dié courant Swartland en Bergrivier 437

Page 1

c urant

dié

• Bergrivier 1Swartland Swartland • Bergrivier

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1

13 September 2017

26.4%

Bou saam met goeie nuus

Uitgawe 437

13 September 2017

Baljaar tussen die daisies

Darling en omgewing staan vol in blom en selfs die viervoetiges in die omgewing geniet dit om in die blommeprag te baljaar. Die 100ste jaarlikse Darling Veldblommeskou word dié naweek aangebied en beloof om die blomliefhebbers te trakteer. Jenna en Jasper (bo) het 'n oggenddraffie tussen die blomme in die lenteson geniet.

•GRAAN SA BESPREEK PRYSE OP SWARTLAND SKOU

‘Môre sal beter wees’ Vanjaar se landbouseminaar by die Swartland Skou op Moorreesburg, het weer talle plaaslike boere na die geleentheid gelok. Jannie de Villiers, uitvoerende hoofbestuurder van Graan SA het gesels oor die produsente organisasie se omdraaistrategie vir koring. Annelize Crosby, regs- en beleidsadviseur van Agri SA het boere en rolspelers meer kom vertel waar Suid-Afrika tans staan wat die kwessie rondom grondhervorming en wetgewing betref, terwyl Dr. Henning Gericke ‘n kliniese sielkundige en motiveerder, die psige van ‘n kampioen en kampioenspan kom verduidelik het. Die geleentheid word jaarliks deur Kaap Agri en Nedbank aangebied. Sean Walsh, besturende direkteur van Kaap Agri het met sy verwelkoming boere gemotiveer om nooit op te gee onder swaar omstandighede nie. “Ons het daardie kundigheid en onderliggende menswees nodig om te glo dat môre beter sal wees. Kaap Agri se slagspreuk lui dat as niks verander nie, verander niks nie. As niks verander nie, raak ons ook nie beter nie en boer ons agteruit. De Villiers sê die graanbedryf het die afgelope tyd wisselvallige periodes ervaar. Hy het spesifiek verwys na die droogte wat tans in die Wes-Kaap ervaar word, maar ook twee jaar terug die noorde van die land geteister het. “Nou sit ons met ‘n fantastiese oes in die noorde, hoewel ons bankrekeninge nie verander met die mielieprys wat so laag is nie.” Volgens hom is daar altyd gesprekke aan die gang waartydens oplossings gesoek word en die kwessies, hetsy, polities van aard of klimaatsomstandighede, aangespreek word. Hy het

produsente kom vertel waar Graan SA tans staan met hul oplossings en staregieë vir die plaaslike koringbedryf. “Ons weet ons moet werk aan ons winsgewendheid, ons weet ons moet beter opbrengste kry, maar ons kan nie ‘n haas uit ‘n hoed pluk nie.” “Ons moet ons volhoubaarheid probeer verbeter deur te kyk na die winsgewendheid, na die mense in die bedryf en die omgewing.” Die omdraai- strategie van Graan SA fokus volgens hom op die winsgewendheid van die bedryf waar daar gekyk word na onder meer hoër opbrengste en hoe ‘n ton of wat per hektaar bygesit kan word. Daar is talle voorstelle op die tafel gesit wat die gradering in die koringbedryf betref, voeg hy by. “Ons het onder meer gepraat oor die groot prysverskille wat daar was tussen grade.” Hy vertel van die koper wat vir gewaarborgde kwaliteit vra en kry wat hy bestel het. “Wat die gradering aanbetref, het ons as Graan SA voorgestel dat in plaas van ‘n B1 van 12% proteïen, dit verander na ‘n basis prys van 11.5% (B1). Die B2 van tussen 10.5% en 11.5% proteïene is voorgestel, asook ‘n B3 van tussen 10.5% en 9.5%. Wat die kultivarlys aanbetref, het ons voorgestel dat die vrystellingsnorme verslap word. Die telers het bloot vir ons gesê hulle het kultivars wat hoër opbrengspotensiaal gehaal het, maar dop elke keer die toets as dit by die mengtyd en die sterkte van die deeg kom. As ons die vrystellingsnorme verslap, kan ons meer kultivars inbring wat ‘n hoër opbrengspotensiaal het.” Graan SA hoop hulle kan die voorstelle vir die

volgende seisoen instel. Volgens De Villiers staan die vrystellingskriterië ook nie meer onder die “Product Standards Act” nie. Die vrystellingskriterië wat op die oomblik daar is, is ‘n ooreenkoms tussen die produsente en die meulenaars wat hy as ‘n groot deurbraak beskou. Graan SA werk ook nou saam met ander lande soos Australië om opbrengste te verbeter en nuwe kultivars in te bring. Volgens ‘n grafiek waarna De Villiers verwys het, lê Argentinië in die eerste plek, Suid-Afrika tweede en Rusland in die derde plek in terme van koringopbrengs. Hoewel Australië ‘n lae opbrengsgemiddeld het, is hulle groei in opbrengs besig om baie vinnig toe te neem. ”Daarom moet ons kyk wat is daar wat ons van Australië kan terugbring om ons groeikoers in opbrengs te kan verbeter.” De Villiers vertel van die witkoring wat veral in Australië geproduseer word, met ‘n hoë opbrengspotensiaal. Hy sê dit is egter nie so eenvoudig om mense te oortuig om van rooi koring na wit koring oor te skakel nie. “Op die stadium van oorlewing, gaan ons so vinnig as moontlik iets moet inbring wat ons almal sal kan help.” Daar is tans ‘n surplusproduksie in die Wes-Kaap, voeg hy by. Hulle kyk daarom ook hoe die gars/koring verhouding verander kan word om meer gars uit te voer en minder koring te produseer wat terselfdertyd winsgewend van aard is. "Hier lê ‘n groot uitdagings wat navorsing betref. Ons het dit gesien kom en ‘n paar veranderinge binne Graan SA gemaak. "

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
dié courant Swartland en Bergrivier 437 by DieCourant - Issuu