Die courant swartland/bergrivier 1 jun 2016 372

Page 10

NUUS • NEWS

10

1 Junie 2016

'Druk om met minder meer melk te produseer, al hoër'

Links: Neels Neethling in sy melkstal op Vyevlei. Bo: Jurie de Kock deel sy kennis met die groep besoekers. Die algemene tendens dat kleiner ondernemings voortdurend onder druk is om met die groter verskaffers te kompeteer en lewensvatbaar te bly, is beslis in die landbousektor ook ‘n werklikheid. Santam Landbou het verlede weke ‘n klompie medialui na landbou-ondernemings in die Swartland gebring om juis die uitdagings in die landbou, maar ook die oplossings en planne wat gemaak word om juis die uitdagings te oorbrug. Op die plaas Vyevlei van Neels Neethling, word daar tans 3950 koeie per dag gemelk, maar dié grootte ten spyt word daar deurlopend pogings aangewend om meer produksie teen laer insetkoste te verseker.

Neethling sê as gevolg van die heersende marktendense met melkpryse en die insetkostes, is ‘n melkery nie ekonomies lewensvatbaar as daar minder as 1000 koeie gemelk word nie. “Anders draai jy net geld om en teen huidige tendense sal jy nooit weer ‘n melkery in SuidAfrika kan begin nie.” Hy sê hy is in die bevoorregte posisie dat hy in die Wes-Kaap die enigste melkverskaffer aan Clover is en dat hy daagliks al 135 000 liter melk aan dié melkreus lewer. Dié ooreenkoms verseker dat Neethling as ‘n grootmaatvoorsiener groot voordeel trek uit die volume-premie wat hy kon beding. Hy sê met die huidige droogte en gevolgli-

ke skerp toename in voerpryse, moet ‘n melkboer soveel moontlik eie kos produseer om die melkery winsgewend te hou. Die voerkoste het skerp gestyg, maar die melkpryse het nie tred gehou nie. Daar is 8400 diere - van pas gebore kalwers tot groot koeie - op die plaas en hulle vreet daagliks 230 ton voer. “Dit is belangrik om beheer te neem oor jou voorsieningsketting,” het Neethling gesê. Ruvoer is tans baie skaars en vorm ‘n belangrike komponent van die diere se dieet. Die uitvoer van lusern na die Midde-Ooste te midde van die droogte, het die prys tot R4000/ ton opgestoot. Die bykans 4000 koeie wat ge-

melk word, kry elkeen 4kg lusern as deel van die daaglikse dieet – dus 16 ton lusern per dag. Neethling sê hy het op aanbeveling van sy senior melkerybestuurder, Jurie de Kock, onlangs meer lusern begin produseer op sy twee plase by Colesberg. Hulle het reeds die lusern-inhoud van die diere se dieet verhoog en melkproduksie so opgestoot tot tussen 30 en 33 liter per koeie per dag. Met nuwe aanplantings sal hulle die lusernkomponent tot 7kg per koei kan verhoog. Hul kon reeds die voergraad wat hulle aankoop om die dieet aan te vul van 21% proteïen tot 19% verlaag met ‘n gepaardgaande besparing van R200/ton. De Kock beoog om dit nog verder te verlaag en meer te bespaar.

Business savvy women enter Female Entrepreneur Awards Alan Winde, Minister of Economic Opportunities, encouraged women to enter the competition, which closes on 3 June. The Female Entrepreneur Awards is a partnership between the National Department of

Agriculture, Forestry and Fisheries and the provincial departments of Agriculture. In 2015, a Western Cape female farmer, Tenjiwe Kaba, was selected as one of the country’s top agri-entrepreneurs. Kaba leads Moyo We

Khaya, a community garden in Khayelitsha tended by women farming in vegetables. This group stood out for the excellent service they deliver to the community and for the inspiration they provide other residents. After winning the sub-

sistence producer category in the Western Cape leg of the awards, Kaba was announced as one of the top winners at the national event. The provincial winner will be announced in August, as part of Women’s Month.

InteliGro maak sy merk in die Swartland

Bo: Gerrit de Kock (InteliGro Moorreesburg), Jan “Kwak” du Toit (InteliGro Hopefield), Albie Wessels (InteliGro Porterville), Philip Geldenhuys (InteliGro Malmesbury), Penna Odendaal (InteliGro Moorreesburg), Jacobus Wium (InteliGro Moorreesburg), Johan Nienaber (InteliGro), Henry Odendaal (InteliGro Moorreesburg), Johan Hanekom (InteliGro). Voor is Adriaan Geldenhuys (InteliGro Malmesbury), Andre Erasmus (InteliGro), Thinus Smuts (InteliGro) en Niel Kruger (InteliGro)

InteliGro het Donderdag sy nuwe tak in die Swartland by die Misverstanddam gevier. InteliGro het sy ontstaan te danke aan die integrasie van twee toonaangewende gewasoplossingsmaatskappye in die Suid-Afrikaanse landboubedryf, naamlik Terason en Technichem. Terason verskaf reeds sedert 1998 spesialisdienste aan produsente in die suidelike streke en Technichem verskaf vanaf 1989 soortgelyke gewasoplossings aan produsente in die sentrale en noordelike dele van Suid-Afrika. Die hoofkantoor van InteliGro gaan steeds in Wellington wees (ou Terason-hoofkantoor) met ‘n streekskantoor in Viljoenskroon (ou Technichem-hoofkantoor). InteliGro is in ‘n gunstige posisie om die uitdagings van die landboubedryf aan te spreek en deur sy oplossinggesentreerde benadering waar optimalisering van uitset en gehalte as hoofdoelwit seëvier, ‘n positiewe bydrae tot voedselsekerheid in Suid-Afrika te maak. Die vernaamste dienste wat InteliGro aanbied is: • gedifferensieerde gewasoplossings ondersteun deur ‘n sterk tegniese span;

• ‘n omvattende gewasbeskermingsprodukportefeulje; • gespesialiseerde plantvoedingsoplossings; • innoverende en ondersteunende tegnologie; • ‘n gevestigde, dinamiese verspreidingskanaal wat produkte en dienste landwyd aanbied danksy kredietwaardige gewasoplossingspesialiste; • gevestigde en gesonde vennootskappe met navorsingsgebaseerde multi-nasionale en ander verskaffer-maatskappye; en • biologiese oplossings. Uitsetgedrewe benadering As ‘n toegewyde vennoot in die landboubedryf is die onderneming verbind tot ‘n sakevennootskap met produsente en verskaf volhoubare gewasoplossings wat uitset en gehalte optimaliseer en ook risiko beperk Vir meer inligting besoek gerus www.intelichem.co.za Enige verdere navrae kan gerig word aan InteliGro se onderskeie kantore in Viljoenskroon by 056 343 3444 en Wellington by 021 873 6177 of stuur gerus e-pos na info@inteligro.co.za

Links: Niel Kruger (InteliGro) en Hannes Schoeman (Monsanto)

Bo: Gert Claassen (produsent), Fanie van der Merwe (Dow AgroSciences), Niel Kruger (InteliGro), Rudolph Geldenhuys (InteliChem), Penna Odendaal (InteliGro). Voor is Stefan Marais (Dow AgroSciences), Owen de Wet (Syngenta), Henry Odendaal (InteliGro) en Thinus Smuts (InteliGro). Regs: Brett Archibald was die spreker van die aand.

Bo: Dolfie Walters, Paul Truter, Liam Viljoen en Janus le Roux het ook die opening bygewoon.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die courant swartland/bergrivier 1 jun 2016 372 by DieCourant - Issuu