c urant
Gratis • Free
71.7%
Hugenotestraat 24, Malmesbury
19 Oktober 2016
Uitgawe 392
GROOTSTE onafhanklike gemeenskapskoerant in die Wes-Kaap
Bergrivier
Swartland
se 1ste keuse
dié
1 Weskus
Tel: 022 487 3221
Belowende oes nou gestroop
Produsente van die Swartland is nou druk besig om kanola te oes. Henk Walters (bo) wat tans besig is om kanola op Bakenfontein te stroop, het aan dié courant gesê die kanola lyk baie beter as verlede jaar. Volgens Petru Fourie van Graan SA, is daar vanjaar sowat 70 500 ha kanola regoor die land aangeplant. Dit is 9,67% of 7 550 ha minder as die 78 050 ha wat verlede jaar aangeplant is. Byna al die kanola word in die WesKaap aangeplant, waarvan 20-25% daarvan in die Swartland is (dus ongeveer 16 000 ha). Neels Welman van Wes-Kaap Graan Produsente sê vanjaar se oes lyk belowend danksy goeie weersomstandighede.
•SWARTLAND 17.5% OP; BERGRIVIER +9.01%
Streektalle styg
Die Swartland Munisipaliteit het uit al die Weskus-munisipaliteite die grootste bevolkingsgroei sedert die 2011 Sensus-opname getoon. Hierdie syfers is verkry met Statistiek SA se nasionale gemeenskapsopname. Hiervolgens het die Swartland met 17.5% van 113 762 inwoners in 2011 tot 133 762 inwoners in 2016 gegroei. Dit kan afgebreek word tot ongeveer 3.3% gemiddeld jaarliks oor die afgelope vyf jaar. Die Bergrivier het in dieselfde tydperk vanaf 61 897 tot 67 474, of met 9.01%, gegroei. Die Weskus Distriksmunisipaliteit het vanaf 2011 tot nou ook in inwonertal vanaf 391 766 tot 436 403 vermeerder. Die steekproef word hoofsaaklik gedoen om inligting rondom die bevolking en huishoudelike statistieke op munisipale vlak aan die regering en die privaat sektor te verskaf, wat weer sal help met toekomsbeplanning en besluitneming. Dié opname, behartig deur Statistiek SA, vind
tussen elke sensusopname plaas. Die vorige gemeenskapsopname is in 2007 gedoen met die nasionale sensus-opname wat in 2011 plaasgevind het. Die mees onlangse opname het op 7 Maart in die Swartland se munisipale area afgeskop. Die data is deur veldwerkers van Statistiek SA gedoen, waartydens geselekteerde huishoudings ‘n elektroniese vraelys gedurende Maart en April vanjaar moes voltooi. Die Swartland Munisipaliteit beoog om hul eie studie te doen wat ‘n nie-amptelike syfer sal toon. Volgens die uitvoerende burgemeester, Tijmen van Essen, is dié syfers baie belangrik om toekomsbeplanning te doen. Met die vooruitgang in tegnologie, gebruik baie selfoongebruikers hul slimfone om toegang tot die internet te verkry. In die Swartland het 16 048 inwoners toegang tot die web via hul selfone, terwyl 20 260 nie het nie. Dit is uit ‘n totaal van 39 198 inwoners waar-
van 2831 nie gespesifiseer is nie. In die Bergrivier het 8 028 mense volgens die opname toegang tot die internet via hul selfone, terwyl 8 944 nie het nie, uit ‘n totaal van 19 027 waarvan 2 100 nie gespesifiseer is nie. Inwoners met toegang tot hoër onderwys in die Swartland, is sowat 4 311, terwyl 1 656 inwoners in die Bergrivier toegang daartoe het. In die Swartland praat die meeste inwoners Afrikaans met ‘n totaal van 104 513 uit ‘n bevolking van 133 762. Die taal wat die tweede meeste deur inwoners gepraat word is Engels met ‘n totaal van 6 871, terwyl 16 506 huishoudings isiXhosa praat. Dit blyk dieselfde geval in die Bergrivier te wees met 62 211 inwoners wat uit ‘n inwonertal van 67 474 Afrikaans praat. Die taal wat die tweede meeste in dié munisipale area gepraat word is Engels, wat 1 691 inwoners praat terwyl 2 149 isiXhosa praat. Die Wes-Kaap het van 5 822 734 tot 6 279 730 inwoners gegroei.
NUUS • NEWS
19 Oktober 2016