NUUS • NEWS
6
6 April 2016
Ocean Processors se nuwe fabriekswinkel nou oop
Promosie
Die splinternuwe fabriekswinkel van Ocean Processors op Malmesbury van eienaar Manny da Fontes is nou amptelik oop en nooi kliënte om in hul yskaste te kom rondsnuffel vir spesiale kopies. Dié fabriek is in 2010 geopen waar hulle vars vis verwerk en verpak, maar ook dié diens aan ondernemings soos Sea Harvest bied. Die fabriek is NRCS (National Regulator of Compulsory Specifications) goedgekeur en geregistreer by Seevisserye. Ocean Processors verskaf ook 48 werksgeleenthede. Besoek dié nuwe fabriekswinkel in Schoonspruitweg, Malmesbury vir sakpas-pryse. Bo: By die opening was Jannie Kemp, Helmut Burger en eienaar Manny da Fontes. Links onder: Gerieke Theart, Madelein Coetzee, Annaline da Fontes, Lizel Bellinghan. Agter staan: Tossie Kotze, Marlene Lighthart en Antoinette Meyer. Onder: Johan Kellerman, Manny da Fontes (eienaar) en Johan Swanepoel. Regs: Hannelie van Wyk en Rochelle Turk. Agter is eienaar Manny da Fontes, Lennard van Wyk, Tobie Turk en Christopher Smit. Regs onder: Alfrieda Kellerman, Marlene Kellerman, Doray Theart en Gerieka Theart.
“Ons wil kwaliteit vars- en gevriesde produkte aan die publiek bied teen billike pryse.” Sakekamer vergader Die Malmesbury Sakekamer vergader op 19 April om 19:30 in die OLOK-saal. Die sprekers van die aand is burgemeester Tijmen van Essen oor die eiendomsuitbreiding-beplannings vir Malmesbury, veral rondom die verwagte groei wat sal volg rondom die opgradering van die N7. Kaartjies beloop R100 per persoon vir lede en R140 vir nie-lede. Besprekings moet teen Vrydag 15 April om 15:45 by Toinette Niemann by Bester en Vennote by 022 482 1060 gedoen word.