit geloof vir die toestand van die dorp, die netheid, dienslewering, vriendelikheid en die samewerking in proses om as besigheid hier betrokke te raak. Loubser het gesê sukses ontwikkel met tyd en met eienskappe soos durf, aanpasbaarheid en integriteit. Hy het bygevoeg dat die beloning ‘n bietjie later veel groter is, as jy selfbeloning net ‘n bietjie kan uitstel. Oor sukses het Loubser Anton Rupert aangehaal wat gesê het hy het aangehou omdat hy nooit gehad het wat hy wou hê nie en nooit besef het hoeveel dit sou neem om te kry wat hy wou hê nie. Ook by die opening het die burgemeester van die Swartland, Tijmen van Essen, Fair Cape verseker dat hul die regte plek gekies het omdat die munisipaliteit voorsiening gemaak het en hier nog kapasiteit is vir onder meer die verdubbeling van die rioolverwerkingskapasiteit en die stortingsterrein van Malmesbury het “nog meer as 30 jaar lugspasie”. Op sy beurt het die Wes-Kaap se minister belas met ekonomiese ontwikkeling, Alan Winde, landbouverwerking saam met toerisme as die top werkskeppers beskryf in ‘n tyd wat werksgeleenthede in algemene landbou daal. Winde het ook verwys na die Europese Unie waar daar volgens ooreenkoms nog kapasiteit bestaan vir belastingvrye uitvoer van melkprodukte. Hy het na Fair Cape en die Loubser-familie verwys en gesê dat waardes soos ‘n draad deur die familie en besigheid loop.

Bo: Fanie Neethling, Jan Scannell en burgemeester Tijmen van Essen. Links: JJ Olivier, minister Alan Winde en Louis Loubser. Melt Loubser en minister Alan Winde knip die lint na die nuwe aanleg op Malmesbury.

Onder: Pieter Hamman, Lombard Walters, Alwyn Hanekom en Charl Hamman. Links: Die bestuurslui van Fair Cape saam met minister Alan Winde ná die opening van die aanleg op Malmesbury. Hier is Brandon Miller, Jacques du Preez, JJ Olivier, Eduard Loubser, Louis Loubser, MEC Alan Winde, Melt Loubser, Jan Scannell, Johan Boshoff, Johannes Loubser, Sbusiso Khumalo, Robert de Rooy, Viljee Loubser.


NUUS • NEWS

10

1 Junie 2016

'Druk om met minder meer melk te produseer, al hoër'

Links: Neels Neethling in sy melkstal op Vyevlei. Bo: Jurie de Kock deel sy kennis met die groep besoekers. Die algemene tendens dat kleiner ondernemings voortdurend onder druk is om met die groter verskaffers te kompeteer en lewensvatbaar te bly, is beslis in die landbousektor ook ‘n werklikheid. Santam Landbou het verlede weke ‘n klompie medialui na landbou-ondernemings in die Swartland gebring om juis die uitdagings in die landbou, maar ook die oplossings en planne wat gemaak word om juis die uitdagings te oorbrug. Op die plaas Vyevlei van Neels Neethling, word daar tans 3950 koeie per dag gemelk, maar dié grootte ten spyt word daar deurlopend pogings aangewend om meer produksie teen laer insetkoste te verseker.

Neethling sê as gevolg van die heersende marktendense met melkpryse en die insetkostes, is ‘n melkery nie ekonomies lewensvatbaar as daar minder as 1000 koeie gemelk word nie. “Anders draai jy net geld om en teen huidige tendense sal jy nooit weer ‘n melkery in SuidAfrika kan begin nie.” Hy sê hy is in die bevoorregte posisie dat hy in die Wes-Kaap die enigste melkverskaffer aan Clover is en dat hy daagliks al 135 000 liter melk aan dié melkreus lewer. Dié ooreenkoms verseker dat Neethling as ‘n grootmaatvoorsiener groot voordeel trek uit die volume-premie wat hy kon beding. Hy sê met die huidige droogte en gevolgli-

ke skerp toename in voerpryse, moet ‘n melkboer soveel moontlik eie kos produseer om die melkery winsgewend te hou. Die voerkoste het skerp gestyg, maar die melkpryse het nie tred gehou nie. Daar is 8400 diere - van pas gebore kalwers tot groot koeie - op die plaas en hulle vreet daagliks 230 ton voer. “Dit is belangrik om beheer te neem oor jou voorsieningsketting,” het Neethling gesê. Ruvoer is tans baie skaars en vorm ‘n belangrike komponent van die diere se dieet. Die uitvoer van lusern na die Midde-Ooste te midde van die droogte, het die prys tot R4000/ ton opgestoot. Die bykans 4000 koeie wat ge-

melk word, kry elkeen 4kg lusern as deel van die daaglikse dieet – dus 16 ton lusern per dag. Neethling sê hy het op aanbeveling van sy senior melkerybestuurder, Jurie de Kock, onlangs meer lusern begin produseer op sy twee plase by Colesberg. Hulle het reeds die lusern-inhoud van die diere se dieet verhoog en melkproduksie so opgestoot tot tussen 30 en 33 liter per koeie per dag. Met nuwe aanplantings sal hulle die lusernkomponent tot 7kg per koei kan verhoog. Hul kon reeds die voergraad wat hulle aankoop om die dieet aan te vul van 21% proteïen tot 19% verlaag met ‘n gepaardgaande besparing van R200/ton. De Kock beoog om dit nog verder te verlaag en meer te bespaar.

Business savvy women enter Female Entrepreneur Awards Alan Winde, Minister of Economic Opportunities, encouraged women to enter the competition, which closes on 3 June. The Female Entrepreneur Awards is a partnership between the National Department of

Agriculture, Forestry and Fisheries and the provincial departments of Agriculture. In 2015, a Western Cape female farmer, Tenjiwe Kaba, was selected as one of the country’s top agri-entrepreneurs. Kaba leads Moyo We

Khaya, a community garden in Khayelitsha tended by women farming in vegetables. This group stood out for the excellent service they deliver to the community and for the inspiration they provide other residents. After winning the sub-

sistence producer category in the Western Cape leg of the awards, Kaba was announced as one of the top winners at the national event. The provincial winner will be announced in August, as part of Women’s Month.

InteliGro maak sy merk in die Swartland

Bo: Gerrit de Kock (InteliGro Moorreesburg), Jan “Kwak” du Toit (InteliGro Hopefield), Albie Wessels (InteliGro Porterville), Philip Geldenhuys (InteliGro Malmesbury), Penna Odendaal (InteliGro Moorreesburg), Jacobus Wium (InteliGro Moorreesburg), Johan Nienaber (InteliGro), Henry Odendaal (InteliGro Moorreesburg), Johan Hanekom (InteliGro). Voor is Adriaan Geldenhuys (InteliGro Malmesbury), Andre Erasmus (InteliGro), Thinus Smuts (InteliGro) en Niel Kruger (InteliGro)

InteliGro het Donderdag sy nuwe tak in die Swartland by die Misverstanddam gevier. InteliGro het sy ontstaan te danke aan die integrasie van twee toonaangewende gewasoplossingsmaatskappye in die Suid-Afrikaanse landboubedryf, naamlik Terason en Technichem. Terason verskaf reeds sedert 1998 spesialisdienste aan produsente in die suidelike streke en Technichem verskaf vanaf 1989 soortgelyke gewasoplossings aan produsente in die sentrale en noordelike dele van Suid-Afrika. Die hoofkantoor van InteliGro gaan steeds in Wellington wees (ou Terason-hoofkantoor) met ‘n streekskantoor in Viljoenskroon (ou Technichem-hoofkantoor). InteliGro is in ‘n gunstige posisie om die uitdagings van die landboubedryf aan te spreek en deur sy oplossinggesentreerde benadering waar optimalisering van uitset en gehalte as hoofdoelwit seëvier, ‘n positiewe bydrae tot voedselsekerheid in Suid-Afrika te maak. Die vernaamste dienste wat InteliGro aanbied is: • gedifferensieerde gewasoplossings ondersteun deur ‘n sterk tegniese span;

• ‘n omvattende gewasbeskermingsprodukportefeulje; • gespesialiseerde plantvoedingsoplossings; • innoverende en ondersteunende tegnologie; • ‘n gevestigde, dinamiese verspreidingskanaal wat produkte en dienste landwyd aanbied danksy kredietwaardige gewasoplossingspesialiste; • gevestigde en gesonde vennootskappe met navorsingsgebaseerde multi-nasionale en ander verskaffer-maatskappye; en • biologiese oplossings. Uitsetgedrewe benadering As ‘n toegewyde vennoot in die landboubedryf is die onderneming verbind tot ‘n sakevennootskap met produsente en verskaf volhoubare gewasoplossings wat uitset en gehalte optimaliseer en ook risiko beperk Vir meer inligting besoek gerus www.intelichem.co.za Enige verdere navrae kan gerig word aan InteliGro se onderskeie kantore in Viljoenskroon by 056 343 3444 en Wellington by 021 873 6177 of stuur gerus e-pos na info@inteligro.co.za

Links: Niel Kruger (InteliGro) en Hannes Schoeman (Monsanto)

Bo: Gert Claassen (produsent), Fanie van der Merwe (Dow AgroSciences), Niel Kruger (InteliGro), Rudolph Geldenhuys (InteliChem), Penna Odendaal (InteliGro). Voor is Stefan Marais (Dow AgroSciences), Owen de Wet (Syngenta), Henry Odendaal (InteliGro) en Thinus Smuts (InteliGro). Regs: Brett Archibald was die spreker van die aand.

Bo: Dolfie Walters, Paul Truter, Liam Viljoen en Janus le Roux het ook die opening bygewoon.


NUUS • NEWS 1 Junie 2016

11


NUUS • NEWS

12

1 Junie 2016

Nuwe bladjie

Wilhelm du Preez is aangestel as die nuwe mede-aandeelhouer van Howard-Landquip en staan aan hoof van Gunn Track op Malmesbury en Darling. Gunn Track, met sy hoofkantoor op Malmesbury, het onlangs ‘n splinternuwe baadjie aangetrek dié van Howard Landquip. Die onderneming sal ook voortaan handel dryf as Howard-Landquip (Pty) Ltd t/a Gunn Track. Met ‘n splinternuwe bestuurder, Wilhelm du Preez, sal hierdie bekende gesig in die landbou net nog hoër hoogtes bereik. Gunn Track het steeds te alle tye volhoubare dienste aan hul kliënte gelewer en ons wil daarop voortbou en verbeter. Normale dag tot dag sake sal voortgaan soos in die verlede. “Die besigheid gaan normaal voort soos dit altyd was en die strewe is om nog ‘n beter kwaliteit naverkopediens aan al ons klënte te lewer,” sê Du Preez. By Gunn Track sal die kliënte en ondersteuners in die toekoms nog meer professionele en uitnemende diens met waarde vir geld op kan reken. Du Preez is ‘n oud-inwoner van Malmesbury wat weer sy pad terug na dié dorp en sy mense gevind het. Hy het hier grootgeword en skoolgegaan en is goed bekend onder die plaaslike boeregemeenskap. In 1991 het hy by die Boland Bank op Ceres sy loopbaan begin. Van hier is hy na die Eerste Nasionale Bank op Malmesbury, toe na Andrag Agrico op Malmesbury waar hy as heelwerktuie-bemarker werksaam was vir 'n periode van 10 jaar. Hierna het hy die Swartland verruil vir die land

Links: Die tegniese-afdeling staan gereed om kliënte van hulp met diens te wees. Gunn Track se tegniese-afdeling lewer die tegniese ondersteuning van dienste vir alle trekkers en plaasimplemente op kliënte se plase.

van volstruise, waar hy by die Klein Karoo Groep op Oudtshoorn aangesluit het as meganisasiebestuurder vanaf 2006 tot 2014. Sy pad het toe 11 jaar later gekronkel na OosVrystaat Kaap Bedryf Beperk, waar hy streekbestuurder van meganisasie was en vanaf 9 Mei vanjaar is hy die hoof uitvoerende beampte van Howard-Landquip t/a Gunn Track op Malmesbury. "Ek hanteer hoofsaaklik die bestuur van die operasionele take op Malmesbury – en Darling tak. Die mede-direkteure van Howard - Landquip is Lindsay Green (Rovic Leers) en Willem Buys (Turf Ag Products) "Ons wil nie noodwendig die grootste landbouverskaffer wees nie, maar ons wil die beste diens vir ons kliënte lewer," sê hy. "‘n Uitdaging is altyd vir my ‘n aansporing tot loopbaan-bevrediging en die suksesse wat dan later volg. Ek glo te alle tye aan harde werk met integriteit," sê Du Preez. Du Preez het een doel voor oë: Om van dié onderneming 'n reuse-sukses te maak. "Ek sal besluit wat die twee of drie belangrikste doelwitte vir die bepaalde besigheidseenheid vir die volgende jaar is en dan fokus op die behaling van daardie doelwitte, sonder om toe te laat dat ons aandag afgelei word. Ek dink ook ‘n mens moet nooit die waarde van spanwerk en veral diversiteit in spanne onderskat nie. Graag wil ek ook Howard - Landquip op só ‘n manier bedryf dat ‘n handdruk meer as ‘n formele kontrak werd is," sê Du Preez.


NUUS • NEWS

13

1 Junie 2016

vir Gunn Track

Landbou se Werker van die Jaar gesoek Dis weer tyd vir die boere om te spog met hul beste werkers en die Santam Swartland Wyn- en Olyfroete nooi hul produsente om deel te neem aan die Wes-Kaapse Prestige Landboutoekennings. Die kompetisie is in 2002 in die Hexvallei deur die Hexvallei Tafeldruifvereniging begin. In 2005 het die Wes-Kaapse Departement van Landbou as borg tot die kompetisie toegetree. Die kompetisie het gegroei van 36 inskrywings in die Hexvallei in 2002 tot die deelname van 15 streke in 2015 met 1274 inskrywings. Shoprite het in 2012 die kompetisie finansieël begin ondersteun en is tesame met die WesKaapse Departement van Landbou mede-borg van die kompetisie.

Die kategorieë wat beoordeel word, is Algemene Werker, Trekkerdrywer, Administratiewe Personeel, Diereproduksie, Tegniese Operateur, Besproeiingspesialis, Sosiale Ontwikkeling, Landbou-verwerking, Voorman, Junior Bestuur en Middelbestuur. Die Wes-Kaapse Landbouwerker van die Jaar word ook ‘n lid van die Minister van Ekonomiese Geleenthede se Prestige Landbouwerker-forum. Hierdie forum vergader kwartaalliks met Minister om verskeie landbouwerker aangeleenthede te bespreek. Inskrywings sluit 1 Julie. Kontak Jolene Janse van Rensburg by 022 487 1133 met navrae of stuur ‘n epos na swartlandinfo@westc.co.za.

Beste talent van vrugteen wynbedrywe gekies

Die wenspan van Gunn Track Malmesbury.

"By Gunn Track Darling maak ons vele hande ligte werk."

Vir navrae en afsprake: kontak die tegniese veldbeampte, Aldo Opperman, kantoor ure 044 482 3411, of na ure nommer 082 601 5843.

Ceres, Tulbagh en Wolseley: Werner Cruywagen - 082 608 8715 Darling, Hopefield en Langebaan: Nichol Schreuder - 082 613 1060

Vir ‘n prys navraag of kwotasie vir ‘n nuwe Landini of Mccormick trekker, of enige Rovic Leers produk, kontak: Malmesbury, Riebeek-Kasteel en Riebeek-Wes : Jacques van Wyk - 082 896 4694

En vir Algemene navrae: Wilhelm du Preez - 079 350 7484 En vir Administratiewe Navrae: Francine Hoffman - 044 482 3411

Werkers in die vrugte- en wynbedrywe kan nu vir Agri’ s Got Talent isnkryf. Dit is ‘n vaardigheidsontwikkelingsprojek wat ‘n sangkompetisie en lewensvaardighede werkswinkel insluit. Deelemers kry die geleentheid om erkenning vir hul sangtalent te ontvang, dit te verfyn en mense te bemagtig om ‘n verskil in hul gemeenskap te maak. Die kriteria: Deelnemers moet ‘n landbouwerker in die vrugte- of wynbedryf wees, hetsy op ‘n plaas of in ‘n pakhuis of kelder vir altesaam drie maande of Ianger in die voorafgaande 12 maande; Moet ouer as 18 jaar wees; Mag in enige Suid-Afrikaanse inheemse taal inskryf; Mag slegs as sanger inskryf - geen groepe.

Finaliste moet beskikbaar wees om ‘n eenweek vaardigheidskursus van 24 tot 28 Julie by te woon en op ‘n verhoog op te tree tydens die gala­aand op 29 Julie. Die wenner sal deur ‘n beoordelingspaneel aangewys word en by hierdie geleentheid aangekondig word. Om in te skryf kan mense ‘n WhatsApp of epos instuur met ‘n video-snit van nie Ianger as drie minute nie. Die volgende inligtingmoet ook by wee: Naam en van, geboortedatum, eie selfoonnommer, naam van plaas/kelder en naam van naaste dorp. Die WhatsApp-nommer is 082 372 1557 en die e-pos-adres is agritalent@gmail.com. Inskrywingsnavrae: 021 863 1599 en algemene navrae: 021 870 2900.


NUUS • NEWS

14

Breër blootstelling help in landbousektor - Du Toit

Bo: Pieter du Toit op Kloovenburg. Op Kloovenburg het Pieter du Toit en sy vrou, Anneline, reeds geruime tyd gelede begin om te diversifiseer. Hy vertel dat dit goed is in die huidige ekonomie en droogtetoestande om blootstelling te verbreed. Du Toit vertel dat die reënval in 2015 byvoorbeeld minder as die helfte van dié van 2014 was. “Ons het in 2014 870mm gehad en in 2015 slegs 420mm.” Die plaas Kloovenburg is sedert 1956 in die familie toe sy pa, Piet (Spiere, die oud-Springbokvoorryman), dit op veiling gekoop het. “Daar was in daardie jaar twee plase waarin my pa, ‘n skaapboer uit die Karoo, belanggestel het. In Maart was die bekende Lanserac op Stellenbosch in die mark. My pa was daar, maar dié skaapboer het nie van Lanserac se grond gehou nie. In Augustus het hy toe Kloovenburg gekoop, en ek is vandag baie bly daaroor.” Du Toit het ‘n paar joernaliste wat as gaste van Santam Landbou die streek besoek het, aan

die fasette van hul onderneming bekendgestel. Naas die wingerd en wyn (Shiraz is Kloovenburg se bekendste wyn), het olywe ‘n baie belangrike faset geword en word ‘n reeks produkte uit hul olywe vervaardig. Daar is 23 ha onder olywe en die olyfoliepers is op die plaas. Hier word olie van ‘n hoogstaande gehalte geproduseer. Saam met olywe ingelê met spesiale komplementerende geure, tel olyfkonfyt, olyfblatjang, tapenade, hoë gehalte olyfolies en ‘n reeks skoonheidsprodukte onder die gewilde Kloovenburg-reeks. Naas olywe, vye, tafel- en wyndruiwe en wynproduksie bied die plaas ook aan besoekers ‘n unieke verblyfervaring in die historiese ou Victoriaanse Pastorie in styl gerestoureer met sy asemrowende vistas oor die Riebeekvallei. Die vallei is ‘n groeiende toerismebestemming en ook baie gewild vir troues. Kloovenburg gebruik dus ook die gasvryheidbedryf aanvullend tot die ekonomie van die plaas.

1 Junie 2016

Dagboek • Calender

Oskar en die Pienk Tannie 4 Junie – Sandra Prinsloo tree op in dié stuk deur Eric-Emannuel Schmidt by Hugenote Hoër; 10:50; R120. Navrae: 021 873 1362. Boeremusiek Opskop 10 Junie - Om 19:00 is daar 'n Boeremusiek Opskop met Greg Fisher ten bate van Aandskemering Tehuis vir Bejaardes by Allesverloren, Riebeek-Wes. R200pp met ligte ete ingesluit. Nooi jou vriende - 10 per tafel. As jy nie dans nie kom luister en kuier saam. Kontantkroeg. Kontak Elrika - 083 414 7023 / countrykitchen7@gmail.com Yzerfontein Cycle Experience 12 June 2016 - 73km route - R250; 47km route - R200 Flat and fast non-technical route. Gourmet food, craft stalls, kids activities, live music. Join us for a day of family fun. Contact 022 451 2202 for further information Enter online at www.pedalpower.org.za Youth Day Celebration St Francis De Sales Catholic Church, 27 St Francis Street, Malmesbury on 16 June 2016 at 10h00 Everyone is welcome. Stalls with handsome items, eats and drinks at affordable prices. Space available for stalls Enquiries : Yusuf Ariefdien 082 878 9214 / Jackie vd Poll 072934 0789 Childhood Cancer Foundation 16 Junie - Plaas Tannie (Onbedacht) Vanaf

Kerke • Churches

Coram Deo Bediening Dr Euvrardstraat, Malmesbury: Sondagoggende om 09:00; Bybelskool Woensdae 18:00 tot 19:30. Navrae: 083 292 6482 of 082 959 9249. PPK Bethesda Malmesbury Om 10:00 oggenddiens en aand om 18:30. Navrae: Pastoor Kobus du Plessis, 083 722 7787. Malmesbury Methodist Church Methodist Church in St. Thomas Street, Malmesbury; 09:15 Sunday Worship Service - All are welcome. 08:15 Sunday School; Tuesday Evening Prayer meeting 19:00 at the church. Any further enquiries contact Rev. Anele Bonoyi –083 633 7017. Royal Impact Temple Sundays Divine Encounter: 09:30 to 11:30; Ilingelethu Thusong Centre. Contact Pastor Benson & Sisalindele Okposia, 022 487 1224 or 060 395 1996. River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. Shofar 5 Junie - Pieter Scholtz preek om 09:30, Voortrekkerweg 48, Malmesbury. Navrae: 022 482 4640. Victory Praise Chapel

9h00 tot laat - verskeie aktiwiteite Vir navrae kontak 083 317 5536 / helena@onbedacht.com Snoek- en Patatfees 24 & 25 Junie – Die jaarlikse fees op Goedverwacht is in beplanning met patat uit die grond, snoek uit die see... Bergrivier Winterkarnaval 16 Julie – Goedverwacht. Navrae: Chevon, 022 783 1821. Malmesbury Distrikte Duiwe Unie 30 Julie - Piekniek Dans met Frontline Dance Band - 19h00 tot laat - Koste is R60,00 (own xyz) by die Wesbank Gemeenskapsaal Navrae kontak : Brian by 072 334 7845 / Larry 074 601 5745 Elke Woensdag Alkoholiste Anoniem - Metodiste kerksaal in St Thomasstraat, Malmesbury, om 20:00. Swartlandskou, Moorreesburg 8 September - Damesdag - van 9h00 - 12h00 Kaartjies teen R350 met verskeie gaskunstenaars soos Leandi du Randt en Adam Tas Kontak : dames@swartlandskou.co.za

Kalenderinskrywings moet Maandae voor 16:00 aan izelle@diecourant.co.za gestuur word vir plasing.

Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie: tel 074 153 0519 or email: info@vpci.org.za. River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. Dynamic Love Fellowship Hervat op 19 Junie om 10:00 dienste by Mount Royal se konferensiefasiliteit. Navrae: Maandae tot Donderdae, 08:00 - 14:00 by 022 487 3233. AGS Corpus Christi, Malmesbury 29 Mei - Past Piet Smit is Sondag om 09:30 die prediker by die AGS met die Tema : Oorlog. Die aanddiens begin om 18:30 en Past Piet Smit praat oor - Oor die hel hoef ek my nie te kwel. Navrae: 073 447 2902. Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag-erediens 10:00, kinderbediening 09:00, biduur Dinsdae 19:00 by die kerk, Freesialaan 17. Navrae: 022 486 4498; pastoor Andrew Mesani, 076 827 9054. House of Prayer/Huis van Gebed Malmesbury Sondae om 10:00 by St Thomas Primêr in Wesbank; Dinsdae om 19:30 by Tortelduifstr 46. Kontak Hein Marais, 072 170 9766 of past. Ken Pattison, 083 498 2990.


NUUS • NEWS

15

1 Junie 2016

Darling Brew Extreme: Dié gewilde fietsren het Saterdag die ryers weer laat sweet met die hellings en dalings van die koppies rondom Darling. Dié fietsren lok jaarliks 'n groeiende aantal ryers na dié dorp. Links is Henk Bothma en Wian Smith van Darling Romery voor hulle die pad aandurf.

Bulle: Saterdag het die Hoërskool Por-

terville op tuisbodem die span van Vredendal aangepak. Bo is Rossouw Burger (7) (baldraer) Agter hom is Albert du Plessis (2) en Eric Buchman (5). Saterdag ontvang Porterville besoek van Labori.

Tweekamp: Tydens die Boland Twee-

kamp algemene jaarvergadering is drie Malmesbury tweekamp-atlete vereer met toekennings: Bennie Fourie is aangewys as die Senior Victor Ludorm, Chloë Lottering as die Junior Victrix Ludorm en Mariaan Malan as die altleet met die meeste punte vir die seisoen.

Promosie

Bier vir 'n jaar:

Adrian Wilson is aangewys as Malmesbury Pick 'n Pay se wenner van hul "beer for a year"-kompetisie. By hom is Yolaine Swanepoel van Malmesbury Pick 'n Pay.


NUUS • NEWS

16

1 Junie 2016

Moeder en Kind:

'n Moeder en Kind-werkswinkel is onlangs op Malmesbury gehou. Bo is Maxine Moses, Nicolene Smit, pastoor Terri Hannie, pastoor Natasha van Tonder, Charn de Boer, Lezan Erasmus, Julita Markus, Belinda Erasmus en Carey Hannie.

Tee:

Die Aandskemering tehuis vir bejaardes op Malmesbury het Saterdag ‘n damestee aangebied waar inwoners en hul kinders heerlik kon saamkuier. Suzette van Rensburg (bo) het die gehoor met haar musiek vermaak. Links is Margeret van der Merwe en haar ma Tertia Slabbert.

Kinderwette:

Een van Piketberg Hoërskool se ritmiese gimnaste, Milah Baard, se droom het waar geword deurdat sy gekeur is om vanaf 19-26 Julie ‘n afrigtingskamp vir Ritmiese gimnaste in Rusland by te woon. Sy gaan na die Irina Viner’s International Sport Academy in Khimki, Moskou omgewing.

Die Moorreesburg SAPD ‘n praatjie by Laurie Hugo Primêr op Moorreesburg gehou om kinders van hul regte en verantwoordelikhede in te lig. Sersant Nicolette Visagie het aan die kinders hul regte verduidelik, maar ook die kinders daarop gewys dat hul ten alle tye verantwoordelikheid moet neem vir hul regte.


NUUS • NEWS

17

1 Junie 2016

Netbal: Dié spelers van die Piketberg Hoërskool is gekies vir die Weskus-span wat aan

die Wes-Kaapproewe deelgeneem het .Agter: Thana Stephan (o.17), Janke van Schalkwyk o.15), AnéTheron (o.16) Voor: Jo-MareéGal (o.14), Pamela Booys (o.12), Rehaldine Snell (o.16). Jo-Mareé Gal en Pamela Booys is in die Wes-Kaapspanne opgeneem.

Krieket:

Geraldo George is verlede jaar vir die eerste keer in die Boland se Akademiespan opgeneem. Hy het later sy eersteklas debuut vir Boland se senior span gemaak. Gedurende verlede jaar het hy so goed gedoen, dat hy die oog gevang het van Paul Adams (Cape Cobras se hoofafrigter) en is hy in hul akademie-span. Geraldo speel vir Boland Akademiespan en was hierdie jaar ingesluit in KSA (Krieket Suid Afrika) se nasionale akademiespan wat in Pretoria by KSA se Performance Center onder Shukri Conrad (hoofafrigter van KSA se akademie) geoefen het. Hy is ook weer ingesluit in die Boland akademiespan vir die 2016-2017-seisoen en speel sy klubkrieket vir Piketberg Krieketklub.

Van der Westhuizen dra Malmesbury-rolbalkroon Die afgelope Saterdag het Malmesbury Rolbal hulle enkelspelkampioene gekroon, en in die proses die heersende mans kampioen onttroon. Nicky van der Westhuizen het die seël geplaas op ‘n baie goeie seisoen, en in die proses die verdedigende kampioen, Terry Shimmin, ‘n rolbal les gegee deur hom met 21-8 te verniel in slegs 14 skofte. Nicky het drie keer die maksimum van 4 skote behaal, en was strykdeur dodelik akkuraat. Volgens van die klublede wat al lank by die klub is, was dit die mees eensydige finaal in jare. In die halfeindstryde het Nicky vir Peter Hall 21-9 geklop, wat al ‘n teken was dat Nicky sy visiere goed ingestel het, en Terry klop Daniël Griebanauw 21-8. Vir die eerste keer in ‘n klompie jare is daar weer om die dames enkelspelkroon meegeding. Christa Meyer (‘n kranige oud golfspeler) plaas ook die seël op ‘n goeie seisoen vir haar, en klop Wilma Ravens baie maklik 21-3. Hierdie 2 spelers het uitgstaan in hulle kompetisie, en in ‘n dubbelrondte alle teenstand uit die weg gevee. Nogtans was die uitslag ‘n verrassing, aangesien

hulle vorige 2 wedstryde baie taai stryde opgelewer het. Al die dames spelers,, behalwe Marie Brand wat slegs 4 wedstryde kon speel, is beginners en het voortreflik gevaar en die spel goed bemeester. Dan was daar ook vir die eerste keer in baie jare ‘n mans novice kompetisie vir nuwe spelers wat 3 jaar en minder rolbal speel. Hier klop Martin van Heerden vir Stuart Halvorsen 21-13, in wat ongetwyfeld die mees spannende en beste wedstryd van die dag was. Volgens Roux Vermeulen, die klub president, was hierdie kompetisies tekenend van die goeie gees en toewyding waarmee lede hulle sport geniet en beoefen. Stuart en Daniël is maar 23 en 22 jaar oud onderskeidelik, en behoort voornemende jonger spelers aan te moedig om ook rolbal te begin speel. Estean Herman is ‘n grad 10 leerder, en toon baie belofte, en pas sy rolbal in tussen sy atletiek en rugby prestasies. Nicky en Christa sal op 2 Julie hulle staal gaan toon teen die ander klubkampioene in die WP.

Swartlanders presteer by Comrades-marathon Verskeie atlete uit die streek het Sondag die moordende Comrades Ultramarathon tussen Pietermaritzburg en Durban voltooi. Twaalf lede van die Swartland Atletiekklub het die 91ste Comrades oor 89,13 km binne die toegelate tyd afgelê. Njenyana Zwane was die eerste Swartlandatleet oor di wenstreep in Durban in ‘n tyd van 7:42:39. Hy is gevolg deur Jenita Du Plessis (9:31:39),

Hannes Pieters (9:45:35), Bennie Carstens (9:48:24), Andre Van Rooyen (9:48:24), Hercu Hofmeyr (10:17:05), Aletia Van Antwerpen (10:17:05), Mias Nieuwoudt (11:02:19), Hanselie Swarts (11:07:38), Nazeen Afrika (11:08:08), Theresa Swart (11:36:01) en Wanda Carstens (11:38:17). • Nog twee atlete van Malmesbury wat die wedloop voltooi het, is Hildegarde Geldenhuys (9:20.06) en Lodiaan Fouché (10:22:34)


NUUS • NEWS

18

1 Junie 2016

Pretstap:

Die Swartland Pre-Primêr se ouers en leerders het die koue oggendluggie aangedurf in hul jaarlikse pretstap.

WESKUS DISTRIKSMUNISIPALITEIT Weskus Distriksmunisipaliteit – met sy hoofkantoor op Moorreesburg – strewe na dinamiese en effektiewe dienslewering aan die gemeenskap van die Distriksmunisipaliteit. As ’n Gelyke Indiensneming-werkgewer, beskik ons tans oor die onderstaande vakatures vir toepaslik gekwalifiseerde en ervare persone. Departement Finansiële Dienste Afdeling: Oorde NUTSMAN (OORDE) (1 POS) ●Standplaas: Ganzekraal ●Salaris: R99 568 - R129 250 per jaar (TASK Gradering 6) ●Verw. No.: GR4 Vereistes: •Graad 10 •Geldige Kode EB-rybewys •Kommunikasievaardighede •Interpersoonlike vaardighede •Skrynwerky-/ Loodgietervaardighede •Vermoë om elektriese toestelle te herstel •Vermoë om in twee van die drie amptelike tale van die Wes-Kaap te kommunikeer •6 maande toepaslike ervaring •Nodige kennis om die werkfunksies uit te voer. Pligte: •Verantwoordelik vir algemene instandhouding by oord. ALGEMENE ASSISTENT (SKOONMAKER) (1 POS) ●Standplaas: Ganzekraal ●Salaris: R74 918 - R88 436 per jaar (TASK Gradering 3) ●Verw. No.: GR7 Vereistes: •Basiese lewensvaardighede •Aandag aan besonderhede •Goeie verslagdoenings- en skoonmaakvaardighede •Goeie interpersoonlike en kommunikasievaardighede •Vermoë om onafhanklik te werk •Vermoë om in twee van die drie amptelike tale van die Wes-Kaap te kommunikeer. Pligte: •Verrig aktiwiteite/take wat verband hou met die skoonmaak en instandhouding van die oord se kantore, chalets, konferensiesentrum, toilette en geboue by Ganzekraal-vakansieoord op ‘n deurlopende basis en die bediening van koffie/tee aan personeel en besoekers. INTERNSKAP (2 POSTE) ●Eenjaar - Hernubare Kontrak ●Standplaas: Moorreesburg ●Salaris: R96 000 - R144 000 per jaar (allesinsluitend) ●Verw. No.: FS 3 Vereistes: •Ten minste ’n driejaar-Baccalaureusgraad of Nasionale Diploma met hoofvakke in Rekeningkunde, Ekonomie of Finansies, met inbegrip van Risikobestuur en/of Ouditkunde •bereidwilligheid om benewens die indiensnemingskontrak ’n internskapooreenkoms te teken (om toewyding aan die program te verseker, wat onder meer volledige deelname aan die opvoedkundige en werkplekopdragte en waarneming van beleid en prosedures verg) •ouderdom van 21 – 35 jaar. Oorsig van Internskap: Die MFMIP is ’n gestruktureerde, professionele opleiding- en werkservaringprogram met as doel die verskaffing van hoëgehalte-opleiding en praktiese blootstelling aan alle aspekte van ’n Munisipale Begrotings- en Tesouriekantoor, wat onder die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur, Wet 56 van 2003 en die onderliggende wysigings val. Die program het ’n logiese volgorde van opleiding wat voortbou op die vaardighede en vermoëns wat tydens universiteits- en technikonopleiding verwerf is. Dit eindig waar toepaslik, met die krediete vir of ’n kwalifikasie in Munisipale Finansiële Bestuur in ooreenstemming met die Munisipale Regulasies vir Minimum Vaardighede, Staatskoerant 29967 van Junie 2007. Fokusareas: Interne Oudit/Finansies. Kontraktermyn: Eenjaarkontrak met die opsie van hernuwing vir ’n verdere jaar. Benewens die salaris vermeld vir die poste en onderhewig aan sekere voorwaardes, bied die Distriksmunisipaliteit mededingende byvoordele, soos ’n behuisingsubsidie, ’n bonus, lidmaatskap aan ’n pensioen-/aftree- en mediese hulpfonds, asook voorwaardelike dekking van meubelvervoerkoste. SLUITINGSDATUM: 17 JUNIE 2016 OM 14H00 Die voorgeskrewe aansoekvorms is gedurende kantoorure beskikbaar by me. P.S. Boer by 022 433 8400 of op die webtuiste by www. westcoastdm.co.za/vacancies.html. Voltooide aansoekvorms, vergesel van volledige CV’s en gewaarmerkte afskrifte van diplomas/ sertifikate/registrasies en rybewyse, moet gerig word aan Weskus Distriksmunisipaliteit, Menslike Hulpbronne: Werwing & Keuring, Posbus 242, Moorreesburg, 7310. Let Wel: Die Raad behou die reg voor om geen aanstellings te maak nie. Geen laat aansoeke of aansoeke per faks of e-pos sal aanvaar word nie. CV’s sal nie aan kandidate terugbesorg word nie. Gunswerwing sal kandidate diskwalifiseer. Indien geen terugvoering binne 60 dae na die sluitingsdatum vanaf hierdie kantoor ontvang is nie, kan aanvaar word dat ’n aansoek onsuksesvol was. www.ursonline.co.za

URS 19404


NUUS • NEWS

19

1 Junie 2016 Dienste Services

ABC Partytjies – Jy kies die tema, ons doen die res. Ook verhuring van dekor en springkastele. Elsa 078 5442038 of elsa@abcpartytjies.co.za #2393/3 ----------------------------Fridge Repairs at low cost. We also build 2x2 freezer rooms and do repairs. Contact Cliffie at 078 213 9857 #2167/13

Gelukwensing Congrats

Veels geluk met jou 27ste verjaarsdag op 1 Junie. Mag God jou ryklik seën en dra al die dae van jou lewe. Geniet jou dag. Baie Liefde - C.F #2471 -----------------------------

Geluk Wisa -Mag God jou ryklik seën en mag jy altyd die mal “tannie” bly...lief vir jou van die Janza gesin #2468 ----------------------------Geluk Tannie!! Mag God u ryklik seën met klompie liefde en goeie gesondheid!! Bly die lieflike tannie… ons is baie lief vir ons eie BB! Geniet die daggie.. van Admer, Merltine en Lineve #2469 ----------------------------RAAI WIE WORD 21 OP 4 JUNIE 2016!!!!

Baie geluk met jou mondigwording. God’s rykste seëninge en voorspoed op jou toekomspad. Van: Ma, Haylin en Papier gesin. #2472 -----------------------------

Te Koop For Sale

Raai wie is 21!!! Baie geluk met jou mondigwording op 1 Junie 2016. Geniet jou dag!!!! Van Mummy, Dad, Boeta & Dominique #2473

Gesoek Wanted

AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mans- en vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547 / 084 794 7528. #2005/45

Gasbraai met oortreksel, 4 branders en een vir potjiekos. Ekstra “grid”- soos nuut. R3 000 onderhandelbaar. Skakel 022 482 3643 of 082 818 3987 #2474 ----------------------------Muller – 079 413 2520 6 stuk dinner set – R850,00 Pine bedkassie – R350; Kombuistafel + 4 stoele – R600; Phillips yskas/vrieskas –

R1500; Kingsize matras – R700; 2 x Dubbel base set – R1200 elk. Malmesbury, Rainierstraat 8E, Müller’s 079 413 2520 #2470 ----------------------------Splinternuwe sitkamer / braaikamer rusbanke in verskeidenheid materiaal en lengtes beskikbaar @ winskoop pryse. Kontak 083 600 4340 / 084 511 5682 #2378/8 -----------------------------

Sterfgevalle Obituary

BETJIE FARó

Sag heengegaan op 25 Mei 2016. Lieflike ouma – Ons gaan ma baie mis. Troosdiens : Dinsdag te Tortelduifstraat 52 om 19h00; Woensdag – VGK (Malmesbury) om 19h00 – Begrafnisdiens is Saterdag, 4 Junie – Huisdiens te Violalaan 7 om 08:-00 en om 09:00 te VGK Malmesbury – van al die familie – Rus in vrede #2466

Te Huur To Let

3 Slaapkamer woonstel te huur – Beskikbaar vanaf 15 Junie 2016 – Sentraal geleë - R4400 p/m - water ingesluit – Koopkrag. Kontak 073 080 7078 #2467 ----------------------------Fabrieksperseel te huur – 300m². Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede. Beskikbaar 01 April 2016 #2340/7 ----------------------------Kantoorspasie te huur in Malmesbury – 200 m². Kontak 082 899 4071 vir meer besonderhede of om te besigtig. #2123/33

VA C A N C Y BULLETIN EXCITING OPPORTUNITY FOR PEOPLE WHO WANT TO MAKE A DIFFERENCE

DEPARTMENT OF HEALTH PIKETBERG CLINIC

ADMINISTRATION CLERK: INFORMATION MANAGEMENT Remuneration: R142 461 per annum For detailed information on the above post/s visit our website at: www.westerncape.gov.za/jobs Candidates are welcome to access the website at Cape Gateway address: 4 Dorp Street, Cape Town, Western Cape, South Africa. The WCG is guided by the principles of Employment Equity. Disabled candidates are encouraged to apply and an indication in this regard would be appreciated.

Closing date: 24 June 2016

127544 COURANT ayandambanga.co.za


courant

NUUS • NEWS

1 Junie 2016

SPORT

dié

20

tel 022 487 3221

1 Junie 2016

Sportuitslae Sports results MALMESBURY GHOLFKLUB WOENSDAG SUNDOWNER Enkel Stableford 1 Nic Goosen 20, 2 Peter Willemse 19, 3 Lindsay Meyer 19, 4 Craig Petersen 18, 5 George Prinsloo 17 VRYDAG SUNDOWNER Komp: Enkel Stableford 1 Peter Willemse 20, 2 Brian de Beer 20, 3 George Prinsloo 18, 4 Franklin Beukes 18 28 Mei 2016 Enkel Stableford 1 Waldo Spies 38, 2 Tony Goosen 36, 3 Johann Ackerman 36, 4 Ronnie Shaw 35, 5 William Matthysen 35, 4 Paul Hardcastle 34, 5 Lindsay Meyer 34

15 Jaar: Die rugbyspan

van Abbotsdale het Saterdag die eerste keer in 15 jaar afgereken met die span van Wesbank. In 'n wedstryd waar spelers mekaar behoorlik die stryd aangesê het, het Abbotsdale met 23-17 as wenners van die veld gestap. Bo beur Renfredt Adams deur Wesbank se verdediging. Hy is ook as speler van die wedstryd aangewys. Foto: David Howburgh

MOORREESBURG (70) Vierbal-samespel: H. Swanepoel, L. de Jager, E. Loubser en C.Loubser 103, V. Hunt, R.Groenewald, N.Kotze en P. Dippenaar 103, H. April, P. February, A.Pienaar en L. Johnson 99, M. Carr, G. van Hilten, S. Fourie en J. Nieuwoudt 94 Rugby Boland-liga SWARTWESKUS Abbotsdale 23 Wesbank 17; Saldanha 30 Vredenburg 27; Darling 25 Hopefield 22; Moorreesburg 26 Never Despair 25; St. Helenabaai 53 Piketverg 7; Mamre 36 Velddrif 33

• nog verrassings voorspel

Groot opskudding in rugbyliga En daar bars Never Despair se rugbyballon toe met 'n groot slag. In die grootste opskudding van die Swartwes se 2016 Groot Uitdaag-reeks, het die span van Moorreesburg met 'n dramatiese 25–26 oorwinning op Malmesbury 'n slag sigbare gestalte gegee aan hulle slagspreuk Moorreesburg “Never Quit”. Die Samouers het geskiedenis gemaak deur hul eerste oorwinning oor Never Despair te behaal. Die besoekers het goeie rugby opgelewer, geïnspireer deur goeie agterlynspel met Mitchell Jacobs en Heinrich Manuel wat chaos veroorsaak het agterlangs. Gesoute manne soos Anthony Jacobs en Jovan Willemse was ook weer rotsvas op verdediging. Never Despair verdien 'n pluimpie na hulle ook baie goeie rugby opgedis het en Moorreesburg tot die einde gedruk het met slegs Tiaan Lesch se gevaarlike skopvoet wat in die pad van 'n oorwinning vir Never Despairs gestaan het. Hierdie naweek ontvang Moorreesburg besoek van Mamre wat ook weer gevaarlik lyk. Moorreesburg behoort egter vol selfvertroue te wees voor hul tuisskare en sal weer met n groot aanslag seker maak van 'n oorwinning op hul tuisveld.

Never Despair het baie stof tot nadenke na vier agtereenvolgende nederlae wat die span van Piketberg breed sal laat glimlag. Piketberg het egter self nog nie die seisoen aan die beker van oorwinning gedrink nie. Never Despair reis na Piketberg hierdie Saterdag en sal moet hard werk aan hul konsentrasie, oordeel, besluitneming en toewyding. Piketberg sal die wedstryd sien as 'n geleentheid om hul eerste oorwinning te behaal van die seisoen, maar Never Despair gaan dit nie op 'n skinkbord aan die tuisspan bied nie. Never Despair behoort terug te slaan met 'n oortuigende wen hierdie naweek. Op Abbotsdale was daar nog 'n groot opskudding toe die span van Abbotsdale verseker het dat Wesbank die vyf kilometer terug Malmesbury toe reis sonder 'n oorwinning. Dit was die Lillies se vaart en vaardigheid agterlangs, asook die hanteerwerk en aansluiting van die voorspelers wat Wesbank deurmekaar gespeel het. Wesbank het gesorg vir 'n intense tweestryd en het groot gedeeltes van die wedstryd oorheers. Abbotsdale lyk weer asof hulle wil rugby speel die seisoen. Abbotsdale se volgende uitdaging is egter n wegwedstryd teen die onoorwonne Saldanha in die weskus. Abbotsdale behoort egter die wedstryd aan te durf propvol selfvertroue en

kan vir n groot opskudding sorg in die Baai. Hopefield is hierdie Saterdag getaak met die moeilike taak om Wesbank aan te durf op hul tuisveld. Die span van Emgee Fredericks sal die week wil opmaak vir hul verassende nederlaag teen Abbotsdale verlede week. Die huidige Swartwes-kampioen speel tuis en behoort weer momentum te bou om die druk op die top-twee spanne in die kompetisie te hou. Wesbank behoort ook in alle fasette van die wedstryd te domineer. Hopefield raak egter by die week meer volwasse in hul spel en kan ook met goeie rugby Wesbank se span frustreer. Wesbank behoort met 'n oortuigende bonuspunt sege 'n waarskuwing uit te stuur aan die res van die spanne. Darling speel Saterdag gasheer vir St Helenabaai. Altwee spanne is tans goed op dreef met veral Darling wat hierdie seisoen groot opslae maak. Darling het Saterdag sy houvas op die tweede posisie verstewig met 'n goeie oorwinning oor Hopefield. Darling is rotsvas op verdediging en sal wil verseker hulle stuit St Helenabaai se aanslag. Dit behoort 'n taai stryd te wees met Darling met hul tuisvoordeel wat hul wenreeks sal voortsit. - Abri Adonis

BUY 2 FOR

CELEBRATE

MORE FOR LESS 1505501_100 x 260

PRICES VALID 2 - 5 JUNE 2016 AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, WELLINGTON, DURBANVILLE, WILLOWBRIDGE, SABLE SQUARE, FRANSCHHOEK, BIG BAY AND CERES STORES.

Amstel Lager or Lite Cans or Non-returnable Bottles 24 x 330ml

Buy a Case and Get a 6-pack Amstel Lite Non-returnable Bottles or Cans FREE

Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury or Wellington Liquor Stores. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

209

R

Best Customer 2013 Loyalty Programme 2014 three years in a row 2015

Per Case

Malmesbury Fietsryklub Darling Brew Extreme 68km: Francois du Toit- 3:24, Marius de Kock3:28 Fietie Rocher- 3:54, John Lofty Eaton- 3:54, Johann Loubser- 03:53, Thomas Orchard- 4:12, Annemarie de Kock – 4:16 25km: Nadene Marais-1:29, Kobus Marais-1:29, Samuel Marais (12 jaar)- 1:29, Stephan Marais- 1:15, Jaco Swart-1:22

200

129

R

Klipdrift Export Brandy 750ml

R

J&B Rare Scotch Whisky 750ml

8595

Count Pushkin Premium Vodka 750ml

8595

Mainstay Premuim Cane Spirits 750ml

45

R

Durbanville Hills Sauvignon Blanc or Chardonnay 750ml Each

85

R

Cape Velvet Cream Liqueur Assorted 750ml Each

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly. 1505501_ 10x8 Vredenburg Liquor.indd 1

2016/05/27 2:04 PM


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook