Skip to main content

Die courant swartland 27 jul 2016 380

Page 1

c urant

Gratis • Free

Swartland

se 1ste keuse

dié

1 Weskus

44.6%

Hugenotestraat 24, Malmesbury

Uitgawe 380

27 Julie 2016

tel: 022 487 3221

GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap

Enjins al brullend vir Round Table Die Malmesbury Round Table se jaarlikse "Funride" wat die afgelope naweek buite Darling plaasgevind het, was ‘n reuse-sukses. Volgens Kwas du Toit, een van die organiseerders, het sowat 90 deelnemers vir die geleentheid ingeskryf. Geen beserings is aangemeld nie en die weer het lekker saamgespeel. Hier laat waai Joshua Putz en Col Bec oor 'n heuweltjie.

• SWARTLAND SE KIESERTAL KLIM MET 25%

Trek kruisie vroeër Dit is weer verkiesingstyd wanneer kiesers in Suid-Afrika Woensdag 3 Augustus landwyd aan die munisipale verkiesing deelneem. In die Swartland het die aantal stemgeregtigde kiesers met bykans 24,5% toegeneem sedert 2011 en kan 49 185 geregistreerde kiesers Woensdag hul kruisies gaan trek. Volgens Joggie Scholtz, die munisipale verkiesingsbeampte vir Swartland, is daar in totaal 48 kandidate wat hier deelneem, teenoor die 7 869 van die Wes-Kaap en die 63 654 in Suid-Afrika. “Elke kieser sal van drie stembriewe voorsien word, die geel stembrief vir ‘n party (om proporsionele raadslede te verkies), wit/ grys stembrief vir ‘n wykskandidaat en ‘n groen stembrief vir die verteenwoordiger op die Raad van die Weskus Distrikmunisipaliteit. Vir die Swartland Munisipale Raad is die afbakening van 12 wyke met ‘n totaal van 23 raadslede vir die 2011-verkiesing onveranderd gelaat vir vanjaar. “In die Swartland is daar 40 stemburo’s vir die 12 wyke met 306 personeellede wat dit sal beman. Scholtz sê daar het vanjaar ses partye hier geregistreer om aan die verkiesing deel te neem.

Twee partye wat tans elkeen een setel op die Raad het, te wete COPE en The Peoples Independant Civic Organization, neem nie aan die verkiesing hier deel nie. Ook die VF+ en die ACDP wat in 2011 deelgeneem het, is nie vanjaar hier in die wedloop nie. Scholtz sê die nuwe toetreders vanjaar is die Kaapse Party, die EFF, die Nationalist Coloured Party en die South African Progressive Civic Organization. Laasgenoemde twee ding onderskeidelik in twee en ses wyke mee. “Die stem-ure het ook verander en is tans 07:00 tot 19:00, teenoor die verlede se 21:00. Uitgedruk as ‘n gemiddeld in Suid-Afrika, het minder as 2% van die kiesers hulle stemme ná 19:00 uitgebring. Hierdie vervroegde tyd beteken dat die uitslae van die kleiner stemburo’s reeds teen 21:00 beskikbaar sal wees.” Die Swartland Munisipaliteit het as inisiatief reeds vir jare sy eie nie-amptelike uitslag-sentrum, waar elke politieke party een verteenwoordiger mag hê. Volgens Scholtz werk hierdie inisiatief baie goed, omdat dit die politieke partye op ‘n gekoördineerde basis ingelig hou van die uitslae. “Op distriksvlak (WKDM), waar 40%

Malmesbury - 022 487 2356

verteenwoordigers direk verkies word, is daar 12 partye wat sake sal uitspook. Die balans van die oorblywende 60% word deur die plaaslike munisipaliteite tydens hulle eerste raadsvergadering verkies.” Vir dié nuwe Raad sal Saldanhabaai vyf verteenwoordigers hê met Swartland vier en twee elk vir Matzikama, Cederberg en Bergrivier. *In die laat negentiger jare was daar 863 munisipaliteite, welke getal met die amalgamering van munisipaliteite na 283 verminder het. In 2011 was daar 278 en is sedertdien deur die afbakeningsraad verminder na 257. Laasgenoemde bestaan uit 8 metro’s, 44 distrikmunisipaliteite en 205 plaaslike munisipaliteite. Die Wes-Kaap het ook die meeste politieke partye, synde 76 wat reg deur die provinsie deelneem. Noord-Kaap het die minste met slegs 18 partye. Stad Kaapstad het die langste proporsionele stembrief met 36 partye. Die gemiddelde ouderdom van die kandidate vir die land is 44 jaar. • Die kandidate van die twee bygevoegde partye, Die Nationalist Coloured Party en die SA Progressive Civic Organisation verskyn op bladsy 4.

WINTER UITVERKOPING NOU AAN!

50% AF

TOT OP UITGESOEKTE WINTER VOORRAAD

Matriekafskeid 2016

Pakke, hemde, dasse en vele meer! Lay Buy en RCS welkom

Aanbiedinge geldig op uitgesoekte voorraad, voorraad beperk

NUUS • NEWS

27 Julie 2016


NUUS • NEWS

2

27 Julie 2016

Nominasies nou Wen naweek na • ‘VROU SE ROL IS BELANGRIK’ oop vir sakekamer Country Show Nominasies vir die Malmesbury Sakekamer se Diensverskaffer van die Jaar-kompetisie is nou oop. Nominasies kan op dié organisasie se webtuiste gemaak word. Besoek www.sakekamer.co.za en nomineer 'n onderneming wat volgens jou uitsonderlike diens gelewer het. Nominasies kan nou gemaak word, waarna die amptelike stemmery ook op die webtuiste sal plaasvind. Die wenners in die drie verskillende kategorieë sal by die gala-aand in November aangekondig word. Vir meer inligting, kontak Helene Nel by 076 921 1163.

‘n Naweekpakket vir ‘n gesin na dié courant se Country Show en skaapkopete by Bushmans Cave op Clanwilliam is op die spel. Om hiervoor in aanmerking te kom moet jy die volgende doen. Sms jou naam en van en tuisdorp saam met die antwoord op die onderstaande vraag na 084 8333 813 voor 1 Augustus om 15:00.

Vraag:

Noem een van die sangers wat by dié vertoning sal optree.

Harde werk is 100 jaar se suksesresep Tannie Enna vier eersdaags haar 100ste verjaarsdag. En volgens haar is die geheim vir ‘n lang en gesonde lewe, harde werk. Enna van Schalkwyk wat op 1 Augustus 1916 op die plaas Uitsien op Porterville gebore is, beskryf haarself as ‘n boervrou wat hard gewerk het saam met haar man. Sy meen ‘n vrou se rol was en is tot vandag toe baie belangrik. Volgens haar moes sy saam hard werk om ‘n bestaan te maak, maar ook om ‘n huwelik te maak werk. “’n Vrou kan ‘n man maak of breek,” voeg sy ernstig by. “Vandag se boervroue werk nie meer op die plaas nie.” Sy is die tweede jongste van vyf kinders uit haar ouers se eerste huwelik. Haar pa het gesterf toe sy slegs twee jaar oud was. Haar ma het nóg drie kinders uit haar tweede huwelik ryker geword. Vandag is sy die enigtse oorlewende kind van dié gesin. Enna het nog al die jare ‘n gesonde lewe geleef, maar bly nou vir die afgelope jaar en vier maande in Huis Moorrees, ná sy te veel begin val het weens balansverteuring. Enna moes na 20 jaar se verblyf

in die dienssentrum na die tehuis trek. Sy bly egter baie lekker daar, maar meen daar is nie werk om te doen nie. “Alles word hier vir jou gedoen en dit is lekker. Maar dit is ‘n pyn om ledig te wees as jy jou lewe lank ‘n boervrou was.” Hulle skinder wel ook ‘n bietjie in die tehuis, skerts sy. Enna is ma van vier kinders uit haar eerste huwelik, waarvan haar jongste dogter en seun reeds oorlede is. Sy het haar dogter se twee kinders ook groot-gemaak. Sy en haar tweede man het mekaar 26 jaar lank geken, voordat hulle die knoop deurgehak het. Enna spog vandag met vyf pragtige kleinkinders. Haar een seun boer steeds op Porterville, terwyl die ander in die noordelike voorstede bly wat ‘n spesiale familiebyeenkoms vir haar verjaarsdag gereël het. “Ons gaan bietjie partytjie hou op RiebeekKasteel,” glimlag sy. Na ‘n lang lewe, erken sy dat sy met genade en goeie gesondheid almal oorleef het.


NUUS • NEWS

3

27 Julie 2016

Brandweerwa: Die

burgemeester van die Weskus Distriksmunisipaliteit, Harold Cleophas, het gister 'n nuwe brandweerwa aan die brand- en reddingsdienste op Malmesbury oorhandig. Die doel van die voertuig is om 5500 liter water te voorsien op tonele tydens struktuur brande en bosbrande. Die ombouing van die voertuig is in fases gedoen en het sowat ses maande geneem om te voltooi teen ‘n totale koste van ±R1.4 miljoen. Dit het ‘n totale besparing van sowat R200 000 tot gevolg gehad.

• ATLETIEK-SPANBESTUURDER

Rio roep Du Plessis Brandon du Plessis is op pad Rio de Janeiro toe vir sy heel eerste Olimpiese Spele. Du Plessis, departementshoof vir buitemuurse aktiwiteite en wetenskap by Hoërskool Swartland vertrek op 3 Augustus na Brasilië as een van drie spanbestuurders vir die atletiekspan wat vanjaar Suid-Afrika sal verteenwoordig. Dit mag Du Plessis se eerste Olimpiese Spele wees. Hy was egter al by die afgelope twee Statebond Spele-byeenkomste, asook die vorige Wêreld Atletiekkampioenskappe in Beijing betrokke. Du Plessis het op navraag gesê hy sien baie uit na die Spele, veral om skouer te skuur met van die wêreld se bestes. Hy sê om betrokke te wees, is alleenlik ‘n groot voorreg. Die onderwyser wat steeds atletiek by die Hoërskool afrig, bieg egter en sê hy sien ook baie uit na die openingseremonie. Hy is baie positief oor vanjaar se atletiekspan en meen dit is een van die grootste groep atlete in die geskiedenis wat die land sal verteenwoordig. Du Plessis is reeds besig om sy rol as spanbestuurder te vervul. Volgens hom behels dit onder andere vervoerreëlings, verblyf, skedules, oefenprogramme, die toets van verbode middels en basies om die atlete gelukkig te hou. Brandon wat self Boland-kleure in die 400m en 800m tydens sy skoolloopbaan en op kollege behaal het, glo dat Wayde van Niekerk en Caster Semenya van die gunstelinge is om goud in die items te verower. Volgens hom is Sunette Viljoen wat spies gooi en Akani Simbine, ‘n onlangse rekordhouer in die

100m, ook deel van die atlete wat met ‘n goue medalje huiswaarts kan keer, mits alles goed gaan.

KASEGRILLER DELI

5.99


courant Om te stem gee jou die

dié

4

reg om saam te praat

Stemdag is alweer hier. Tyd om te dink, op te som, punte te gee. Tyd om die leiers van jou area te kies. Hierdie is nie iets wat ligtelik opgeneem moet word nie. Dit is die leiers van vandag en môre wat ons kies. Diegene wat ons moet vertrou met ons toekoms. Ja, almal het foute. Ja, almal kan nie altyd tevrede wees met alles nie. Ons is soms onnodig krities op ons leiers. Ons kan so maklik sê wat fout is, maar as ons self met 'n oplossing moet te voorskyn kom, dan sukkel ons maar lekker. Dis maklik om 'n klip te gooi. Probeer vir 'n slag self daardie klip te vang. Dan is dit nie so maklik nie. Om braaivleisvure, oor 'n koppie tee of in die kantore word daar maklik gekla oor die leiers van vandag. Oor hoe sleg of swak hulle is. Vragie... het jy in die verlede gestem? As jy nie het nie, dan mag jy nie saam kla nie. Dan mag jy nie kritiek uitspreek nie, want jy het nie die moeite gedoen om jou stem te laat tel nie. Doen die regte ding en trek jou kruisie.

NUUS • NEWS

27 Julie 2016

Kommentaar oor transmissietoring ingewag Die Swartland Munisipaliteit het ‘n aansoek ontvang vir die wysiging ten opsigte van die hersonering van erf 374 (26 Piet Retiefstraat Malmesbury). Die doel van die aansoek is om ‘n transmissietoring op die perseel te akkommodeer. ‘n Kennisgewing is gepubliseer dat die aansoek ontvang is en vir inspeksie

vanaf Maandae tot Donderdae tussen 08:00 en 13:00 en 13:45 en 17:00 en op Vrydae tussen 08:00 en 13:00 en 13:45 tot 15:45 by die plaaslike department van ontwikkelingsdienste beskikbaar is. Alle geskrewe kommentaar wat vir of teen die aansoek is, kan voor 1 Augustus aan die munisipale bestuurder per e-pos

by mun@swartland.org.za gerig word, of na 022 487 9440 gefaks word. Hul posadres is: Die Munisipale Bestuurder, Privaatsak X52, Malmesbury 7299. Telefoniese navraag kan aan die stadsbeplanningsafdeling (Herman Olivier of Alwyn Burger) by 022 487 9400 gerig word.

LSS maak geskiedenis:

Dis Goeie Nuus

Dr Andrew Bosman

Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is...

Paulus skryf aan die Filippense dat hy breek met sy verlede. Ons gedagtes kan ons lewe verryk of verwoes. Paulus het die gemeente van die Here Jesus vervolg en selfs die moord op Stefanus goedgekeur. Hy het briewe by die hoëpriester gekry om volgelinge van Jesus in Damaskus te vervolg en geboeid na Jesrusalem te bring. Hy was oortuig dat hy vir God ywer. Oppad na Damaskus het ‘n skerplig uit die hemel hom omstraal en ‘n stem het met hom gespreek: Saul, Saul waarom vervolg jy My? Hy het gevra: Wie is U, Here? En Jesus het hom geantwoord, Ek is Jesus wat jy vervolg. Nadat Saulus (dit is Paulus) met die Here ‘n ontmoeting gehad het, het hy vir die Here Jesus ‘n getuie geword. As hy wil aanbeweeg moet hy fokus op wat voorlê. Daarom die woorde; ek vergeet wat agter is en strek my uit na wat voor is om die hoë roeping in Christus te verkry. Paulus sê wel dat hy dit nog nie verkry het nie, hy jaag daarna, maar hy weet dat hy ook deur Christus Jesus gegryp is. Hy wil Jesus beter leer ken, en die krag van Sy opstanding. Ons moet ook as gelowiges in Christus fokus op wat voorlê, die hemelse dinge. Ons gedagtes moet vernuwe word sodat ons lewe kan verander en ons die doel uitleef waarvoor ons geskep is.

Nog kandidate vir verkiesing bekend

Die Nationalist Coloured Party en die SA Progressive Civic Organisation het saam met die ANC, die DA, die EFF, die Kaapse Party en onafhanklikes kandidate in die Swartland geregistreer vir komende Woensdag se munisipale verkiesing. Eersgenoemde twee partye se deelname was nie met dié courant se vroeëre publikasie van kandidate op die beskikbare lyste nie. Die twee wykskandidate in Wyk 1 en en Wyk 2 van die Nationalist Coloured Party is Yolande Cox-Chetty (52) en Hester Cloete (63). Drie proporsionele kandidate is verkiesbaar vir die SA Progressive Civic Organisation. Hulle is Wilfred Beukes (41), Martha Klaasen (58) en Booi Jansen (56). Dié party ding in ses wyke mee. Sy wykskandidate is: Wyk 3 - Johnny Meyer (52) ,Wyk 4 - Wilfred Beukes (41), Wyk 7 - Abdul Adams (44), Wyk 9 - Martha Klaasen (58), Wyk 10 - Booi Jansen (56) en Wyk 12 - Wilfred Beukes (41).

Die Laerskool Swartland op Malmesbury se o.13A-rugbyspan het Saterdag met die span van Paarl Primêre Seunskool van die Paarl afgereken en hulle met 16-14 geklop. Tussen die twee spanne was daar 14 provinsiale spelers op die veld waarvan Paarl ag WP-spelers en Swartland ses Boland-spelers gehad het. Vanjaar het dié span van Swartland ook geskiedenis gemaak deur ook die span van Paarl Gimnasium te klop. Dit is die eerste keer dat die span hierdie twee skole in dieselfde jaar ore aansit. Ná 16 wedstryde is Swartland steeds onoorwonne en het alreeds 528 punte aangeteken en 74 afgestaan. In die proses het hulle 86 drieë gedruk met net 13 drieë teen hulle. Foto: Mariza Smith

Trekkers brul by veteraan-ekspo Van die méér as 20 skoue wat die WesKaapse Veteraan-trekker-en-enjinklub oor die jare gehou het, was die een wat die meeste besoekers getrek het die een ses jaar gelede op Moorreesburg. Ook by die oesdag verlede jaar op Moorreesburg was die bywoning buitengewoon goed. Die verwagtinge is dat die opkoms by vanjaar se “trekkerskou” op die baie toeganklike Môreson met sy uitstekende toeskouergeriewe ewe goed sal wees. Die verwagting van ’n goeie bywoning word ondersteun deur die groot verskeidenheid items op die program van drie dae – Vrydag 5 tot Sondag 7 Augustus – en die klub se beleid dat ofskoon die kernbedryf die bewaring van antieke plaasmasjinerie is, die program vir die hele gesin voorsiening moet maak. Sedert dié beleid gevolg word, het die besoekertal toegeneem en is gesinne ’n algeme gesig op die skouterrein. Vanjaar se trekker-tema is McCormickDeering en Case, twee fabrikate wat in die vorige eeu op groot skaal op Swartlandse plase gebruik is.

Paul Lambrechts, voorsitter van die Swartland-tak van die provinsiale klub, reël die tema-uitstalling met die ruim ondersteuning van die plaaslike tak van Northmec. By hierdie uitstalling word modelle van nagenoeg 80 jaar oud tot vandag uitgestal en gedemonstreer. Die gebruiklike dors-demonstrasie gaan met hoofsaaklik Case- en McCormickmasjinerie gedoen word. Maar al is daar elke jaar ’n besondere tema, weet klublede en ander belangstellendes dat enige trekker, masjien of voertuig meer as welkom is. So ’n skou is in die eerste plek ’n geleentheid vir klublede om hul versamelstukke te vertoon en mede klublede te ontmoet en hul belangstellings te deel. Veteraan-voertuie is altyd welkom, en vanjaar word op Land Rover gekonsentreer – oues sowel as nuwes. Aangesien daar so baie grond vir ploeg beskikbaar is, verwag die organiseerders dat lede, veral stedelinge, hul ou ploeë gaan saambring en lekker met hul ou gereedskap gaan ploeg. Maar veel meer as wiele…

Die program maak soos altyd voorsiening vir veel meer as net “wiele”. Die eerste ontwikkeling van die organisasie weg van die tradisionele af, was die implementering van ’n afdeling vir klein erfgoed. In elke huis of werkswinkel is daar items wat in onbruik verval, maar dit het vir die eienaars soveel sentimentele waarde dat hulle nie daarvan ontslae wil raak nie. In die saal vir klein erfgoed, soos dié afdeling genoem word, is daar vanjaar behalwe vir die gewone, geliefde erfgoed, ’n spesiale uitstalling van ou kameras en een waar “ouma se kis” uitgepak gaan word. Wat daar gaan uitkom, sal baie interessant wees. Lesers wat belangstel om items uit hul eie huis- of gesinsmuseum uit te stal, kan met die organiseerder kommunikeer by p.krige@absamail.co.za of 082 670 7637. Toegang: R50 per volwassene per dag, terwyl skoolgaande kinders R10 betaal. ’n Skouprogram is by sekr.wk@ telkomsa beskikbaar, asook aanlyn by die Wes-Kaapse webblad. http://www.wctec. co.za en op Facebook by https://www. facebook.com/wctek/

Doen jou deel teen misdaad Misdaad is tans ‘n groot bekommernis op Malmesbury en die polisie doen 'n beroep op die gemeenskap om hul samewerking in dié verband te gee. Die plaaslike polisiërsingforum van Malmesbury voel egter dat misdaad nie in ‘n ernstig genoeg lig deur die gemeenskap beskou word nie. Lede van die forum het hul misnoeë tydens ‘n onlangse “ken mekaar”-byeenkoms te kenne gegee weens swak bywoning.

Volgens John van der Merwe wat die byeenkoms bygewoon het, sê die GPF behoort te bestaan uit sekere rolspelers wat in ‘n posisie is en oor die vaardigheid beskik om misdaad te help bekamp. “Die polisie kan dit nie alleen doen nie. Ons moet saam begin opstaan teen misdaad. Dit raak al erger op Malmesbury. Hoewel skrale getalle betreur is, het kol. Nillsen gesê die plaaslike GPF het tog sedert 2009 vordering gemaak en daar

steeds hoop is. Hy het klem gelê op die feit dat daar nie genoeg polisielede is om misdaad alleen te bekamp nie. “Die skrif is aan die muur. Malmesbury is nie meer wat dit was nie. Misdaad hardloop met ons weg. Dit is waarom die gemeenskap moet saamwerk om dit te help keer.” Nillsen het ook ‘n beroep op buite rolspelers gedoen om betrokke te raak.


NUUS • NEWS

5

27 Julie 2016

Shop online at www.picknpay.co.za

Also at HYPERMARKETS

R

PnP NO NAMETM Fresh Chicken Breasts Bone in 3s Per kg

29

90

PnP Bulk Kameelhout Boerewors Per kg

PnP Uncooked Bulk Stewing Beef Bone in Per kg

56

R

58

46

SAVE PnP NO NAMETM Fresh Chicken Thighs and Drumsticks Per kg

39

90

PnP Pork Pack Consists of Leg Roast, Chops and Rashers Per kg

8 Pack

Stork Country Spread 50% Fat Spread 1kg Tub

NutriDay Smooth Medium Fat Yoghurt Assorted 8 x 100g Per Pack

PnP NO NAMETM Frozen Chicken Braaipack 2kg

R

R

Fair Cape Eco Fresh Milk Assorted 2 Litre Each

21 90

WAS 19.99 NOW 14.50

38

SAVE R24

BUY 2 FOR

R

54

Humpty Dumpty Large Eggs 30s

38 90

5kg

Ace Super or Quick Cook Maize Meal 5kg Each SAVE R12

Albany Superior Brown Bread 700g

10 95

PnP White Sugar 2.5kg

28

38

90

90

Get Carling Black Label Double Cans 24 x 330ml or Points Non-returnable Bottles 24 x 340ml Per Case

R

Coca-Cola Regular 2 Litre

Jungle Oats 1kg

WAS 28.49 NOW 21.90

BUY 2 FOR Golden Ray Cooking Oil 2 Litre

35 90

177 90

WAS 54.99 NOW 42.90

179

24

Pampers New or Active Baby Disposable Nappies Jumbo Pack Assorted Per Pack

PnP 2 Ply Toilet Tissue Assorted 9s Per Pack

SAVE R30

R

Equates to 39.95 for 2kg

R

118

Richelieu Brandy 750ml

R

265

Jameson Irish Whiskey 750ml

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

Ariel Auto Washing Powder 2kg, Liquid Detergent 1.5 Litre Assorted or Capsules 14s Each

38 90

PRICES VALID 28 - 31 JULY 2016 AT PICK N PAY SUPERMARKETS AND HYPERMARKETS IN WESTERN CAPE

WAS 87.99 NOW 59.90 Skip Intelligent Washing Powder 3kg or Liquid Detergent 900ml Each

Excluding George, Jeffreys Bay, Knysna, Mossel Bay, Oudtshoorn, Plettenberg Bay, Express, Franschhoek Daily and Pick n Pay Local stores. Butchery lines not applicable to Camps Bay, Bellville and Lakeside. Buy-aid cards not accepted at Strand Street. Promotional stocks are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Selected products have been styled for photography. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply.

Get to your local Pick n Pay Saturday 30 July from 8am and swop your Super Animals cards with other collectors. See in store for more details.

MMWCHS88


NUUS • NEWS

6

27 Julie 2016

Dirkie Uys hou groot makietie vir 140 jaar-vieringe

Die o.19A-netbalspan het Porterville met 41-23 geklop. Die o.19A-seunshokkiespan het met 4-0 teen HTS Dirkie Uys se o.19A-rugbyspan het die span van Porterville met 25-20 geklop. Drostdy vasgeval.

Kayla Thiersen van die eerste meisiehokkiespan stuur die bal in die rigting van die doelhok.

Dié groep oud-leerders van Hoërskool Dirkie Uys het saam die skool se 100ste verjaarsdag gevier.

BO: Reinhardt Erwee in aksie met sy kragspel, terwyl hy dryf. Regs: Gerhard Bester, kaptein van die eerste rugbyspan en ook die skool se Cravenweek-speler, lei sy span op die veld.

aangebied deur SWARTLANDSKOU, MOORREESBURG

08

September 2016

09H00-12H00 (HEKKE OPEN 08H00)

Kaartjies R350

KAARTJIE SLUIT IN 3 GANG MAATLYD & VERTONINGS, GELUKKIGE TREKKINGS & GESKENK

gaskunstenaars:

DI DU RANDT LEAN

ADAM TAS

OOK MET: IRENE LOUISE VAN WYK & DEON DE GOEDE (VAN TUIS) Vir inligting kontak ons asb by dames@swartlandskou.co.za

KAARTJIES IS BESKIKBAAR VANAF 13 JUNIE 2016 BY COMPUTICKET


NUUS • NEWS

7

27 Julie 2016

Swartland Décor vier mondigwording in styl Die span van Swartland Dekor is trots op hul 21ste bestaansjaar.

Swartland Décor op Moorreesburg vier vanjaar hul 21ste bestaansjaar. Hendrik Johann Mostert, beter bekend as Henning, het sy onderneming in 1995 op sy geboortedorp gevestig, ná hy ‘n leemte in die dékorbedryf daar raakgesien het. Volgens hom word dié mylpaal met harde werk agter die rug, gevier. Henning wat voor sy dae as besigheidsman ‘n houtwerkonderwyser was, geniet tot vandag toe alle fasette van sy onderneming, veral om daagliks met mense te werk. Swartland Décor spesialiseer in onder meer volvloer matte, novilon, blindings, gelamineerde

houtvloere, teëls, buite sonskerms, materiale en gordyne. Die onderneming het egter onlangs verder uitgebrei nadat Swartland Kaste bygekom het waarin Henning sy kennis van houtwerk kan voortsit. Swartland Décor se pryse is sakpas, lewer uitstekende diens en verseker kwaliteit produkte. Volgens hom, is die geheim tot ‘n suksesvolle besigheid harde werk en baie geduld. Pligsetrouheid en lojaliteit is onder meer ook van die kenmerke wat enige entrepreneur by sal baatvind. Besoek hulle gerus vir al jou dékor behoeftes in Hoofstraat, Moorreesburg, of skakel 022 433 1131.

Swartland Décor se pryse is sakpas, lewer uitstekende diens en verseker kwaliteit produkte.


NUUS • NEWS

8

27 Julie 2016

Louw Diggers: Van klein begin tot reuse-sukses

Nuwe dekade begin met nuwe perseel

Daar is drie belangrike aspekte van 'n suksesvolle onderneming. 1. Baie genade. 2. Die ondersteuning van jou kliënte. 3. Jou span lojale en getroue werknemers.

- Tobie Louw

Louw Diggers op Malmesbury se masjinerie besig om uitgrawings te doen en die rommel weg te ry.

Eienaar Tobie Louw begin vroeg soggens met sy beplanning vir die dag wat voorlê. Tien jaar gelede het Tobie Louw 'n stukkende 1992 Case 580K-slootgrawer gekoop. Nie om te gebruik nie, maar om te herstel en weer te verkoop. Die uiteinde hiervan was 'n groeiende onderneming wat so uitgebrei het dat dit 'n nuwe perseel moes kry. Louw het destyds in Engeland vir 'n busmaatskappy gewerk. Met sy terugkeer na Suid-Afrika het hy begin om tweedehandse motors en masjinerie te koop, te herstel en weer vir 'n wins te verkoop. Só het dit gekom dat hy die 1992 Case 580K-slootgrawer bekom. "Ek het seker ses maande aan hom gewerk. Mense het my gereeld gevra om vir hulle klein werkies te doen. Iets te skuif of hier en daar 'n gat te grawe. Ek het dit vriendelik van die hand gewys, want ek kon dit nie doen nie. "Ek het nie geweet hoe nie. Ek wou die Case-Digger net regmaak," sê hy. Toe dié uiteindelik herstel is, het hy op 'n dag 'n boomstomp vir iemand verwyder en 'n paar uitgrawings

gedoen. Van hier het die aanvraag net onplof en moes hy bontstaan om hierin te voorsien. "Dit was heel per toeval dat hierdie besigheid begin het. Dit het gegroei en ek het vinnig besef dat ek nie met net een masjien kon voortgaan nie. Ek het toe 'n klein vragmotor aangekoop om die grond ook mee weg te ry. Ek het op my eie gewerk, maar ek moes later 'n drywer, oom Thys Hitge aanstel en hy is steeds werksaam hier. Die onderneming het steeds aanhou groei," vertel hy. Louw Diggers het begin om sand en klip ook te voorsien en om rommel weg te ry. Op sy lessenaar staan 'n klein miniatuur model slootgrawertjie. Die groter weergawes hiervan is agter die nuwe stoor op die N7-pjojek te sien. Vandag het Louw Diggers agt van hierdie slootgrawers wat strek van 8 tot 36 ton waarmee hulle massauitgrawings doen. vervolg op bladsy 10


NUUS • NEWS

27 Julie 2016

9


NUUS • NEWS

10

Louw Diggers: Van klein begin tot reuse-sukses

Hulle beskik ook oor padskrapers, watertrokke, padrollers, digger-loaders en verskeie groottes tip-vrag-motors. Baie vinnig moes hy weer uitbrei en lae-bed-sleepwaens aankoop om van die swaar masjiene te skuif. Vir homself en vir kliënte. "Die besigheid het stelselmatig gegroei soos die vraag verander het. Dit is belangrik om deel te wees van 'n projek tot die end. Soos met enige ander besigheid, is die bestuur opgedeel in verskillende afdelings naamlik admin, algemeen, onderhoud en werkswinkel waarvan Alta Geldenhuys, Julius Prins, Cobus de Goede en Moos Snel in beheer is. "Jy kan nie in vandag se tyd net die gate grawe of die rommel wegry nie. Jy moet die hele pakket kan bied," sê Louw. "Soms werk iets, soms nie. Daarom het ons gediversifiseer, juis sodat ons iets van alles kan bied," vertel hy. Hy het so aangepas by die aanvraag, dat hy nou ook slopingswerk doen en die gebou van KaapAgri in Bokomoweg op Malmesbury is hul nuutste projek. "Ons werk met nuwe tegnologie. Die bakke van ons masjiene kan afgehaal en gewissel word om te voorsien in die verskillende take wat hulle moet verrig," verduidelik Louw. Een van die toevoegings breek stukke beton stukkie vir stukkie af. Volgens Louw is dit baie veiliger en kan hierdie bourommel dan ook weer herwin word en op ander maniere aangewend word.

27 Julie 2016

Louw Diggers is nou betrokke by die bouwerk van die N7 en sal hulle die ou konstruksiewerke afbreek, soos die pad vorder. Volgens Louw is dit nie altyd maanskyn en rose in die bedryf nie. "Daar is baie kompetisie, maar dit is goed. Gesonde kompetisie hou jou op jou tone," vertel hy. Sowat 70% van hulle werk is landbougedrewe en het hulle ook die effek van die droogte op die landbou gevoel. "Die reën wat nou val maak dit vir ons moeilik om te werk, maar dit is weer vir die totale prentjie baie nodig. Sodra dit in die landbou beter gaan, gaan dit met ons ook beter," verduidelik hy. "Ek het nie 'n presiese sakeplan nie, maar ons probeer gesonde besigheidsbeginsels na streef. "Ons groei na gelang van die aanvraag. My mense werk tans in Vredendal, Saldanha, Saron, Porterville en Darling en is almal vroeg soggens al op die pad. "Dit sal lekker wees om uit te brei in die Wes-Kaap, maar dit sal logistieke beplanning kos." Louw glo die sukses van Louw Diggers is veelvuldig en hy put baie van sy krag uit die ondersteuning van sy vrou, Andia, en seun Alto. "Daar is drie belangrike aspekte van 'n suksesvolle onderneming. Baie genade, die ondersteuning van jou kliënte en jou span lojale en getroue werknemers," sê hy.


NUUS • NEWS

11

27 Julie 2016

Bo: Louw Diggers is nou betrokke by die opgradering van die N7 en sal ook die afbreekwerk van baie van die ou konstruksie behartig. Links is hulle in Bokomoweg op Malmesbury op perseel van die KaapAgri-gebou wat onlangs gesloop is. By Louw Diggers glo eienaar Tobie Louw daarin om ordentlike toerusting te gebruik. "Saterdae is ons dae vir onderhoud. Dan word al die masjinerie deursoek van hoek tot kant en doen ons alle onderhoud nodig," sê hy. Hy is ook 'n eienaar wat daarvan hou om self by die opleiding van sy werknemers betrokke te raak. "As ek 'n operateur op 'n masjien plaas, sal ekself hom leer. Dit help nie jy wil vir iemand iets gee om te doen, as jy dit nie self kan doen nie," sê hy. "Keep on top of it all," lag hy. Die regte bemarking is ook deel van sy suksesverhaal en hy vertel van die nuwe advertensieborde wat hy wil laat aanbring langs die besigheid. Soggens douvoordag is sy beplanning tyd.

"Soms is ek al 04:00 op kantoor. "Dan is dit stil en die telefone lui nie. Dan kan ek al my beplanning doen, sonder dat iets anders my aandag nodig het," sê hy. In die splinternuwe stoor van Louw Diggers is dit vroegoggend al 'n gewoel en gewerskaf. Personeel is besig om 'n plaat van een van die slootgrawers te herstel. Ander is besig om die vloere te vee. Die telefoon lui. Verskillende sandhope buite dui op die enorme vragte wat hier geskuif word. Die masjiene is blink en skoon. Hierdie onderneming wat van "per toeval" die lig gesien het, is een wat in die toekoms nog hoë hoogtes gaan bereik, want dit is duidelik dat dit wat hier gedoen word, met passie aangepak en voltooi word.


NUUS • NEWS

12

27 Julie 2016

Tyd het aangebreek om blomme te kyk Dit is die tyd van die jaar wanneer serpe en jasse net nog ‘n bietjie nader getrek word om die koue uit te hou. Hoewel temperature by vriespunt draai, kom die winterkoue met alle soorte lekkerte. Dis reg ja. Die ysige weerstoestande beteken nie slegs om onder komberse voor ‘n kaggel op te krul met die storm wat buite woed nie. Die sonnige en warmer dae lê voor en dit beteken die veldblomme is hier in volle glorie. Dit is nie nodig om al die pad na Namakwaland te vat om blomme te gaan soek nie. Daar is reeds blomme te sien al langs die Weskus. Die veldblomseisoen open amptelik op 1 Augustus en duur tot einde September. Die eerste teken van dié seisoen wat wink, is wanneer die Armsrokkie begin blom wat op al 3 Julie aan die Weskus aangetref is. Die beste tyd om die veldblomme te gaan soek, is egter gedurende die laaste twee weke in Augustus en die eerste twee weke in September. Onthou net om die uitstappie op ‘n sonnige dag van noord na suid voor 15:30 aan te pak wanneer die son agter jou is. Daar is verskeie plekke om blomme te gaan kyk. Vind daarom vroegtydig by elke dorp se inligtingskantore uit waar en wanneer die blomme die mooiste is voor jy jou keuse maak. Hier is solank ‘n paar opsies wat die blommeseisoen inhou. Veldblomme kom in verskillende kleure en geure voor. ‘n Verskeidenheid veldblomme kan onder meer in en om die omgewing van Darling aanskou word danksy die diverse landskap wat bestaan uit renosterbos, sandveld, strandveld en granietkoppies. Die veldblomme kan te voet gesoek word, maar Darling se Veldblom Vereniging wat sedert 1917 bestaan, gee die geleentheid om elke spesie op een plek van nader te beskou en te bestudeer. Die jaarlikse Darling Veldblomskou vind vanaf 16 September tot 18 September by die plaaslike gholfklub plaas waar al die spesies onder een dak gevind sal word. Vir meer inligting oor die skou, kan hul webblad by www.

darlingwildflower.co.za besoek word. Skakel gerus ook die toerismeburo by 022 492 3361. Die Clanwilliam Veldblommeskou duur vanjaar vanaf 26 Augustus tot die 3de September op die dorp plaas. Die Clanwilliam Veldblomme Vereniging bied ‘n maklike en gerieflike manier van blommekyk aan waar entoesiaste van een bioom tot die volgende in die landskapuitstalling binne die Blommekerk kan stap om blomme te aanskou. Vanjaar se tema is “Mymer” met die idée om te ontsnap van die gejaagde lewe en te mymer oor alles wat mooi is. ‘n Ryk verskeidenheid van flora vanuit die Cederberg, Karoo, Sandveld, Vleiland en Weskus word jaarliks hier uitgestal. Besoek hul webblad by www. clanwilliamwildflowerfestival.co.za vir meer inligting. ‘n Uitstappie deur die veld is ook ‘n unieke ervaring op sy eie. Kontak Clanwilliam se toerismeburo by 022 482 2024 om uit te vind waar die blomme op hul mooiste is. Maak ‘n aantekening in die kalender vir die jaarlikse Hopefield Fynbosskou wat tussen 25 Augustus en 28 Augustus by die plaaslike sportgronde gevind sal word. Volgens die skoukomitee is die skilpadbessiebosse met hul pers of pienk blomme reeds oral te sien. Die omgewing is passievol oor die bewaring van hul fynbosspesies en beloof om ‘n skou van hoë gehalte te bied. Die Fynbospark is reg oorkant die sportgronde, wat ook te voet besigtig kan word. Moet dit nie misloop nie. Die Weskus Nasionale Park bied blomkykers jaarliks ongeveer 30 hektaar veld, bedek deur ‘n kombers van blomme aan. Van die gewilde blommebestemmings binne die park, is onder meer Potsberg, Mooikyk en Seeberg natuurreservate. Ses gewilde veldblomspesies sal hier gevind word, waar sommige spesies reg deur die jaar te sien is. Onthou om die park ook vroegtydig by 022 772 2144 te bel om uit vind of ‘n uitstappe die moeite werd sal wees. Besoek Sanpark se webblad vir meer inligting.


NUUS • NEWS

13

27 Julie 2016

Dit is baie vroeg in die blommeseisoen en die eerste blomme het begin gesig wys soos Maandag hier by die Ramskop Natuurtuin by Clanwilliam.

Saam met ‘n groot verskeidenheid ander blombestemmings op die Weskus en die Namakwaland is die 1000 ha Skilpad Veldblomreservaat wes van Kamieskroon ook elke jaar ‘n skouspel vir blomkykers.

Hoe gemaak met... ... middelwinter in my tuin

Ja ons is in die middel van die winter, dit is koud en nat, want ons kry lieflike reën!! Kom ons glo en vertrou dat dit nog baie gaan reën in Augustus en September, sodat ons opgaardamme se volumes mooi kan styg en daar genoeg water vir die komende somer beskikbaar sal wees. Vir ons tuine moet jy net onthou dat Augustus die koudste maand van die jaar is met hier en daar ‘n oggend-ryp. Sekere plante is baie gevoelig en word baie deur die uiterste koue en nat geaffekteer soos byvoorbeeld: hibiskus, bougainvillea’s, crotons en ook sekere huisplante, om net ‘n paar te noem. Probeer om jou plante wat onderdak en binnenshuis is, nie te nat te hou en in ‘n lekker snoesige en sonnige vertrek te plaas. Die plante wat deur die koue geaffekteer is, kan so teen die einde van Augustus bietjie teruggesnoei word nadat die ergste koue en rypgevaar verby is. Dit sal dan gedurende die lente weer mooi nuwe groei lewer. Ek vertrou dat jy al die nodige snoeitake met jou ROSE en VRUGTEBOME aangepak het. Ons het laasmaand breedvoerig daaroor gesels. Probeer om snoeiwerk aan die bladwisselende tuinvriende teen middel Augustus af te handel. Onthou ook om met kalkswael of kumulus te spuit direk na snoei vir sluimerende swamsiektes en ander plae. Ons grasperke kry ook swaar, veral die gedeeltes wat in baie skadu van groot

bome en geboue is, dit bly NAT en soms word die gedeeltes selfs so VROTTERIG. Probeer om nie oor daardie gedeeltes te loop nie en indien moontlik, saag ‘n tak of meer van die boom af sodat daar meer SON op die gras kan skyn. Los daardie gedeeltes net so met rus, dit kom weer reg sodra dit warmer word. Indien daardie areas baie nat is, probeer die dreinering verbeter indien moontlik. Indien jy nog nie BLOMPLANTJIES of klein BLOMSTRUIKIES vir jou LENTETUIN geplant het nie, sal jy nou dringend daarmee moet begin, anders gaan jy nie ‘n mooi blommende lentetuin geniet nie. Berei jou grond goed voor met baie KOMPOS ens, sodat jou plantjies welig kan groei en gee die regte voeding wat baie kalium (potas) bevat (vir baie blomme) bv: 3-1-6, 3—5, 2-3-4, 8-1-5. Party van die produkte is wateroplosbaar, ander is weer korrelkunsmis, gebruik almal met matigheid maar gereeld. Nou is die tyd om op die uitkyk te wees vir SLAKKE en NAAKSLAKKE wat groot skade in jou tuin kan aanrig. Gebruik slakpille (nie oordadig nie maar gereeld), daar is ook ‘n organiese produk op die mark wat “ysterkompleks” bevat, maar is baie duur. Jy kan ook ‘n vloeistof soos “Snailflo” spuit wat uitstekend werk vir naakslakke asook dopslakke. Sterkte met al die tuintake. Tuingroete - George Retief


NUUS • NEWS

14

27 Julie 2016

Gelykop:

Die rugbyspanne van Abbotsdale en Never Despair het Saterdag in ‘n kragmeting in die Groot Uitdaag-beker gelykop gespeel met 31 punte elk. Warwick Philander van Never Despair probeer Chemandré van Schalkwyk van Abbotsdale stuit in sy lopie na die doelpale. Foto: David Howburg

Kontak ons by 022 487 3221 of stuur ‘n epos na admin@ diecourant. co.za om jou spasie te bespreek! Praat met ons en jy praat met die Swartland!


NUUS • NEWS

15

27 Julie 2016

GELUKWENSING CONGRATS

DU-MARIE BEUKES Baie geluk met jou 11de verjaarsdag my kind. Hoop jy gaan ‘n wonderlike dag hê en alles wat mooi is vir jou in die toekoms. Liefde mhaw!! Van : Mammie, Dadda en Heinwill #2604 ---------------------------Baie geluk my kleinkind. Dus ‘n voorreg om jou in ouma se lewe te hê. Bly die dogtertjie wat jy is. Ouma is baie liefies vir jou. Lots of love – Ouma Griekie en gesin #2605

Kyk wie word 2 op 31 Julie 2016. Baie slamat met jou verjaarsdag, Allah jou baie jare vergun! Van Mamie, Pappie, Boeta Fuad en Ouma #2609 ---------------------------CLAYWIN JACOBS 10 jaar oud!! God's rykste seëninge op jou lewe... Jy is so 'n woelwater in ons lewe en vul dit elke dag met liefde. Bly die lieflike seun. Lief jou. Van Mamie Marcha, Nanna en Ouma Mollie #2610 GESOEK WANTED AANDAG!! WELKOM MEUBELS: Op soek na goeie 2de-handse meubels, yskaste, vrieskaste, breekgoed, linne sowel as mans- en vroueskoene. Oorkant Cash Crusaders. Kontak 022 487 1547 / 084 794 7528 #2005/50 MEMORIUM IN MEMORIUM

RAAI WIE WORD 21!! Geluk met jou mondigwording op die 29ste Julie 2016. Mag jy 'n geseënde dag he met jou familie en vriende. Liefde van jou ma, suster en broers #2607 ----------------------------

Elizabeth Gertse Vandag die 27ste Julie, twee jaar gelede het 'n goue hart tot stilstaan gekom toe Liewe Jesus Mamma kom haal het. Die gemis is groot, maar ons weet verseker Mamma is in 'n beter plek. Van : kinders,

kleinkinders en agter-kleinkinders #2608 TE HUUR TO LET Malmesbury : Klein huis met 3 slaapkamers. R7000/ mnd vanaf 1 Augustus 2016. Skakel : 021 971 1665 saans #2602 ---------------------------Kantoorspasie te huur in Malmesbury – 200 m². Kontak 078 801 8137 vir meer besonderhede of om te besigtig. #2123/39 THERESA'S EIENDOMME Huis te Huur in Malmesbury - 3 slpk, 2 badkamers, oopplan kombuis, ingeboude kaste, dubbelmotorhuis, omhein. Koopkrag. R8600 pm. Beskikbaar 1 Augustus 2016. Kontak : Theresa 082 552 4848 #2611 TE KOOP FOR SALE Skaaphondjies te koop. R600,00 elk, 6 reuntjies en 2 tefies, ongeregistreer, onmiddellik beskikbaar , Malmesbury 0834147010 #2603 ---------------------------TITUS EIENDOMME Wesbank : R685 000. Ruim 3 slp met sitkamer, eetkamer, kombuis, tv-kamer, badkamer. Onderdak braai area met "splash" swembad. Motorhuis, plavlei met mure om. Goeie area. Kontak 082 780 1380 #2606


courant

NUUS • NEWS

27 Julie 2016

SPORT

dié

16

tel 022 487 3221

27 Julie 2016

Sportuitslae

Sports results

Wedvlugduiwe Malmesbury Posduifklub Britstown JO 1 1 M Hill 1387.1738; 2 F Meintjes & Seuns 1386.6608; 3 G Williams 1379.2820; 4 Vrededal Hokke 1372.5162; 5 Vrededal Hokke 1363.2277; 6 G Horn 1357.6615; 7 G Horn 1354.1616; 8 G Horn 1353.7184; 9 M Hill 1352.5213; 10 M Hill 1351.8592; Britstown Ope 1 1 Vrededal Hokke 1384.6703; 2 M Hill 1381.0453; 3 Hayman Familie 1372.7518; 4 F Meintjes & Seuns 1371.8797; 5 G Horn 1371.5600; 6 G Horn 1370.4808; 7 Hayman Familie 1365.4886; 8 J Steenkamp 1365.4627; 9 C Basson 1363.9870; 10 Hayman Familie 1363.6285; Moorreesburg Posduifklub Britstown JO 1 1 Frans Jooste 1418.8040; 1 Frans Jooste 1409.0294; 3 Steenekamp Lofts 1395.5124; 4 Steenkamp Lofts 1395.3157; 5 HMO Smit & Seun 1378.6671; 6 Frans Jooste 1360.6181; 7 HMO Smit & Seun 1355.6046; 8 Yt en Tuis 1349.6034; 9 Frans Jooste 1326.8736; Van der Vyver Hokke 1324.7264 Britstown Ope 1 1 Steenekamp Lofts 1411.7903; 2 Frans Jooste 1398.9039; 3 Frans Jooste 1398.1171; 4 KB en Seun 1392.5511; 5 Van der Vyver Hokke 1389.6058; 6 HMO Smit en Seun 1388.7931; 7 HMO Smit en Seun 1387.6606; 8 Frikkie Bester 1384.7789; 9 HMO Smit en Seun 1380.5508; 10 Doornkloof 1361.7759

Links: Carlo Mentoor van Somoa Rugbyklub soek ondersteuning in Saterdag se kragmeting teen Piketberg op Moorreesburg. Piketberg het koning gekraai in die eerstespan se wedstryd en Samoa met 33-27 geklop. Foto: Ghida Visser Bo: Op Darling het die tuisspan vasgeval teen die span van Wesbank.

• TITANIESE STRYD OM UITSPEELRONDES

Spanne spook sake uit in liga • Abri Adonis Wesbank Rugbyklub van Malmesbury het Saterdag wraak geneem toe hy die wind uit Darling se seile gehaal het met 'n oorwinning op die Melkboere se tuisveld. Hiermee het Wesbank die nodige momentum gebou vir die komende belangrike stryd teen die vissermanne van St Helenabaai op Malmesbury. Wesbank is tans in die tweede plek op die punteleer, ses punte voor St Helenabaai wat in die derde plek is. Dus sal 'n oorwinning vir Wesbank hom in 'n gunstige posisie plaas vir die uitspeelrondes. Wesbank lyk weer soos sy ou self en behoort Saterdag sy opmars voort te sit met 'n sege wat die vissermanne sonder enige vangs terug sal stuur dokke toe. Never Despair reis Saterdag na Vredenburg, vasberade vir 'n sege. Vredenburg sal nie 'n makliker taak wees as vorige wedstryde nie, aangesien die tuisspan, wat twee agtereenvolgende nederlae ervaar het, self smag na 'n oorwinning om hul kanse lewendig te hou vir die uitspeelrondes. Never Despair, tans in die neënde plek net bokant die relegasie-sone, sal weet dat nog 'n nederlaag hom in 'n baie moeilike posisie sal plaas. Vredenburg sal egter die druk wil behou op die top-drie spanne en behoort Never Despair te klop met minder as tien punte.

Abbotsdale reis na Hopefield, wetend dat die tuisspan oorgehaal is om hulle te klop en sodoende hul kanse lewendig te hou om volgende seisoen weer in die liga te speel. Abbotsdale sal hul foute wil regmaak teen Hopefield, ná hulle Saterdag 'n gulde geleentheid verbrou het om Never Despair op sy tuisveld te klop. Met 20 minute op die horlosie oor, was Abbotsdale nog gemaklik voor. Never Despair het hard teruggeveg en die wedstryd het gelykop geëindig. Abbotsdale weet ook dat 'n oorwinning vir die Lillie-span, tesame met 'n paar ander gunstige uitslae, hulle in 'n goeie posisie sal plaas om te veg vir 'n moontlike plek in die uitspeelrondes. Dit sal net genoeg motivering wees vir Abbotsdale en behoort hulle Hopefield op sy tuisveld te klop met meer as tien punte. Dit wil voorkom of Darling reeds al sy rugby vroeg in die seisoen op gespeel het. Na 'n goeie lopie van vyf agtereenvolgende oorwinnings, sit die Melkboere nou met die taak om te keer dat hulle nie hul sewende agtereenvolgende nederlaag kry nie. Dis definitief 'n span in krisis en Saterdag besoek 'n Piketberg-span vir Darling met hul stert in die lug, na hulle die sukkelende Moorreesburg die vorige Saterdag kaf gedraf het. Piketberg sal dus poog om verdere sout in

ORPC Duiwe Uitslae Victoria Wes 1 Leukes Fam 1209.020; 2 Leukes Fam 1207.164; 3 Leukes Fam 1194.636; 4 Sheldon Bros 1181.599; 5 Leukes Fam 1181.084; 6 R C Liedeman 1167.236; 7 Marlin & Brian 1163.698; 8 Sheldon Bros 1158.634; 9 D Daniels & Son 1155.303; 10 Kasu & Sons 1149.92

Darling se wonde te vryf, wetend dat dit nie 'n maklike taak gaan wees nie. Darling sal poog om hul seisoen om te draai en die Swart Mamba se pik sal Saterdag die nodige gif hê om Piketberg terug aarde toe te bring. Darling behoort gemaklik te wen met minder as sewe punte. Saterdag speel die span van Moorreesburg met sy rug teen die muur gasheer vir 'n Velddrifspan wat tans belowende rugby speel, met vier agtereenvolgende oorwinnings. Moorreesburg sukkel nou om weer aan die gang te kom en het hul afgelope vyf wedstryde verloor. Vier van die vyf wedstryde was egter teen die top-vyf spanne en Moorreesburg behoort steeds positief te wees dat hulle hul seisoen kan regruk. Velddrif blyk 'n moeilike uitdaging te wees om dit te bewerkstellig. Ná 'n paar weke in die relegasie-sone, het Velddrif hard teruggeveg om gemaklik te skuif na die sewende plek, terwyl Moorreesburg steier in die 11de plek, slegs vier punte bo die laaste plek. 'n Oorwinning vir Moorreesburg is dus ononderhandelbaar. Hierdie wedstryd behoort ook vir groot opwinding te sorg, maar Moorreesburg weet nóg 'n nederlaag kan dalk net die einde van hul veldtog in die Groot Uitdaag-beker beteken. Dus sal hul seker hiervan maak met 'n oorwinning met minder as tien punte.

R

Riebeek Vallei Wedvlug Klub 1 Alex Fam; 2 Alex Fam; 3 Amerika Hokke; 4 Alex Fam; 5 Persens Hokke; 6 Alex Fam; 7 Alex Fam; 8 Adams Hokke; 9 Mentoor Hokke; 10 Truter Hokke Gholf Malmesbury Gholfklub Vrydag Sundowner – Enkel Stableford Nic Goosen 20; Hennie Els 19, Tony Goosen 17 Beterbal vermenigvuldiger Sakkie Klasen & Ewald Liedeman 76; Amos Schreuder & Barry van der Westhuizen 72 O Theron & A Schmulain 67 Natie Smith & Ronnie Shaw 66

BUY 2 FOR

95

R

Wellington VO Brandy 750ml

Windhoek Lager Cans or Nonreturnable Bottles 24 x 330ml

R

189

FRGTHS1103

PRICES VALID 28 - 31 JULY 2016

150

R

E&J Brandy 750ml

89

Olof Bergh Brandy 750ml

BUY ANY 3 FOR

Brutal Fruit Assorted NRB 6 x 275ml

R

149

AT PICK N PAY LIQUOR STORES LANGEBAAN, MALMESBURY, VREDENBURG, WELLINGTON, DURBANVILLE, WILLOWBRIDGE, FRANSCHHOEK, BIG BAY AND CERES STORES. Liquor not for sale on Sundays at Malmesbury or Wellington Liquor Stores. Promotional stocks Best Customer 2013 are limited. Prices include VAT, where applicable. Smart Shopper terms and conditions apply. Loyalty Programme 2014 No traders. E&OE. Selected products may not be available at all stores. Visit www.picknpay.co.za, or call 0800 11 22 88. Cellphone rates apply. three years in a row 2015

R

108

3 Ships Select 750ml

Alcohol Not for Sale to Persons Under the Age of 18. Drink Responsibly.

R

129

Captain Morgan Spiced Gold 750ml


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Die courant swartland 27 jul 2016 380 by DieCourant - Issuu