NUUS • NEWS
8
27 Julie 2016
Louw Diggers: Van klein begin tot reuse-sukses
Nuwe dekade begin met nuwe perseel
Daar is drie belangrike aspekte van 'n suksesvolle onderneming. 1. Baie genade. 2. Die ondersteuning van jou kliënte. 3. Jou span lojale en getroue werknemers.
- Tobie Louw
Louw Diggers op Malmesbury se masjinerie besig om uitgrawings te doen en die rommel weg te ry.
Eienaar Tobie Louw begin vroeg soggens met sy beplanning vir die dag wat voorlê. Tien jaar gelede het Tobie Louw 'n stukkende 1992 Case 580K-slootgrawer gekoop. Nie om te gebruik nie, maar om te herstel en weer te verkoop. Die uiteinde hiervan was 'n groeiende onderneming wat so uitgebrei het dat dit 'n nuwe perseel moes kry. Louw het destyds in Engeland vir 'n busmaatskappy gewerk. Met sy terugkeer na Suid-Afrika het hy begin om tweedehandse motors en masjinerie te koop, te herstel en weer vir 'n wins te verkoop. Só het dit gekom dat hy die 1992 Case 580K-slootgrawer bekom. "Ek het seker ses maande aan hom gewerk. Mense het my gereeld gevra om vir hulle klein werkies te doen. Iets te skuif of hier en daar 'n gat te grawe. Ek het dit vriendelik van die hand gewys, want ek kon dit nie doen nie. "Ek het nie geweet hoe nie. Ek wou die Case-Digger net regmaak," sê hy. Toe dié uiteindelik herstel is, het hy op 'n dag 'n boomstomp vir iemand verwyder en 'n paar uitgrawings
gedoen. Van hier het die aanvraag net onplof en moes hy bontstaan om hierin te voorsien. "Dit was heel per toeval dat hierdie besigheid begin het. Dit het gegroei en ek het vinnig besef dat ek nie met net een masjien kon voortgaan nie. Ek het toe 'n klein vragmotor aangekoop om die grond ook mee weg te ry. Ek het op my eie gewerk, maar ek moes later 'n drywer, oom Thys Hitge aanstel en hy is steeds werksaam hier. Die onderneming het steeds aanhou groei," vertel hy. Louw Diggers het begin om sand en klip ook te voorsien en om rommel weg te ry. Op sy lessenaar staan 'n klein miniatuur model slootgrawertjie. Die groter weergawes hiervan is agter die nuwe stoor op die N7-pjojek te sien. Vandag het Louw Diggers agt van hierdie slootgrawers wat strek van 8 tot 36 ton waarmee hulle massauitgrawings doen. vervolg op bladsy 10