Die courant swartland en bergrivier 414

Page 1

c urant

dié

1 Swartland • Bergrivier

• Free • Gratis

Wes-Kaap se #1 N7

MA

LM

5 April 2017

23.5%

Bou saam met goeie nuus

N7 MALMESBURY

ESB

UR

Y

N7 MOORREESBURG

5 April 2017

Uitgawe 414

INSERT A SCALE 1:1000

REFER TO INSERT B

1100

R45

1000

N7

900

Dubbelbaan, nuwe wisselaar vir Hopefield-kruising

IELD

PEF

HO

700

R45

600

0

N7

500

M RR OO

ECC1

EE

400

BCC1

UR SB

100

G

300

200

1400

1300

BCC2

1200

1500

R45 1600

HOP

EFIE

LD 1700

SCALE 1:1500

ECC2

INSERT B

LAYOUT

REFER TO INSERT A

SCALE 1:1000

AECOM DETAIL/FIGURE No.

OF THE N7/R45 HOPEFIELD INTERCHANGE FIGURE 1 Konstruksiewerk aan ‘n gedeelte van fase drie (Sub-Projek 2)UPGRADING van die N7-opgraderingsprojek van sowat 4.5 km lank tussen die Voortrekkerwegwisselaar tot by die Hopefield-aansluiting, het in Januarie vanjaar afgeskop. Die konstruksie behels die bou van 'n wisselaar by dié besige afrit, asook die oprigting van 'n dubbelbaanpad met 'n spoedbeperking van 120km per uur. Sien berig op bladsy 3. SCALE AS SHOWN

•ST. MONICA'S WIL SWARTLAND-SENIORS HUISVES

Oord vervang RPC Die Rugbyakademie (RPC) van Alan Zondagh, by Ongegund buite Riebeek-Wes, sluit oor minder as twee maande om plek te maak vir ‘n bejaardesorgsentrum. Zondagh het aan dié courant bevestig dat die laaste jong rugbyspelers van die SA Rugby-akademie teen die einde van Mei na hul onderskeie unies terugkeer om vir dié se o.20-spanne uit te draf. Die eiendom is verkoop aan ‘n trust van St Monica’s, ‘n oord vir bejaardes wat tans nog in die Bo-Kaap geleë is. Die bestuurder, Dion Fuller, het gister gesê die verskuiwing van die oord met 68 bejaarde inwoners, nege vrywilligers en 13 personeellede sal op 1 Junie ‘n aanvang neem en hul bestaande fasiliteit in Lionstraat, Kaapstad, moet op 15 Julie ontruim wees. St Monica’s, ‘n geregistreerde Nie-winsgewende Organisasie en Artikel 18A Public Benefit Organisation (PBO) het twee eiendomme besit waarvan die een reeds verkoop is en die tweede in ‘n gevorderde stadium van verkoop.

Fuller sê hul huidige gebou is oud met strukturele verval en selfs die hysbak is al weens veiligheidsrisiko’s gesluit. Die tweede eiendom is aanliggend en daar het hul begin met stedelike boerdery met tonnels. Fuller sê, al kry hulle subsidie van die regering, dra dit sowat ‘n derde van die lopende uitgawes en word die balans verkry uit private fondse en projekte soos die boerdery en handwerkprodukte. Die beplanning is om by die nuwe St Monica’s ook weer ‘n klein tonnelboerdery en groentetuin te vestig. Volgens hom reik St Monica’s ook uit om mense in die gemeenskap te bemagtig in soortgelyke projekte. Hul boerdery word as ‘n maatskappy Miracle Means bedryf. Fuller sê dat hulle nou met die gemeenskap van Riebeek-Wes en die groter Swartland wil saamwerk en dat daar voortaan uitsluitlik inwoners uit die Swartland by St Monica’s ingeneem sal word.

Hy het die inwonersvereniging van Ongegund geloof vir hul ontvanklikheid tydens gesprekke waar hul bekommernisse bespreek is. Wanneer die oord open, sal daar vyf nuwe werksgeleenthede wees vir werknemers uit die gemeenskap, aldus Fuller. Hy sê van die inwoners word verwag om eienaarskap te neem en, waar moontlik, self diens te doen in die onderskeie afdelings van die oord. Hy voeg ook by dat daar ‘n deeglike proses met maatskaplike dienste gevolg word wanneer ‘n voornemende inwoner na dié ondersteunersoord vir bejaardes verwys word. Ook het die sentrum, sê Fuller, ‘n beleid van “geen verdraagsaamheid ten opsigte van alkohol of enige ander dwelms wat tot geestelike verval kan bydra”. *Zondagh het aan dié courant gesê hy is reeds 64 jaar oud en moes oor sy toekoms besin omdat hy nie RPC vir altyd sou kon bedryf nie. Hy sal aanbly as konsultant vir Remgro en as rugby-adviseur beskikbaar wees “waar in die wêreld daar ookal ‘n behoefte is”.

NUUS • NEWS


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.