Die courant swberg 14 sept 2016 387

Page 1

c urant

Gratis • Free

67.4%

Hugenotestraat 24, Malmesbury

14 September 2016

Uitgawe 387

Bergrivier

Swartland

se 1ste keuse

dié

1 Weskus

tel: 022 487 3221

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

Darling blom met 99ste skou Darling se wêreldbekende veldblomskou word dié naweek vir die 99ste keer gehou. Naas 'n ryke voorkoms van blomspesies, kom etlike bedreigde spesies in die Darling-Hopefield-streek voor. Dit sluit in die Darling froetang, geel kelkiewyn. bruinoog kalossie, rooi kalossie, klein kappie, geel poublom, pienk kalkoentjie en bont leeubekkieweeskindertjies. Die skou by die Darling Gholfklub in Jakarandastraat van Vrydag tot Sondag bied ook 'n vermaakprogram. Toegang: R50 (volwassenes) en R30 (kinders en senior inwoners). Die Tienie Versfeld-reservaat is 'n gewilde blomkyk-bestemming, propvol kleur. Besoek www.darlingwildflowers.co.za vir meer inligting.

• RENTMEESTERSKAP IN LANDBOU BESPREEK

Boer vooruit - Walsh Rentmeesterskap. Wat is dit? Dit is iemand wat die besittings van iemand anders bestuur en waar die besitting van ‘n ander toevertrou word.” Dít was vanjaar se hoofonderwerp by die Swartland Skou op Moorreesburg se landbouseminaar. Sean Walsh, besturende direkteur van Kaap Agri, het gevra hoe om welvaart op ‘n volhoubare basis te laat groei. Walsh het nader aan die hart beweeg en gevra wat vandag geleer is om vorentoe te neem? “Rentmeesterskap kan nie suksesvol wees by die vorige leier wat nie wil vorentoe beweeg nie.” Hy het die vraag gevra of die jonger generasie nog nie gereed is om oor te neem nie, of is dit die ouer generasie wat nie hulle pligte nakom om verantwoordelikhede in plek te sit nie. “Rentmeesterskap is nie ‘n erf, ‘n geldelike ding of ‘n bate-ding nie, maar ‘n menseding. Dit moet gemeet word op welvaart en nie rykdom nie.” Volgens hom moet welvaart ook groei. Hy sê die grond behoort nie aan die eienaar nie, maar aan die nageslagte. “Daar moet seker gemaak word hulle is in ‘n beter posisie as wat ons is. Die probleem met rentmeesterskap is dat baie in familie en boerdery-sake verval, eerder as om wins te maak. Boerdery-goed en familie-goed moet gelyk hanteer word.”

Hy sê dat indien die jonger geslag nie waarde gaan toevoeg nie, gaan welvaart vernietig word. Hy beklemtoon egter die belangrikheid vir die liefde wat jy moet hê vir boer. Vir Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van Graans SA, spring die woord volhoubaarheid na vore. De Villiers wat een van die hoofsprekers was, het wins, die mensdom en die omgewing as integrale rolspelers van rentmeesterskap uitgesonder. Volgens hom is wins nodig om seker te maak die besigheid bly voortbestaan. “Geld word bepaal deur die hoeveelheid wins wat jy maak. Wins is ‘n funksie van jou inkomste en uitgawes en nie van die grootte van ‘n brood nie. Ons moet gaan kyk hoe lyk ons inkomste en uitgawes, want dit is op die ou end wat ons volhoubaarheid kan verseker.” Graan SA het onder meer ‘n doelwit gestel om te kyk na elke kommoditeit en ten minste een ton by te sit in terme van opbrengs. De Villiers het met grafika gewys hoe opbrengste in die laaste vyf jaar verbeter het. “Die vraag na aanbod en die vraag na graan bly egter sterk.” Volhoubaarheid is ‘n langtermyn faktor. Ons mark is steeds daar. Ons gaan baie meer tyd spandeer om volhoubaar te wees. En baie van dit is gefokus op die opbrengs. Ons moet daardie een ton per hektaar so vinnig as moontlik begin bysit.” Hy voeg by dat 'n goeie

beleid is egter nodig om vorentoe te gaan. “Ons beleidsomgewing is ‘n belangrike komponent van volhoubaarheid.” Wat mense betref, het De Villiers gesê dat die ideaal nog nie bereik is nie. Dit bly volgens hom ‘n kopseer om verhoudings tussen die staat en die privaatsektor te laat werk, want die staat het die geld, maar nie die kennis nie. “Baie van die opkomende boere sê hulle kry dit nie reg om te boer nie, maar as jou finansiering weggevat word, kry jy dit reg om te boer. Koos Blanckenberg, die vierde generasie van die plaas Klipheuwel, meen rentmeesterskap word op Bybelse beginsels baseer. Volgens hom moet elke familie hul eie resep skep. “Jy moet besluit of jy wil saam boer of nie. Daar is ‘n keuse om saam te boer en rentmeesters te wees. As jy sukses wil behaal moet ‘n kopskuif gemaak word om die boerdery soos ‘n besigheid te bestuur.” Die Blanckenbergs hou tot vandag toe bestuursvergaderings oor wat die dag se beplanning inhou. Volgens hom is dit ook baie belangrik om jou persoonlike lewe en rekeninge apart van die besigheid te hou. Dr. Roelof Botha, ‘n ekonoom wat ook aan die gesprek deelgeneem het, meen landbouers onderskat die waarde van die sektor tot die land se ekonomie. Hy meen boere moet aktief betrokke raak.

NUUS • NEWS

14 September 2016


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.