Die courant swartland 27 jul 2016 380

Page 1

c urant

Gratis • Free

Swartland

se 1ste keuse

dié

1 Weskus

44.6%

Hugenotestraat 24, Malmesbury

Uitgawe 380

27 Julie 2016

tel: 022 487 3221

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

Enjins al brullend vir Round Table Die Malmesbury Round Table se jaarlikse "Funride" wat die afgelope naweek buite Darling plaasgevind het, was ‘n reuse-sukses. Volgens Kwas du Toit, een van die organiseerders, het sowat 90 deelnemers vir die geleentheid ingeskryf. Geen beserings is aangemeld nie en die weer het lekker saamgespeel. Hier laat waai Joshua Putz en Col Bec oor 'n heuweltjie.

• SWARTLAND SE KIESERTAL KLIM MET 25%

Trek kruisie vroeër Dit is weer verkiesingstyd wanneer kiesers in Suid-Afrika Woensdag 3 Augustus landwyd aan die munisipale verkiesing deelneem. In die Swartland het die aantal stemgeregtigde kiesers met bykans 24,5% toegeneem sedert 2011 en kan 49 185 geregistreerde kiesers Woensdag hul kruisies gaan trek. Volgens Joggie Scholtz, die munisipale verkiesingsbeampte vir Swartland, is daar in totaal 48 kandidate wat hier deelneem, teenoor die 7 869 van die Wes-Kaap en die 63 654 in Suid-Afrika. “Elke kieser sal van drie stembriewe voorsien word, die geel stembrief vir ‘n party (om proporsionele raadslede te verkies), wit/ grys stembrief vir ‘n wykskandidaat en ‘n groen stembrief vir die verteenwoordiger op die Raad van die Weskus Distrikmunisipaliteit. Vir die Swartland Munisipale Raad is die afbakening van 12 wyke met ‘n totaal van 23 raadslede vir die 2011-verkiesing onveranderd gelaat vir vanjaar. “In die Swartland is daar 40 stemburo’s vir die 12 wyke met 306 personeellede wat dit sal beman. Scholtz sê daar het vanjaar ses partye hier geregistreer om aan die verkiesing deel te neem.

Twee partye wat tans elkeen een setel op die Raad het, te wete COPE en The Peoples Independant Civic Organization, neem nie aan die verkiesing hier deel nie. Ook die VF+ en die ACDP wat in 2011 deelgeneem het, is nie vanjaar hier in die wedloop nie. Scholtz sê die nuwe toetreders vanjaar is die Kaapse Party, die EFF, die Nationalist Coloured Party en die South African Progressive Civic Organization. Laasgenoemde twee ding onderskeidelik in twee en ses wyke mee. “Die stem-ure het ook verander en is tans 07:00 tot 19:00, teenoor die verlede se 21:00. Uitgedruk as ‘n gemiddeld in Suid-Afrika, het minder as 2% van die kiesers hulle stemme ná 19:00 uitgebring. Hierdie vervroegde tyd beteken dat die uitslae van die kleiner stemburo’s reeds teen 21:00 beskikbaar sal wees.” Die Swartland Munisipaliteit het as inisiatief reeds vir jare sy eie nie-amptelike uitslag-sentrum, waar elke politieke party een verteenwoordiger mag hê. Volgens Scholtz werk hierdie inisiatief baie goed, omdat dit die politieke partye op ‘n gekoördineerde basis ingelig hou van die uitslae. “Op distriksvlak (WKDM), waar 40%

Malmesbury - 022 487 2356

verteenwoordigers direk verkies word, is daar 12 partye wat sake sal uitspook. Die balans van die oorblywende 60% word deur die plaaslike munisipaliteite tydens hulle eerste raadsvergadering verkies.” Vir dié nuwe Raad sal Saldanhabaai vyf verteenwoordigers hê met Swartland vier en twee elk vir Matzikama, Cederberg en Bergrivier. *In die laat negentiger jare was daar 863 munisipaliteite, welke getal met die amalgamering van munisipaliteite na 283 verminder het. In 2011 was daar 278 en is sedertdien deur die afbakeningsraad verminder na 257. Laasgenoemde bestaan uit 8 metro’s, 44 distrikmunisipaliteite en 205 plaaslike munisipaliteite. Die Wes-Kaap het ook die meeste politieke partye, synde 76 wat reg deur die provinsie deelneem. Noord-Kaap het die minste met slegs 18 partye. Stad Kaapstad het die langste proporsionele stembrief met 36 partye. Die gemiddelde ouderdom van die kandidate vir die land is 44 jaar. • Die kandidate van die twee bygevoegde partye, Die Nationalist Coloured Party en die SA Progressive Civic Organisation verskyn op bladsy 4.

WINTER UITVERKOPING NOU AAN!

50% AF

TOT OP UITGESOEKTE WINTER VOORRAAD

Matriekafskeid 2016

Pakke, hemde, dasse en vele meer! Lay Buy en RCS welkom

Aanbiedinge geldig op uitgesoekte voorraad, voorraad beperk

NUUS • NEWS

27 Julie 2016


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Die courant swartland 27 jul 2016 380 by DieCourant - Issuu