Skip to main content

Die courant swberg 14 sept 2016 387

Page 1

c urant

Gratis • Free

67.4%

Hugenotestraat 24, Malmesbury

14 September 2016

Uitgawe 387

Bergrivier

Swartland

se 1ste keuse

dié

1 Weskus

tel: 022 487 3221

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

Darling blom met 99ste skou Darling se wêreldbekende veldblomskou word dié naweek vir die 99ste keer gehou. Naas 'n ryke voorkoms van blomspesies, kom etlike bedreigde spesies in die Darling-Hopefield-streek voor. Dit sluit in die Darling froetang, geel kelkiewyn. bruinoog kalossie, rooi kalossie, klein kappie, geel poublom, pienk kalkoentjie en bont leeubekkieweeskindertjies. Die skou by die Darling Gholfklub in Jakarandastraat van Vrydag tot Sondag bied ook 'n vermaakprogram. Toegang: R50 (volwassenes) en R30 (kinders en senior inwoners). Die Tienie Versfeld-reservaat is 'n gewilde blomkyk-bestemming, propvol kleur. Besoek www.darlingwildflowers.co.za vir meer inligting.

• RENTMEESTERSKAP IN LANDBOU BESPREEK

Boer vooruit - Walsh Rentmeesterskap. Wat is dit? Dit is iemand wat die besittings van iemand anders bestuur en waar die besitting van ‘n ander toevertrou word.” Dít was vanjaar se hoofonderwerp by die Swartland Skou op Moorreesburg se landbouseminaar. Sean Walsh, besturende direkteur van Kaap Agri, het gevra hoe om welvaart op ‘n volhoubare basis te laat groei. Walsh het nader aan die hart beweeg en gevra wat vandag geleer is om vorentoe te neem? “Rentmeesterskap kan nie suksesvol wees by die vorige leier wat nie wil vorentoe beweeg nie.” Hy het die vraag gevra of die jonger generasie nog nie gereed is om oor te neem nie, of is dit die ouer generasie wat nie hulle pligte nakom om verantwoordelikhede in plek te sit nie. “Rentmeesterskap is nie ‘n erf, ‘n geldelike ding of ‘n bate-ding nie, maar ‘n menseding. Dit moet gemeet word op welvaart en nie rykdom nie.” Volgens hom moet welvaart ook groei. Hy sê die grond behoort nie aan die eienaar nie, maar aan die nageslagte. “Daar moet seker gemaak word hulle is in ‘n beter posisie as wat ons is. Die probleem met rentmeesterskap is dat baie in familie en boerdery-sake verval, eerder as om wins te maak. Boerdery-goed en familie-goed moet gelyk hanteer word.”

Hy sê dat indien die jonger geslag nie waarde gaan toevoeg nie, gaan welvaart vernietig word. Hy beklemtoon egter die belangrikheid vir die liefde wat jy moet hê vir boer. Vir Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van Graans SA, spring die woord volhoubaarheid na vore. De Villiers wat een van die hoofsprekers was, het wins, die mensdom en die omgewing as integrale rolspelers van rentmeesterskap uitgesonder. Volgens hom is wins nodig om seker te maak die besigheid bly voortbestaan. “Geld word bepaal deur die hoeveelheid wins wat jy maak. Wins is ‘n funksie van jou inkomste en uitgawes en nie van die grootte van ‘n brood nie. Ons moet gaan kyk hoe lyk ons inkomste en uitgawes, want dit is op die ou end wat ons volhoubaarheid kan verseker.” Graan SA het onder meer ‘n doelwit gestel om te kyk na elke kommoditeit en ten minste een ton by te sit in terme van opbrengs. De Villiers het met grafika gewys hoe opbrengste in die laaste vyf jaar verbeter het. “Die vraag na aanbod en die vraag na graan bly egter sterk.” Volhoubaarheid is ‘n langtermyn faktor. Ons mark is steeds daar. Ons gaan baie meer tyd spandeer om volhoubaar te wees. En baie van dit is gefokus op die opbrengs. Ons moet daardie een ton per hektaar so vinnig as moontlik begin bysit.” Hy voeg by dat 'n goeie

beleid is egter nodig om vorentoe te gaan. “Ons beleidsomgewing is ‘n belangrike komponent van volhoubaarheid.” Wat mense betref, het De Villiers gesê dat die ideaal nog nie bereik is nie. Dit bly volgens hom ‘n kopseer om verhoudings tussen die staat en die privaatsektor te laat werk, want die staat het die geld, maar nie die kennis nie. “Baie van die opkomende boere sê hulle kry dit nie reg om te boer nie, maar as jou finansiering weggevat word, kry jy dit reg om te boer. Koos Blanckenberg, die vierde generasie van die plaas Klipheuwel, meen rentmeesterskap word op Bybelse beginsels baseer. Volgens hom moet elke familie hul eie resep skep. “Jy moet besluit of jy wil saam boer of nie. Daar is ‘n keuse om saam te boer en rentmeesters te wees. As jy sukses wil behaal moet ‘n kopskuif gemaak word om die boerdery soos ‘n besigheid te bestuur.” Die Blanckenbergs hou tot vandag toe bestuursvergaderings oor wat die dag se beplanning inhou. Volgens hom is dit ook baie belangrik om jou persoonlike lewe en rekeninge apart van die besigheid te hou. Dr. Roelof Botha, ‘n ekonoom wat ook aan die gesprek deelgeneem het, meen landbouers onderskat die waarde van die sektor tot die land se ekonomie. Hy meen boere moet aktief betrokke raak.

NUUS • NEWS

14 September 2016


NUUS • NEWS

2

Nomineer nou jou gunsteling Die Malmesbury Sakekamer se nominasies vir Diensverskaffer van die Jaar is nou oop. Indien ‘n onderneming die ekstra myl geloop het, gee hulle die nodige

erkenning en blykie van waardering en nomineer hulle vir dié gesogte toekenning. Besoek www.sakekamer.co.za en laat jou stem tel!

14 September 2016

•KANOLA, SITRUS VAAR GOED

Versterk sektore wat gedy - Van der Rheede Christo van der Rheede, adjunk-uitvoerende direkteur by Agri SA, het Donderdag met boere en besoekers kom gesels oor die veranderende regulatoriese omgewing en die impak daarvan op landbou en voedselsekerheid. Volgens hom is die Suid-Afrikaanse landbousektor wat gedy, die kommersiële sektor. Bruto toegevoegde waarde deur die sektor het met meer as 15% sedert 2005 uitgebrei. Kanola, sitrus en sojabone het veral goed presteer. Hoë waarde en arbeid intensiewe bedrywe onder besproeiing het ook goeie groei oor die afgelope vyf jaar getoon, maar algehele groei staan op 1 % tot 2 % per jaar. Ongeveer 860 000 mense is in diens van die primêre formele sektor. Salarisrekeninge het ongeveer R16 miljard in 2015 beloop. Die sektor het tussen die 60’s en 80’s goed gegroei in terme van uitvoere, maar is vanaf 1983 erg gestuit deur apartheid en sanksies. Die bedryf het weer vanaf 1991 en veral na die verkiesing vinnig opgetel. Sedert 2009, het daar ‘n opwaarse kurwe getoon, danksy die dereguleerder van die landbousektor, wat die markte help ontsluit het en die bedryf weer vorentoe gevat het. “Nou moet ons seker maak ons bly opwaarts beweeg.” Die sektor het egter sy uitdagings. Hy sê die Suid-Afrikaanse landbou is siklies van aard. Droëland gewasproduksie, veral wit en geel mielies, is negatief deur die droogte geraak. Nasionale

beeskuddes is ook met soveel as 15% as gevolg van die droogte verminder. Hoë pryse het nog nie voorgekom nie, maar is nog op pad, sê van der Rheede. Daar is beleidsonsekerheid en stadige vordering met grondhervorming, asook die lae vlakke van nuwe investering in vaste bates, grondontwikkeling en ​​uitbreidings. Hy voeg egter by negatiewe fases altyd gevolg word deur tydperke van positiewe groei. Van der Rheede maak dit egter duidelik dat beleid nie op die bedryf afgedwing kan word nie. Suid-Afrika se redding lê volgens hom by die twee sektore. “Meeste werksgeleenthede in Suid-Afrika word tans geskep in die informele handelsektor. Ons eie mense sien nie eers watter potensiaal hier is vir hulle nie. Volgens navorsers groei indiensname in die informele sektor met sowat 100 000 mense per jaar en volgens statistiek SA is daar sowat 2.1 miljoen mense werksaam in die informele sektor. Dié sektor dra 7% tot 12% by tot die totale ekonomie.”

Hy sê verder volgens SALGA word die ekonomiese omset van die sektor op R160 miljoen jaarliks geskat. “Ons mense is vasgevang in ‘n kultuur van staatsafhanklikheid. Ons moet weg beweeg van daardie kultuur. Daarom vra ek dat ons moet kyk waar ons kan hande vat.” Sektore in die landbousektor wat nie gedy nie, is die staatsgedrewe landbouhandelsektor. Hy sê kleinskaalse of opkomende landbou in Suid-Afrika het baie aandag ontvang van beleidmakers wat nie tot verhoogde produksie en werkskepping gelei het nie. Hy sê dit het in sommige gevalle tot groter armoede en verval gelei. “Korrupsie, wanaanwending van staatsfondse, gebrekkige hulpverlening is aan die orde van die dag.” Van der Rheede sê ook huurooreenkomste tussen staat en opkomende boere bly ‘n uitdaging. “Niemand kan binne vyf jaar ‘n suksesvolle boerdery maak nie. Jy moet gefokus wees.” Hy sê die boodskap is eenvoudig. Kry die instaatstellende omstandighede, dus ‘n beter funksionerende staat en die verwydering van rompslomp en oneffektiewe prosesse, in plek en implementeer ‘n verskeidenheid van modelle vir grondoordrag aan begunstigdes. Daar moet verder doeltreffende ondersteuning aan begunstigdes wees en elimineer politieke begunstiging wat betref grondhervorming en landbouprogramme.


NUUS • NEWS

3

14 September 2016

Hou dié courant se Facebook-blad dop vir al jou nuus en gebeure!

SA-kampioen: Hoffie van Blerk is by die onlangse Swartland Skou op Moorreesburg gekroon as die Suid-Afrika se Vlaam Wa-span van 8 se kampioen. Hier doen hy en sy span 'n ronde om die ring.

•'SM IS 'N VOORBEELD'

Bolton nou ingestel op die toekoms “Die Swartland Munisipaliteit is ‘n absolute voorbeeld vir ander munisipaliteite. Dit is een groot plesier om hier te kan werk.” Só sê Mark Bolton, wat op 28 Julie vanjaar amptelik as SM se hoof finansiële-beampte (direkteur finansiële-dienste) aangestel is. En hy kyk nie vir een oomblik terug nie. Selfs nie vir ‘n kleiner salaris nie. Basta ook met prestasiebonusse. “Dit vat jou weg van jou prioriteite.” Bolton wat sedert April vanjaar oor die posisie waargemeen het, het reeds in 2004 onder die voormalige direkteur Kenny Cooper as bestuurder gewerk. Hy het egter nooit gedink hy sal terugkeer nie. In 2007 aanvaar hy die pos as Stellenbosch Munisipaliteit se hoof finansiële-beampte. Bolton het gedurende sy tyd by dié hoë profiel munisipaliteit reeds groot opslae gemaak deur ‘n begroting van R469 miljoen in 2008 na R1,250 miljard in 2013 te laat opbou sonder om uitstaande skulde te affekteer. Bolton is kort daarna Matzikama Munisipaliteit toe. Hier het hy ook as munisipale bestuurder waargeneem wat hom bloootstelling oor die wyer spektrum van plaaslike regering gegee het. Sy missie by SM is om die munisipaliteit binne die volgende drie tot vyf jaar die beste finansiële-besturende munisipaliteit in die land te maak. Hoewel sy loopbaan in die plaaslike regering in 1987 begin het, het hy heelwat later in finansies begin spesialiseer. Bolton, die oudste van vyf kinders, het sy nagraadse studies in ekonomie en finansiële bestuur in 2000 voltooi. Hy was toe al ‘n kranige besigheidsman wat met syfers kon werk. Sy dag het met die oopsluit van sy bakkery begin, voor hy sy amptelike werksdag afgeskop het. In die aand het Bolton agter sy boeke ingeklim. “Ek was mal oor die vak ekonomie en die ekonomie van die land. Ek het ‘n passie vir begrotings en syfers." Bolton sê een van die land se grootste probleme is finansiële direkteurs wat nie eens

met hul eie geld kan werk nie. “Die SM is baie geseënd, en nou praat ek nie van myself nie. Almal hier weet daar word met die publiek se geld gewerk.” Vir hom is dit op sigself ‘n dryfveer, want die geld moet altyd met deursigtigheid en verantwoordelikheid bestuur word. Om met ‘n professionele span te werk, maak sy werk by SM lekker. “Mense kom om te werk. Instruksies is nie ‘n probleem nie." Die uitdagings is egter nie minder nie. Die behoeftes van die publiek sal altyd meer wees as die munisipaliteit se bekostigbaarheid. Hy sê daar is ook altyd ruimte vir verbetering.” Nou fokus hy op die begroting. Die SM werk jaarliks aan ‘n meerjarige begroting. Bolton wil die finansiële begroting koppel aan ‘n langtermyn finansiële plan, om ‘n meer duidelike rigting vir die toekoms te gee. "Ons moet dienste volhoubaar hou. Die munisipaliteit moet volhoubaar bly.” Dit is vir hom ook baie belangrik om hoë standaard finansiële advies aan raadslede oor te dra, wat sal maak dat hul oorsigrol baie meer effektief toegepas word. Bolton spog met die SM se bekwame burgemeester wat kennis van ingenieurswerke tot die finansies het. “Hy gee ‘n ware effek aan sy verantwoordelikhede.” Die grootste faktor wat SM van ander munisipaliteite onderskei, is die stabiele raad, kontinuïteit van die personeel en bekwame munisipale bestuurder, voeg hy by. Hy vertel verder die SM se munisipale finansiële stabiliteitsindeks (MFSI) het volgens Ratings Afrika sedert 2012 van 58% tot 73% geklim, “Die gemiddeld is landwyd 40%.” Hy voeg by dat die SM met ses punte gespring het, toe hulle die finansiële state betyds op 23 Augustus vanjaar by die OG ingehandig het. ‘n Sesde skoon oudit is in sig, hoewel dit nog nie amptelik is nie. Bolton verwelkom die uitdagings en is nie van plan om vinnig weg te gaan nie.

AVBOB POLICYHOLDERS DIE COURANT & WESKUS GAZETTE AVB-CMP-02

GET A FREE

BASIC FUNERAL TO THE VALUE OF

R9 600*

PLUS • FREE transportation of the deceased within the borders of South Africa*. • A R1 000 cash upfront payment for initial expenses*. • PLUS a 15% addition to the sum assured on the main life which, if needed, may be converted into a six-month RETRENCHMENT BENEFIT*. These enhanced FREE benefits* are over and above your full policy value.

FOR MORE INFORMATION CONTACT YOUR NEAREST AVBOB BRANCH: Piketberg: Ben Sass - (022) 913 1315, 49 Church Street, Piketberg Vredenburg: Nico Smith - (022) 713 3020, 24 Proses Street, Vredenburg

For enquiries or for 24-hour funeral service assistance dial 0861 28262 1 (0861 AVBOB 1) *Terms and conditions apply. AVBOB is an authorised Financial Services Provider. *Funeral benefits only apply if AVBOB Funeral Service conducts the funeral. AVBOB is a level 2 B-BBEE contributor. FSP 20656. www.AVBOB.co.za


NUUS • NEWS

14 September 2016

courant

dié

4

Eienaarskap en verantwoordelikheid

Die onderwerp van rentmeesterskap is deurgetrap by die landbouseminaar van die afgelope Swartland Skou. Wat beteken dit nou eintlik en is dit net op die landbou van toepassing? Wel, dit kom basies daarop neer dat jy iemand anders se eiendom moet bestuur na die beste van jou vermoë, eienaarskap daarvan moet neem en dit dan oorgee aan 'n volgende geslag. Dit het sekerlik nie net op die landbou van toepassing nie. Hierdie term kan deurgetrek word na enige sektor van die land en enige faset van jou en my lewe. Om eienaarskap te neem, beteken dat jy dit as jou eie sien en dat jy dan ook die verantwoordelikheid wat daarmee gepaard gaan, sal aanvaar. Verantwoordelikheid is 'n groot woord met groot implikasies. Ons almal wil tog koning kraai in ons eie landjie. Ons wil almal as belangrik geag word, maar doen jy werklik iets om dit te verdien? Neem jy eienaarskap en verantwoordelikheid? Om van elkeen van ons 'n beter inwoner te maak en sodoende van die Swartland 'n beter plek te maak, moet ons eienaarskap van ons omgewing neem. Ons woon hier. Ons word hier groot. Ons maak ons kinders hier groot. As ons die dag nie meer hier is nie, sal ons kinders in ons voetspore volg. Dit is ons verantwoordelikheid om die paaie waar hulle moet loop, nou al te begin deurtrap. Met die kennis wat ons vir hulle nalaat, sal hulle die omgewing net kan bevorder en verbeter. Is dit nie wat ons vir onsself en ons nasate wil hê nie? Samewerking is van kardinale belang. Ons is almal op hierdie land en hierdie grond aangewese. Ons is afhanklik van mekaar, al wil ons dit nie hoor nie en al verpes ons dalk die buurman. Los skakels is swak, maar as hulle saamgebind word, is hulle soveel sterker. Dit is dalk iets om te onthou...

Dis Goeie Nuus

Mej. SA gaande oor Faith se portret Faith Blanckenberg, ‘n gr.12 leerder van Die Coetzee Ateljee en Piketberg Hoërskool, se kunswerk is gekies vir die Leon Buchner Visual Arts Celebration Toekennings 2016. Die uitstalling het op 30 Augustus by die Kunste Kaap geopen. Faith het ‘n groot portret van die bekende Jo-Anne Strauss, voormalige mej. Suid Afrika, Paselle en Top Billing aanbieder, met spykers en garing gemaak. Jo-Anne Strauss het toevallig die uitstalling bygewoon en haar portret onmiddelik herken. Sy was so ingenome daarmee dat sy Fiath opgespoor het. Strauss, wat Facebook aan die gons gehad het met die portret, wil graag die kunswerk by haar koop en was selfs bereid om Faith se studies te betaal as sy sou gaan kuns studeer. Sy wil ook graag vir Faith ontmoet en haar werk bevorder en bekend stel. Faith het ook portrette van ander beroemde Suid Afrikaanse vroue gemaak, naamlik Mini Dlamini, Jeannie D, Diaan Lawrenson en Karlien van Jaarsveld. Volgens Jo-Anne Strauss is sy vriende met hulle almal. Jo-Anne wil ook graag hulle portrette aan die sterre

wys en hoor of hulle dit wil koop. Faith se ma, Melanice is besig om met Jo-Ann te onderhandel om Die Coetzee Ateljee te besoek vir die Gr.12 uitstalling en heel moontlik kom van die ander bekendes ook.

Rising Stars:

Die Rising Stars-rugbyklub het deelgeneem in die tweede been van die eerste-liga se uitklop-toernooi van die Boland Rugby-unie op Wellington. Rising Stars (Sentraal Streek) het hul wedstryd teen Saamstaan United (Swartweskus Streek) gewen met 19-5. Jonathan Page, Edwin Mathese en Frederick Engelbrecht was die puntemakers vir Rising Stars.

Dr Andrew Bosman

Die hele Skrif is deur God gegee

Paulus skryf aan die jong Timoteus dat almal wat godvrugtig wil lewe in Christus Jesus sal vervolg word. Goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word. Met ander woorde daar gaan mense wees wat daarop uit is om ander te verlei om weg te draai daarvan om Jesus Christus te volg en Sy goeie nuus te versprei. Timoteus word gemaan om te bly in die lering wat hy geleer het, en waarvan hy verseker is, omdat hy weet van wie hy dit geleer het. Timoteus het van kleins af die heilige Skrifte leer ken wat hom wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus. Die geloof kom deur die gehoor van die Woord van God. Paulus wys daarop dat die hele Skrif deur God gegee is en nuttig is tot lering en weerlegging, tot teregwysing en tot onderwysing in die geregtigheid. Sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus. Ons het God se Woord juis vir ‘n tyd soos hierdie om onsekerhede uit te skakel.

PNA: Junene Kitshoff van Moorrees- Saamstaan: Saamstaan United het in hul laaste vriendburg is aangewys as Malmesbury PNA se gelukkige wenner van 'n koelhouer in Pilot-penne se kompetisie. By haar is Lorna du Preez van Malmesbury PNA.

skaplike wedstryd as voorbereiding vir die uitspeelrondtes van die eersteliga met die span van White Spirits met 42-24 afgereken. Wesley Alkaster en Mathew Mathesen het vir Saamstaan uitgeblink.


NUUS • NEWS

5

14 September 2016

Shop online at www.picknpay.co.za Also at HYPERMARKETS

WEEKEND SAVINGS

13% OFF PnP Bulk Country Classic Boerewors

R

66

26% OFF PnP NO NAMETM Fresh Chicken Thighs and Drumsticks

R

Per kg

39

90

Per kg

8 Pack

31% OFF PnP Fresh Milk Assorted 1 Litre Sachet Each

R

8

45

20% OFF

Danone NutriDay Smooth Low Fat Yoghurt Assorted 8 x 100g Per Pack

R

14

50

BUY 2 FOR

R

27% OFF

33% OFF

BUY ANY 3 AND GET THE CHEAPEST FREE

Sunshine D Lite Medium Fat Spread 1kg Tub

46

PnP Bacon Assorted 200g Each

10kg

33% OFF

BUY 2 FOR

20% OFF

Kellogg’s Corn Flakes 500g

R

39

90

21% OFF

24% OFF

Nescafé Cappuccino or Café Menu Assorted 8/10s Per Pack

PnP Super Maize Meal 10kg

R

R

40

90

78

Sunlight Dishwashing Liquid Assorted 750ml Each

90

R

18

90

Maggi 2-Minute Noodles Assorted 5 x 73g Mega Pack

BUY ANY 2 FOR R

32

50

PRICES SO LOW YOU WON’T BELIEVE YOUR EYES.

24% OFF 25% OFF

30% OFF

22% OFF

Twinsaver Luxury 2 Ply White Toilet Tissue 9s

Pampers Disposable Pants Jumbo Pack Assorted Per Pack

R

R

42

90

129

90

23% OFF

Pampers Active Baby Disposable Nappies Jumbo Pack Assorted Per Pack

R

179

Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Camps Bay, Express, Franschhoek Daily and Local stores. Butchery lines not applicable to Bellville and Lakeside. Buy-aid cards not accepted at Strand Street. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

Skip Intelligent Auto Washing Powder 2kg

90

R

45

90

R

90

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

www.picknpay.co.za

PLEASE RECYCLE

Accounts OPEN

16 SEPTEMBER 2016

PRICES VALID 15 - 18 SEPTEMBER 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE MMWCHS325

Viceroy 5-Year-Old Brandy 750ml

CUSTOMER CARE TOLL FREE: 0800 11 22 88 (Landline only. Cellphone rates apply)


NUUS • NEWS

6

14 September 2016

Streek se trots pryk by Swartland Skou

Opperste kampioen: Michele Ziervogel van ABSA, Jaco Smit, eienaar van Black Mamba Angus Stoet met sy seun Theo, Quiten Somers van ABSA en die touleier Hendrik Williams by vanjaar se Opperste Vleis-interraskampioen, Black Mamba Nelene. Foto: Hesmarie Nel

Slaglam:

Vanjaar se Kampioen Slaglam, behoort aan Phillip de Waal van Moorreesburg. Nelius van Santen van Riebeek-Wes het in derde plek geëindig met Adderley Boerdery as reserwe kampioen slaglam. Die kampioen slaglam, het teen 21.3 kg uitgeslag en is teen R2700 deur Tomi’s Abattoir opgeveil. Ewan Louw se Nuweland Dormer-groepe is gekroon as die kampioen groep-slaglammers en ook die reserwe kampioen-groep. Erika Hanekom van Rhenosterbosrug se Dormer-lammers is as die kampioengroep op die hoef gekroon, terwyl die reserwe kampioen aan Albert Kotze behoort. Hanekom het ook die derde, reserwe en 1ste plek in die afdeling, lewendig op die hoef, ingepalm. Links is Jean Uys, stoetbestuurder van Phillip de Waal saam met Tommy Moolman van Tomis Abattoir.

Breëbors(krop)-kampioen: Een van die sierduif-kampioene pronk trots by die pluimvee-uitstalling.

Op die hoef: Dié skape word op die hoef beoordeel.

Hollywood Boulevard van Francois Dercksen vertoon deur Adriaan Odendaal in die afdeling vir saalperd vyfgang, vyf jaar en ouer.


NUUS • NEWS

7

Dagboek • Calender

14 September 2016

Bo: Sjampanje-ontbyt by skou geborg deur Afgri. Toit Wessels (Graan Suid-Afrika), Tijmen van Essen (Swartland Burgemeester), Jacques Bester (voorsitter van Swartland Skou), Marlene van Zyl (raadslid), Hannes Fullard (ondervoorsitter van Swartland Skou), Abri Visser (Afgri), Jakob van Niekerk (Afgri) en Ian Koch (Skoubestuurder).

Village Market in Riebeek West 17 September 2016 Moorreesburg Gholf Klub 17 September - Kom geniet Moorreesburg se gholfbaan op sy mooiste. Lekker pryse en heerlike steakbraai. Vanaf 10 vm - Shotgun start. R250 per speler Navrae : Yolanda by 022 433 1848

Bo: Willem Farmer, Dolfie en Fred Walters en Neels Welman.

Bo: By die landboubesprekingsoggend oor rentmeesterskap was dr. Roelof Botha (ekonoom), Sean Walsh (uitvoerende hoof Kaap Agri), Alan Winde, Wes-Kaapse minister van ekonomiese ontwikkeling, Jannie de Villiers (uitvoerende hoof van Graan SA), Daneel Rossouw van Nedbank, Koos Blanckenberg (boer van Klipheuwel) en Toit Wessels van Graan SA.

Malmesbury Aglow 17 September - Spring meeting at the Rivers of Life Christian Fellowship, Darling Road, Malmesbury. Starting at 3 p.m. Refreshments will be served Enquiries : Elaine Walker 072 590 6636 Algemene Jaarvergadering - Elkana 20 September om 18h00 vir 18h30 by Elkana Sentrum, Jasmynstraat Navrae : 022 486 4178 Jo-Dolphin Swartland APD 22 September 2016 - Jaarvergadering om 18h00 by die Nuwe Sentrum - Albanystraat Kontak : Marie by 022 486 4186 Yzerfontein Galjoen Derby 24 September 2016 Navrae : Gawie Steyn 083 379 6044 St Thomas Primary School Heritage Day - Old School Jol Friday, 23 September at St Thomas School Hall. Bring your own tjop & ... and picnic basket. Braai facilities and wood will be free. From 18h30 till late Admit : R50 single Swartland Pre-Primêre Skool 24 September - Opedag. Vanaf 17:00 - 18:00 Kontak : 022 4823140

Bo: Sean Walsh, hoofbestuurder van Kaap Agri en Koot Claassen, onder-voorsitter van Agri Wes-Kaap, by die landbouseminaar.

Bo: By die Skogdag op Langgewens-proefplaas was Andries Theron van Graan SA, Christo van der Rheede (adjunk-uitvoerende direkteur by Agri SA en hoofspreker) en Gert Conradie (Skog-bestuurder van die WesKaapse departement van landbou).

Langsdiebos Mark 24 September - Erfenisdag Potjiekoskompetisie Inskrywingsvorm beskikbaar by die mark (elke Saterdag 09h00-14h00 ) of kontak Marilizé Crafford 072 0526280 Heritage Day Trial Run 24 September @ Rhebokskloof Wines Estate. Registration from 06:30 - 08:00, Start at 08:15. 10 km - R120; 5 km - R70. Goodie bags for the 1st 100 runners Contact Liezl Muller @ 084 707 0477 Kermis 24 September om 08h00 by ACVV en Huis Nerina Terrein. Pretloop R20 (5 en 13 km). Fietsry R25 (10 en 30 km). Inskrywing om 7h00. Kontak : Dassie 0828079788 Riana 0832336488 St Francis De Sales Catholic Church 30 September - Back to the 60's Dinner Dance with Top Five Dance Band @ R100 per person. Dress in that era's attire and stand a change to win big prizes. Bring own XYZ Contact : Father Kizito 072 832 1013 or Velucia Spogter 074 033 7960

Skogdag: Dr. Johann Strauss van die Wes-Kaapse departement van landbou gesels met boere oor die nuwe stelselnavorsing-insluitende dek-en alternatiewe gewasse tydens proefbesigtiging.

Yzerfontein Sport Recreation Club 1 October - October Fest. From 11h00 until late. Free entrance, family fun and jumping castle for kids Enquiries : 022 451 2819 Tournament Moorreesburg 1 October - Tag Rugby. 10h30 briefing. 11h00 Start of

Kerke • Churches

tournament @ Gene Louw Sport Fields. Cost R500 per team of 10 players (max) Contact : 082 596 1890 / tagleagues@taggroup.co.za Malmesbury Auto Show 1 October - from 9h00 till 5 p.m. @ St Thomas Primary School. Gate fee R10; Club Display R150; Children R5; Passengers extra R10; Sound off Limbo R30; Show & Shine R50 Contact : Alex 073 905 6382 / Faizel 076 230 5923 24 hr MTB Enduro 1 October - Darling Ikhwa TTu, R27 West Coast Road, Yzerfontein, with 10 km multi lap challenge and 3 km kiddies fun road Register on www.darlingttu.co.za / 022 451 2202 Swartland Country Market 8 October at Stone Cottages Kirstenbosch from 10 am - 4pm Contact : Malmesbury Tourism 022 487 1133 Indie Ale The Mid-month Market. Every second Saturday. Starting 8 October from 11am - 4pm. Kleine Liefde Farm R44 between Saron & Porterville Enquiries : www.indieale.co.za Robertson Wine Valley 14 - 16 October - Wine on the River with activities such as cheese & olive tasting, themed tutored wine tasting, free shuttle service (saturday), tractor rides, boat cruises. Children u/18 free enterance. Tickets at the gate Contact : 023 626 3167 / wineonriver.com Groote Post Country Run 30 October - 4 km fun run (Ommie Dam); 13.5 km (Atlantic View); 18 km (Bobejaanberg Challenge). Join us for a Family friendly day in the country side and indulge in the ever popular Groote Post Country Market afterwards Bookings : info@evokeevents.co.za Darling College Golf Day 12 November - Cost : R250 per person or R1000 per four ball. Contact : Wilna de Clerk 0826553208 / wilna@ grootepost.co.za Rendezvous Werfmark 25 November vanaf 9 vm tot laat namiddag met stalletjies, kuier, werkswinkels, musiek onder die sterre, eetgoed, vermaak, luilekker kersinkope, speelgoed Malmesbury Toyota Prestige Corporate Classic 2 Des - R2400 per 4-bal. An Etios 1.5 Xs HB to be won for a hole in one on the 13th hole. Enter now and join in a fun Swartland day. Contact 022 487 1288 or clubmanager@cornergate. com Franschhoek Village Market Huguenoteweg 29, Franschhoek Elke Saterdag gedurende die jaar van Augustus tot Junie. R15 by die deur (gratis vir kinders onder 13 jaar) Elke Woensdag Alkoholiste Anoniem - Metodiste-kerksaal in St Thomasstraat, Malmesbury, om 20:00.

AGS Corpus Christi, Malmesbury 18 September - Sondag-oggenddiens om 09:30. Prediker : Roderick Onverwacht. Sondagaand diens om 18:30 Gesinsdiens Navrae: 073 447 2902.

River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 0812

Volle Evangelie Kerk Wesbank Sondag-erediens 10:00, kinderbediening 09:00, biduur Dinsdae 19:00 by die kerk, Fresialaan 17. Navrae: 022 486 4498; Pastoor Andrew Mesani, 076 827 9054.

Shofar 18 September - Anton Myburgh preek om 09: 30 by Voortrekker straat 48, Malmesbury. Navrae: 022 482 4640.

PPK Bethesda Malmesbury Om 10:00 oggenddiens en aand om 18:30. Navrae: Pastoor Kobus du Plessis, 083 722 7787. Malmesbury Methodist Church Methodist Church in St. Thomas Street, Malmesbury; 09:15 Sunday Worship Service - All are welcome. 08:15 Sunday School; Tuesday Evening Prayer meeting 19:00 at the church. Any further enquiries contact Rev. Anele Bonoyi 083 633 7017. Royal Impact Temple Sundays : Empowerment : 09:00 - 10:45 am Tuesdays : Miracles & Deliverance : 06:00 - 7:20 pm Thursdays : Bible Study : 6:00 - 7:20 pm Your host : Pastor Benson & Dr Sisalindele Okposio, Venue : 7 Hoog Street, Off Bokomo Road, Malmesbury 022 487 1224 or 074 2497168

Victory Praise Chapel Christian family church services at 09:00 every Sunday, prayer starts at 08:30, Dr Euvrard Street Malmesbury. Contact Pastors Hannie: tel 074 153 0519 or email: info@vpci.org.za. River of Life Christian Fellowship Sunday Service 10:00. Home cells: Wed evening services in English. Church in Darling Rd (opposite Prima Bande). Enquiries: Pastor Joshua Motemeri, 084 471 7914. Dynamic Love Fellowship Volgende diens sal 25 September om 10:00 wees by Mount Royal se konferensiefasiliteit. Navrae: Maandae tot Donderdae, 08:00 - 14:00 by 022 487 3233. House of Prayer/Huis van Gebed Malmesbury Sondae om 10:00 by St Thomas Primêr in Wesbank; Dinsdae om 19:30 by Tortelduifstr 46. Kontak Hein Marais, 072 170 9766 of past. Ken Pattison, 083 498 2990.


NUUS • NEWS

8

14 September 2016

Darling, B's + Datsun Go en Mbury skou Die somerseisoen begin algaande weer sy greep hier verstewig en in die Swartland beteken dit 'n heelpaar wonderlike dinge. Wonderlike dinge. Dit is die seisoen waar die streek se hoofbedryf hul vrug na die skure bring. Die lappieskombers van groen en geel gaan verkleur en koring gaan weer rol en sakke weer meer laat bol. Nóú is daar 'n lushof van kleur en die ontdooiseisoen is gelaai met skoue en kuierfeeste. Darling trek dié naweek die laaste doek weg voor dié omgewing se 2016 blommeskildery met hul 99ste veldblomskou. Op die hakke van die afgelope naweek se Swartland Skou op Moorreesburg skud Malmesbury weer vere reg vir dié dorp se skou aanstaande naweek. Perdeprag, Die Kaap is weer Holms met Marion Holm, Steakbraai met Pluk, 'n erfenisdag-op-die-kole-kompetisie waar deelnemers nog raai wat hul gaan moet braai en 'n bekende in toerismekringe wat op sy verjaarsdag wil tandem-

valskermspring, is op die spyskaart. Darling se Tienie Versveld-reservaat op die pad na Yzerfontein het weer 'n keur van pragblomspesies - die veld is vrolik. Wandel daar verniet en kyk sommer bietjie bobbejaantjies. Een van die mooiste, maar bedreigde spesies is die rooibloubobbejaantjie of kelkiewynbobbejaantjie (babiana rubrocyanea). Maar daar is nóg bobbejaantjies (dit is nou nie blommetjies nie en het ook absoluut niks met enige politiek of herkoms te make nie). Ook nie met Langenhoven se van “die helfte van julle is bobbejane”-faam in die parlement nie. Hierdie bobbejaantjies kom in allerhande hoogtes en rondings, grade van aansienlikheid, vol kleur en baie keer ook valerig. Van naby is 'n paar beeldskoon verby, maar ander se sonkante lyk soos toetrektabaksakkies wat gal gesluk het… hoop heimlik die son van dié blomkykterapie sal hul darem ook bietjie vroliker en oper kry. Daar is die jongeling-spesie (betonbosia technoaddiksia) wat vryheid aangryp en sorgeloos en aaneen wil Heidi-huppel deur die natuur. 'n Wilde kyk in die oë en niemand kan hulle keer nie.

Soos 'n wegholperd wat stang vasbyt en dan moet jy maar net klou tot als uitgewoed is. Ook is daar die effe gebuigdes (senioritus alrustigi), met kieries en laphoede en kort, amper onwaarneembare, treetjies skuifel-skuifel hul van blommetjie na blommetjie. Vir baie lank sal hul (wonder of dit is om te rus en of daardie blommetjie regtig só interessant is) by een klein natuurkunswerkie stil staan en kyk. 'n Ander soort (loopnihiri sitenstarensis), 'n subspesie binne hul familie, vorder skaars tot anderkant die houtleerbruggie. Hulle is jonk – tussen 10 en 25. Daar sit hulle plat en staar vir die volle duur van familie-wandeling doodstil in die verte. Adem vry in die skoon lug, gevul met veldsuurstof. 'n Familie wat ook algemeen voorkom is die (ekisihiri enxeneitsi). Dié spesies wat uitgeken word aan hoe hul ongeërg oral rondkyk maar duidelik niks raaksien nie. Is maar net hier omdat iemand hulle hierheen saamgesleep het en praat oor alles behalwe die natuur en plante. Nog 'n spesie (kikimakea canonsia) is dié met kamera om die nek. Hulle is meer gefokus. Stap net van kleurkolletjie tot kleurkolletjie en druk die knoppie sonder ophou. 'n Ander soort (ekennikon framesapii) is die eintlike stout bobbejane. Skynbaar niks gewoond nie en hulle móét pens en pootjies binne in dié bewaarde natuurskoon inneuk met 'n driepoot en duur kamera (een waarvan die uwe net kan droom). Hulle trap kamma suutjies, maar los 'n spoor van platgelope plante en gaan spog tuis met pragtige blommetjies wat gelukkig was om hul trappers vry te spring. Hoofletter B, is die naam om hulle te gee. Die uwe het die naweek tussen skou en blomme heerlik met nuwe kleurvolle wiele rondgery. 'n Ou bekende markleier op ons land se paaie het twee jaar gelede, ná 'n lang afwesigheid, teruggekeer en wel in die vorm van bekostigbare produkte vir toetreders tot die voertuigmark. Die Datsun-handelsmerk het sy oorsprong 'n honderd jaar vroeër in Japan. Hul eerste voertuig was die DAT-GO. Vandaar die besluit om hul jongste reeks voertuie ook die Datsun Go te noem. Die Go-reeks stasiewa, Go+, het pas in Suid-Afrika geland en is bedoel om 'n unieke kleiner meerdoelige voertuig te bied, wat gekenmerk word deur waarde vir geld, ekonomiese brandstofverbruik en onderhoud teen aantreklike pryse. Datsun is ook terug in die Swartland met JB's Datsun wat onlangs by dié bekende handelaar in Malmesbury se bestaande dienstereeks gevoeg is. Ons het heelparty kilometers agter die Go+ se stuur deurgebring en 'n klompie indrukke gevorm

en gewisse pluspunte gesien. Go+, met sy selfvoldane lyne en kenmerkende agterskouers, het 'n indrukwekkende sewe sitplekke. (Daar is ook 'n paneelwa beskikbaar vir afleweringsdoeleindes.) Die twee ekstra afslaansitplekke in die bagasieruim kry toegang verby die tweede ry wat terugvou en is gemik op die jongspan van 'n groeiende familie of as ouma en oupa wil saamry as daar blomme gekyk of skou gehou word. Go+ se prys is inderdaad bekostigbaar en bring nuwe voertuie soveel nader aan die beursie van intreekopers. Hierdie model kos R134900. Go+ word aangedryf deur 'n 3-silinder 1200 enjin wat 50kW lewer teen 4000 toere en daar is 5-spoed handrat-transmissie. Go+ bied lugreëlaar en snelheid-sensitiewe elektriese kragstuur. Lugsak vir die bestuurder, sitplekgordels vir al die passasiers en 'n ritrekenaar met elektronies-vertoonde toereteller. Go+ het 'n selfoonhouer en aux-sok om musiek van jou selfoon oor twee luidsprekers te speel. Daar is, naas die gewone 12v-aanstekersok ook 'n USB-sok uitsluitlik vir die laai van jou selfoon. Go+ se binneruim, met elektriese vensters voor, is donker afgewerk met enkele metaalkleurinsetsels wat dit aantreklik afrond. As die derde ry sitplekke platgeslaan word, is daar 347 liter bagasieruim en 48 liter as die sitplekke opgeslaan is. Dié kompakte familiestasiewa is inderdaad 'n kompakte 3995 mm lank, 1635mm wyd en 1490 hoog. Go+ draai in maklike 4.6 meter en die grondvryhoogte is 170mm. Go+ se ruitveërs is besonder slim en pas aan na gelang van die spoed wat jy ry. Go+ se slim hoofligte verlig jou pad tussen 30 en 120 sekondes (jy kies self die tyd) nadat jy uitgeklim het. Go+ is werklik lig op brandstof (brandstoftenk van 35l). Die gemiddelde verbruik wat die ritrekenaar aantoon, ná ons 350km, is 16km/l. Om hierdie syfer in perspektief te plaas. Die uwe het nie stadig en skuifel-skuifel gery nie – 120 waar die spoedgrens dit toegelaat het en ook bietjie die lepel dieper getrap om te toets. Dié verbruik is nie te versmaai nie in die tye wat politici met hul mannewales dalk nog ons wisselkoers en brandstofpryse kan seermaak. Die fabriek sê as jy mooi ry, kan jy kyk na 5.2km per 100km. In Kort: Hy is besonder ekonomies en jy kry BAIE Go plus nog 'n klomp vir jou rande. Cheers dan tot B's weer blomme kyk.


NUUS • NEWS

14 September 2016

22 - 24 September

Malmesbury Skou 22 - 24 September

9

Braai, Holm, Moedskep en meer by Malmesbury Skou

Skoutyd is kuiertyd en skoutyd is vertoontyd. Die jaarlikse Malmesbury Skou wat aanstaande naweek weer op die dorp se skouterrein gehou word, beloof oudergewoonte volop te doen vir oud en jonk. Ook om spys en drank sal daar heerlik verkeer word. Maande se voorbereidings kom tot 'n punt wanneer vroue weer die Donderdagoggend in styl saamkuier met vermaak deur Marion Holm. Dié gewilde aktrise bring haar eenvrouvertoning, Die Kaap is weer Holms, op die planke by die Pick n Pay Malmesbury Damesoggend. Die oggend se vermaak word ook afgewissel met die stem van Waldo Lotz, 'n ou bekende by dié skou. Terwyl die vroue saamkuier skop die arenaprogram af met 'n oggend van perdeklasse gevolg deur die jeugskou om 12:40. Hier het meer as 100 kinders ingeskryf om hul slag in die hantering van diere te wys. Die Donderdag word afgesluit met 'n Moedskep- Burgeraand @Le Patat se Gat. Vrydagoggend gaan perdeklasse volstoom voort in die arena en die middag is tradisioneel baie gewild onder besoekers - plaaslik en van elders - wat 'n heerlike middagete kom geniet. Die arena se perdeprogram duur tot 17:25 waarna die naweek met 'n gepaste biefstukete/ dans van Malmesbury Superspar en Nulandis ingelui word en voetejeukmusiek van die orkes Pluk. Kaartjies beloop R150 en daar is 'n kontantkroeg. Saterdag se vol perdeprogram van 09:00 tot 17:25 in die arena word tydens middagete afgewissel deur 'n beplande tandem-valskermvertoning wanneer 'n lid van die parlement sy verjaardag in die lug kom vier (soos die weer toelaat). Een van die ander groot hoogtepunte is die Kekkel en Kraai Henk's Vleismark "Mystery Box"-braaiuitdag wat saam met nasionale Erfenisdag/Braaidag val.

Hou dié courant se Facebook-blad dop vir die volledige skou-program!

Die kampioene in die knetter-lekker braaikompetisie sal wegstap met R5000 kontant, terwyl die naasweners R3000 sal losslaan en die dere prys is R1000. Daar is ook R500 op die spel vir die span met die beste gees. Die inskrywingsfooi beloop R500 en slegs twee deelnemers word per span toegelaat. Die afsnydatum hiervoor is 20 September. Vir meer inligting hieroor, kontak Kwas du Toit by 083 601 6480. Nog 'n nuutjie, maar ook ou tradisie, is die Malmesbury Museum se "Klei-os"-kompetisie. Dié kompetisie is juis ontwikkel ter viering van Erfenisdag op 24 September. Al wat jy moet doen, is om 'n klei-os van enige soort klei te maak, solank dit nie groter as 8cm hoog en 12cm lank is nie. Heerlike pryse is op die spel vir die wen-os. Inskrywings sluit op 22 September en beloop R5 per inskrywing. Vir meer inligting hieroor, kontak Malmesbury Museum by 082 961 6181. Al die klei-osinskrywings word Saterdag by die skou uitgestal en beoordeel. Vrydag se perdeprogram in die arena sluit die enkeltuigklas vir merries asook die siertuig vir merries, heelparty kampioenklasse, 3-gang ruiter en 3-gang ryperd en die vierspanne in. Fietsryers kan ook hul fietse afstof na die wintermaande en deelneem aan die Malmesbury Fietsryklub se prettrap Saterdag 24 September. Die roete sal jou ongeveer vier ure neem om te voltooi. Die skou bied ook weer kindervermaak en talle stalletjies vir besoekers en bekostigbare etes uit die plaaskombuis As jy nog nie jou kaartjies het vir een van die skou se hoogtepunte of jou braai-inskrywing gedoen het nie, sal jy vinnig moet spring. Daar is Saterdag ook heerlike musiek by Patat se Gat met plaaslike kunstenaars Monique

Basson en Anick Basson wat sal optree asook die jong boeremusiekmakers, Wingerdstompies. Dié orkes bestaan uit Jaco Carstens (konsertina), Christof Carstens (baskitaar), Heinrich Raats (banjo), Ryno Nienaber ( tromme), Sias Meyer (kitaar/ mandolien), SJ Meyer (kitaar) en Tobias Keyser (klawerbord). Vir meer inligting oor Malmesbury Skou, kontak die skoukantoor by 022 482 3180 of besoek die skou se facebook-blad: Malmesbury Skou.


NUUS • NEWS

10

Testamente nou gratis opgestel

Gedurende September word nasionale testamenteweek gehou wat vanaf 12 tot 16 September duur. Vind gerus uit watter prokureur in jou area hieraan deelneem. Deur ‘n testament te besit word daar verseker dat al jou wense gelys word, en verhoed dat jou erfgename in duur litigasie betrokke raak, in ‘n poging om duidelikheid te verkry oor wat jy sou bedoel het in ‘n spesifieke klousule. Indien jy sou sterf sonder om ‘n opgestelde testament agter te laat, sal daar gesê word dat jy ‘intestaat’ gesterf het en sal die reëls van intestate erfopvolging bepaal wie eienaarskap sal verkry van die eiendom wat jy agterlaat. Deur ‘n testament op te stel kan jy reël vir jou bates om verdeel te word tussen familielede of vriende, pleks daarvan dat die reëls aangaande intestate erfopvolging aanwending vind. Hier is ‘n paar wenke wat jy ingedagte moet hou wanneer jy die opstel van jou testament benader: Dit gebeur soms dat jy ‘n testament het, maar wanneer die boedel beredder moet word, is die testament weens ‘n tegniese

14 September 2016

aspek ongeldig. Wanneer ‘n boedel aangemeld word, moet jy die volgende saam met jou bring. ‘n Afskrif van jou en jou gade se ID, asook jul huweliksertifikaat en huweliksvoorwaardekontrak. Die afskrif van die kinders se ID’s of geboorte-sertifikaat is ook nodig. Volle name, adresse en kontaknommers van al die erfgename is nodig. Onthou jou inkomstebelastingnommer. ‘n Egskeidingsbevel en skikkingsakte is nodig indien julle geskei is. Indien jy ‘n weduwee/wewenaar is, is die oorlede gade se sterftesertifikaat en/of boedelnommer ook nodig. Bring jou pensioen en mediese besonderhede saam, asook, die kontakbesonderhede van jou ouditeur, transportaktes van vaste eiendomme, die besonderhede van verbandhouer en rekeningnommer, poliskontrakte en/ of polisnomers en instansies, besonderhede van alle beleggings, tjek-, spaar en ander bankrekeninge, ‘n aandelesertifikaat indien jy daaroor beskik en die oorspronklike registrasiesertifikate van alle voertuie op u naam geregistreer. Wie kan ‘n testament opstel? Die Wet op Testamente 7 van 1953, wat in werking getree het op 1 Januarie 1954, bepaal dat enigeen wat minstens 16 jaar oud is, ‘n testament mag opstel mits hy/sy verstandelik in staat is om die aard en effek van sy/haar handeling te begryp.

Kontak ons by 022 487 3221 of stuur 'n epos na admin@diecourant.co.za om jou advertensie of kennisgewing te plaas. Besoek ook ons webtuiste by www.diecourant.co.za of raak deel van ons sosiale media en hou van ons blad op Facebook!


NUUS • NEWS

11

14 September 2016 Betrekking Vacancy

Join my AVON TEAM Today, Earn Money. Be your own BOSS. Work from HOME. Contact 0761229972 #2800

Dienste Services

ABC Partytjies - Jy kies die tema, ons doen die res. Ook verhuring van dekor en springkastele. Elsa 078 544 2038 of elsa@ abcpartytjies.co.za #2393 ----------------------------BOU VAN NUWE HUISE - EPM Pty Ltd. 084 230 1639 ansleyehrenreich@ gmail.com - Gratis kwotasies #2781/1 ----------------------------

Gelukwensing Congrats

Sweet sixteen op 15 September Marisca Erasmus. Baie geluk met jou verjaarsdag, bly so pragtig soos jy is. God se rykste seën en Baie lief vir jou Van: Mammie, Marika, Denzil, Henlize en Timrique #2792

Hartlike geluk aan mammie en ouma (Nana), Mary Agnes Daphne Bergman, wat haar 76 verjaarsdag sal vier op 16 September. Ons wens mammie alle sterkte en Gods seënwense toe vir die jare vorentoe. Dankie vir die altyd daar wees Ma! Van Marius,Igmar, Muneera, Alcado, Ursula, Klärschen, Jürgen, Kereshnee, Mushfeeq en Skyler. #2821

CHARLDENE JACOBS Raai wie word 30 die 13de September. Baie geluk met jou verjaarsdag my dogter. Jy moet lekker verjaar, al is jy so ver van my. Baie lief vir jou. Van : Veronica (Nanna) #2793 ---------------------------Baie geluk met jou verjaardag. Jy moet lekker verjaar. Van: Neef Tubby, Corrine en kinders #2794

RAAI WIE IS 21 WILMOR WILLIAMS (Bompi), Baie geluk ma se seun met jou mondigwording. God se rykste seëninge. Mag jy jou goeie gesindheid bly hou. Mammie is baie lief vir jou. Van jou enkelma Mona, susters en broers #2795

KYK WIE WORD 21!! Op 14 September TYRON MARTINS Baie, baie geluk met jou mondigwording. Mag God jou nog vele jare spaar. Met liefde van Christopher, Christolene, Reagan, Crystal, Creswill en Anti Sofie #2796

RAAI WIE IS 60 Baie geluk met jou 60ste verjaarsdag. Mag God jou nog vele jare spaar. Baie dankie vir jou geduld, liefde en omgee. Jou vrou : Josephine #2801 ----------------------------Veels geluk Oupa met die mylpaal wat Oupa behaal het. Mag God jou nog vele mooi jare spaar. Dankie vir al Oupa se liefde en omgee. Dankie vir alles wat Oupa vir my doen. Van jou kleinkind, Hillario #2802

Veels geluk met jou kroon-verjaarsdag. Alles wat mooi is. Ons is baie lief vir jou. Van Anti Pearly #2803

RAAI WIE IS 60 Geluk met Mammie se verjaardag. Dit is 'n eer om 60 te word. Dankie dat jy altyd daar is. As ons 'n ma kon kies, sou ons beslis jou kies, want Mammie is 'n ma duisend. Geniet Mammie se dag. Van: June, Lucy, Georgia en kinders #2804

Geluk Nanna se groot seun met jou 19de verjaardag. Nanna is so trots op jou. Bly die groot man wat jy is. "Don't over do it, but do it over" Van Nanna Lucy, Johan en kinders #2805

Raai wie word vyf op 15 September 2016. JENOWIN, baie geluk met jou verjaarsdag. Mag die Onse Vader jou nog baie jare spaar, Geniet jou dag. Lief jou baie. Van: Sheila en Boeta #2806

RAAI WIE WORD 40 op 14 September. God se rykste seën. Ons is almal lief vir jou. Van : Jou kinders Bronwain en Nathan, jou vrou, skoonouers en Ma #2807

RAAI WIE WORD Twee op 15 September??? Jy is regtig 'n sonstraal in ons lewe, baie lief vir jou. Van : Ouma en Oupa #2808 ----------------------------Aan my Peetkind. Mag daar nog vele jare van sorgvry en liefde vir jou wees. Sonstraal in my lewe. Van : Peetpa. Tannie Vennie en kinders

Baie geluk Mammie se kind met jou verjaarsdag. Mag God jou nog vele jare uitspaar. Ons is baie lief vir jou en geniet jou dag. Van jou boeta Aduwaan en Mammie Admer #2809 ---------------------------Baie geluk aunty Nieve se "peanut" Mag Liewe Jesus jou behoed en bewaar. Mag sy net vreugde en geluk vir jou bring Admer, al is sy so 'n stout. Baie lief vir jou Shaskia - Van Aunty Nieve #2810 ----------------------------Baie geluk Tine se blom. Mag God jou nog vele jare uitspaar en geniet jou dag. Baie lief vir jou Jou Aunty Merltine #2811 ----------------------------Geluk Mammie Merle se blompot ”stay as sweet as you R”. Baie lief vir jou - Mammie Merle, Ciscus, Lilah en Quwin #2812

Aan 'n wonderlike Ouma. Baie geluk met jou 85ste verjaarsdag op 15 September 2016. Mag God jou ryklik seën en ons is baie lief vir Ouma. Liefde : Glirine, Zino en kinders #2813 ---------------------------------Wat 'n wonderlike voorreg om deel te hê aan Mamma se 85ste verjaarsdag. Ons prys en dank die Here daarvoor dat Mamma so lank vir ons gespaar is. Baie geluk met Mamma se verjaarsdag. Liefde: Tries, Thys, Glenay, Harlon, Creshim, Gayno en Glynis #2814

Baie geluk Merichia Davids met jou geboor-

tedag.Gods rykste seën en ons is baie lief vir jou.Liefde Mammie, Daddy,Shamè en Jenique #2815 ----------------------------Baie geluk Merichia Davids met jou verjaarsdag. Jy's net ons babbelbekkie. Hoop jy geniet jou dag. Van Nina;uncle Vince,Anja,Anneke en Vinteau #2816 Baie geluk Merichia Davids met jou verjaarsdag. Als wat mooi is vir jou en ons hoop jy geniet jou verjaarsdag Liefde ouma Kelly en ouma Sussie #2817 -----------------------------

LEE-DONOVAN APRIL 17 September 2016 Baie geluk Boeta met jou geboortedag. Mag God jou nog vele jare uitspaar. Lekker verjaar. Ma, susters en seuns #2819

ANNE-STASHA APRIL 18 September Baie geluk Sussa met jou verjaarsdag. Mag God jou nog vele jare spaar. Geniet jou dag. Liefde : Ma, Donovan, Adellaide, Adonise en seuns #2820

RAAI WIE RAAK VYF?? Geluk met jou verjaarsdag op 19 September 2016. Mag die Here jou seën op die dag. Geniet dit!!! Van : Mammie, Daddy, Allegra, Kezia en Courtney #2822

Gesoek Wanted

AANDAG!!!! WELKOM MEUBELS : Op soek na goeie tweede-handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mans- en vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 4871547 / 084 7947528 #2005/54

Memorium In Memoriam

SARIE DAVIDS - Ma, ouma en oumagrootjie 11 September reeds ses jaar van ons geskei. Ons dink en verlang nog elke dag na Mamma. Jy sal altyd in ons harte voortleef.Van : Anneline, Delvego en Davids familie #2797 ---------------------------SARAH SUSANNE DAVIDS Sondag, 11 September sal dit ses jaar wees dat U van ons weggeneem is. Ons weet dat Mamma veilig by Jesus is. Rus sag. Rus in vrede... tot ons weer ontmoet

Van Davids-gesin #2798

BEN WILLIAM DANIELS. Die 13de September was dit 'n dag wat ons as familie nooit sal vergeet nie. Dit is nou 'n jaar verby, toe ons Hemelse Vader jou kom roep het. Jy was nie net my neef nie, maar ook my geestelike vader, my raadgewer en my steunpilaar. Jy sal altyd voortleef in ons harte en gedagtegange. Van Nig Yvonne en Familie #2818 ----------------------------RACHEL THOMAS Dis nou 'n jaar en agt maande en ons mis jou baie mamma. Jy het verhuis na 'n beter woning waar geen pyn en lyding is nie. Ons koester al die goeie herinneringe . Van. Man, Kinders Kleinkinders.

KOOS APRIL Graag sou ons jou wou gelukwens met die groot 50 op 18 September. Ons berus by God se besluit, wetend dat jy veilig is. Ons gesin mis jou grappe, jou goeie sin vir humor, jou vaderskap, liefde en omgee. Jy was voorwaar my steunpilaar. Ons mis jou verskriklik baie ons liefie-mens. Van: Gina, Lee-Donovan,

Anne-Stasha, Adellaide, Adonise en kleinkinders #2819

BERTHA (Beattie) THOMAS 10.10.1945 - 11.09.2015. Dit is alweer 'n jaar wat mamma weg is. Tyd vlieg so gou. Die herinneringe is nog soos gister. Van 2 dogters, skoonseun en kleinkinders #2824

Te Huur To Let Kantoorspasie te huur in Malmesbury - 200m².

Kontak 0788018137 vir meer besonderhede of om te besigtig #2123/45 ----------------------------Enkel woonstel. Privaat geleë, toegerus, diefwering, koopkrag, geyser. R1500 p.m. Munisipale dienste addisioneel. Kontak 063 001 2914 (Malmesbury)

Te Koop For Sale Boerboel-hondjies @ R2000,00 elk. 8 weke oud. Skakel 022 482 3180 (Malmesbury)
#2799 ----------------------------Gekomposteerde mis te koop tot einde November, 50kg sakke, R40/ sak, aflewering ingesluit, minimum bestellings van 10 sakke. Skakel Laetitia Walters 082 780 9422 #2768


courant

dié

12

tel 022 487 3221

SPORT

14 September 2016

Wesbank: Die Wesbank Rugbyklub se

spanne het Saterdag op hul tuisveld teen die Weskusspan van Saldanha te staan gekom. Wesbank het hulle oorrompel en met 37-17 as die wenners uit die stryd getree. Links skud Salmon Coetzee die teenstaanders af in sy tog na die doellyn. Foto: David Howburg

Trap saam vir kinderhuis

Die 100 km Karoo 2 Coast-bergfietstoernooi van Uniondale na Knysna skop vanjaar op 17 September af. Vanjaar het die fietsryer JC Muller Huis Andrew Murray Kinderhuis as ‘n begunstigde gekies. Huis Andrew Murray (HAM) Kinderhuis is ‘n Badisa-program en sorg daagliks vir 150 sorgbehoewende kinders wie óf wees gelaat is óf deur die kinderhof uit ouerlike sorg verwyder is. Om ten volle aan die kinders se emosionele, fisiese, intellektuele en geestelike behoeftes te voorsien, is hulp en bydraes uit die gemeenskap onontbeerlik. Muller het sewe jaar gelede begin fietsry, omdat hy in daardie stadium onaktief en oorgewig was. Terwyl hy na geskikte sportsoort gesoek het om te beoefen, het ‘n kollega hom omgepraat om saam met hom te begin bergfiets ry. Baie kilometers en kilogramme later geniet hy dit steeds. Hy het intussen ook begin padfiets ry, maar vertel dat hy sy bergfiets nog die meeste geniet. “Dit neem my na stil paaie in die natuur waar ek nader aan my Skepper is en tyd kry om met Hom te praat en kop skoon te maak,” sê hy. Danksy geseënde gesondheid het hy intussen deelgeneem aan verskeie veeleisende wedrenne soos die Cape Argus, die “To Hell and back” (120 km) na Gamkaskloof of Die Hel en terug in twee dae, die Tip Trans 115km in die Cederberg en die “Karoo to Coast” (100km). Met vanjaar se inskrywing vir Karoo 2 Coast, wil hy fondse vir HAM insamel, omdat dit hom na aan die hart lê en omdat hy wil dankie te sê vir goeie gesondheid en ander seëninge. Enigeen wat Muller wil ondersteun en help geld insamel vir die kinderhuis, kan ‘n donasie per km aan die HAM Kinderhuis skenk. Huis Andrew Murray se bankbesonderhede is ABSA Wellington, Takkode: 632005, Tjekrekeking: 430560107, Verw. no: JC Muller Vir meer inligting kontak asb vir Karen Petersen by 021 873 3834 of stuur ‘n e-pos aan info@andrewmurray.org.za

•TOYOTA CAPE DEALER RALLY

Get ready for action Leeroy Poulter and Elvéne Coetzee could ensure Toyota’s cup runneth over as the 2014 SA Rally Championship pairing enjoy a commanding 32 point advantage on the leaderboard and could clinch the 2016 title on Toyota’s home event. The Toyota Gazoo Racing SA Yaris S2000 crew has dominated proceedings on the previous five rounds, but in SA rallying, crews may only count the six best results from the seven events, and Poulter must drop his worst score, which is 16 points for victory as things stand. This means Toyota Gazoo teammates Giniel de Villiers and Carolyn Swan are in effect only 16 points behind with two rounds remaining. De Villiers and Swan were forced to retire from the Heidelberg Rally last month with a double puncture and they therefore drop a zero score – their worst result of the year – leaving them in the title chase. Two years ago, de Villiers won the Toyota Cape Rally, and another victory is a distinct possibility which would ensure the championship goes to the wire at the final round in early November. ROUTE Imperial Toyota Cape Gate hosts the rally formalities with documentation and scrutineering from 18:30 to 20:00 on Thursday, 15th September. This is a great chance to see the cars up close, chat to the crews and collect a poster or auto-

NUUS • NEWS

14 September 2016

graph. The Toyota Cape Dealer Rally gets underway on Friday, 16th September at 16h00 from McCarthy Toyota Killarney, and heads across the road to Killarney Raceway, which will host 4 stages. The first two stages are 5 lap races run in reverse order at 1 minute intervals, the slowest car first. The first superspecial stage (stage 3) will be run at dusk, with two cars competing against each other and the clock. This will again be run in reverse order, with the slowest cars running first. The final stage, another superspecial, will see the field run in darkness. Entrance to Killarney is R50 per person. Malmesbury Toyota hosts an early 7am start on Saturday with crews heading towards Cape Town, for the first gravel stages at Bottelnek, about a 20 minute drive for spectators coming from Cape Town. The stage will be run twice, starting at a spectator-friendly quarry area that promises great viewing. The crews will have a service at the start before tackling the stage again. Thereafter, three gravel stages will run, all in close proximity to Malmesbury. The three stages are all repeated during the day, giving spectators a great chance to camp out at their favourite spot and watch the action. The podium takes place at around 17h00 at the Malmesbury Showgrounds.

Sportuitslae

Sports results

Malmesbury Posduifklub Hopetown JO 1 Hayman Familie 1440.1239; 2 Hayman Familie 1434.9767; 3 J Steenkamp 1432.3704; 4 Van Dalen 1423.1434; 5 Vrededal Hokke 1413.2054; 6 Vrededal Hokke 1413.1566; 7 Vrededal Hokke 1413.1077; 8 Vrededal Hokke 1407.4160; 9 Vrededal Hokke 1406.5928; 10 G Horn 1402.3154; Hopetown Ope 1 J Steenkamp 1452.5564; 2 Vrededal Hokke 1451.5399; 3 C Basson 1446.2940; 4 Vrededal Hokke 1443.1367; 5 Vrededal Hokke 1438.4146; 6 F Meintjes & Seuns 1433.7179; 7 J Steenkamp 1431.1853; 8 Vrededal Hokke 1428.9626; 9 C Basson 1421.2057; 10 F Meintjes & Seuns 1415.9138; Moorreesbury Posduifklub Hopetown JO 1 1 Frikkie Bester 1429.8920; 2 Frikkie Bester 1427.2699; 3 Frikkie Bester 1405.1612; 4 Boetie & Baron Hokke 1398.5146, 5 Hennie Bester & Johan 1390.3652; 6 Yt en Tuis 1385.3989; 7 Frikkie Bester 1381.2224; 8 Frans Jooste 1373.5724; 9 Frans Jooste 1369.8939; 10 Hennie Bester & Johan 1368.2302 Hopetown Ope 1 1 HMO Smit & Seun 1501.2599; 2 Hennie Bester & Johan 1463.8087; 3 Hennie Bester & Johan 1458.1195; 4 Hennie Bester & Johan 1446.6583; 5 Van der Vyfer Hokke 1433.1464; 6 Frans Jooste 1433.1190; 7 Yt en Tuis 1419.7045; 8 Steenekamp Lofts 1410.1524; 9 Steenekamp Lofts 1409.4876; 10 HMO Smit en Seun 1409.2706 Riebeek Vallei Wedvlug Klub Hopetown 1 Alex Fam; 2 Alex Fam; 3 Adams Hokke; 4 Alex FAm; 5 Mentoor Hokke; 6 Mentoor Hokke; 7 Mentoor Hokke; 8 Alex Fam; 9 Alex Fam; 10 Boltney Hokke Malmesbury Gholfklub Vrydag, 7 September Enkel Stableford Nic Goosen 21; Jacobus Snyders 21; John Smith 21; Andre Uys 20; Piet Basson 19; Frans Destroo 19; Freek Stander 19 Vrydag, 9 September Enkel Stableford Jacobus Snyders 22; Sakkie Klasen 21; Billy Howburg 19; Martell van Lill 18 Saterdag, 10 Sepember EG KERK Gholfdag : Enkel Stableford : Willem Beukes 39; Ulrich Greffrath 37; Eben Lingeveldt jnr 37; Wynand van Niekerk 37; Pine Pienaar 36; Peter February 36; Dick Ross 35, Ferral Johnston 35, Kobus Smit 35, Tony Goosen 35 DARLING 72: Enkel Stableford : B Kirsten 37; K de Jongh 37; J Engelbrecht 35; A Kirsten 34; A Versfeld 33; G Duckitt 33; O Kirsten 32 MALMESBURY (72) : Enkel Stableford : W Beukes 39; U Greffrath 37; E van Lingeveldt jnr 37; W van Niekerk 37; A Pienaar 36; P February 36; D Ross 35; F Johnson 35; K Smit 35; T Goosen 35 RUGBY; Swartweskus Wesbank 36, Vredenburg 17; Saldanha 31, Velddrif 11; St Helenabaar 41, Never Despair 19; Darling 27, Mamre 15; Moorreesburg 33, Abbotsdale 32; Piketberg 67, Hopedfield 40, Darling 10


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Die courant swberg 14 sept 2016 387 by DieCourant - Issuu